6.5x55 vir Vlakte/Berg/Ribbok Jag

User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2955
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: 6.5x55 vir Vlakte/Berg/Ribbok Jag

Post by Lategan1 »

Apie wrote: Sun Dec 05, 2021 7:55 pm Naand Manne

Mellies se bergjag roer het my bietjie laat dink.

Ons skiet almal deesdae die swaarste vir kaliber met beste BC punte wat ons kan en gebruik ons rangefinders, app’s ens. Ons gewere neig swaarder en teleskope al hoe groter.(Ekself is ook in die bootjie)

Betrokke Scenario/geweer Tikka Hunter 6.5x55 met dun loop.(sluit ook die ander dunloop jagewere in 243/6mm, ander 6.5e, 7mm’s en dalk die 308’s hier in)

Watse punt sal julle skiet en hoekom vir daai vinniger mik en druk skote op kleiner wild(maks koedoe koei)

Skoot afstande sal wissel tussen 150-450meter met dalk 1 kans om gou die naaste klip of bos met jou RX650(nie Terrapin/Gunwerks/Leica2800 etc) of soortgelyk. So as jy 15 of 20 meter uit is moet die trajek jou nie te veel in die steek laat nie.

Met die 22 duim loop lyk die 118Gr Peregrine @ 2950fps of ‘n 129 Accubond @ 2850 deur Rel 17 gedryf goed.

Wat sou jy uit jou vlakte stap en bergjag roer skiet en hoekom?


Sent from my iPhone using Tapatalk
Apie, waarnatoe staan jou kop met hierdie lekker uitdaging?

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

6.5x55 vir Vlakte/Berg/Ribbok Jag

Post by Apie »

Image

Image

Projek se vordering.

6.5x55 Tikka
4-14 SHV
Weeg 4.1kg sonder ammo
Plan is om 143gr Bondstrike te skiet @ 2800 met Reloder 26


Sent from my iPhone using Tapatalk
Gideon@1
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 427
Joined: Thu Jul 12, 2012 1:02 pm

Re: 6.5x55 vir Vlakte/Berg/Ribbok Jag

Post by Gideon@1 »

Baie netjies!!!
Goeie kaliber en normaalweg ‘n raakskieter (doodskieter)!!!!
Kyk ook na Norma MRP as Reloader 26 skaars word.
Groete
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2955
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: 6.5x55 vir Vlakte/Berg/Ribbok Jag

Post by Lategan1 »

Apie, statisties goeie keuse, ek ken hom nie, lyk goed.

Hy vergelyk 99.99% met die 143 ELd-X. BC 0.629!!

Volgende: Prys vs Eldx, beskikbaarheid en belangrik vir my is prestasie volgens jou behoefte gelys?

Indien hy heelwat minder skade as die Eldx doen, is ek ook in. Sien sy koeëlpunt ontwerp is anderste.

Min info oor “weight retention”. Lyk soos 60%+. Eldx reg onthou is op 50-60% vlgs. hulle webblad.

https://www.gunsandammo.com/editorial/n ... let/364340

Hou aan vuur en terugvoer :laugh:

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

6.5x55 vir Vlakte/Berg/Ribbok Jag

Post by Apie »

So ligte opdatering

50.6gr Reloder 26 druk die 143gr Bondstrike @ 2780fps uit die kort lopie.

Nog nie met TPL gespeel nie maar hy skiet 0.8moa op 100m.

Jagveld toe!

Ek en my laaitie het die geleentheid gehad om elk ‘n Swart wildebees te skiet.

Die wind was maar rof en die bokke versigtig so ons het nie kanse gevat nie.

Jaco het op so 210meter sy koei plank dwars mooi net net agter die blad geskiet.

Met die skoot se impak het die bok gesteier en binne 20 tree gesneuwel.
100% penetrasie met ‘n 5rand grootte uitgangs wond. Vleisskade heel aanvaarbaar.


Ek het op 270meter my geleentheid gekry op ‘n lekker bul.

Die gras was bietjie lank so ek het effe hoog op die skouer geskiet terwyl hy ‘quartering toward’ my gestaan het.

Die 143gr Bondstrike het sy skouer gebreek en die bul het so 35meter gemaak voor hy dood is.

Vleisskade weereens nie te rof nie en die Norma is agter die teenoorgestelde blad uit met goeie bloedspoor gelos in die gras.

Ek is baie tevrede met die kombinasie!!


Sent from my iPhone using TapatalkImage
Image
Piekenier
Newbie
Newbie
Posts: 22
Joined: Sat Sep 04, 2021 9:02 pm

Re: 6.5x55 vir Vlakte/Berg/Ribbok Jag

Post by Piekenier »

Pragtig julle!

Lekker as n plan bymekaar kom.

Ps. Watter area het julle gejag?

Sent from my SM-A705FN using Tapatalk

Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: 6.5x55 vir Vlakte/Berg/Ribbok Jag

Post by Apie »

Piekenier wrote:Pragtig julle!

Lekker as n plan bymekaar kom.

Ps. Watter area het julle gejag?

Sent from my SM-A705FN using Tapatalk
Koster Distrik


Sent from my iPhone using Tapatalk
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: 6.5x55 vir Vlakte/Berg/Ribbok Jag

Post by Apie »

So met planttyd amper klaar kry mens weer bietjie kans om gunne te dink en praat!


Ek is nogsteeds nie heeltemal tevrede met my vordering nie en wil dalk iets bygooi vir julle opinie.

6x45 met 85gr Partition @ 2880fps.
Met 85 Gamekings is hy parmantig op die kleiner bokke maar ek is maar bekommerd oor die 250-350meter skote veral met wind/slaankrag?

Spesifiek Ribbok/springbok tot en met blesbok grootte wild.


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13582
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: 6.5x55 vir Vlakte/Berg/Ribbok Jag

Post by Capt. Yoda »

Ek kan nie dink dat jy op blesbok grote wild sal sukkel met daai combo op 250/300m nie, ek sal dalk net n sagter koel gebruik het wat vinniger reageer teen laer spoed soos n 85gr Sierra vir die bq verder skote
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: 6.5x55 vir Vlakte/Berg/Ribbok Jag

Post by Apie »

Capt. Oblivious wrote:Ek kan nie dink dat jy op blesbok grote wild sal sukkel met daai combo op 250/300m nie, ek sal dalk net n sagter koel gebruik het wat vinniger reageer teen laer spoed soos n 85gr Sierra vir die bq verder skote
Maak sin!

Ek sal bietjie vergelyk die 2 se bc. Ek vermoed beide se bc is maar naby aan die van ‘n bokdrol…


Sent from my iPhone using Tapatalk
Post Reply