Ek het 'n Stag Arms AR15 wat my heelwat grys hare gee. Die geweer kan nie deur 'n enkele magasyn kom sonder om te stoor nie. Die skoot gaan af, en
dan sit die dop so styf in die kamer vas dat ek dit van die kroon se kant af met 'n hamer moet uitslaan. Die extractor kom glad nie reg nie. Ek kan ook
geen snaakse krapmerke op die doppe sien nadat dit uitgeslaan is nie.
Ek het die geweer al uitmekaar gehaal en skoongemaak, die kamer met 'n chamber brush geskrop, en die ding so van die olie gespuit dat ek lyk asof
ek 'n dieselenjin oorgedoen het na 'n paar skote. Ek het tot die ammunisie met olie gespuit en liggies afgevee om die doppe glad te probeer kry. Ek kom
nie eers deur een magasyn nie, dan is dit maar weer dieselfde storie.
Kan iemand dalk 'n geweersmid wat ondervinding met AR's het, aanbeveel? Dalk kan hy die kamer poleer of iets aanvang wat gaan verhoed dat ek die
verdommenis êrens op 'n treinspoor gaan neersit.......
Ek het êrens gelees waar 'n persoon van mening was dat die M16 verantwoordelik was vir die Amerikaners se neerlaag in Vietnam. Sy woorde was iets
soos: " Next to every fallen GI was a jammed M16." Ek begin die ou nou glo.........

