Carbon fibre loop “wrap”
- Schalk van Wyk
- Sr. Member

- Posts: 341
- Joined: Fri Mar 07, 2014 2:09 pm
Carbon fibre loop “wrap”
Middag julle.
Ek het nou al paar manne gesien wie hulle lope laat wrap het met carbon fibre. Mielies se bergjag geweer spring dadelik op in my gedagtes.
Is daar iemand wat fit onlangs laat doen het? Wie kan dit doen? Wat kos dit?
Ek het ‘n howa 223 wat ek wil laat wrap. Woonagtig in Nelspruit.
Groete.
Sent from my iPhone using Tapatalk

Geld maak mens nie gelukkig nie, maar geld kan gewere koop en gewere maak mens gelukkig!
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Carbon fibre loop “wrap”
Hoekom word dit gedoen?
Is dit amper soos om 'n voertuig se "computer" te laat "remap" of 'n "chip" in te sit?
Is dit amper soos om 'n voertuig se "computer" te laat "remap" of 'n "chip" in te sit?
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13627
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Carbon fibre loop “wrap”
Net so ja Uncle, hulle koop somer die wrap by Autozone
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Krobb
- Full Member

- Posts: 179
- Joined: Sat Mar 01, 2014 4:57 pm
Re: Carbon fibre loop “wrap”
Wil ook graag weet. Wat is die voordele?PWV wrote: Mon Feb 07, 2022 12:21 pm Hoekom word dit gedoen?
Is dit amper soos om 'n voertuig se "computer" te laat "remap" of 'n "chip" in te sit?
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Carbon fibre loop “wrap”
CO, "pirate parts" by die Chinese Shop op die hoek, is nog goedkoper! Ek kan nou net nie op die stuk elastiese apparaat se naam kom wat ouens op hul lope afrol, voordat hulle die skoot skiet nie!!Capt. Oblivious wrote: Mon Feb 07, 2022 12:22 pm Net so ja Uncle, hulle koop somer die wrap by Autozone
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13627
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Carbon fibre loop “wrap”
Ligter loop vir selfde profile nou as in staal, beter hitte afleiding en n stuiwer loop wat in teorie dan nou by dra tot beter akuraathied is maar die redes hoekom ounens dit doen. EK glo soos in Mellies se geval was die besparing op gewig n groot faktor
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Schalk van Wyk
- Sr. Member

- Posts: 341
- Joined: Fri Mar 07, 2014 2:09 pm
Re: Carbon fibre loop “wrap”
Net so Kaptein.Capt. Oblivious wrote:Ligter loop vir selfde profile nou as in staal, beter hitte afleiding en n stuiwer loop wat in teorie dan nou by dra tot beter akuraathied is maar die redes hoekom ounens dit doen. EK glo soos in Mellies se geval was die besparing op gewig n groot faktor
Die geweertjie het ‘n 22” loop. Baie lekker lig om te hanteer as die bobejane en ape begin neute steel. My kinders skiet hom ook graag op die baan. Met die dun lopie raak hy vinnig warm. Wil nie iets he wat lyk asof hy in ‘n garage gedoen is nie. Daarom wil ek weet wie kan dit “profesioneel” doen.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Geld maak mens nie gelukkig nie, maar geld kan gewere koop en gewere maak mens gelukkig!
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Carbon fibre loop “wrap”
Koolstofvesel is baie sterker en stewiger as staal en weeg min. Kyk by 49 sekondes op die video en daar is 'n skematiese skets wat die "wrap" proses aandui. Hierdie lope van Bergara is baie spesiaal, maar die idee is om 'n lae gewig, starre loop te kry wat vir stap en jag voordelig kan wees. Ek weet net nie of jy 'n gewone loop dunner kan sny en dan dit so met lae koolstof toedraai dat dit nog suksesvol sal skiet nie. Gaan jy sooveel wen teen 'n aansienlike koste. Ek sou eerder dink dat die aankoop van so fabrieksgeweer goedkoper en beter gaan wees.
PWV, diesel stalk kan met waterpyplope van swaar gewig onderneem word. Die traagheid om te beweeg help met akkurate skootplasing.
https://youtu.be/adIQSqzcDWI
PWV, diesel stalk kan met waterpyplope van swaar gewig onderneem word. Die traagheid om te beweeg help met akkurate skootplasing.
https://youtu.be/adIQSqzcDWI
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Geno
- Administrator

- Posts: 13655
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Carbon fibre loop “wrap”
Ek dink amper Armtec in Potch doen dit.
https://armtec.co.za/contact-us/
https://armtec.co.za/contact-us/
Goed, beter, 6millimeter!
-
Mellies
- Hero Member

- Posts: 1995
- Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm
Re: Carbon fibre loop “wrap”
Net soos Geno sê.
Armtec wrap vir ander GS ook. Daar lê altyd n klompie van ander manne wat gedoen word.
Ek dink dit was R3500 om te wrap.
Stuur vir my n PM as jy nog info kort Schalk.
Met n vleisie...
Armtec wrap vir ander GS ook. Daar lê altyd n klompie van ander manne wat gedoen word.
Ek dink dit was R3500 om te wrap.
Stuur vir my n PM as jy nog info kort Schalk.
Met n vleisie...
- Philip_R
- Hero Member

- Posts: 613
- Joined: Tue Jul 23, 2013 12:22 pm
Re: Carbon fibre loop “wrap”
Carbon fibre is n swak geleier van hitte en gaan dus die staal van die loop eerder isoleer as help afkoel. Die metaal deel gaan dus warmer word as voor dit gewrap is omdat dit nou nie deur konveksie en radiasie hitte kan afskei nie.
As jy baie skote gaan skiet gaan jy hom lekker warm skiet sonder om dit te sien op die buitekant van die loop.
Sent from my SM-A515F using Tapatalk
As jy baie skote gaan skiet gaan jy hom lekker warm skiet sonder om dit te sien op die buitekant van die loop.
Sent from my SM-A515F using Tapatalk
As jy nie iets met "Force" regkry nie, Gebruik jy nie genoeg "Force" nie....
Musgrave 375 H&H,
Howa .308 Win
Krico 223 Rem
Musgrave 375 H&H,
Howa .308 Win
Krico 223 Rem
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Carbon fibre loop “wrap”
Die video toon juis Bergara se probeerslag om die hitte weg te gelei.Philip_R wrote: Mon Feb 07, 2022 7:29 pm Carbon fibre is n swak geleier van hitte en gaan dus die staal van die loop eerder isoleer as help afkoel. Die metaal deel gaan dus warmer word as voor dit gewrap is omdat dit nou nie deur konveksie en radiasie hitte kan afskei nie.
As jy baie skote gaan skiet gaan jy hom lekker warm skiet sonder om dit te sien op die buitekant van die loop.
Sent from my SM-A515F using Tapatalk
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Frikkie Coetzee
- Hero Member

- Posts: 2151
- Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm
Re: Carbon fibre loop “wrap”
Tripod. Phillip is reg. Koolstof is n swak geleier van hitte.
- Philip_R
- Hero Member

- Posts: 613
- Joined: Tue Jul 23, 2013 12:22 pm
Re: Carbon fibre loop “wrap”
Het nou die video gekyk, persoonlik is my opinie dat daardie stukkie stainless mesh en resin net n sales gimmick is. Die area waar die hitte kan uitstraal bly grootliks isoleer en is net oop by die kroon, wat self ook warm is agv die skote wat geskiet word.
N eenvoudiger verduideliking is dalk as mens dit so sien, daardie resin en mesh kon vervang word met n 1mm dikker stainless core wat dan gewrap is met die 2 lae carbon, dit gaan nie n wesenlike verskil maak in hoe vinnig die loop afkoel nie.
Dit gesê, dink ek die wapen wat die man toets is verseker iets besonders.
Sent from my SM-A515F using Tapatalk
N eenvoudiger verduideliking is dalk as mens dit so sien, daardie resin en mesh kon vervang word met n 1mm dikker stainless core wat dan gewrap is met die 2 lae carbon, dit gaan nie n wesenlike verskil maak in hoe vinnig die loop afkoel nie.
Dit gesê, dink ek die wapen wat die man toets is verseker iets besonders.
Sent from my SM-A515F using Tapatalk
As jy nie iets met "Force" regkry nie, Gebruik jy nie genoeg "Force" nie....
Musgrave 375 H&H,
Howa .308 Win
Krico 223 Rem
Musgrave 375 H&H,
Howa .308 Win
Krico 223 Rem
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13627
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Carbon fibre loop “wrap”
Ek het ook nooit lekker verstaan hoe CF beter hitte moet gelei as staal nie, een van die eerste goed wat die manne sal se is die langer loop lewe agv die CF en minder hitte. So ver ek weet is epoxy ook nog n bitter swak geleier van hitte en daai CF stroke gaan vol epoxy wees
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3079
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: Carbon fibre loop “wrap”
CF lope is myns insiens net daar om ‘n ligte geweer te hê vir jag met ‘n dik staal loop geweer se akkuraatheid.
Ek voel om ‘n CF loop geweer vir skyfskiet te gebruik mis ons die punt.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Ek voel om ‘n CF loop geweer vir skyfskiet te gebruik mis ons die punt.
Sent from my iPhone using Tapatalk
- Philip_R
- Hero Member

- Posts: 613
- Joined: Tue Jul 23, 2013 12:22 pm
Re: Carbon fibre loop “wrap”
Heeltemal korrek
Sent from my SM-A515F using Tapatalk
Sent from my SM-A515F using Tapatalk
As jy nie iets met "Force" regkry nie, Gebruik jy nie genoeg "Force" nie....
Musgrave 375 H&H,
Howa .308 Win
Krico 223 Rem
Musgrave 375 H&H,
Howa .308 Win
Krico 223 Rem
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Carbon fibre loop “wrap”
My antwoord het juis sy stelling gestaaf, synde ek noem dat Bergara dit "probeer" aanspreek het. Ek het geensins daarmee gesê dat dit suksesvol of nie gaan wees nie. Mens maak egter die aanname dat hulle toetse uitgevoer het - waarom dan al die ekstra moeite met die aanbring van die materiaal.Frikkie Coetzee wrote: Tue Feb 08, 2022 6:16 am Tripod. Phillip is reg. Koolstof is n swak geleier van hitte.
Ek stel dit duidelik dat ek nie noodwendig 50% meer vir so loop sal opdok nie. My skietvermoë is heelwaarskynlik van so aard dat dit my niks gaan baat nie. My dae van ernstige bergbekruip is ook reeds in sy maai in.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Frikkie Coetzee
- Hero Member

- Posts: 2151
- Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm
Re: Carbon fibre loop “wrap”
Wat wk graag sal wil sien, wetenskaplik gesproke, is of so loop meer rigied sal wees as staal en of dit n meetbare verskil maak op akkuraatheid.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Carbon fibre loop “wrap”
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Philip_R
- Hero Member

- Posts: 613
- Joined: Tue Jul 23, 2013 12:22 pm
Re: Carbon fibre loop “wrap”
Wiskundig is dit onmoontlik om die som te doen as mens nie presies weet hoeveel van presies watse carbon in watter rigting gedraai is nie.
Enige fibre composite is sterk net in die fibre rigting en het basies geen shear of skuif sterkte nie, anders as metaal wat in alle rigtings dieselfde Youngs Modulus het. So mens moet weet watse rigtings die drade gedraai is om die matriks te kan begin opstel. En as mens dalk die inligting het, gaan mens iemand nodig hê wat n passie vir morsige liniëre Algebra het om dit te bereken.
'n Paar fisiese toetse, buig, trek, vibrasie analiese om die natuurlike frikwensies te bepaal op n staal loop en dan op n composite loop gaan makliker wees as die wiskunde.
Sent from my SM-A515F using Tapatalk
Enige fibre composite is sterk net in die fibre rigting en het basies geen shear of skuif sterkte nie, anders as metaal wat in alle rigtings dieselfde Youngs Modulus het. So mens moet weet watse rigtings die drade gedraai is om die matriks te kan begin opstel. En as mens dalk die inligting het, gaan mens iemand nodig hê wat n passie vir morsige liniëre Algebra het om dit te bereken.
'n Paar fisiese toetse, buig, trek, vibrasie analiese om die natuurlike frikwensies te bepaal op n staal loop en dan op n composite loop gaan makliker wees as die wiskunde.
Sent from my SM-A515F using Tapatalk
As jy nie iets met "Force" regkry nie, Gebruik jy nie genoeg "Force" nie....
Musgrave 375 H&H,
Howa .308 Win
Krico 223 Rem
Musgrave 375 H&H,
Howa .308 Win
Krico 223 Rem
- Frikkie Coetzee
- Hero Member

- Posts: 2151
- Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm
Re: Carbon fibre loop “wrap”
Phillip. Jy het my verloor………
Maar ja. My GEVOEL is dat al wat jy wen is gewig.
Indien sie koolstof winding wel meer rigied is en dus die amplitude van die vibrasie verminder, teoreties behoort dit, gegewe alle ander faktore word weggelaat, die loop meer akkuraat te maak.
Dis net moeilik om in praktyk te toets
My opinie is egter dat as die F Klas en BR manne dit nie gebruik nie, is daar nie n statistiese voordeel op akkuraatheid nie.
Maar ja. My GEVOEL is dat al wat jy wen is gewig.
Indien sie koolstof winding wel meer rigied is en dus die amplitude van die vibrasie verminder, teoreties behoort dit, gegewe alle ander faktore word weggelaat, die loop meer akkuraat te maak.
Dis net moeilik om in praktyk te toets
My opinie is egter dat as die F Klas en BR manne dit nie gebruik nie, is daar nie n statistiese voordeel op akkuraatheid nie.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13627
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Carbon fibre loop “wrap”
Jip presies myne ookFrikkie Coetzee wrote: Wed Feb 09, 2022 7:16 am
My opinie is egter dat as die F Klas en BR manne dit nie gebruik nie, is daar nie n statistiese voordeel op akkuraatheid nie.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Philip_R
- Hero Member

- Posts: 613
- Joined: Tue Jul 23, 2013 12:22 pm
Re: Carbon fibre loop “wrap”
Die loop sal verseker stywer wees as n gewone dun staal of stainless loop wat akuraatheid sal verbeter. So dit maak sin op n bergjag wapen waar party skote lank kan wees en n dik staal loop nie prakties is nie.
Dit het verseker in die regte omgewing sy voordele, maar dit is nie om in n kompetisie omgewing n swaar staal loop wapen te vervang nie.
Sent from my SM-A515F using Tapatalk
Dit het verseker in die regte omgewing sy voordele, maar dit is nie om in n kompetisie omgewing n swaar staal loop wapen te vervang nie.
Sent from my SM-A515F using Tapatalk
As jy nie iets met "Force" regkry nie, Gebruik jy nie genoeg "Force" nie....
Musgrave 375 H&H,
Howa .308 Win
Krico 223 Rem
Musgrave 375 H&H,
Howa .308 Win
Krico 223 Rem
- Schalk van Wyk
- Sr. Member

- Posts: 341
- Joined: Fri Mar 07, 2014 2:09 pm
Re: Carbon fibre loop “wrap”
Ek dink dit is ‘n goeie opsomming. Nie so akkuraat soos ‘n staal loop met selfde deursnit nie maat potensieel meer akuraat as ‘n dun staal loop. Enigste voordeel is besparing in gewig.Philip_R wrote:Die loop sal verseker stywer wees as n gewone dun staal of stainless loop wat akuraatheid sal verbeter. So dit maak sin op n bergjag wapen waar party skote lank kan wees en n dik staal loop nie prakties is nie.