Saak staan so :
Ek is opsoek na die idiale makouskiet kaliber ?
Dit sal beslis n Howa Stainless steel BB moet wees, ons jag in die weskaap en overberg destrik. Makoue, kolgaanse en kraaie word geskiet op afstande van 100m tot 350m en soms tot op 400m
1.So hy moet stabliseer op seevlak.
2. Stainless steel is net beter hier.
3. Goedkoper skiet verkieslik....
4. Wind is maar hier onthou.
Nou my vraag , gaan n Howa 223 met die "goedkoper" 55gr Fmj of varmenter punte werk ?
Of gaan ek inelkgeval n 53gr of 55gr v-max skiet, dan kan ek mos maar n 204 en 40gr ook skiet ?
Wat van n 22 250 met se n 1/9 twist en 62gr Fmj punte ?
Gaan n 223 AI my nie nader aan 204 en 22 250 vat nie, wat wen mens met AI op die 223.?
Tans skiet ek n 260 , 6.5Needmoor en Grendel op die makoue en vriende. Ek het ook n 243, so ek soek iets anders, meer doelgerig hehe.
En dalk kom die nuwe Howa' betyds vir Kersfees
Ek hoor graag van julle bekwame manne, veral die wat 223 AI en 22 250 en 22 250 AI ondervinding het.





