Worsstopper en vleismeul
-
hierswolf
- Full Member

- Posts: 112
- Joined: Sun Apr 27, 2014 9:55 pm
Worsstopper en vleismeul
Dis tyd vir my om n paar springbokke van die veld af te haal en ek wil die jaar begin om my eie wors te maak.
Ek oorweeg die volgende toerusting om mee te begin en will hoor by die ouens wat vleis werk of ek op die regte spoor is:
https://www.takealot.com/aloma-sausage- ... ID64174884
https://www.takealot.com/bosch-meat-min ... ID41406643
Ek sal 3 of 4 keer n jaar wors stop en dit behoort so tussen 10 en 30kg op n slag te wees.
Gaan hierdie vir my werk of is daar ander opsies wat ek moet oorweeg?

Kaalvoetthysie
- Sr. Member

- Posts: 253
- Joined: Sat Nov 04, 2017 12:13 pm
Re: Worsstopper en vleismeul
Daai lyk goed.
Ek het baie jare laas self vleis bewerk maar ek verkies ‘n wors stopper wat horisontaal staan. As jou seël nie lekker is nie spuit die ‘sous’ soms uit by die seël. Ons moes ons plaffon in Kimberley oor verf agv daarvan. Bygesê dit was ‘n goedkoop stopper, so ek kan nie sê of dit met die duur outjies ook gaan gebeur nie.
Kom ons hoor wat sê die ander manne…
Sent from my iPhone using Tapatalk

- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: Worsstopper en vleismeul
Dit is 'n goeie kombinasie, ek het die horisontale weergawe worsstopper, en dit werk baie goed. Die Mincer kan ek net raai gaan goed werk. Ek verkies persoonlik 6 en 8mm plate, maar dalk werk die 4.8 goed vir jou.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13509
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Worsstopper en vleismeul
Ek glo jy sal mooi reg kom met daai 2, ek soek self n kleiner maal en daai een van jou lyk of hy mooi kan werk vir so paar kg wors maak op n slaghierswolf wrote: Wed Jul 28, 2021 10:19 pm Dis tyd vir my om n paar springbokke van die veld af te haal en ek wil die jaar begin om my eie wors te maak.
Ek oorweeg die volgende toerusting om mee te begin en will hoor by die ouens wat vleis werk of ek op die regte spoor is:
https://www.takealot.com/aloma-sausage- ... ID64174884
https://www.takealot.com/bosch-meat-min ... ID41406643
Ek sal 3 of 4 keer n jaar wors stop en dit behoort so tussen 10 en 30kg op n slag te wees.
Gaan hierdie vir my werk of is daar ander opsies wat ek moet oorweeg?
Ek het al met horisontale en dan nou seker "vertikale" of die wat staan stoppers gewerk en ek verkies weer die een wat regop staan, voel net vir my makliker om te draai
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: Worsstopper en vleismeul
as jy kan, kyk op freddy hirch se website, en probeer tre spade koop.
heelwat duurder, maar dan koop jy klaar.
daai stoppers se ratjies en goed strip maar lekker. ratte te sag.
nou werk jy 'n springbok, volgende jaar 'n eland.
as jy kyk wat kos wild verwerking, as jy 'n eland laat werk, kan jy al 'n netjiese mincer koop

HOU HOM DAAI DIKTE
- Jaco vdW
- Hero Member

- Posts: 692
- Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm
Re: Worsstopper en vleismeul
Veral die stopper lyk baie goed vir die prys.
My enigste kommer oor die stopper is die ratkas. Ons het al n paar goedkoop stoppers se ratkaste bokveld toe gestuur (wel horisontale stoppers).
So op die stadium bly ons maar by die Tre-spade...
My enigste kommer oor die stopper is die ratkas. Ons het al n paar goedkoop stoppers se ratkaste bokveld toe gestuur (wel horisontale stoppers).
So op die stadium bly ons maar by die Tre-spade...
-
hierswolf
- Full Member

- Posts: 112
- Joined: Sun Apr 27, 2014 9:55 pm
Re: Worsstopper en vleismeul
Dankie almal.
Vir die prys wonder ek ook oor die ratkas. Ek het gekyk na die trespade maar vir die hoeveelheid wors wat ek gaan stop sukkel ek om die R11700 prys te regverdig. Het ook na die Claasen gekyk en ek hou nie van die torque arm press nie.
Die meul kom met 8mm, 4,8mm en 3mm. Ek verkies growwer vleis in my wors, maar gaan ek draai 6mm opsie mis later as ek besluit om iets anders as droewors en boerewors te maak?
Vir die prys wonder ek ook oor die ratkas. Ek het gekyk na die trespade maar vir die hoeveelheid wors wat ek gaan stop sukkel ek om die R11700 prys te regverdig. Het ook na die Claasen gekyk en ek hou nie van die torque arm press nie.
Die meul kom met 8mm, 4,8mm en 3mm. Ek verkies growwer vleis in my wors, maar gaan ek draai 6mm opsie mis later as ek besluit om iets anders as droewors en boerewors te maak?
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: Worsstopper en vleismeul
nee wat.wors 8mm, dalk patties ook. mince ne droewors 4.8mm
HOU HOM DAAI DIKTE
- Methos
- Hero Member

- Posts: 580
- Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm
Re: Worsstopper en vleismeul
Kyk of jy 'n Reber maaler kan kry. Ek is al deur 'n paar maalers soos wat jy daar het en hulle ratte gaan op 'n stadium.
https://www.bbrw.co.za/item/reber_mince ... el_italian

Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2172
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: Worsstopper en vleismeul
Daardie meule se lem pas op 'n aluminium cast om die assie van die wurm. Wanneer jy maal en die vleis stoot die lem teen die plaatjies, veral as daar seningrigheid om die lem begin vasdraai, dan begin die vierkantige blokkie rond afwerk en gou-gou het jy 'n nuttelose meule, want die wurm kan jy nie vervang nie.
Die motor is ook maar ligte diens en vir elke tien minute werk, moet hy tien minute afkoel, anders kan die motor uitbrand.
Haal maar die geld uit en koop 'n swaardiens meule van die begin af. Jy gaan jouself arm spaar met die goedkoper meuletjie. Vra my hoe ek weet..

"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
- Laurence J. Peter
-
hierswolf
- Full Member

- Posts: 112
- Joined: Sun Apr 27, 2014 9:55 pm
Re: Worsstopper en vleismeul
Ek dink jullie is dalk reg en ek moet kyk na iets meer swaardiens vir die meuletjie.
Ek sien baie van die meuletjies het n nommer after die naam e.g. 12, 22 32. Waarvoor staan dit?
Ek sien baie van die meuletjies het n nommer after die naam e.g. 12, 22 32. Waarvoor staan dit?
-
Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2172
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: Worsstopper en vleismeul
Dit gaan oor die grootte van die meule. Jy gaan waarskynlik vind dat die 12 jou frustreer as jy groter volumes vleis wil maal. 22 of 32 is die beter keuses.hierswolf wrote: Thu Jul 29, 2021 12:42 pm Ek dink jullie is dalk reg en ek moet kyk na iets meer swaardiens vir die meuletjie.
Ek sien baie van die meuletjies het n nommer after die naam e.g. 12, 22 32. Waarvoor staan dit?
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
- Laurence J. Peter
-
hierswolf
- Full Member

- Posts: 112
- Joined: Sun Apr 27, 2014 9:55 pm
Re: Worsstopper en vleismeul
Het iemand al ervaring met die Claasen horisontale rat model stopper gehad? Ek begin nou dink ek moet sommer klaar hoes met die stopper ook en die Claasen is nie soveel duurder nie.
-
hierswolf
- Full Member

- Posts: 112
- Joined: Sun Apr 27, 2014 9:55 pm
Re: Worsstopper en vleismeul
Ek het die naweek toe n paar springbokke afgehaal en het 37kg droewors gemaak.
Ek het toe gegaan vir n 22 trespade meul en hy werk soos n bom. Ek het net eenkeer gesukkel met n sening en 2 secondes in trurat was genoeg om hom aan die gang te kry. Ek is bly ek het nie kleiner gegaan as die 22 nie, dankie Johan.
Vir die wors stopper het ek gegaan vir n 7l made in China een:
https://www.takealot.com/lma-heavy-duty ... ID72153904
Die stopper het sy werk goed gedoen maar dit is verseker n geval van jy kry wat jy voor betaal. Ek moes met altwee hande hom werk, een om te draai en een om hom in plek te hou. Die slinger veg heelwat krag om te draai (was teveel vir my meisie) en as jy hom los spring hy terug met genoeg spoed om n paar tande uit te haal.
Hierdie was my proses, laat weet asb as en waar ek kan verbeter of iets anders probeer:
Maal die vleis en vet deur 8mm plaat. (25% vet)
Meng in Crown Safari speserye, bietjie ekstra growwe koriander, woestersous en rooiwyn asyn. Ek het geen water bygesit nie.
Maal deur n 4.5 plaat.
Stop wors in 22mm skaapderms
Ek het n stuk gebraai en hy was heel lekker gewees. Nou wag ek vir die droewors om te droog.
Die hele oefening was rerig baie bevredigend om te doen en ek sal van hier af al my vleis self bewerk. Dit het heelwat langer gevat as wat ek gedink het dit sou, maar ek reken die volgende keer sal minder as die helfte van die tyd vat nou dat ons geoefen is.

PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Worsstopper en vleismeul
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by PWV on Fri Dec 10, 2021 3:29 pm, edited 1 time in total.
- JJV
- Hero Member

- Posts: 770
- Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am
Re: Worsstopper en vleismeul
Gaan koop groot G klamp by kooperasie dan trek jy hom op tafel daarmee vas, dan staan hy mooi stil.hierswolf wrote:Ek het die naweek toe n paar springbokke afgehaal en het 37kg droewors gemaak.
Ek het toe gegaan vir n 22 trespade meul en hy werk soos n bom. Ek het net eenkeer gesukkel met n sening en 2 secondes in trurat was genoeg om hom aan die gang te kry. Ek is bly ek het nie kleiner gegaan as die 22 nie, dankie Johan.
Vir die wors stopper het ek gegaan vir n 7l made in China een:
https://www.takealot.com/lma-heavy-duty ... ID72153904
Die stopper het sy werk goed gedoen maar dit is verseker n geval van jy kry wat jy voor betaal. Ek moes met altwee hande hom werk, een om te draai en een om hom in plek te hou. Die slinger veg heelwat krag om te draai (was teveel vir my meisie) en as jy hom los spring hy terug met genoeg spoed om n paar tande uit te haal.
Hierdie was my proses, laat weet asb as en waar ek kan verbeter of iets anders probeer:
Maal die vleis en vet deur 8mm plaat. (25% vet)
Meng in Crown Safari speserye, bietjie ekstra growwe koriander, woestersous en rooiwyn asyn. Ek het geen water bygesit nie.
Maal deur n 4.5 plaat.
Stop wors in 22mm skaapderms
Ek het n stuk gebraai en hy was heel lekker gewees. Nou wag ek vir die droewors om te droog.
Die hele oefening was rerig baie bevredigend om te doen en ek sal van hier af al my vleis self bewerk. Dit het heelwat langer gevat as wat ek gedink het dit sou, maar ek reken die volgende keer sal minder as die helfte van die tyd vat nou dat ons geoefen is.
Sent from my iPhone using Tapatalk
-
Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2172
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: Worsstopper en vleismeul
Kry 'n g-klamp soos JJV hierbo ook aanbeveel het.
Dan, wat die proses van wors maak betref, ek verkies om die speserye in die vleis mengsel in te meng voor ek dit maal. Dikwels los ek dit oornag in die yskas/vrieskas sodat die geure in die mengsel ontwikkel. Ek probeer dit ook regkry om die vleis in 'n toestand van semi gevriesdheid te kry want dit maal makliker.

Last edited by Johan Nel on Tue Aug 10, 2021 1:33 pm, edited 1 time in total.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
- Laurence J. Peter
- Riaan Kriel
- Hero Member

- Posts: 1284
- Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm
Re: Worsstopper en vleismeul
Dit is 'n harde werk maar die smaak en geur is baie beter as jou standaard slaghuis wors en droëwors wat baie minder smaaklik is... Jy het ook die gemoedsrus omdat jy weet hoe die vleis hanteer en verwerk is. Dan ook die toerusting betaal hulleself redelik vinnig af uit jou besparing aan verwerkingskostes.hierswolf wrote: Tue Aug 10, 2021 11:05 am Hierdie was my proses, laat weet asb as en waar ek kan verbeter of iets anders probeer:
Maal die vleis en vet deur 8mm plaat. (25% vet)
Meng in Crown Safari speserye, bietjie ekstra growwe koriander, woestersous en rooiwyn asyn. Ek het geen water bygesit nie.
Maal deur n 4.5 plaat.
Stop wors in 22mm skaapderms
Uit my beperkte ondervinding kan ek jou net aanraai om volgende keer by 'n gedeelte van jou mengsel wel koue water by te gooi en deur te meng en dan te maal en direk te stop.. hanteer die ander soos jy gedoen het en vergelyk die moeite waarmee veral die droëwors gestop word tussen die 2 gedeeltes.
'n Vriend met baie meer ervaring in vleisbewerking het die raad gegee toe hy sien hoe ek sukkel om droëwors te stop wat die maalvleis 'n rukkie gestaan het na dit gemaal was. Die water kook/braai uit en verdun glad nie die smaak nie. Dit maak egter die stopwerk baie makliker en egaliger.
Verder stem ek saam met Johan se raad net bo.. Meng jou vleis en vet en speserye en yswater deeglik en maal dan...
Last edited by Riaan Kriel on Tue Aug 10, 2021 1:37 pm, edited 1 time in total.
-
Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2172
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: Worsstopper en vleismeul
Ditto.Riaan Kriel wrote: Tue Aug 10, 2021 1:33 pmDit is 'n harde werk maar die smaak en geur is baie beter as jou standaard slaghuis wors en droëwors wat baie minder smaaklik is... Jy het ook die gemoedsrus omdat jy weet hoe die vleis hanteer en verwerk is. Dan ook die toerusting betaal hulleself redelik vinnig af uit jou besparing aan verwerkingskostes.hierswolf wrote: Tue Aug 10, 2021 11:05 am Hierdie was my proses, laat weet asb as en waar ek kan verbeter of iets anders probeer:
Maal die vleis en vet deur 8mm plaat. (25% vet)
Meng in Crown Safari speserye, bietjie ekstra growwe koriander, woestersous en rooiwyn asyn. Ek het geen water bygesit nie.
Maal deur n 4.5 plaat.
Stop wors in 22mm skaapderms
Uit my beperkte ondervinding kan ek jou net aanraai om volgende keer by 'n gedeelte van jou mengsel wel koue water by te gooi en deur te meng en dan te maal en direk te stop.. hanteer die ander soos jy gedoen het en vergelyk die moeite waarmee veral die droëwors gestop word tussen die 2 gedeeltes.![]()
'n Vriend met baie meer ervaring in vleisbewerking het die raad gegee toe hy sien hoe ek sukkel om droëwors te stop wat die maalvleis 'n rukkie gestaan het na dit gemaal was. Die water kook/braai uit en verdun glad nie die smaak nie. Dit maak egter die stopwerk baie makliker en egaliger
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
- Laurence J. Peter
- naas222
- Hero Member

- Posts: 790
- Joined: Thu Oct 19, 2017 7:59 am
Re: Worsstopper en vleismeul
Jy kort nog een stukkie gereedskap... n saag. Om daai karkas op te saag en daai lekker bene vleis af te kook en pie te maak.
Ekt so meatmaster... maal met hom ook. Daars gereeld op gumtree en daai soorts plekke..
As kind het my pa se Sprinbok saag ingestaan om n bees te bewerk.. dit gaan stadig maar hy doen die job..
Soos bo genoem weet jy wat jy eet
En jy en jou meisie gaat nog baie woorde hê oor droë wors stop.. daai dun dermpie het al baie huismoles veroorsaak.
Lê jou derms in lou water met so sakkie koeksoda vir so 15min.. skommel hom gereeld.. spoel hom HERHAALDELIK af onder lou water.. maak derm lekker sag..as jy die tong tippie test doen moet daai derm nie na sout proe nie..
Die derm wat oorbly . Ek droog /drip dry myne in n sif en strooi weer sout oor en sit in YSKAS.. nie vrieskas.. tot weer gebruik.. die idee daar agter is dat die sout en water/ nattigheid op derm nie vries..kristalle maak wat jou derm beskadig en laat skeur met volgende gebruik

222 Sako
3006 Ben Musgrave mod 83
12 Smith Wesson pomp aksie
3006 Ben Musgrave mod 83
12 Smith Wesson pomp aksie
-
hierswolf
- Full Member

- Posts: 112
- Joined: Sun Apr 27, 2014 9:55 pm
Re: Worsstopper en vleismeul
Dankie, julle gee my nou so baie tips ek raak lus en haal nog n paar af die naweek om alles te probeer.
Dit lyk my of my vleis te droog was toe ek gestop het. Ek sal volgende keer die koue water probeer en seker maak ek begin dadelik stop wanneer ek klaar gemaal het. Sal ook die g-clamp inspan.
Dit maak sin wat julle se oor die speserye meng met die vleis voor die maal. Gaan dit ook probeer.
Naas, wat jy se oor draai dun dermpie is waar. Ek het vinnig gesien ek moet eerder niks se en eerder net uit haar lig staan terwyl sy met hulle werk.
Die derms was verseker ons bottelnek in die proses gewees. Gaan jou advies volg en kyk of dit hulle makliker maak om mee te werk.
My mes span het goeie werk gedoen met die bene en daar was nie veel om af te kook nie, behalwe natuurlik vir die nekke. Ek het hulle sommer met die hand gesaag en n lekker herderspastei van hulle gemaak. Maar jy is reg en mens gaan n saag nodig he. Daar is gelukkig n ou familie springbok saag oppad wat ek sal gebruik in die toekoms vir bene saag, en ook om skenkels te sny vir die pot.
Dit lyk my of my vleis te droog was toe ek gestop het. Ek sal volgende keer die koue water probeer en seker maak ek begin dadelik stop wanneer ek klaar gemaal het. Sal ook die g-clamp inspan.
Dit maak sin wat julle se oor die speserye meng met die vleis voor die maal. Gaan dit ook probeer.
Naas, wat jy se oor draai dun dermpie is waar. Ek het vinnig gesien ek moet eerder niks se en eerder net uit haar lig staan terwyl sy met hulle werk.
My mes span het goeie werk gedoen met die bene en daar was nie veel om af te kook nie, behalwe natuurlik vir die nekke. Ek het hulle sommer met die hand gesaag en n lekker herderspastei van hulle gemaak. Maar jy is reg en mens gaan n saag nodig he. Daar is gelukkig n ou familie springbok saag oppad wat ek sal gebruik in die toekoms vir bene saag, en ook om skenkels te sny vir die pot.
-
Kaalvoetthysie
- Sr. Member

- Posts: 253
- Joined: Sat Nov 04, 2017 12:13 pm
Re: Worsstopper en vleismeul
Julle laat my nou met baie lekker kry terug dink aan al die die se vleis werk saam met my Ma. En die gevloek oor daai derms…
Besef nou eers hoe slim my Pa was, in die skool vakansie geskiet, Maandag is hy terug by die werk, dan spook ek en my Ma met die vleis.
Moet erken, ek sal deesdae baie gee om in die kombuis te staan en vleis werk saam met my ouers.
Geniet die vleis werk en die herhinneringe wat julle bou. Mens leer vinnig om maar saam te lag oor die dermpies…
O ja, as jy enigsins so verstrooid soos ek is moet jy maar ‘n paar pleisters byderhand hou as jy mens die messe werk
Sent from my iPhone using Tapatalk
Besef nou eers hoe slim my Pa was, in die skool vakansie geskiet, Maandag is hy terug by die werk, dan spook ek en my Ma met die vleis.
Moet erken, ek sal deesdae baie gee om in die kombuis te staan en vleis werk saam met my ouers.
Geniet die vleis werk en die herhinneringe wat julle bou. Mens leer vinnig om maar saam te lag oor die dermpies…
O ja, as jy enigsins so verstrooid soos ek is moet jy maar ‘n paar pleisters byderhand hou as jy mens die messe werk
Sent from my iPhone using Tapatalk
- Methos
- Hero Member

- Posts: 580
- Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm
Re: Worsstopper en vleismeul
Bietjie van 'n necro post.
Thysie - Kry vir jou een van hierdie
https://www.amazon.com/NoCry-Cut-Resist ... B00MXUHHGK
Ek het een van hulle en hy werk heel goed.
Het dit ook geniet om saam met my ouers bietjie vleis te werk. Ons het in Aroab gebly in Namibie. My pa - die skoolhoof het 'n jag kompetisie gereel vir die skool. Die pryse was 2 gemsbokke en 10 springbokke en kontant pryse. Daar was 5 sulke pryse - Die mense het in die Junie vakansie gekom - 5 groepe. Paar dae uit mekaar - Ons moes help om daai hope en hope vleis te werk.
Paar jaar later was daar nog 'n kompetiesie. Ek was so 12 dink ek. Het nog nooit so baie springbokke afgeslag nie! Darem 10 rand gekry van die jagters vir my en my broer se moeite...
EK hou nogsteeds van vleis werk. Maak gereeld wors en droewors en biltong. Probeer dat die dogtertjies help maar gaan partykeer maar swaar.

Ai ek onthou die “bees slag” in die winter op ons plaas, groot seeppotte op vuur om kaings uit te braai en vir warmwater, blokkies sny tot jy lam is, die proesel koekies vd worsvleis word op ‘n geduikte aluminium pan op gasstoof gaargemaak, en dan later hang aan die horingstopper se handvatsel soos ‘n vink…. mis dit.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2940
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Worsstopper en vleismeul
... so was daar op elke plaas waar dit kon groei ‘n groentetuin, appelkoosboom, vyeboom, nartjieboom, lemoenboom, lekwartboom, melkbees/room/separator en ‘n KWEPERBOOM .... toe kom TV en sepies en toe die grootste tydrower van alle tye ... HERLAAI van ammunisie vir VERSKEIE jag/ ver pee doer anderkant roere...
Beste.
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 