Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek't ook gister bietjie rond gebel, en kan dieselfde bevestig.
Dankie vir die gerusstellende inligting. In Hoedspruit al die afgelope jaar ry byna alle kontrakteurs ook nou Mahindra's, en hulle is baie gelukkig tot dusver.
'n Oom van 'n goeie vriend van my naby Upington ry ook 'n 4x2 en het al hele klompie km's op, en het nog geen probleme ondervind nie. Ek verstaan so tussen die lyne daardie paaie wat hy ry is maar hard op 'n voertuig. Hy't ook so ou cruiser of twee met 'n hele paar 100000km's op.
'n Baie goeie vriend van my het bietjie gesukkel met die wielsporing (maar ek weet terselfdetyd waar hy orals ry met die ding)
Ja3
JACQUES wrote:
EK BEL TOE DAAI BANK MAN EN VRA HOM OF EK MAAR SY NAAM KAN NOEM EN AANHAAL WAT HY GESE HET.....TOE VERANDER SY DEUNTJIE DRASTIES,,, HY NOEM TOE DAT SOMMIGE BANKE WIL NIE GRAAG FINANSIER NIE, MAAR HULLE DOEN WEL....TOE SKAKEL EK N BEKENDE AFSLAER WAT EK WEET SY PA HET N MIHANDRA GEKOOP...
HY SE TOE SY PA HET NOU 3 MAHINDRA'S EN NOG GEEN PROBLEME VAN EEN DAG GEHAD NIE....EK HAAL HOM AAN DAT IN DELE VAN DIE KALAHARI IS DIT NOU TANS DIE TOP VOERTUIG OM TE BESIT........
SO SCORPIO 1 TOT 499 LYK MY JULLE KOOP NIE N TE SLEGTE KOOP NIE????????????????
Ja3
Wat prys die skerpioen is dit 4x4 of 4x2, na my drywer se manewales met my getroue Colt kort ek ook 'n bakkie, maar het geen idee wat ek soek. Wonner of 'n bantam in die veld kan ry hulle is cheap.
Skerpioen 4x4 enkel kajuit R185000 (dis na maks afslag)
4x2 enkel kajuit R150000 (ook na maks afslag, afgelewer.)
Die lekker donker kleure is nou baie skaars, ek't sopas die laaste (waarvan ek weet) ivory grey gekry. Die Rocky Beige is die kleur om voor
te gaan, maar daar's niks oor nie. Eers Sep weer inkry.
Ja3
Last edited by Ja3 on Wed Jul 29, 2009 8:54 pm, edited 1 time in total.
Francois
Het vanmiddag die skerpioen in ontvangs geneem. Maggies... van spaar lig bulbs tot 'n "first aid kit" asook 'n bleddie remote vir die radio, hete en die plek agter die sitplek kan sommer twee ketties vat. Straight forward en stewig!
Freek
Ek hoor jy gaan die naweek daai stoel kry daar bo Ek sponsor jou brandstof, hoe klink dit?
Ja my maat, so moet ons maar ons keuses na gelang van ons beursies maak. Ek sou baie graag daai nuwe 4.5 EFI Cruiser wou gery het, maar moes maar tevrede wees met n 1999 4.2 Diesel met 340000 km oppi klok. Dis nou amper twee jaar, en ons loop nog mooi saam, partykeer nou nie so vinnig nie, maar ons kom ook daar.
Kyk mooi na daai nuwe mouter van jou en hy sal jou ook nie inni steek laat nie. So n bietjie customize, jy weet mos, stoel agter-op, mags, en so en hy is net joune. Geniet hom.
BEN:
HOEKOM SO BESKEIE KOOP N CRUISER EK SIEN HIER BY BLOEMGATE STAAN 3 WAT REDELIK GEPRYS IS.....DAAR IS SELFS EEN SONDER N DAK EN VOORRUIT MET WILDKYK SITPLEKKE...
EN DAN KAN DAAR BAIE MANNE SIT EN KYK TERWYL JY SKIET, EK SAL MA HOOG SIT EN VIDEO KAMERA VASHOU....
EK HOOP JY KON DIE WRAPING AFKRY NA DIE DRYWER HOM BIETJIE ONDER HANDE GEHAD HET..
Ja3 soos reeds genoem baja geluk ek dink jy gaan daai lorrie geniet. Wanneer bring jy hom dat ek gate in sy bak kan boor? Die jakkalasse in die vuil driehoek gaan moet lig loop, hulle weet duidelik nog nie hoe steek so 'n skerpioen bakkie met hin bosvark skietstoel agter op nie...
Hulle het vir my verkeerde kleur afgelewer.
Bleddie verkoopsmanne. Ek gaan die deal reverse as ek kan. Daai mannetjie kan nie hiermee wegkom nie..
Die probleem is die volgende shipment is net wit bakkies...
Ek het gisteraand so teen 5 uur so 40km Noord van B-Wes by 'n beige Masda? bakkie met 'n stoel verbygery wat by 'n hek gestaan het. Wou nog stop om die eienaar te ontmoet maar die verkeer was nie die regte plek daarvoor nie. WIE WAS DIT
Ek kan myself skop dat ek nie gestop het nie.
Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Ja3 wrote:
Hulle het vir my verkeerde kleur afgelewer.
Bleddie verkoopsmanne. Ek gaan die deal reverse as ek kan. Daai mannetjie kan nie hiermee wegkom nie..
Die probleem is die volgende shipment is net wit bakkies...
Ja3 / Scorpio
Oom Takoeza s? dis net die begin. Hy s? hy weet van 'n sekere Mahindra se "bad luck". Blykbaar het die eienaar sy Mahindra in 'n die Hom se rivierloop getrek het vir die reenseisoen (die Hom-rivier bring nogal groot water daar uit die Karasberge uit) Hy was moeg vir die "bad luck" wat die kar hom gebring het en het geglo die versekering sou darem die saak beredder as die rivier nou afkom soos hy dit gewoonlik behoorlik doen. Sien hy wou nie die stuk "bad luck" aan iemand anders afsmeer nie, sy gewete sou hom blykbaar te veel pla.
Die uiteinde van die storie is dat dit toe een van die droogste reenseisoene ooit was (2006/2007 het omtrent niks gereen hier by ons nie). Die Hom-rivier het die eerste keer in baie jare nou nie eers amper afgekom nie. Was die Mahindra in die rivier die oorsaak van daardie droogte? Waarskynlik nie, maar die man het hom nie daar gelos toe die volgende reenseisoen aanbreek nie!
Volgens Oom Tekoeza, is die "morrel of de St?rie" dat jy maar 'n bakkie koop wat met 'n hoofletter "T" begin en op 'n klei "a" eindig. En blykbaar tel 'n "Tata" nie.
Ek is 'n die proses om die transaksie te probeer omswaai. Dit snap my gister dat hulle verkeerde kleur aan my verkoop het.
Gin wonder die verkoopsman wou nie he dat ek eers na die bakkie moes kom kyk het nie, en dat als oor die foon gedoen kan word.
Daar's geen donker kleure in die land meer oor die, en die volgende skip het net wittes.
Ek het 'n Ivory Grey bestel, toe bring die ou vir my 'n silwer een net voor donker.
Wie weet, indien ek my geld terug het gaan ek maar vir die 130.
Ja3 daai optrede is totaal en al on aanvaarbaar. Die eerste reel wanneer jy 'n wildsplaas besit en bokke aankoop - moet nooit toelaat dat die wild vanger in die nag jou bokke kom aflaai nie. Ek dink dieselfde reel geld vir bakkie koop ook, veral Mahindra.
Laat weet maar hoe hanteer die perre jou, mens dring aan op die diens wat jy kry. As hulle jou nie wil tegemoed kom nie kan hulle my deal maar ook op hul maag skryf. Dit sal boek dele spreek van hul kliente diens, ek glo natuurlik as 'n nuwe klient aan jou deur klop moet jy bereid wees om die ekstra myl te loop. Hoe anders gaan jy die klient se vertroue in jou (nuwe) produk wen/laat groei.
Daar is mos 'n verskeidenheid fabrikate in die motor mark wat hul betroubaarheid reeds bewys het deur die jare, dis mos baie maklik vir ons om dood eenvoudig net een van die produkte aan te skaf - jy weet wat jy kry. So vertel maar vir daai Mahindra SA hulle moet mooi met jou werk of hulle gaan heelwat ander potensiele besigheid ook verloor. Mens is maar altyd skepties met 'n nuwe produk, veral as hy nog in daai gedeelte van die wereld gebou word ook. Ek was bereid om hul produk 'n kans te gee deur baie goeie terug voer wat ek ontvang het maar as 'n deal eers so begin dan wonder ek van voor af...
FREEK:
EK SAL GRAAG MEER WIL HOOR HOEKOM DIE WILDVANGER NIE IN DIE NAG MOET AFLAAI NIE...
EK HET AL BOKKE AFGELAAI EN VERKEIS OM DIT IN DIE NAG TE DOEN...
EK HET 5 UUR DIE MIDDAG OP DIE PLAAS GESTOP, EIENAAR HET BOKKE GETEL....EN ONS HET NA DIE KAMP GERY WAAR DIE BOKKE GELOS MOET WORD....
AL DIE BOKKE WAS GESPUIT EN EK VERKIES OM IN DIE DONKER AF TE LAAI... DIE BOKKE IS RUSTIGER EN DRAF NET N ENTJIE WEG VAN DIE LRRIE AF EN GAAN STAAN ...
MAAR DIT WAS NOU NIE 50 OF 100 BOKKE NIE, IN DIE GEVAL WAS DIT 20 BLESBOKKE.
DIE ANDER KEER WAS DIT SRINGBOK RAMME WAT AANGEKOOP WAS....
N VRIEND VAN MY WAT SIMITARS GEKOOP HET , HET VERKIES DAT EK HULLE IN DIE DAG AFLAAI OMDAT HY HULLE DIE HEEL DAG WOU DOPHOU EN BANG WAS HULLE GAAN OOR DIE DRADE , SO HY HET 2 PERDE OP BYSTAND GEHAD.....
MAAR LAAT WEET MY MEER ASB EK IS MAAR N GROENTJIE AS DIT BY BOKKE VANG EN AFLAAI KOM....
Dit is seker so Jaques, daai tyd van die dag is bok se tjend seker meer rustig. Probleem is net jy kry die wildvanger wat die situasie misbruik, kom in die nag op jou plaas aan en laai dan siek, verkreupelde ens. diere op jou plaas af. Het 'n geval gehad waar ons 15 rooihartbeeste verloor het binne 5 dae nadat hulle afgelaai is. Bene gebreek, ribbes gebreek, gedehidreer na lang pad ens,ens,ens... Die oomblik wat daai bok van die trok afklim is die verantwoordelikheid die grond eienaar s'n. Ek laai nie sommer weer in nag af nie.
Sal aflaai terwyl ek kan sien, laat middag kan ook werk. Maar ek wil sien wat ek kry.
JY DRING AAN DAAROP DAT JY BETAAL 7 DAE NA AFLAAI.
MEESTE WILDVANGERS BETAAL OOK DIE BOER EERS 7 DAE NA DIE VANGS, EEN VANGER HET EEN VAN MY KLIEENTE MEER AS 3 MAANDE LAAT WAG.
SKULD MY NOGSTEEDS DIE 5% KOM. MAAR DIT LANKAL AFGESKRYF.. EK SUKKEL NOU AL MEER AS 5 MAAND EOM EEN TAKBOKRAM UIT HOM TE KRY..
EK KEN NIEMAND MET MEER VERSKONINGS AS "SOMMIGE" WILDVANGERS NIE..
BOKKE OES.......= RUGSTEEK BEDRYF....BAKLEI EN STREI SO ONDER MEKAAR EN INHALIG JULLE SAL NIE GLO AS EK BEGIN NIE..
BOK VANGERS = ..... AS HULLE BELOFTES DIE DAG OMGESIT WORD IN DADE...HET ONS DIE BESTE BEDRYF IN SUID AFRIKA...
NEE EK VAL WEER VOOR DIE LUSTIGHEID VAN DIE DUIWEL...AS JY NIE IETS GOEDS KAN SE NIE ,, BLY LIEWER STIL MNR BOTHA....
SO FREEK DAAR IS MAAR DIE OUENS WAT KANSE VAT EN DAAR IS DIE BETROUBARE MANNE...
ALMAL HET SEKER MAAR GOED IN ONS....
Last edited by JACQUES BOTHA on Sun Aug 02, 2009 7:36 pm, edited 1 time in total.
Louis102 wrote:...Volgens Oom Tekoeza, is die "morrel of de St?rie" dat jy maar 'n bakkie koop wat met 'n hoofletter "T" begin en op 'n klei "a" eindig. En blykbaar tel 'n "Tata" nie.
Oops, dankie dat jy so bietjie gehelp het. Onthou party van ons kan nie eintlik spel nie. Het maar geglo jy gebruik 'n vierletter woord.
Ek was gou (baie gou) Zastron toe met taxi moeilikheid om my arbeid te vervoer. Was oppad terug toe ek daar verby is. Ek sal weer daar verbygaan en jou laat weet, weet net nie wanneer nie.
Ek het die jaar daar by Mannetjies Roux gejag maar dit was so amper 2 maande terug.
Ek moes maar omgedraai het maar spyt kom meeste van die tyd te laat.
Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
CHRISTO
LYK MY NIE JYS KRIK VIR N PAAR KM DIE KANT OTE OF DAAIKANT TOE NIE....
SOMMER GOU ZASTRON TOE EN TERUG SEKER??
MOOI RY MATER ......JY WEET DIS TEEN DAAI N1 WAAR ONS AL DAAI JAKKALSE GESKIET HET......
KYK OF JY NIE N ROEPER SIEN STAAN WAT ONS LANGS DIE PAD VERGEET HET NIE ASB...
Dis nou een tool wat ek nie sal verby ry nie. Slyp my tanne vir een. Maar met al die verskillende tipes en probleme wat ek raak lees op die forum is ek maar skrikerig om te gou te koop. Sien die Foxpro3 is nou R 5000.00 by S&O. Ek wou selfs een laat inbring volgende week ( sus kom kuier uit die USA ) maar met die waarborg en herstelkostes weet ek nie meer so mooi nie.
O ja, ek sien toe een jakkie wat padkos geraak het so ent voor Colesberg. Seker 'n take-away in die pad gekry toe hy nie mooi gekyk het nie.
Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.