Howa 6mm Creedmoor met ligte koeëls?

Post Reply
Hercules Louw
Hero Member
Hero Member
Posts: 889
Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm

Howa 6mm Creedmoor met ligte koeëls?

Post by Hercules Louw »

Goeie dag

Ek wil graag weet of iemand al probeer het om ligter koeëls uit 'n standaard Howa 6mm Creedmoor te skiet. Die groefdraai vir hierdie gewere is 1 in 7.5" wat beteken dat die koeëls so vinnig by hoë trompsnelhede spin dat standaard loodkern koeëls moontlik in vlug kan opbreek. Nosler dui egter in hulle handleiding aan dat die beste akkuraatheid met hulle 55g Ballistic Tip met verskeie dryfmiddels teen ongeveer 4030ft/s behaal word. (24 duim loop met 1 in 7.5"groefdraai). So word die beste akkuraatheid vir hulle 70gr teen 3620ft/s aangedui, en vir hulle 80gr tussen 3360 en 3430 behaal afhangende die dryfmiddel.

Is hier iemand wat al goeie akkuraatheid behaal het met enige van die bo-genoemde koeëls, of 'n 75gr V-Max, hoewel ek nie dink dat V-Max'e ligter as 87gr die vinnige spin sal oorleef nie?
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Howa 6mm Creedmoor met ligte koeëls?

Post by tripodmvr »

Geno is 'n man wat die ligte koeëls met die spoed van wit lig skiet. Weet nie wat sy 6mm kalibers se groefdraai is nie, maar hy kan dalk wyse raad gee.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
RabieL
Full Member
Full Member
Posts: 161
Joined: Mon Oct 20, 2014 10:10 am

Re: Howa 6mm Creedmoor met ligte koeëls?

Post by RabieL »

Hercules

Ek het ook al so bietjie rond gekrap met die idee van n ligte koeel in n baie stywe groefdraai. Die hoofrede was dat ek versot is op Berger se 88 gr Flatbase koeel. Ek het wel met verdere ondersoek gelees dat indien mens 330 00- RPM begin nader speel mens maar met noodlot met konvensionele loodkern koeels. Ek probeer maar oor die algemeen dus onder die syfer bly. Ek het die onderstaande erens elders raak geloop.

Varmint Nightmare bullets:
@ 260,000 RPM - This is based off of my personal reloading experiences with them. The rumor is that they are identical to the Dogtowns, but I can't confirm that.

Speer TNT's (low velocity):
@ 240,000 RPM - Based off of info in their loading manuals, and personal experiences. When I have talked to Speer on the phone(last time was a month ago) The people that take "technical" questions really do seem to be clueless, and not particularly helpful with this info.

Hornady V-max & SP's:
@ 290,000 RPM - Hornady told me last week that the V-max bullets, and SP's have the same rating. While I'm not as big of a fan of them as of late, they are quite helpful on the phone in this arena.

Hornady SXSP:
@ 240,000-260,000 RPM - One of my children drew me a lovely picture, over my notes; so this figure is difficult to make-out;)

Sierra Varminter:
@ 216,000 RPM - The Sierra tech "didn't have his calc sheet in front of him". But told me that the velocity limit was 3600 FPS in a 12 twist barrel.

Sierra BlitzKing:
@ 352,000 RPM - Same tech as above, claimed the ceiling is 4400 FPS from a 9 twist barrel.

Dit wil vir my voorkom dat Sierra se mantels n bietjie sterker is as ander koeels wat die rotasie inertia kan weerstaan, maar dis nie vreeslik ver op van 330 000 RPM nie. Maar as ek die RPM bereken van daai noslertjies gaan hy teen 386 880 RPM tol wat baie is, hoe hy gaan bymekaar hou gaan maar n self ondersoek moet wees. Die 70 greiners gaan wel binne in daai maks RPM val wat ek dus defnitief sal probeer.

Hoop dit help
"Only Accurate Rifles Are Interesting"

9mmP, .22 LR AR 15, 12 Gauge, 243 Win, 6 Creedmoor, 6.5 Creedmoor, 7mm RM, 338 WM.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13582
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Howa 6mm Creedmoor met ligte koeëls?

Post by Capt. Yoda »

Begin met die 70gr Noslers, hulle skiet mooi in vinniger twists en hulle is sterk genoeg om vinnig geskiet te word
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Hercules Louw
Hero Member
Hero Member
Posts: 889
Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm

Re: Howa 6mm Creedmoor met ligte koeëls?

Post by Hercules Louw »

Rabiel

Dankie vir jou terugvoer, dit is interessant. Ek aanvaar dat die bespreking spesifiek oor 6mm koeëls gegaan het, maar ongelukkig is daar geen melding van Noslers nie.
Capt. ek stem saam, Noslers in 70gr behoort nie op te breek nie, dit is ook my ervaring dat Noslers hou wanneer ander koeëls soos V-Maxe en BlitzKings opbreek. Ek het dit al verskeie kere gesien in gevalle waar daar 'n effense koolstof ring in die loop is, of 'n loop baie na aan sy einde is.

Die vorm van lande en groewe in die loop speel natuurlik ook 'n groot rol of 'n koeël gaan opbreek of nie. Hoe meer die mantel van die koeël gesny word deur die groewe, hoe vinniger breek dit op. Dit is waarom die navraag spesifiek oor Howa gewere gaan want as daar 'n 6mm CR gekoop gaan word, dan sal dit 'n Howa wees.

Die navraag is eintlik vir my broers en hulle seuns in die Suid Vrystaat waar hulle baie vlakvarke, springbokke en blesbokke skiet. Sien die gesprek oor vlakvarke wat skape en lammers vang viewtopic.php?f=57&t=83091

Tussen hulle is daar vier 243's, een 22-250 en een 25-06. Plat trajekte is van groot belang want daar is nie tyd nie, veral nie met die varke nie, dit is optel en skiet. 75gr V-Maxe is die swaarste koeëls wat gebruik word. In my broers se ervaring is die 70gr Noslers en 75gr V-maxe dodelik, 'n vark kom nie sommer weg nie, al was dit 'n redelike swak lyfskoot. Selfs die 22-250 met 55gr Nosler BT's is dodelik hoewel die ruimte vir foute kleiner is. Ek lees egter op 'n ander draad dat die 22-250 as marginaal vir makoue beskou word?

My nefie se 243 is nou klaar, 75gr V-Maxe breek op hoewel dit nog so 1 duim groepe met 70gr BT's gee. Hy wil 'n nuwe geweer koop, dit moet 'n bakkie geweer wees met maksimum 24 duim loop en die 6mm Creedmoor word sterk oorweeg want hy het nou lus vir iets anders as nog 'n 243. Custom gewere en kalibers is nie 'n opsie nie, hierdie is werksgewere wat heeldag in die bakkie ry.

Die vraag bly dus staan, is daar iemand wat praktiese ervaring van 'n Howa in 6mmCR met die ligter koeëls het, en wat is die akkuraatheid wat behaal kan word?
Hansieslim
Hero Member
Hero Member
Posts: 1373
Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am

Re: Howa 6mm Creedmoor met ligte koeëls?

Post by Hansieslim »

Volg...
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
Hercules Louw
Hero Member
Hero Member
Posts: 889
Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm

Re: Howa 6mm Creedmoor met ligte koeëls?

Post by Hercules Louw »

My vriend Deon het onlangs 'n Howa 6mm Creedmoor met 'n 26 duim loop gekry en hy het ingestem dat ons bietjie met die ligter koeëls eksperimenteer en kyk wat gebeur. Ongelukkig lyk dit of die betrokke geweer nie een van Howa se bestes is nie, dat dit laat op 'n Vrydag middag vervaardig is want Deon kry nie die groepering eintlik kleiner as 1 moa (28.8mm op 100m) nie, en hy het omtrent alles tussen 90gr en 114gr probeer.

Vir die doel van die toetse met die ligter koeëls het dit hoofsaaklik daaroor gegaan of die koeëls gaan opbreek of nie, groepering was van minder belang want ons het geweet dat die geweer nie kleiner as 1moa wil skiet nie. Die resultate hieronder toon die koeëls en die ladings wat gebruik is. Die herlaaidata is van Hodgen, Hornady en Nosler verkry, Quickload is glad nie gebruik nie want dit is gevaarlik verkeerd met CFE223 dryfmiddel. Geen van die toetsladings het druktekens getoon nie, en die resultate was baie goed in lyn met díe van die herlaaihandleidings. Petersen doppe met LR slagdoppe is gebruik.

Die dag op die skietbaan was windstil en bewolk, perfek vir skiet. Snelhede is met beide 'n Labradar en 'n Chrony gemeet. Die Labradar stop by 3800ft/s. Die chrony het baie mooi konstant gemeet, gemiddeldde trompsnelhede so 25ft/s stadiger as die Labradar, bereken by die kroon van die geweer.

1. 55gr Nosler Ballistic Tip
47.5gr CFE223, OAL 64.3mm
Chrony: 4007, 4005, 4006ft/s
Groep 28mm, twee teen mekaar, derde een weg.
Koeëlgate in die teiken was rond, geen teken van koeëls wat opbreek nie.

2. 65gr Hor V-Max
45gr CFE223, OAL 65mm
Chrony: 3699, 3676, 3672ft/s
LabRadar: 3741, 3717, 3714ft/s
Groep 19mm, twee wat sny en een weg
Koeëlgate was mooi rond, geen teken van koeëls wat opbreek nie. Ek het nie vooraf gedink dat die 65gr V-Maxe die trompsnelheid van bo 3700 sou oorleef nie.

3. 70gr Nosler Ballistic Tip
44.3gr CFE223, OAL 65.9mm
Chrony: 3615, 3590, 3545ft/s
LabRadar: 3654, 3628, 3589ft/s
Groep: 29mm

4. 70gr Sierra Blitz King
43.8gr S341 OAL 65.5mm
Chrony: 3575, ------, 3554ft/s
LabRadar: 3616, 3677, 3600ft/s
Groep: 28mm

5. 80gr Nosler Ballistic Tip
40.5gr CFE223, OAL 68.5
Chrony: 3364, 3394, 3331
LabRadar: 3396, 3422, ----
Groep: 45mm

6. 95gr Sierra Match King
38.5gr CFE223
Chrony: 3118, 3141, 3161ft/s
LabRadar: 3141, 3167, ----
Groep: 25mm

Gevolgtrekking: Die 6mm Creedmoor werk ook baie goed met ligte koeëls, die groepe behaal (sonder enige lading ontwikkeling) is niks groter as die beste wat tans met die betrokke geweer verkry word na lading ontwikkeling met die koeëls waarvoor hy bedoel is nie. Die feit dat 55gr Nosler Ballistic koeëls teen trompsnelhede bo 4000ft/s uit 'n 1 in 7.5 duim groefdraai loop kan funksioneer, sê baie van hierdie koeëls.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13582
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Howa 6mm Creedmoor met ligte koeëls?

Post by Capt. Yoda »

Daai 55gr sal dam maar n springbok se kop lekker by mekaar maak
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Hercules Louw
Hero Member
Hero Member
Posts: 889
Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm

Re: Howa 6mm Creedmoor met ligte koeëls?

Post by Hercules Louw »

Capt. Oblivious wrote: Fri Dec 17, 2021 2:17 pm Daai 55gr sal dam maar n springbok se kop lekker by mekaar maak
Uitmekaar maak
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2955
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Howa 6mm Creedmoor met ligte koeëls?

Post by Lategan1 »

Hier was redelik onlangs ‘n gesprek om hierdie Vrydagmiddae Howa roere aan die gang te kry. Weet Gawie en ander dit bespreek, sien plasings.

Lyk my Howa en Ford het iets in gemeen. :police:

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1875
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Howa 6mm Creedmoor met ligte koeëls?

Post by Alwin »

Hercules. Ek vermoed dat die dubbelbasis sferiese dryfmiddels soos in Deon se geweer geskiet hierbo, oor die algemeen nie maklik goeie groepe gaan gee nie. Beide S341 en CFE223 is onwikkel vir gebruik in semi-outomatiese gewere, waar presisie en temperatuur-stabiliteit nie so belangrik is nie. Ja, daar is altyd uitsonderings, maar my ondervinding met die tipe kruit dui nie op herhaalbare presisie nie. Ek sou dus die toetse herhaal met goeie enkelbasis-dryfmiddels en die resultate vergelyk. Die spoed gaan waarskynlik minder wees, maar die kans vir kleiner groepe is groot.

'n Ander verskynsel wat ek waarneem by gewere met vinnige groefdraai, is dat die kamers gewoonlik 'n langer vryboor het, spesifiek om die langer koeëls wat die loop kan hanteer te kan laai. Soms is hierdie vryboor langer as 'n ligte (kort) koeël se dravlak. Dit maak dat die koeël vir 'n kort oomblik geen ondersteuning het tussen die bek van die dop en die begin van die lande nie. Dit lei gewoonlik tot swak groeperings, baie dieselfde toestand as 'n verweerde keel. Jy noem nie enige afmetings nie, dus bespiegel ek maar daaroor.

Het Deon al 'n "bore scope" deur die Howa se loop gestoot? Ek het al snaakse goed gesien in lope. Soms is dit net 'n kol wat lief is vir koper, of dalk selfs 'n masjieneringsmerk of "pitt"-merke.

Geno is 'n goeie bron van inligting oor vinnige 6mm koeëls, maar ek sou ten alle koste vermy om die term "Creedmoor" vir of voor hom te noem... ++>:
Hercules Louw
Hero Member
Hero Member
Posts: 889
Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm

Re: Howa 6mm Creedmoor met ligte koeëls?

Post by Hercules Louw »

Alwin, dankie vir jou antwoord. Ons is egter bewus van alles wat jy genoem het.
Die CFE223 is slegs gebruik vir die toetse hierbo genoem. Dit is gebruik om baie hoë snelhede teen veilige drukvlakke te kry, daar is net een veilige lading vir elke gewig koeël gelaai.
Die S341 lading was net om naastenby te sien hoe dit met CFE vergelyk.
Deon het die geweer al verskeie keer met n borescope bekyk, en niks opsigteliks gevind nie.
Ladingontwikkeling is met onder andere S365 gedoen met koeëls tussen 90gr en 115 gr. Maak nie saak wat gebruik word nie, die 5 skoot groepe bly tussen 25mm en 30mm.
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1875
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Howa 6mm Creedmoor met ligte koeëls?

Post by Alwin »

Hercules Louw wrote: Sat Dec 18, 2021 9:09 am Alwin, dankie vir jou antwoord. Ons is egter bewus van alles wat jy genoem het.
Die CFE223 is slegs gebruik vir die toetse hierbo genoem. Dit is gebruik om baie hoë snelhede teen veilige drukvlakke te kry, daar is net een veilige lading vir elke gewig koeël gelaai.
Die S341 lading was net om naastenby te sien hoe dit met CFE vergelyk.
Deon het die geweer al verskeie keer met n borescope bekyk, en niks opsigteliks gevind nie.
Ladingontwikkeling is met onder andere S365 gedoen met koeëls tussen 90gr en 115 gr. Maak nie saak wat gebruik word nie, die 5 skoot groepe bly tussen 25mm en 30mm.
Waarskynik is die oorsaak van die probleem dan elders...
Post Reply