Raakskiet tips..
- C.J.
- Sr. Member

- Posts: 396
- Joined: Wed Nov 17, 2010 8:24 am
Raakskiet tips..
Dag manne,
Ek weet nie of daar al so 'n topic was nie. Ons het op die forum nou al alles bespreek oor lading ontwikkeling en geweer optmalisering, so daar bly een veranderlike oor: die ou wat die sneller trek. So ek sal graag by die manne wat kan, soos oom Piet Breedt ens. wil hoor wat is hulle tips om daai perfekte groepering te skiet. Of dit nou asemhaling is of hoe om die geweer vas te trek teen die skouer. Ek het bv. geleer om nie 'n Red Bull te drink oppad siektbaan toe nie, dit is allen amper 1 MOA se moeilikheid daai! Selfs oor toerusting soos sandsakke of bipod's wat gebruik word.
Groete
C.J.

CZ 30-06 AI
Remington 700 22-250 AI (Laser gun)
Remington 700 22-250 AI (Laser gun)
- henried
- Hero Member

- Posts: 2347
- Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm
Re: Raakskiet tips..
Ja asb.
Ek luister graag.
Ek luister graag.
Henrie Degenaar
Life Christian Adventure http://www.lifeca.org
Train to hunt South Africa
"Deo Valente "

-
Danie01
- Hero Member

- Posts: 1596
- Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am
Re: Raakskiet tips..
CJ
Ja die manne wat so paar gate binnemekaar skiet moet n bietjie tips gee. Ek dink hul gebruik goeie dooierus en nie net n mieliesak of tyre nie
.
Ek raak altyd jaloers as ek die manne so binne mekaar in sien skiet! ek weet net dat n mens nie n sneller trek nie maar moet druk!
Ek sal ook so paar tips hier wil vang!
Groete
Danie

- Geno
- Administrator

- Posts: 13648
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Raakskiet tips..
Manne, 'n 12.5kg sakkie meel maak 'n bakgat dooierus op 'n quadbike se rak, ons het al klomp blesbokke so geskietDanie01 wrote: Ek dink hul gebruik goeie dooierus en nie net n mieliesak of tyre nie.
Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Re: Raakskiet tips..
Vir die manne wat hulle skiettegniek wil verbeter, ek praat nou onder korreksie weet nie of dit boek of dvd is nie wat Piet verkoop. Ek het al verskeie kere gehoor dat dit die geld 1000 keer werd is so pm hom dalk en bestel.
Blok
Blok
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
-
Danie01
- Hero Member

- Posts: 1596
- Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am
Re: Raakskiet tips..
Geno
Ek skiet self met n banksakkie vol mieliepitte, dit is nou daardie groter banksakke wat van lap gemaak is. Oor n swartklip of miershoop loop hy mooi. Soms skiet ek lekkerder van n ou groot swartkilp en banksakkie af as uit my skietstoel uit!
Ek skiet self met n banksakkie vol mieliepitte, dit is nou daardie groter banksakke wat van lap gemaak is. Oor n swartklip of miershoop loop hy mooi. Soms skiet ek lekkerder van n ou groot swartkilp en banksakkie af as uit my skietstoel uit!
- henried
- Hero Member

- Posts: 2347
- Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm
Re: Raakskiet tips..
Ek het email gestuur, maar hoor niks van hom...BLOK wrote: Vir die manne wat hulle skiettegniek wil verbeter, ek praat nou onder korreksie weet nie of dit boek of dvd is nie wat Piet verkoop. Ek het al verskeie kere gehoor dat dit die geld 1000 keer werd is so pm hom dalk en bestel.
Blok
Wat is die koste van die DVD en waar is hy beskikbaar?
Henrie Degenaar
Life Christian Adventure http://www.lifeca.org
Train to hunt South Africa
"Deo Valente "
Life Christian Adventure http://www.lifeca.org
Train to hunt South Africa
"Deo Valente "
- C.J.
- Sr. Member

- Posts: 396
- Joined: Wed Nov 17, 2010 8:24 am
Re: Raakskiet tips..
My opinie,
Ek gooi met my Bipod en 'n sandsak vir die kolf se agterkant, 'n lekker dik baatjie (skietbaatjie) soos 'n parka help my ook baie om die hardklop minder te maak. Verder is deurvolg van jou skoot en sneller afdruk, nie trek nie, seker ook van die belangrikste dinge.
C.J.
Ek gooi met my Bipod en 'n sandsak vir die kolf se agterkant, 'n lekker dik baatjie (skietbaatjie) soos 'n parka help my ook baie om die hardklop minder te maak. Verder is deurvolg van jou skoot en sneller afdruk, nie trek nie, seker ook van die belangrikste dinge.
C.J.
CZ 30-06 AI
Remington 700 22-250 AI (Laser gun)
Remington 700 22-250 AI (Laser gun)
-
ablm468
Re: Raakskiet tips..
Ek sien by myself dat ek die geneigdheid het om die geweer te rek, dan dink ek dis die geweer wat regs skiet maar dit is ek wanneer ek die sneller trek . Ek dink dit kom by die grip in, mens vat gewoonlik te hard met jou sneller hand, ek sien by my veroorsaak dit dat die geweer regs skiet. Ek sien dit nie sommer op 100m nie maar as 'n ou op 300m skiet dan kom jy dit agter. Van die slim manne se die regte grip is net so belangrik soos die regte asemhaling tegniek. Lyk my skiet is soos golf, dit hang ook alles af van hoe mens op die dag voel.
Die volgende tegniek kom in by asemhaling, ek is in die weermag geleer om in te asem en dan jou asem halfpad uit te blaas, en dan binne 3 tellings te skiet maw amper soos wanneer jy die volgafstand agter 'n voertuig wil meet, 1001, 1002, 1003, skiet...
Dan het ek nou die dag in die SAJWv tydskrif gelees die skrywer se jy moet konsentreer op jou kruishaar nie op die teiken nie, ek konsentreer nog altyd op teiken. Ek het dit die laaste keer probeer op skietbaan en dit lyk of dit beter werk, dit is amper onmoontlik om die kruishaar 100% stil te hou op die kol maar as jy fokus op die kruishaar ipv die teiken skiet jy beter. Moenie my vra hoe dit werk nie, dit werk vir my.
Ek weet sommige ouens skiet twee oe oop, my brein wil nog nie lekker werk met daai een nie, sal waardeer as eksperts bietjie kan help en s? of dit werk.
Ek gebruik beide "x bag" en bipod, altwee werk goed.
Soms le ek te lank aan en die teiken raak dof, dan begin ek weer voor met die hele roetine tov asemhaling.
Skiet groete
Hansman
Hoop dit help, ek sal ook van die skerpskutters wil hoor van die tegnieke wat hulle gebruik.

- Christo Els
- Sr. Member

- Posts: 430
- Joined: Wed Aug 04, 2010 12:33 pm
Re: Raakskiet tips..
Dit laat klink nou vir my na die storie wat ek die naweek gehoor het.
Die jongman (wat alles in die lewe kry) koop vir hom 'n nuwe geweer met net die beste teleskoop,want sy geweer wat hy altyd mee skiet is nie baie akkuraat nie( vogens die man). 'n ruk later is daar ook 'n skiet besigheid op die dorp en die man is daar met die nuwe geweer wat dan nou ook deur 'n pro ingestel is. Die man het begin skiet, maar die skote val nie daar waar dit moet nie. Hy vra toe raad by 'n ouerige oomie wat darem 'n goeie raak skieter is. Die oom skiet toe so 2 skote met die geweer. Die oom gee toe ook terugvoering van wat fout is. Hy s? toe vir die jongman dat die geweer wel 'n groot probleem het, dit is dat hy baie stil gehou wil word ass die skote afgevuur word.
Ek dink is maar my probleem ook as ek skiet.

Champions keep playing until they get it right
303 Lee Metford
222 Sako
243 Brno
Blow Pipe (Pea Shooter)
303 Lee Metford
222 Sako
243 Brno
Blow Pipe (Pea Shooter)
- DawieKotze
- Hero Member

- Posts: 2075
- Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm
Re: Raakskiet tips..
Piet Breedt het 'n cd wat hy verkoop of hy mail sommer die files vir jou. As jy hom pm sal hy antwoord - wag maar net so bietjie. Hy is seker net besig.
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
WAIDMANSHEIL!!!!!!!