Help kies asb: raad oor 270, 3006, 308, 300winmag en 375 ruger
- Monrique (SJ)
- Hero Member

- Posts: 2296
- Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am
Re: Help kies asb: raad oor 270, 3006, 308, 300winmag en 375 ruger
@ Madako
+1
@SV
Ek kan jou nognie se hoe n .308 skiet met n KD, want ek wag nog vir myne, alhoewel my Ou Plank alreeds soos my .243 of dalk n bietjie minder skop. Het al met n KD geskiet wat op n 30-06 en 7x64 is en hulle is sommer baie getem, klank is ook baie minder.
Dis egter jou besluit wat jy wil koop. Ek kyk ook maar altyd wat die geweer my kos om aan die skiet te hou, want my finansies laat die duur goed nie toe om gereekd te skiet.
Groetnis

-
fanie17
- Hero Member

- Posts: 513
- Joined: Tue Nov 09, 2010 9:15 am
Re: Help kies asb: raad oor 270, 3006, 308, 300winmag en 375 ruger
Ek weet nie meer wat gebeur op forum dat manne nie eens hulle ouderdom wil noem nie, dit het nou duidelik geword hoekom,daar is manne wat raad gee oor 375 Ruger asof dit n 375 H+H is dit is ook nou duidelik dat manne sonder gewere vir ander wil se wat hulle moet koop en hoekom.Die keuse tussen die gewere wat genoem word is so wyd as die Here se genade,dis net so goed ek vra of ek n Corsa of n Land Cruser moet koop As jy nie n geweer het nie en vir n tyd net met een gaan skiet,koop n 30-06 hy kan alles doen op n manier dat jy sal dink jy het nie iets anders nodig nie,tot jy 4 of 5 gewere het dan weet jy wat jy nog moet kry.Ek dink waar n forum lid bly en sy ID moet verpligtend gemaak word vir aan sluiting,ek het al n paar manne sien goed kwyt raak hier wat duidelik is jy self nie beproef het nie.
.22bruno 223sako 243sako 22-250sako 270sako 308sako 308rsa 30-06sako 30-06bulbarel 300winmag dubbelbrug mauser 375 pre 64 .22mag zastava 12boor 357 38spes 9mmpara 25-06truvelo
- SV MAD (Henk)
- Hero Member

- Posts: 1653
- Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm
Re: Help kies asb: raad oor 270, 3006, 308, 300winmag en 375 ruger
Hi Fanie.
Ek is 33 jaar oud (actually 32, verjaar oor 26uur). Ek het baie gelees, baie gepraat met gesoute manne en ek dink ek het besluit op die 375 Ruger met terminator knaldemper en 3x9x40 scope. Weet nog nie watse maak scope dit gaan wees nie (gaan moet sterk genoeg wees vir 375) maar ek hou daarvan dat hy die mil-dot moet he. Wat se julle manne van die setup?

ek soek nog wapens...
- Monrique (SJ)
- Hero Member

- Posts: 2296
- Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am
Re: Help kies asb: raad oor 270, 3006, 308, 300winmag en 375 ruger
@SV
My persoonlike opinie is, dat n .375 nie n 1ste geweer behoort te wees nie. Dis net my 2c.
@fanie17
Ouderdom het niks met ondervinding te doen nie!! So ook nie waar jy bly nie.
Dit is waarvoor die aansluiting afdeling daarvoor is, om jouself voor te stel en bietjie vir ons van jouself te vertel!
Net hoe ek dink.

- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3530
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: Help kies asb: raad oor 270, 3006, 308, 300winmag en 375 ruger
ditto op als wat sj gese het. Ouderdom niks met ondervinding te doen nie.
groetnis
groetnis
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
-
bobby
- Sr. Member

- Posts: 356
- Joined: Fri Jan 29, 2010 6:28 pm
Re: Help kies asb: raad oor 270, 3006, 308, 300winmag en 375 ruger
why would it matter where you live ? does the man who lives on a farm give better advice than a man who lives in a town ?
as for the age thing , i've seen older guys shoot really shit and not know what the hell the doing when on the line or reloading their ammo . should we take the old guy who lives on the farm in poffader over the youngster who lives for shooting but unfortunely also in the town ?
a forum is where everyone gives advice you listern and make up your own mind what advice to take .
as for the age thing , i've seen older guys shoot really shit and not know what the hell the doing when on the line or reloading their ammo . should we take the old guy who lives on the farm in poffader over the youngster who lives for shooting but unfortunely also in the town ?
a forum is where everyone gives advice you listern and make up your own mind what advice to take .
- SV MAD (Henk)
- Hero Member

- Posts: 1653
- Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm
Re: Help kies asb: raad oor 270, 3006, 308, 300winmag en 375 ruger
Ek stem saam dat indien n ou nog nooit geweer geskiet het ens dat die 375 of 300winmag nie n regte firsttime geweer is nie. Ek het al n paar gewere voorheen gehad en al baie geskiet. Vir my dink ek dat die 375 n baie goeie allrounder gaan wees, veral omdat ek hou om met baie swaar punte te skiet.
ek soek nog wapens...
-
Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Re: Help kies asb: raad oor 270, 3006, 308, 300winmag en 375 ruger
Bobby
10/10 for you.Ek dink die oom sindroom loop maar lekker.Ek het dit al voorheen gese ouderdom =oud genoeg id no=007,5 address=kaya moerlandspan.Daar is baie manne wat op hierdie forum drie talig is afr eng en stont kan praat soos Bobby tereg opmerk jy moet maar self besluit wat reg en verkeerd is.
.So oom Fanie 17 ek sal en ek is seker die ander manne sal seker aanhou om drie talig te wees en te skryf op die forum dit maak tog nie vir my saak nie ek enjoy al die tale ,ouderdomme, en al die provinsies (somtyds nie wp nie).

Groete
OOM BERETTA
10/10 for you.Ek dink die oom sindroom loop maar lekker.Ek het dit al voorheen gese ouderdom =oud genoeg id no=007,5 address=kaya moerlandspan.Daar is baie manne wat op hierdie forum drie talig is afr eng en stont kan praat soos Bobby tereg opmerk jy moet maar self besluit wat reg en verkeerd is.
Groete
OOM BERETTA
- DawieKotze
- Hero Member

- Posts: 2075
- Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm
Re: Help kies asb: raad oor 270, 3006, 308, 300winmag en 375 ruger
Ai ou fanie17 - ons almal praat mos maar somtyds stront (in engels of afrikaans Berettafanie17 wrote: Ek weet nie meer wat gebeur op forum dat manne nie eens hulle ouderdom wil noem nie, dit het nou duidelik geword hoekom,daar is manne wat raad gee oor 375 Ruger asof dit n 375 H+H is dit is ook nou duidelik dat manne sonder gewere vir ander wil se wat hulle moet koop en hoekom.Die keuse tussen die gewere wat genoem word is so wyd as die Here se genade,dis net so goed ek vra of ek n Corsa of n Land Cruser moet koop As jy nie n geweer het nie en vir n tyd net met een gaan skiet,koop n 30-06 hy kan alles doen op n manier dat jy sal dink jy het nie iets anders nodig nie,tot jy 4 of 5 gewere het dan weet jy wat jy nog moet kry.Ek dink waar n forum lid bly en sy ID moet verpligtend gemaak word vir aan sluiting,ek het al n paar manne sien goed kwyt raak hier wat duidelik is jy self nie beproef het nie.
Soos reeds ges? - ouderdom en adres het nie noodwendig enige iets met ondervinding en kennis te doen nie. Die feit dat jy baie wapens besit, maak jou ook nie vanselfsprekend 'n guru nie. Dit bewys miskien net die dikte van jou tjekboek (tong in die kies ges?)
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
-
Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Re: Help kies asb: raad oor 270, 3006, 308, 300winmag en 375 ruger
Madako
Ek dink nie jy kon dit beter stel nie veral nie oor die boek nie het dit al persoonlik gesien.Soos jy ook tereg se dit is jou ondervinding ek dink tog dit is waaroor dit gaan wat jou ondervinding was as iemand dit wil lees of gebruik dan is dit sy srorie
Groete
NIE MEER OOM BERETTA NIE

- Izak H
- Sr. Member

- Posts: 343
- Joined: Sun Jun 14, 2009 9:38 am
Re: Help kies asb: raad oor 270, 3006, 308, 300winmag en 375 ruger
Hi SV
Ek skiet die afgelope 17 jaar met 'n 308, altyd 150gr punte gelaai. Toe die jakkals ding begin het ek oor geslaan na 110gr V-max toe, met groot sukses, maar vir jag was hulle nie hard genoeg nie. Ek het 125gr gelaai vir jag, want hulle het omtrent by mekaar geskiet. 110gr v-max is moeilik om in die platteland in die hande te kry, hier vat jy wat jy op die rak sien. So vat ek 'n pakkie 110gr Sierra varminters hierdie keer om te toets.
Wel die koe?l is deur die kerk, ek sal geen ander punt in of vir my 308 laai nie, teen 3200vt/sek met 35-40mm hoog gestel op 100m het ek al vanjaar jakkalse, springbokke, ribbokke, vlakvarke, blesbok en koedoe geskiet, almal 1 skoot mors dood. Van die skote was taamlik oor die 200m, maar soos iemand vroe?r ges? het no.1 = SKOOTPLASING
Maar bg. is slegs my opinie en ondervinding.
Sterkte met die keuse as hy nog nie gemaak is nie.
Izak H

Hi Izak.
Dankie vir die raad en advies. Ek het besluit op die 375 Ruger, en sal punte skiet van so 300gr+. Indien ek sal spoed jaag of ver afstande skiet, sal ek na 200gr toe beweeg. Die rede hoekom ek die 375 verkies is dat hy baie meer veeldoelig is (ek weet baie mense gaan met my verskil hier). Ek weet almal se skootplasing en ja, dit is belangrik. Mens moet voorsiening maak vir die keer wanner als verkeerd loop, dat jy nogsteeds genoeg slaankrag het om die bok af te haal.

- Yalair
- Hero Member

- Posts: 917
- Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm
Re: Help kies asb: raad oor 270, 3006, 308, 300winmag en 375 ruger
Ek sal primer blesbokke skiet op my skoonma se plaas in die Vrystaat. 200-400m skote
Ek sou gaan vir die 300, hoop jy kom reg mer 375 is 'n lekker kaliber maar vir 200-400m ?Ek het besluit op die 375 Ruger, en sal punte skiet van so 300gr+. Indien ek sal spoed jaag of ver afstande skiet, sal ek na 200gr toe beweeg.
Groete
Ben
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Help kies asb: raad oor 270, 3006, 308, 300winmag en 375 ruger
fanie17 wrote: Ek weet nie meer wat gebeur op forum dat manne nie eens hulle ouderdom wil noem nie, dit het nou duidelik geword hoekom,daar is manne wat raad gee oor 375 Ruger asof dit n 375 H+H is dit is ook nou duidelik dat manne sonder gewere vir ander wil se wat hulle moet koop en hoekom.Die keuse tussen die gewere wat genoem word is so wyd as die Here se genade,dis net so goed ek vra of ek n Corsa of n Land Cruser moet koop As jy nie n geweer het nie en vir n tyd net met een gaan skiet,koop n 30-06 hy kan alles doen op n manier dat jy sal dink jy het nie iets anders nodig nie,tot jy 4 of 5 gewere het dan weet jy wat jy nog moet kry.Ek dink waar n forum lid bly en sy ID moet verpligtend gemaak word vir aan sluiting,ek het al n paar manne sien goed kwyt raak hier wat duidelik is jy self nie beproef het nie.
'n Forum is soos 'n koerant - jy moet maar lees en sif vir feite en inligting wat op jou omstandighede van toepassing is. Selfs al plaas sommige ouens hulle vingerafdrukke en bloedgroep by hul name sal daar maar altyd feite en menings wees
Die geselsdeel van die stories (feit en fiksie) is vir my 'n groot bron van vermaak - en dit maak forums vir my interessant. Boonop is dit 'n lekker onderwerp en in Afrikaans...
Ek koop hope vuurwapenboeke vir die feite. Dit bevat ook soms onseker waarhede...
Mooiloop!
Hein
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Help kies asb: raad oor 270, 3006, 308, 300winmag en 375 ruger
Jy soek 'n geweer wat vir die bos en vlakte sal werk. Lyk my jy gaan fabrieksammunisie gebruik.SV MAD wrote: Met die Howa wat so betroubaar is en n goeie prys is ook, stel ek belang in enige van bogenoemde gewere. Ek weet maar min van gewere af en vra raad asb.
Ek sal primer blesbokke skiet op my skoonma se plaas in die Vrystaat. 200-400m skote. Watse kaliber kan baie goed werk. Neem asb in ag dat ek tog so 2keer per jaar in bosveld ook wil jag.
Waarna kyk ek vir vlakte skiet (puntgewig en spoed) van die verskillende kalibers? En kan ek die 375 met n ligte punt skiet? Dankie manne, ek luister by die radio. Moet asb nie terughou met opinies en raad nie.
Koop dan 'n geweer in kaliber waarvan jy maklik verskillende koe?lgewigte kry. Die' is die gewilde medium kalibers sonder die ekstra oemf. Ek sluit dus die swaar (338,375) uit en gaan ook nie onder 270 nie.
Dit laat dus die mediums nl. 270, 7x57, 7x64, 308 en 30-06 waarvoor fabrieksammunisie geredelik beskikbaar is. Die ken van jou trajek is belangriker as die uiterste platskiet vermo?.
Wat se geweer het ek nou? Gemiddelde jaggeweer wat redelik lig is (dra maklik in jagveld), geen KD (die geweer is lomp en swaar), fabrieksammunisie (ook plaaslik gemaak), goedkoper ammunisie en ek skiet miskien 3 na 5 duim laer op 300 meter as die super duper magnums. Die keuse van 'n 3x9x40mm telskoop is heel gepas vir jou toepassing. Nou kan jy op baie plekke gaan jag en 'n jaggeweer sonder foefies h? waarmee jy kan jag en nie net teiken wil skiet op lang afstande nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Vosman
- Sr. Member

- Posts: 356
- Joined: Thu Aug 11, 2011 7:58 am
Re: Help kies asb: raad oor 270, 3006, 308, 300winmag en 375 ruger
Hi SV.
Ek stem saam met Piet.
Daai 375 gaan die stopsels losmaak, en gaan jou baie geld kos om te skiet. Ek weet nie presies wat die verskil is tussen die H&H en die Ruger nie, maar ek weeg 125kg, is nie 'n sissie nie, en die H&H maak my moeg na 'n paar skote. Die KD sal help, maar moenie verwag hy gaan getem wees nie.
Ek sou se vir die "all rounder" gaan vir die 30-06.
Net my opinie.

- Lourens
- Hero Member

- Posts: 1179
- Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am
Re: Help kies asb: raad oor 270, 3006, 308, 300winmag en 375 ruger
SV,
Ek is 'n man wat hou van die goed wat vinnig hardloop en hard slaan op die skouer, ek het self onlangs vir my 'n 375 Ruger gekoop maar my doel met hom is slegs vir groter wild onder bosveldomstandighede. Alhoewel jy hom lekker lig en vinnig met 'n 200gr of 235gr koeel kan laai, sal ek jou nie aanraai om vlaktes toe te gaan met hom nie. Dis 'n swaar geweer en jy gaan ook onnodig 'n gat in jou sak skiet as jy hom op blesbokke ens gebruik. Ek sal ook nie aanraai om hom op die stadium as jou enigste geweer te koop nie. Die doppe is nog nie oral beskikbaar nie en as jy net fabrieks ammo gaan gebruik het jy op hierdie stadium net 1 keuse van fabrikaat en dis die Hornady 270gr en 300gr. As jy nie groter wild as Elande gaan jag nie is 'n 300 Win Mag heel voldoende. Laai hom met 'n 165gr as jy gaan ver skiet en laai hom met 'n 220gr vir die bosveld, of selfs Woodleigh se 240gr as jou hart dit begeer. Sit een van Clarence se KD's op hom en ek dink jy het 'n bitter lekker all-rounder daar beet.
Ek glo die .375 Ruger is 'n revolusionere kaliber wat nog baie groot opslae gaan maak. Ek sou egter voorstel dat manne wat nie herlaai nie dalk net eers wag dat hy die mark behoorlik penetreer en dat daar 'n groter verskeidenheid fabrieksammunisie beskikbaar is. Ek glo name soos Winchester, Remington en Federal gaan baie binnekort op die appelkar spring met fabrieksammunisie vir die .375 Ruger. Net my 2c
Groete,
Lourens

Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
- SV MAD (Henk)
- Hero Member

- Posts: 1653
- Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm
Re: Help kies asb: raad oor 270, 3006, 308, 300winmag en 375 ruger
Manne, na n bietjie rondbel, weer navorsing doen ens hoor ek wat julle se en ek se baie dankie vir die raad. Ek het afgesien van die 300winmag en die 375, en behoort in die volgene weke vir my 'n 30-06 aan te skaf. Ek wil graag swaar punte skiet, wat is die swaarste punt wat mens kry? Ek wil nogsteeds 'n KD opsit (dan loop daai punt soos 'n muis met slippers maar slaat soos 'n 10ton trok) met 'n lekker 3x9x40 scope.
Dankie aan al die raad. Voel asb vry om ladings en punte hier ook te noem, ek is maar 'n leek op die gebied en wil dan graag navorsing begin doen.
Groete
SV
Dankie aan al die raad. Voel asb vry om ladings en punte hier ook te noem, ek is maar 'n leek op die gebied en wil dan graag navorsing begin doen.
Groete
SV
ek soek nog wapens...
- JPS
- Hero Member

- Posts: 3653
- Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Re: Help kies asb: raad oor 270, 3006, 308, 300winmag en 375 ruger
SV Mad,
Ek het al 250 en 260gr koeels gesien beskikbaar vir die .30-06. Gaan afhang van die loop twist of dit stabiliseer en jy sal moet herlaai om die gewig koeels te gebruik.
Vir Bosveld gaan 220gr koeels meer as voldoende wees in my beskeie ondervinding. Ek persoonlik skiet op die stadium net 165gr uit my .30-06 maar dis omrede ek vlakte en bosveld jag in die jagseison en nie te veel tyd het om met verskillende koeels in te skiet en te stel nie. Ek ken die trajek 100% so dit werk vir my. Nou dat ek die .25-06 se lisensie gekry het sal ek weer oorgaan na 200 of 220gr koeels vir my .30-06 vir die bosveld.
Kan alles op die vlaktes nou met my 25-06 skiet tot en met Gemsbokkesoos Geno ons gewys het met die GSC koeels.
Groete en goeie besluit in my beskeie mening vir die .30-06 as eerste geweer.
JP

Ek dink jy gaan meer regkom onder herlaai data op die forum vir inligting rondom die koele en goetertjies!
Die manne ken van.
Groetnis
JP, Ek is bly daai 25-06 het deur geglip.
Lekker skiet!
Ek dink jy gaan meer regkom onder herlaai data op die forum vir inligting rondom die koele en goetertjies!
Die manne ken van.
Groetnis
JP, Ek is bly daai 25-06 het deur geglip.
Lekker skiet!
- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3530
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: Help kies asb: raad oor 270, 3006, 308, 300winmag en 375 ruger
Dank vader!
Nee Wat sv jy het n baie goeie besluit gemaak! 3006 is a baie veelsydige kaliber! 220gr koeel teen 2400fps vir die bos en dan 130gr GS custom teen 3200fps vir daai laaaang skote waarvan jy praat!
Groetnis
Nee Wat sv jy het n baie goeie besluit gemaak! 3006 is a baie veelsydige kaliber! 220gr koeel teen 2400fps vir die bos en dan 130gr GS custom teen 3200fps vir daai laaaang skote waarvan jy praat!
Groetnis
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
- JPS
- Hero Member

- Posts: 3653
- Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Re: Help kies asb: raad oor 270, 3006, 308, 300winmag en 375 ruger
Vosman,Vosman wrote:
JP, Ek is bly daai 25-06 het deur geglip.
Lekker skiet!
Ek dink die manne by CFr is net so bly na al my bakleierymet daai manne. MAar ek het nuus vir hulle my volgende2 aansoeke is oppad
- Vosman
- Sr. Member

- Posts: 356
- Joined: Thu Aug 11, 2011 7:58 am
Re: Help kies asb: raad oor 270, 3006, 308, 300winmag en 375 ruger
Maak hulle mal pappa!!
Kyk bietjie rond op die forum, daar is 'n paar motiveringsbriewe ge-'post' wat ek dink goed sal werk.
Sterkte met die aansoeke!

BUSH1
- Newbie

- Posts: 26
- Joined: Wed Apr 21, 2010 3:58 pm
Re: Help kies asb: raad oor 270, 3006, 308, 300winmag en 375 ruger
Dink julle die man het nie geld nie 
maar ek stem saam, sal baie dink voor ek 375 ruger koop jy het baie min opsies , sal dan nog liewer 375 H&H koop , doppe , ladings ect is vrylik beskikbaar .
en vir ? 1 geweer man wat mestal wil blesbokke siet dink ek is dit nie baie goeie keuse nie
Maar elkeen moet doen wat vir hom gelukkig maak .
maar ek stem saam, sal baie dink voor ek 375 ruger koop jy het baie min opsies , sal dan nog liewer 375 H&H koop , doppe , ladings ect is vrylik beskikbaar .
en vir ? 1 geweer man wat mestal wil blesbokke siet dink ek is dit nie baie goeie keuse nie
Maar elkeen moet doen wat vir hom gelukkig maak .
-
fanie17
- Hero Member

- Posts: 513
- Joined: Tue Nov 09, 2010 9:15 am
Re: Help kies asb: raad oor 270, 3006, 308, 300winmag en 375 ruger
Ek het eers gewag om te antwoord.Is snaaks om te sien wat uitspring as jy iets kwyt raak,was op niemand gemik nie.Ek dink jy het die regte besluit geneem oor die 30-06.