6 mm AI navraag:

Post Reply
Eras
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 88
Joined: Wed Sep 08, 2010 7:59 am

6 mm AI navraag:

Post by Eras »

Goeie dag,

Ek is op soek na raad/inligting ivm die 6MM AI - Boboonstalker/Arnold/Wouter en enige iemand wat praktiese ondervinding het, julle insette sal waardeer word.

Teoretiese vrae:
(die teoretiese vrae is gemik om uit te vind teen watter spoed die onderskeie koeels geskiet kan word uit die 6MM AI sonder druk ens)
1. Teen watter spoed kan die 6MM AI 'n 115 grein koeel (Berger VLD met BC van 0.545) skiet - vir aftsandte tot en met 1000 m. Kan die 6mm AI die 115 grein koeel vinnig genoeg skiet om wind te kan ontglip om 'n effektiewe 1000 meter geweer te wees?

2. Teen watter spoed kan die 6MM AI 'n 87 grein koeel (BC (G1) VAN 0.412) skiet?

Praktiese vraag:
1. Is die 6mm AI inherent akkuraat, maw skiet die kaliber akkuraat met 'n verskeidenheid van ladings/koeels?
2. Hoeveel meer is die aanvoelbare terugskop van die 6 mm AI in vergelyking met die 243? (Die 7mm en 300's skop te veel na my smaak.) 
3. Loop lewe? Of is dit maar 'n kwessie van "elke sport het sy beserings?"


Byvoorbaat dankie vir die raad - ek luister by die "radio".

Eras
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 6 mm AI navraag:

Post by Arnold »

Eras, die kort antwoord is dat jy nooit gaan kan kers vahou teen die hoe BC 7mm koeels nie.
Die 6mm behoort minder as jou 270 te skop maar praat met Pieter en hoor by hom vir 'n vergelyking tussen die 243 en 6mm.

Miskien kan iemand gou vir jou terugvoer gee van wat jy kon verwag met die 115gr Berger en 'n 30~31" loop. As ek 'n kans kry sal ek ook bietjie kyk.
Inherente akkuraatheid is iets waarop ek nie wil komentaar lewer nie maar as die geweer reg aanmekaar gesit is behoort daar nie probleme te wees nie.

Ek dink jy het jou eie vraag beantwoord op die loop lewe. Ek skat dit sal so effens korter as 'n 243 AI wees so hoor by ouens wat hierdie kaliber skiet. Loop lewe word ook gedefinieer deur jou gebruik van die wapen. Vir 900m sal hy dalk nie meer voldoen nie terwyl jy nog gemaklik met 'n "uitgeskiete" loop aan veldskiete kan deelneem.
User avatar
baboonstalker
Hero Member
Hero Member
Posts: 692
Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm

Re: 6 mm AI navraag:

Post by baboonstalker »

Eras,

Ek skiet 88gr bergers teen 3440fps sonder druk en 70gr'ers teen 3900 uit 'n 1/10 Broughton loop.
Ek glo die kaliber is inherent akuraat en nie so fyngevoelig soos 'n .243Win nie. Op 900+ skote skiet my geweer nog net beter elke keer as ek hom vir 'n outing vat en as ek na die manne wat ondervinding het, is sy verwagte loopleeftyd beter as die van 'n 243.
Sy loop sal maar brand as jy 115gr koe?ls met hom skiet.
Terugskop is 'n relatiewe begrip, maar die 6mm skop van dag een af baie minder as my 243, wat 'n standaard jaggeweer is en dus aan die ligte kant, terwyl die 6mm 'n swaar kolf en loop op het wat help vir die skop.

Die 6mmXC is 'n beproefde wenner met die 115's op lang afstande en is miskien 'n beter (doeltreffender) kaliber vir die aanwending.
Eras
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 88
Joined: Wed Sep 08, 2010 7:59 am

Re: 6 mm AI navraag:

Post by Eras »

Arnold, Pieter;

Dankie vir julle terugvoer - word baie waardeer.

Groete
Post Reply