Ek lees op 'n ander draad expander balls is drek van die duiwel. Ek glo dit het met nekspanning en konsentrisiteit te doen. My kennis is te min om te oordeel, so ek hoop julle kan help en dit dit vir my mooi uiteensit.
As jou FL matrys reg opgestel is, wat is die voor en nadele van die standaard metode met die expander ball? Geld dit vir RCBS,Lyman,Redding,Hornady, Lee (nie-collet) en alle algemene FL dies?
Indien mens sou vind of sommer net besluit die ding moet gaan, kom die decapping pin saam uit?
Dan moet jy seker 'n universal decapping die gebruik? En ook 'n expander mandrel kry om duike uit te druk en/of 'n neck bushing die gebruik vir nek spanning?
Is hierdie maar vir die 0.1MOA benchrest skuts of moet ons gewone outjies ook daarna kyk.
PS. Ek volg die ander draad ook as die antwoorde daar opkom... viewtopic.php?f=75&t=82862
FL Sizing die expander ball removal
-
J le Roux
- Hero Member

- Posts: 1113
- Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am
FL Sizing die expander ball removal
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.

- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13586
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: FL Sizing die expander ball removal
N standaard FL DIE size die nek kleiner as wat nodig is en die bal rek hom weer na “spec”. Hoekom dit ooit gebruik is sal ek nie weet nie, ek raai maar die DIEs se mates was vroer van so aard dat hulle die nek so baie gesize het dat die koel nie sou pas sonder dat die nek weer groter gerek word deur die expander nie, natuurlik as mens nou doppe se nek wande skil en daai klas goed wil mens hom expand met n mandrel maar hier praat ons van baie klein mates.
Jy sit nou basies met 2 probleme.
1 die bal werk jou dop onnodig baie, size af-rek oop. Dit is nie regtig n groot probleem nie dit werk maar net die dop
Nommer 2 is waar dit my pla. Die kans dat jou dop se nek, bal, press en skoen waar dop in gaan alles 100% opline is bitter skraal so wat gebeur as een skakel van daai ketting uit of skeef is? Jy trek jou dop se nek skeef.
As ek my balle uit haal plak ek somer die decaping rod met super glue vas.
Expanding mandrels is n beter pad om te volg as jy wil expand want hulle mates is baie beter en jou force nie noodwendig n ding deur jou nek nie (daai mandrels word maar gebruik om n duisendste of 2 van n duim oop te maak) maar ek voel nog dis nie nodig nie. Jou dop is op sy reguitse as jy hom net geskiet het (natuurlik neem ons aan alles in die kamer is mooi reguit) so hoekom wil jy hom af size en dan n ding terug deur hom trek wat alles net kan by dra na n krommer nek
Dit gaan nie noodwendig maak dat jy n bik mis skiet nie maar ek het nog nooit iemand ontmoet wat self herlaai wat net sy patrone wou laai om n bok op 80m raak te skiet nie

A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
6.5/284Norma
- Hero Member

- Posts: 1730
- Joined: Tue Sep 08, 2015 7:28 am
Re: FL Sizing die expander ball removal
Stem saam met oom Tripid.
As jy wil kan jy nekke skil en 'n bushing die gebruik sonder die expander ball. Dit is gewoonlik goed genoeg vir aanvaarbare jag akkuraatheid.

I'd rather be hunting!
Truvelo 6mm Creedmoor
Howa 6mm Creedmoor
Howa 6.5 Creedmoor
Truvelo 6mm Creedmoor
Howa 6mm Creedmoor
Howa 6.5 Creedmoor
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: FL Sizing die expander ball removal
Ek hoor wat Capt. sê en stem gedeeltelik met hom saam oor sy observasies ten opsigte van sy eie herlaai metodiek en die komponente wat hy gebruik. Dit maak dit vir hom moontlik om akkurate ammunisie te laai, sonder om die "expander ball" te gebruik.
Ek is egter baie versigtig om nie die baba saam met die badwater uit te gooi nie.
Ek het 'n kleintjie dood aan "hulle" en "ons", wat so-en-so maak en dan meng die wit en die geel van die eier en die skuimpies lyk soos roereier!
Indien jy sin maak van my laaste sin, kyk jy te veel MKR of "Master Chef" en is jy miskien op die verkeerde groep!
Terug na die oorspronklike vraag; Wat is die voor en nadele van 'n "expander" in 'n matrys?
Om die vraag, soos gestel te antwoord, moet ons verstaan hoekom die "expander" enigsins in 'n matrys is.
Nadat 'n dop in 'n geweer se kamer vervorm is, tydens die afvuur van die koeël, neem die dop die vorm en afmetings van kamer aan. Die nek moet genoegsaam rek sodat die koeël ontsluit kan word. Die wande van die dop sit ook uit en druk teen die binnewande van die kamer vas. Die dop moet nou hervorm word sodat hy so na aan identies is, as voor hy afgevuur is. Die FL matrys druk die skouers terug en die wande van die dop, sowel as die nek kleiner met die afslag van die pers. Die "expander" hervorm met die opslag, die binne deursnee van die nek na die korrekte mate.
Dit is die nut van die "expander", terwyl die voordele is dat jy met een omslag drie stappe voltooi naamlik; die hervorming van die wande en die skouer, sowel as die uitdruk van die slagdop.
In 'n perfekte wereld is alle patroondoppe reguit, met geen afwykings in lengte, deursnee of wanddiktes nie. Die dop is 'n perfekte silender met 'n uniforme wand, maar toe besluit, onder andere, Winchester en PMP om doppe te vervaardig en ons besluit om hul te hergebruik.
Enige persoon wat al 'n gelaaide patroon op 'n "waggelmeter" getoets het sal jou vertel dat die naald soos 'n warm GTI se ruitveër in 'n donderstorm kan vee.
Hoekom?
Doppe se wande mag verskil in dikte en egaligheid. Om dus 'n koeël korrek in 'n dop te set, moet ons die binne deursnee van die nek in so 'n mate hervorm dat dit die koeël stewig genoeg sal vashou. Die "expander" doen presies dit, maar verplaas sodoende die verdikking na die buite deursnee van die nekwand. Ons sit nou met 'n egalige greep op die koeël, maar in die geweer se kamer is al die komponente nie noodwendig konsentries nie. Dit lei tot onegalige ontsluiting van die koeël uit die dop en in ekstreme gevalle 'n koeël wat die gravering skeef ontmoed.
Die dop en koeël kombinasie, se middellyn moet haaks wees of 'n 90 grade hoek vorm met die basis van die dop waar dit die slotgesig van die geweer ontmoed.
Soos jul uit my skrywe kan aflei is daar 'n legio dinge wat kan verkeerd loop met die herlaai proses.
Die grootste sondebok is nie die "expander" self nie, maar eerder die stang waaraan hy geheg word. Die "expander" se belyning ten opsigte van die senter lyn is direk gekoppel aan die stang se plasing ten opsigte van die middellyn. Indien die stang skeef is, gaan die "expander" ook skeef wees.
Hoe spreek ons dit aan sonder om ander matryse te gebruik? Ons fokus op die konstandheid in afmetings van ons doppe self om herhaalbaar dieselfde resultate te kry.
Sny al die nekke tot 'n egalige dikte. Die "expander" sal nou met 'n egalige weerstand deur die nek getrek kan word en 'n kleiner invloed op die belyning hê. Dit sal nie net help dat die koeël beter ontsluit nie, maar ook dat die koeël meer konsentries is ten opsigte van die geweer se kamer en dus meer haaks met die gravering.
Gloei die doppe se nekke en skouers uit. Dit sal die materiaal sagter en meer plasties maak sodat die matrys en "expander", 'n kleiner effek op die konsentrisiteit van die nekke en die doppe in geheel het.
Tot onlangs was my Redding matryse met die "expander" in plek meer as voldoende indien ek bogenoemde stappe gevolg het. Nie een van die stange is 100% reguit nie.
Deur van die begin kwaliteit doppe te gebruik, kan baie tyd en geld spaar.

Dont make expensive noise! Make the first shot count!
-
J le Roux
- Hero Member

- Posts: 1113
- Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am
Re: FL Sizing die expander ball removal
Baie dankie Gawie en al die ander wat 'n bydrae gelewer het. Herlaai bly darem 'n heerlike stokperdjie.
Ek het nog nie by die nekwand dikte skil uitgekom nie. My laaste toerusting toevoeging was 'n uitgloeier.
Baby steps.
Ek het nog nie by die nekwand dikte skil uitgekom nie. My laaste toerusting toevoeging was 'n uitgloeier.
Baby steps.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1875
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: FL Sizing die expander ball removal
Om aan te sluit wat hierbo genoem is, en dalk sekere goed te herhaal:
Die "expander" is nie die probleem nie. Die nek gedeelte van die "sizer die" is, omdat dit die dop se nek te klein "size". Of jy die dop ooprek met die "expander" of met die koeël, die uiteinde is basies dieselfde. Die "Expander" kan dit dalk 'n bietjie meer reguit en konsentries doen as die koeël, omdat die "expander" aan iets vas is en die koeël redelik vry is om te beweer soos hy wil, maar dis debatteerbaar.
Die oplossing is om die nek net genoeg kleiner te wurg dat hy die koeël met die regte (en veral mooi konstante) nekspanning vas hou. Daar is verskillende maniere om dit reg te kry.
Die eerste is om 'n matrys te gebruik wat presies die regte nek diameter het. Hy kan so uit die fabriek kom (ek het so ene) of jy moet ene met vervangbare "bushing" kry en dan die regte "bushing" koop en insit. Vir die metode om te werk moet die nekke se wanddikte mooi kontant wees. Koop goeie doppe of sny (skil) joune reg.
'n Ander, baie gewilde metode is Lee se Collet Neck Sizer matrys. Dit is nie baie sensitief vir nekwanddikte nie (maar die wande moet steeds eweredig wees vir goeie konsentrisitiet en nekspanning) want die binnediameter word bepaal deur die diameter van die "decapper rod" se skag. Hierdie diameter kan ook verstel word deur die skag dunner te skuur of te vervang. Dit is ook 'n relatief goedkoop opsie.
Beide bogenoemde werk ook die nekke se materiaal minimaal, wat help om dopleeftyd te verleng.
Uiteindelik moet elkeen besluit watse tipe presisie hy en sy geweer kan lewer, en dan patrone laai wat dit moontlik maak. Die meeste jagters kan die maksimum potensiaal uit hulle toerusting haal sonder al hierdie baie moeite en stres. Dan is daar diegene wat groot bevrediging daaruit put om al die ekstra stappe te doen en kostes aan te gaan op soek na daai ontwykende 1-gat 1600m groep.