Nek van doppe misvorm?
-
Whisky17
- Newbie

- Posts: 44
- Joined: Fri Mar 05, 2021 5:14 pm
Nek van doppe misvorm?
Goeie dag almal
Ek herlaai huidiglik met Vihtavuori N555 en Hornady 180gr Interlock SP vir my 30-06.
Sako 85 met n loop lengte van 568mm en 1:11 twist. Lapua doppe 63.09mm, 70.10gr water, Hornady 180gr Interlock SP met n lengte van 31.24mm, totale lengte van patroon is 82.20mm.
Ladings as volg en met spoed in ft/sec geskiet op 100m.
1. 52.5gr: 2495, 2497, 2485, 2473, 2483.
3. 53.5gr: 2518,2567,2565,2532,2564.
Ek heg fotos aan van die groeperings met die bo-genoemde ladings.
Ek het wel n kommer oor die vorm van die doppe se nekkke . Die nek is erg misvorm na elke skoot, en dit is dieselfde op PMP se bruin boks patrone en Lapua doppe. Daar is geen teken van druk probleme nie, en die misvorm gebeur op die laagste lading sowel as die hoogste.
Kan iemand dalk vir my n aanduiding gee oor hoekom die doppe so erg sal misvorm?
Baie dankie
Willem du Toit

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Nek van doppe misvorm?
Meet daardie doppe se lengtes. Dit mag dalk 'n antwoord gee.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Nek van doppe misvorm?
Kyk of daar nie 'n koolstofring voor in die kamer is nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Nek van doppe misvorm?
Ek het nou die data in QL ingevoer. Daarvolgens bereken 'n node by 53,1 of 2gr en spoed van 2520vps, so daarom die mooi groep by 52,5gr. Die druk is net oor 40K psi en ek wonder of dit nie die probleem is nie. As die dop se bek baie sag is kan die gas teen die dop afbeweeg en die induiking veroorsaak sodra die koeël by die bek uitbeweeg.
Die dop is reeds amper vol. Die volgende node is by 'n berekende 56,5gr en spoed van 2680vps. Druk is dan eers by 50K psi. Dopvulling 103%. N555 is effe stadig vir die 30-06 en N550 sal beter spoed gee met druk naby 55K psi, wat goeie ontbranding en gasafsluiting sal gee.
Die dop is reeds amper vol. Die volgende node is by 'n berekende 56,5gr en spoed van 2680vps. Druk is dan eers by 50K psi. Dopvulling 103%. N555 is effe stadig vir die 30-06 en N550 sal beter spoed gee met druk naby 55K psi, wat goeie ontbranding en gasafsluiting sal gee.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Whisky17
- Newbie

- Posts: 44
- Joined: Fri Mar 05, 2021 5:14 pm
Re: Nek van doppe misvorm?
Baie dankie vir al die informasie.
Ek het 5 doppe gemeet, hulle wissel tussen 63.11 en 64.14mm. Die moontlikheid van lae druk is daar, maar dit lyk amper asof die doppe iets tref binne die kamer. Daar is n paar doppe wat n duidelike merk het waar die induiking is, dalk met die terug trek aksie van die slot gebeur daar iets.
Ek kan huidiglik nie ander poeier kry wat geskik is vir 30-06 nie. So ek probeer maar dit maak werk, my enigste opsie is Riflex.
Wat dink oom van half nodes? Node 6.5 vir die poeier ens? Ek het 54.1 en 54.2 gelaai om te kyk hoe dit werk.
Weereens dankie vir die hulp.

Andre308
- Hero Member

- Posts: 903
- Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am
Re: Nek van doppe misvorm?
Daai doppe duik met die extraxtion. As jy weer skiet, trek die slot stadig oop en hou jou ander hand op die dop en keer dat hy teen die rand van die aksie kan druk met die uit trek. As hy dan mooi uitkom, dan weet jy waar die probleem le.
Daar is nie n kaans die dop lyk so terwyl hy nog in die kamer sit na die skoot.
Groete
Andre
Daar is nie n kaans die dop lyk so terwyl hy nog in die kamer sit na die skoot.
Groete
Andre
-
Whisky17
- Newbie

- Posts: 44
- Joined: Fri Mar 05, 2021 5:14 pm
Re: Nek van doppe misvorm?
Baie dankie Andre, dit maak sin.. Ek sal laat weet of dit wel die geval is.
-
Diesel Dog
- Hero Member

- Posts: 2331
- Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm
Re: Nek van doppe misvorm?
[quote=Whisky17 post_id=859883 time=1641922063 user_id=15887]
Baie dankie Andre, dit maak sin.. Ek sal laat weet of dit wel die geval is.
[/quote]
https://youtu.be/e0BJfcIvj3Q
DD
Baie dankie Andre, dit maak sin.. Ek sal laat weet of dit wel die geval is.
[/quote]
https://youtu.be/e0BJfcIvj3Q
DD
-
Maroelas
- Sr. Member

- Posts: 286
- Joined: Fri Apr 18, 2014 3:41 pm
Re: Nek van doppe misvorm?
Ek het dieselfde wapen in dieselfde kaliber. Ek kan nie insien dat hy 'n dop so kan duik op extraction nie.Whisky17 wrote: Tue Jan 11, 2022 7:27 pm Baie dankie Andre, dit maak sin.. Ek sal laat weet of dit wel die geval is.
Ek dink eerder doppe te lank (daai dop wat 64.14mm gemeet het bv) of dalk die koolstofring soos oom driepoot gesê het.
Ek sny na 63mm terug na elke vuring.
Watse matryse gebruik jy om te vorm? Vollengte of nek size?
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Nek van doppe misvorm?
Baie leersaam en insiggewend.
Ek kan net nie duidelik hoor wat sê hy is die rede in die video nie?
Kan ook nie met vergroting sien wat gebeur nie. Die resultaat is wel dieselfde as Whisky sin.
Kan iemand dalk in verstaanbare taal verduidelik?
Beste.

Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
-
Whisky17
- Newbie

- Posts: 44
- Joined: Fri Mar 05, 2021 5:14 pm
Re: Nek van doppe misvorm?
As ek reg gehoor het, "hitting the scope cap".
Ek maak nie graag my slot vinnig en hard oop nie, so ek sal verbaas wees as dit die oorsaak is.
Ek maak nie graag my slot vinnig en hard oop nie, so ek sal verbaas wees as dit die oorsaak is.
-
Diesel Dog
- Hero Member

- Posts: 2331
- Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm
Re: Nek van doppe misvorm?
Due to the position of the extractor and the ejector the cases eject in the 10 o"clock position causing the case mouth to impact the scope windage turret and deforming the case.This can to some extent be mitigated depending on length of cartridge and mounting position of scope .
MAW die dop word deur die scope op ge f..
DD
MAW die dop word deur die scope op ge f..
DD
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Nek van doppe misvorm?
Kom ons luister wat sê die tegniese kundiges hier.
Opmerklik hoe hard en vinnig hy die slot werk.
Beste.
ns. DD, dit beteken soos Whisky noem hy werk nie sy slot hard nie, dat sy extractor sterk uitwerp, al trek hy terug teen gewone spoed?
Beste.
Opmerklik hoe hard en vinnig hy die slot werk.
Beste.
ns. DD, dit beteken soos Whisky noem hy werk nie sy slot hard nie, dat sy extractor sterk uitwerp, al trek hy terug teen gewone spoed?
Beste.
Last edited by Lategan1 on Tue Jan 11, 2022 8:49 pm, edited 3 times in total.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
-
Whisky17
- Newbie

- Posts: 44
- Joined: Fri Mar 05, 2021 5:14 pm
Re: Nek van doppe misvorm?
Dankie DD vir die opsomming in afrikaans 
-
Diesel Dog
- Hero Member

- Posts: 2331
- Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Nek van doppe misvorm?
Saam gepos, lees my ns asb.Diesel Dog wrote: Tue Jan 11, 2022 8:43 pm Due to the position of the extractor and the ejector the cases eject in the 10 o"clock position causing the case mouth to impact the scope windage turret and deforming the case.This can to some extent be mitigated depending on length of cartridge and mounting position of scope .
MAW die dop word deur die scope op ge f..
DD
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Nek van doppe misvorm?
Whisky17 wrote: Tue Jan 11, 2022 6:57 pm Baie dankie vir al die informasie.
Ek het 5 doppe gemeet, hulle wissel tussen 63.11 en 64.14mm. Die moontlikheid van lae druk is daar, maar dit lyk amper asof die doppe iets tref binne die kamer. Daar is n paar doppe wat n duidelike merk het waar die induiking is, dalk met die terug trek aksie van die slot gebeur daar iets. Maak seker dat al die doppe in die 63,1mm orde is. 'n Vraag - het jy dalk die doppe hitte behandel?
Ek kan huidiglik nie ander poeier kry wat geskik is vir 30-06 nie. So ek probeer maar dit maak werk, my enigste opsie is Riflex.
Wat dink oom van half nodes? Node 6.5 vir die poeier ens? Ek het 54.1 en 54.2 gelaai om te kyk hoe dit werk. Die hoër node kan maklik bereik word en die 103%lading is geen probleem nie. Indien dit wel saampers is dit nie gevaarlik nie. Spoedgewys is dit ook billik en in pas met 30-06 ballistiek.
Weereens dankie vir die hulp.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Diesel Dog
- Hero Member

- Posts: 2331
- Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm
Re: Nek van doppe misvorm?
Baie maklik om teorie te toets haal scope af en kyk of hy nog dit doen.Of maak soos die ou.
https://youtu.be/zAZUNgncyU4
https://youtu.be/zAZUNgncyU4
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Nek van doppe misvorm?
Ek dink jy het dit spot on! Weet nie waar jy die info so blitsig uittrek nie? Versamel jy die goed?
Sou jy sê hoër ringe/ basisse kan dit dalk oplos? Die dop mis dan die dop!
Beste.
ns Skuus Whisky, ek hijack bietjie, het ook Sako.
Sou jy sê hoër ringe/ basisse kan dit dalk oplos? Die dop mis dan die dop!
Beste.
ns Skuus Whisky, ek hijack bietjie, het ook Sako.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
-
Whisky17
- Newbie

- Posts: 44
- Joined: Fri Mar 05, 2021 5:14 pm
Re: Nek van doppe misvorm?
Ek het nou heelwat videos oor die Sako 85 se ejector probleme gekry op Youtube.
Lyk vir my die opsies is maar min...
Teleskoop sonder n turrent regs. Ons sal moet kyk of hoer ringe/basisse dalk gaan werk, maar ek vermoed die hoek waarteen die dop uitkom mag dalk te hoog wees en gaan nogsteeds die turrent tref.
Lyk vir my die opsies is maar min...
Teleskoop sonder n turrent regs. Ons sal moet kyk of hoer ringe/basisse dalk gaan werk, maar ek vermoed die hoek waarteen die dop uitkom mag dalk te hoog wees en gaan nogsteeds die turrent tref.
-
Diesel Dog
- Hero Member

- Posts: 2331
- Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm
Re: Nek van doppe misvorm?
[quote=Lategan1 post_id=859896 time=1641927690 user_id=12533]
Ek dink jy het dit spot on! Weet nie waar jy die info so blitsig uittrek nie? Versamel jy die goed?
Sou jy sê hoër ringe/ basisse kan dit dalk oplos? Die dop mis dan die dop!
Beste.
ns Skuus Whisky, ek hijack bietjie, het ook Sako.
[/quote]
Ek is nie baie tegnies nie maar ek sou dink dit sal help,OF 25 MM buis scope met lae profile turrets of kort aksie kalibers hulle het weer ander uitdagings
https://youtu.be/hAlCcC45n50
DD
Ek dink jy het dit spot on! Weet nie waar jy die info so blitsig uittrek nie? Versamel jy die goed?
Sou jy sê hoër ringe/ basisse kan dit dalk oplos? Die dop mis dan die dop!
Beste.
ns Skuus Whisky, ek hijack bietjie, het ook Sako.
[/quote]
Ek is nie baie tegnies nie maar ek sou dink dit sal help,OF 25 MM buis scope met lae profile turrets of kort aksie kalibers hulle het weer ander uitdagings
https://youtu.be/hAlCcC45n50
DD
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Nek van doppe misvorm?
Ja ek ook gekyk. Een ou het ‘n skild monteer op sy basisse! Lyk my meer algemene probleem as wat mens van weet.
Kan die extractor veer papper gemaak word sodat hy sagter uitwerp?
Beste.
Kan die extractor veer papper gemaak word sodat hy sagter uitwerp?
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
-
Diesel Dog
- Hero Member

- Posts: 2331
- Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm
Re: Nek van doppe misvorm?
Dit is nie die extractor wat die dop uitwerp nie maar wel die blade ejector wat in die aksie stilstaan.Die extractor vorm die rotasie punt waar om die dop roteer as die ejector die dop tref.
https://cdn-fsly.yottaa.net/53ff2f503c8 ... ?yocs=p_E_
NOM 7
DD
https://cdn-fsly.yottaa.net/53ff2f503c8 ... ?yocs=p_E_
NOM 7
DD
-
Andre308
- Hero Member

- Posts: 903
- Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am
Re: Nek van doppe misvorm?
Maroelas,Maroelas wrote: Tue Jan 11, 2022 8:16 pmEk het dieselfde wapen in dieselfde kaliber. Ek kan nie insien dat hy 'n dop so kan duik op extraction nie.Whisky17 wrote: Tue Jan 11, 2022 7:27 pm Baie dankie Andre, dit maak sin.. Ek sal laat weet of dit wel die geval is.
Ek dink eerder doppe te lank (daai dop wat 64.14mm gemeet het bv) of dalk die koolstofring soos oom driepoot gesê het.
Ek sny na 63mm terug na elke vuring.
Watse matryse gebruik jy om te vorm? Vollengte of nek size?
Hier bo het DD nou klaar baie info gegee oor die issues met daardie tipe Sako aksies, so ek gaan nie verder daaroor uitbrei nie.
My logika het my net gesê dat met afvuur van n skoot is daar +/- 55kpsi in die dop. Die dop se bek seel teen die wand van die kamer wat net effens groter is as die dop.
Daar is geen manier wat daar so n duik in n dop se nek kan kom tydens die vuur van die skoot nie. Sou daar n bietjie vervorming wees van n nek tydens die skoot, dan sou daar blowback merke op die dop gewees het.
Te lang doppe is wel n risiko, maar dit is met die kamer van die ammo en hoe druk.
Groete
Andre
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13574
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Nek van doppe misvorm?
As n dop so uit kom agv die dop wat te lank is sou die geweer in n pypbom verander het, soos Andre se daar is nie n manier nie. Daai dop se nek slaan iets oppad uit en hy slaan hom nogals hard, het jy n rail op die geweer? Jy moet tog sekerlik sien of hoor as die dop so teen die scope vas slaan.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.