Fireform vir Ackley Improved kamer
- Smitstertjies
- Hero Member

- Posts: 1988
- Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Fireform vir Ackley Improved kamer
Naand manne.
Ek het n vraag, en wil graag he die manne met eerstehandse ondervinding moet my antwoord.
Ek het n 338 LM AI (40 grade skouer) laat bou. Ek het n dieset vanaf Whidden bestel, maar dit lyk of ek nog n rukkie vir die dieset gaan wag. Ek het 200 nuwe lapua 338lm doppe gekoop.
Nou my probleem is die volgende.Ek skiet in n kompetisie die 5de November en teen daai tyd gaan ek nog nie my dieset in my hande he nie. Ek het wel n gewone 338lm dieset. So my plan is om die 200 doppe te laai en te seat met my gewone 338lm seater die en dan te skiet in die AI kamer en hulle so te fireform terwyl ek onder andere in die kompetisie skiet. Meeste mense fireform improved cartridges met n bietjie pistool kruit en wads, maar ek kan nie daai roete volg nie want ek gaan nog nie betyds n dieset he om dan die doppe weer te size nie. Nou wat lekker is van die AI is dat die parent case so 4thou langer is op die skouer as die AI kamer, so jy het nie nodig om die koeels te jam etc om jou doppe mooi te vorm nie.
My vraag is die volgende: Kan ek n bietjie oor die maks lading gaan van die parent case in die fireforming proses, aangesien die kamer heelwat groter is? My logika se vir my ek kan, maar ek wil nie onnodig my doppe verniel nie. Bv, my maks lading in my gewone 338lm is 92gr N570, en volgens QL behoort ek naby 103gr N570 te kan laai in die AI geweer teen maks druk sodra die doppe ten volle gevorm is. Ek kan so 98gr N570 laai in n ongevuurde gewone 338dop om 100% case fill te kry. DIs nog ver onder maks vir die AI kamer maar ver oor maks vir die gewone 338.
Of moet ek net na die gewone druk tekens kyk voor ek stop terwyl ek fireform? Bv boltlift, plat primers etc?
Ek hoor graag

416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3079
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: Fireform vir Ackley Improved kamer
Jou kamer bepaal jou maks druk as ek dit so eenvoudig kan stel.
Doen jou lading ontwikkeling vir ‘n AI want jy het ‘n AI.
Begin maar eers rustig en werk san lekker op en gooi jou data hier dan kan die QL en GRT manne jou ook check.
Wat jou ‘n voordeel gaan gee is dat jy nie die koeël hoef te jam nie.
Jou fisiese dopkapasiteit gaan jou in elkgeval beperk om te warm te laai as ek reg verstaan aan jou skrywe.
Sent from my iPhone using Tapatalk

Malan123
- Hero Member

- Posts: 2128
- Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm
Re: Fireform vir Ackley Improved kamer
Om te meet is om te weet. Begin by 'n veilige lading volgens die parent case en neem spoed. Gee dan QL inligting en meet water volume van gevuurde (AI) dop. Ek skiet 1 gat groepe met fireforming ladings op my 243 ackleys.
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Fireform vir Ackley Improved kamer
Eerstens sal ek nie op die normale "druktekens" vertrou nie. Die .338 Lapua se dop is juis ontwerp om hoër as normale druk te hanteer. Die Ackley nog meer so.
Met dit in gedagte wil ek beaam wat my mede skuts voorstel. Gebruik jou normale lading van jou oorspronklike .338 as beginpunt en samel data in vir QL. Kry hom op node en laai soos normaal en skiet.
Ek het al manne gesien wat volgens QL en GRT oor die 70 000 psi hardloop en nie verstaan hoekom die doppe se nekke split nie, want die slot maak dan nog maklik oop.

Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- Smitstertjies
- Hero Member

- Posts: 1988
- Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Re: Fireform vir Ackley Improved kamer
Dankie vir julle insette manne. Ek het QL redelik al bemeester. So wat julle eintlik se is ek kan by my standaard lading op my gewone 338 begin en opwerk. Ek gaan egter die kamerdimensies op QL van die AI weergawe gebruik om druk te bepaal nadat ek spoed gemeet het, al is dit in die parent dop. Darem vir veiligheid word ek beperk met dopkapasiteit om ver onder die AI weergawe maks lading te bly.
Sodra ek die 200 doppe 1 x geskiet het sal ek n nuwe lading ontwikkel en QL weer kalibreer, aangesien ek tog dink die proses van fireform, veral in n kamer wat so baie improve word, tog n effense bydrae tot druk moet gee
Sodra ek die 200 doppe 1 x geskiet het sal ek n nuwe lading ontwikkel en QL weer kalibreer, aangesien ek tog dink die proses van fireform, veral in n kamer wat so baie improve word, tog n effense bydrae tot druk moet gee
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3079
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: Fireform vir Ackley Improved kamer
StemSmitstertjies wrote:Dankie vir julle insette manne. Ek het QL redelik al bemeester. So wat julle eintlik se is ek kan by my standaard lading op my gewone 338 begin en opwerk. Ek gaan egter die kamerdimensies op QL van die AI weergawe gebruik om druk te bepaal nadat ek spoed gemeet het, al is dit in die parent dop. Darem vir veiligheid word ek beperk met dopkapasiteit om ver onder die AI weergawe maks lading te bly.
Sodra ek die 200 doppe 1 x geskiet het sal ek n nuwe lading ontwikkel en QL weer kalibreer, aangesien ek tog dink die proses van fireform, veral in n kamer wat so baie improve word, tog n effense bydrae tot druk moet gee
Sent from my iPhone using Tapatalk
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Fireform vir Ackley Improved kamer
My 243 het na hy verander is na AI, die ou ammunisie nog steeds baie akkuraat geskiet.
1. Gebruik jou huidige lading en kyk hoe skiet hy in die nuwe kamer.
2. Bepaal volume vir die AI kamer.
3. Bereken nou die node met spoed, TPL soos gebruik en dopvolume.
4. Skiet nou ladings in en om die berekende node om sy strek en werklike akkuraatheidspunt te kry.
5. Plaas jou syfers sodat die uitslae nagegaan kan word.
6. Met jou 2de herlaai van die doppe sal jy dan net syfers moet nagaan om te sien of dit 'n effek het.

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Fireform vir Ackley Improved kamer
Wat Gawie sê moet vir my die inleidingsparagraaf wees in enige gesprek oor ‘fire form’ vir Ackley. Dit geld ook in mindere of meerdere mate wanneer mens nuwe doppe vuurvorm in std kamer. Druk tekens Of nie kan misleidend wees.
“Eerstens sal ek nie op die normale "druktekens" vertrou nie. Die .338 Lapua se dop is juis ontwerp om hoër as normale druk te hanteer. Die Ackley nog meer so.”
Geniet hom Smit.
Beste.

Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Fireform vir Ackley Improved kamer
Skiet n mini speed ladder. Gebruik jou huidige lading. Hou druk tekens dop maar ek het nog net druk in my Ackley gesien as die primer pop.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.

- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8005
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Fireform vir Ackley Improved kamer
Skiet n spoed ladder en let op na bolt lift. Bly onder die maks spoed van die AI as jy geen probleme met bolt lift het nie.
Ek werk so n fireform lading uit en kies n lading waar die spoed konstant is. Dan sou jy met seating diepte kon speel om die groepe kleiner te kry.
Hierdie is my gewone ladingontwikkelingsproses wat ek ook gebruik om te vuurvorm. Wat ek dan vind is dat my lading effens kan afkom as die doppe reeds gevorm is.
Die proses het ek nou al n paar keer met my 260 AI gedoen en is juis nou besig om 100 nuwe doppe te vorm.
Sent from my SM-G955F using Tapatalk

Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7557
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Fireform vir Ackley Improved kamer
More Martin
Maak soos die manne hier se met jou lading ontwikkeling. Persoonlik sal ek Arnold se roete gaan vir die doel wat jy die geweer voor gebruik. Ek sal dan net graag by Gawie wil aansluit en ek moet eintlik hierdie volgende stuk in rooi skryf. Ek het net laas week n lang gesprek met n bekende geweersmid gehad juis oor die 338 Lapua Ackley Improved. Vir n baie lang tyd maan ek mense al hier oor die maksimum drukvlakke van die standaard 338 Lapua agv van die sterk ontwerp van die dop. Nou hierdie kom nog meer te vore by die Ackley wat druktekens verbloem agv die minimum bodytaper ontwerp. Bolttrust word weggesteek met die kamer self wat die meeste van die druk opneem. Nou hier was al n paar manne wat hulle snelhede deurgegee het op hulle Ackley's wat op QL gewys het hulle hardloop diep in die rooi maar voet by stuk gehou het dit is veilig in hulle gewere want hulle ervaar geen druk nie. Daar was n persoon wat gese het hy sal in die toekoms eerder die Improved weergawe met 30 grade skouers gebruik want die 40 grade skouers bump moeilik terug. Nou hierdie was vir my snaaks want ek het nog nie op een van my Ackleys dit ooit ervaar nie of beter gestel ek het nog nooit die nodigheid gehad om my skouers terug te druk nie aangesien ek net nek size.
Wel uit die gesprek met die geweersmid het dit nou baie mooi na vore gekom dat hierdie probleem en n paar ander ontstaan wanneer daar vir n lang ruk op hierdie drukvlakke (75 000psi plus) gehardloop word. Eerstens kom chamber bulging na vore asook die hele kamer wat in lengte groei. Hierdie vat n rukkie en neem eksponensieel toe namate metal fatigue intree. Wat verder die probleem vererger is dat baie Lapuas gebruik maak van te klein aksies en te dun lope veral by die knox wat dan die probleem vererger veral as jy die kamer oorsny Ackley toe. Daar moet n minimum van oor die 6.35mm vleis wees as ek reg onthou wat nie altyd so is nie. Verder wat mense moet onthou met hierdie hoe kapasiteit doppe en die gepaardgaande ultra stadig verbrandende poeier is alhoewel jy heelwat dopkapasiteit wen jy in spoed terme nie so baie wen nie. Dit is maar die konsep van diminishing return hoe groter dit word. So wen jy 15% dopkapasiteit wen jy dalk 5% adisionele spoed. Hierdie tel ook vir adisionele looplengte. Ek stap ook nou die roete om my 338 Lapua te Ackley en die realiteit is dat ek op my huidige looplengte nie veel gaan wen nie, slegs dat ek so bietjie vinniger kan skiet teen laer druk. So in kort maak seker wat jou maksimum snelheid kan wees vir die kombinasie en bly onder dit. Persoonlik het 62 500psi gekies as my absolute maksimum, maar gelukkig lyk of my teoretiese nodespoed lading net so onder die 60 000psi gaan wees.
Ek se weer vir die mense daar buite dat hulle verskriklik versigtig met wees om hulle ore uit te leen vir snelhede wat die manne met die 338 Lapua Ackley en ander hoe kapasiteit rondtes kry. Druk wat nie op die konvensionele metodes waargeneem word is nie te se dat hy jou nie behoorlik in die gat kan kom byt nie!
Groetnis
Wouter

Mooi uiteengesit Wouter, dankie. Baie leersaam.
Ter aansluiting, veiligheid en vereenvoudiging van die Ackley met sy voordele en gevare. Opgesom soos ek dit sien, na baie insette hier en elders as uitgangspunt rondom Ackley en die vals/afwesigheid van druktekens of die swak skakel in die ketting, waarna jy ook al voorheen verwys het.
1) Ackley is primêr die geweer se voordeel.
2) Ackley is sekondêr die skut se voordeel.
Vanaf hierdie relatiewe basis werk mens om elke unieke kombinasie te optimaliseer.
Ek het op die volgende stuk afgekom, gedoen op laedruk 30-30 wat baie ondervang wat jy en ander hier uitlig. Verduidelik ook wisselende headspace effek mooi, sien veral die druk.
As perspektief by die oorspronklike vraag, veral t.o.v. die dop ontwerp en sterkte.
Beste.
Met komplimente.
https://gundigest.com/gear-ammo/ammunit ... thrust/amp

- Ralph Badenhorst
- Hero Member

- Posts: 869
- Joined: Tue Nov 06, 2012 2:38 pm
Re: Fireform vir Ackley Improved kamer
Dink nou net as mens SRP 338LM 300PRC 300WM doppe kon kry. " jy sal hom hoer druk kon hardloop"
(grap net)
Wouter - Smirre laai sy 338LM darm baie veilig
Groete
R jr