Invoer van eie wapens vanaf die VSA

Post Reply
Hercules Louw
Hero Member
Hero Member
Posts: 889
Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm

Invoer van eie wapens vanaf die VSA

Post by Hercules Louw »

Goeie middag

'n Vriend van my werk vir die afgelope sowat 10 jaar in die VSA en hy gaan einde 2023 aftree en dan terugkeer na SA. Hy het in die VSA vir hom 'n paar custom gewere laat bou en wil nou hierdie gewere na SA laat kom. Hy het reeds uitgevind dat die SVR nie meer privaat persone toelaat om self vuurwapens in te voer nie, dit moet deur 'n handelaar gaan wat geregistreer is om invoere te doen, waarna die persoon dan kan aansoek doen vir die lisensies van sy eie wapens.

Ons praat van 4 jaggewere en een pistool. My vriend het steeds 'n huis in SA, sy competency is op datum en hy beskik oor toegewyde jagter status.
Is daar dalk 'n handelaar, of iemand op die forum wat 'n handelaar kan aanbeveel wat bereid sal wees om hierdie invoerdiens teen 'n fooi te lewer.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13645
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Invoer van eie wapens vanaf die VSA

Post by Geno »

Gesels met Izak Hattingh van Trueworx. Hulle het dit al gedoen.
Goed, beter, 6millimeter!
Post Reply