Merino-stoetteler se siening -
-
sakkievanheerden
- Full Member

- Posts: 199
- Joined: Wed Jul 14, 2010 8:16 pm
Re: Merino-stoetteler se siening -
Oom Hein
As Tink sy nek wil uitsteek en hy het nie sy huiswerk gedoen nie moet hy nie huil as hy aangevat word oor die onderwerp nie,hier is darm ander ouens ook wat weet dit werk nie so op hulle plase nie.Die ouens is nie FOOLS Tink.
Groete
Sakkie

- Geno
- Administrator

- Posts: 13662
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Merino-stoetteler se siening -
Hallo manne,
Ek sien Tink het sopas aangesluit by die forum.
Nou ja toe, van my kant af: Baie welkom! Geniet dit hierso.
Groete,
Eugene

Goed, beter, 6millimeter!
- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Re: Merino-stoetteler se siening -
Tink
Ja hier kan dit soms moeilik raak maar alles met goeie gees, al raak die manne rooi onder die kraag vir mekaar verstaan ons mekaar. Ek weet nie wat die posts was nie maar namens forum jammer dat dit jou aanstoot gegee het.
Nietewel baie welkom en mag jy dit geniet op die forum en ons sien uit na jou positiewe bydraes .
Blok

"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"

- TINK
- Newbie

- Posts: 7
- Joined: Thu Aug 18, 2011 5:30 pm
Re: Merino-stoetteler se siening -
Miskien moet ek begin om te s? wie ek is- om alle onsekerhede en hoor-s? uit die weg te ruim. Ek is soos baie medeboere op die forum nommer 1?n kommersi?le skaapboer. Ek verpes (haat selfs) jakkalse, rooikatte, honde en enige iets/iemand wat my diere leed aandoen met ?n passie. Daarom is ek glad nie teen die jag en doodmaak van die diere op enige menslike manier (insluitend roep, hondejag, gif) - mits dit deur professionele mense met goeie etiek gedoen word nie (en ek dink daar is ook heelwat sulke mense in die bedryf en op die forum).
Om hierdie rede was dit vir my sleg om te sien dat ek persoonlik en nie net die ondewerp onder bespreking gekom het nie. En soms baie sarkasties ? wat toepaslik beteken om vleis soos ?n wilde dier te verskeur. In so ?n geval gaan die ware betekenis van ?n persoon se woorde gewoonlik totaal verlore. Die hele situasie laat my dink aan vroe?r jare se politiek waar regses en verregses so besig was om met mekaar te roei dat daar min tyd/energie oor was vir hul gemeenskaplike probleme. Ek gaan voort om n?n paar punte uit te wys;
- Ek het in my onderhoud met Veeplaas my persoonlike opinie uitgespreek oor wat op my plaas gebeur het en waargeneem is oor n tydperk. Ek impliseer nie dat dit by enige ander persoon so moet werk nie, of dat dit nog in die toekoms so gaan werk by my nie. Ek gee my ook nie uit as ?n ongedierte-kenner nie en ek dink baie min van ons is werklik gekwalifiseerd om iets so kompleks soos die natuur met al sy ingewikkelde skakels te bestuur, dit is sekerlik ?n Goddelike taak. Daarom kan ek ?al sou ek wil- nie alle elemente wat my aanstaan net wegwens of van die aardbol afvee nie.
Ek wil net ?n paar van die forum skrywers antwoord op hul aanmerkings wat nie eens aan my gerig is nie:
- Francios Marais: Daardie professionele jagter gaan moontlik baljaar, maar hy kon maar weinig werklike probleemdiere by my of my bure geskiet kry.
- 222: Dis presies wat ek gedoen het, ?n waarneming gedeel.
- Freddie 101: Dit was nie ?n argument nie, maar ?n waarneming. Die wild is by my nou meer as ooit, ongelukkig het die jakkals/rooikat probleem intussen ook vergroot. Verder het ek nog nooit op my grond op my eie of sonder sogenaamde spesialis, ongediertes probeer roep nie. Sal graag wil weet wie dit insinueer of s?.
- Fanie Nel: Ek stem saam dat as hy eers skaap eet, hy dit gaan verkies. Ek glo nie skiet is hier die effektiefste nie, hoewel dit sekerlik baie help. Moontlik ?n kombinasie van metodes. Ons terrein is nogal moeilik. Wonder ook of goed georganiseerde honde-pakke nie meer sal help nie.
- Dawie: Jou uitdrukking is onnodig ? sou dit kon antwoord met iets soos ?Kry ?n lewe?, maar dit sou ewe sarkasties en minder opbouend wees. Die stelling ?nie naby skaap nie? = waar daar nie skaap gevang word nie (meeste mense snap dit, jammer dat ek jou verwar). Wat jou brief aan Veeplaas betref dink ek jy het werklik jou woorde goed gekies. Het ongelukkig nie die reaksie daarop gesien nie, as daar is kan jy dit gerus vir my aanstuur. Baie mense het gedink dis wensdenkery dat die mens sal vlieg. As die aanwas so baie is soos jy reken, dan het die diere mos teen hierdie tyd al op ons stoepe gesit, maar soos ek reeds al ges? het ? iewers kom daar wel ?n balans tussen predator, prooi en die boer se geduld. En jammer om die ?bubble? te bars- jy sal maar net moet boer met die wete dat daar diere is wat jou skaap wil vreet. Elke ou gaan daardie balans vir homself moet vind, wetgewing is ongelukkig nie in ons boere se guns nie, maar ?n goed ingeligde persoon soos jy weet dit mos. Geluk met die k?psie.
- Biltongjagter: Ek dink dit was ?n goeie voorstel om aan Veeplaas ?n brief te stuur. As dit iemand se persepsie oor die probleem gaan verbeter is dit goed, ek dink egter die owerhede het daardie briewe en feite meer nodig. Elke boer weet mos al klaar hoeveel vee hy verloor of nie. Elke siening wat met jou verskil is ook nie noodwendig verkeerd nie. Om te s? ek vertel leuens is, en dit na tweedehandse kennis van wat by my gebeur kan jou dalk duur te staan kom. As jy praat van getuigskrifte, dink ek dalk dat ?n paar Ongedierte-jagters se getuigskrifte BAIE slegter as myne lyk, maar al die gerugte van jakkalse waarvan biltong gemaak word, is seker ook tweedehandse kennis en ek sal dit eerder ook nie oorvertel nie. Jammer vir al die onskuldiges wat se name dalk nou ook krater is van hoor ?s?!
- Kolskoot: Ek dink dit is nodig dat boere gereeld in die veld kom, vir verskeie ander redes ook. Ek is bevrees baie min boere is werklik vertroud met ongediertes en hul gewoontes, so sal ons almal self ook byleer, die tyd laat dit egter nie altyd toe dat mens so gereeld daar uitkom soos wat elkeen sou wou nie. Daarom die mark vir beroepsjagters.
- Louis102- Stem saam dat jou somme teoreties sin maak. In die praktyk dalk bietjie moeiliker. Ek dink ook nie daar moet gevoude arms gewag word nie. Daarom ondersteun ek graag ouens soos Jaracal en ander professionele mense wat ?n verskil maak en in die toekoms dalk met beter oplossings gaan kom. Ek dink egter jou verwysing na my as ?n te slim merino-teler en minagting van my medeboere en bure is ook nie nodig nie. Solank as wat merino?s geld maak sal ons met hulle boer. Ek wonder egter hoeveel forumlesers is (nog) suksesvolle boere en of die ongediertes altyd die skuld moet kry. Gelukkig was ons voorouers baie aanpasbaar en ons net so taai, daarom sal ons ook ?n oplossing kry as ons hard werk en ons o? na bo rig. Verder geniet ek jou insig baie oor hoe diere-populasies werk. Ek weet net nie of dit sal help om te dink jy kan almal op al die plase doodmaak nie. DIT gaan nie gebeur nie en dis die realiteit. Wat daardie brief betref, hou die gelukwensings vir later. Ek dink nie die ouens wat die feite moet kry, lees vreeslik in ons tydskrifte nie. Dit gaan baie meer bek en briewe kos om daardie ouens te bereik.
- Sakke van Heerden : Sakkie ek weet dat hiedie situasie en wat daaraan gedoen (kan) word, gereeld die oplossing gaan verander in die toekoms. My waarneming van wat gebeur het, het niks met daardie spoor (dwaalspoor) te make nie. As jy dink ek huil, maak jy ?n groot fout, hier huil ons nie so maklik soos by jou nie. Dat ons beide Merino-telers is het hier niks mee te make, of het dit vir jou? Dit hoort nie op die forum as dit het nie. En van watter huiswerk praat jy? Ek het nooit iemand se intelligensie bevraagteken tydens die gesprek nie, hoekom sal ek maak of ander FOOLS is en watter voordeel gaan ek daauit trek? Die feit dat ek ?n klagte ingedien het by die administrateur van die forum het niks uit te maak met die feit dat ingeligte, deurdagte mense op ?n ordentlike wyse geantwoord het op die forum nie. Wel met die feit dat mense my sommer nou ken en aanmerkings oor my persoonlike doen. Ek waardeer EN respekteer menings wat op die onderwerp en nie op my gerig is nie.
- Iceman1982: Jy is moontlik reg.
- Katjak: Die Katjak van Barkly wat ek ken en wie soms by my kom jag, het gister na telefoniese gesprek ontken dat dit hy is wat op die forum van my gepraat het. Anders het iemand seker sy password gesteel. Dit wat jy s? stel my in ?n slegte lig en is ongelukkig nie die korrekte storie of die hele een nie.
- Tafjak: Die enigste rede hoekom ek die aanmerking laat afgly van my, is omdat jy ook soos ander moontlik nie die ware feite oor als hier het nie. Klink al soos ?n geskinder van vrouens. Ja jy is reg oor slim- en hy vang maklik sy baas!
- Pieter: Jy plaas jouself op baie gevaarlike terrein as jy my etiketeer en iemand se profeet noem wat ek nie ken nie, en boonop beweer dat ek hoog is op iets. Dit KAN jou kos.
- Geno: Dankie, ek weet ek gaan dit sommer geniet hier.
- Blok: Dankie. Waar gesprekke in goeie gees is sal ek dit geniet. Ek nooi graag mense om met my te verskil, aangesien ek hulle sienings ook respekteer. Ons l? op dieselfde linie, so dit is ook nou nie eindlik die tipe ?entrance? wat ek wou maak nie. Ek sal graag my bydra maak in ?n saak wat ons almal na aan die hart l?.
Ek verwys na ?n gedeelte wat elkeen ingestem het toe, met registrasie op die forum en sal wil h? u moet kyk na gedeeltes wat verwys na:
-?false, inaccurate and abusive material?
- ?material that is invasive of a person?s privacy?
- ?you are solely responsable for the content of your posted messages?
Ek wil u waarsku dat ondeurdagte opmerkings soms lelike en duur nadraaie het, iets waarmee ek my nie graag ophou nie.
Ek maak verskoning waar ek myself nie duidelik genoeg uitgedruk het nie of mense op ?n moontlike wanindruk kon bring, dit was werklik nie my intensie nie- eerder om my ervaring en siening(wat intussen heelwat verander) mee te deel. Ek hoop nie daar is vyande gemaak in die proses nie, eerder inligting uitgeruil en nuwe kenisse gemaak. Ek moet Jaracal gelukwens met wat hy doen in die bedryf en met die stig van hierdie forum.

Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Re: Merino-stoetteler se siening -
TINK
Jislaaik oom baie welkom op die forum ek hoop oom gaan dit baie geniet.Ek het nou al die goed gelees nie want dit is nie meer daar nie.Lyk my oom boer met passie.Oom moet nie laat die ander ooms oom so kwaad maak nie.Hulle se dit is nie goed vir die hart nie.
Weereens geniet dit hier oom

- Freddie101
- Hero Member

- Posts: 1385
- Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am
Re: Merino-stoetteler se siening -
Tink
Welkom by die forum.
Dit is goed dat jy hier antwoord op die posts wat hier gemaak is. Lees weer die die eerste post op die onderwerp. Het nie self die artikel in veeplaas gelees nie ,net dit wat daar op die eerste post staan.
waneer jy jou in n tydskrif uitlaat oor jakkalse en hul gewoontes beskou jy jouself seker as n kenner. En dit beinvloed sienings daarbuite enn raak so ons almal as veeboere. ek stem nie saam met jou uitlatings nie. Ek hou dus nie daarvan dat dit so in die openbaar versprei word nie. Ons gee tog so maklik aan groenes skietgoed uit ons eie geledere. Ek lees al die afgelope twee en n half jaar kenners se menings op die forum en ook waar ek dit in die hande kry op ander plekke. Ook in my distrik tel ek kennis op waar ek jag en sien hoeveel skade aangerig word. My afleiding is dat solank daar kos is vir die jakkalse sal hulle getalle vermeerder as daar nie op n ander manier ingemeng word om getalle af te hou nie. Skiet en roep in die nag deur n profesionele persoon is na my mening die effektiefste manier wat in samewerking met slagysters en ander metodes gebruik moet word.
Tyd sal leer.
weereens welkom op die forum. Mag jy n gereelde bydraer word. Lees bietjie ook rond op die forum. Hier is al reeds n magdom inligting bymekaar gemaak.
Groete Freddie

yol bolsun
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Merino-stoetteler se siening -
Tink (weet nie of ek "Oom" moet s? nie?), jy's reg, ek moet leer om myself meer diplomaties uit te druk. My reguit manier van dinge s? laat my baie in die diep water beland, maar sonder moordkuile in die hart, slaap ek darem net so effens beter. Net soos jy egter jou waarnemings en persoonlike opinies uitspreek, het ek sekerlik ook die reg om dit te doen en waar die skoen pas, moet ons dit seker maar aantrek, of hoe?TINK wrote: .... Louis102- Stem saam dat jou somme teoreties sin maak. In die praktyk dalk bietjie moeiliker. Ek dink ook nie daar moet gevoude arms gewag word nie. Daarom ondersteun ek graag ouens soos Jaracal en ander professionele mense wat ?n verskil maak en in die toekoms dalk met beter oplossings gaan kom. Ek dink egter jou verwysing na my as ?n te slim merino-teler en minagting van my medeboere en bure is ook nie nodig nie. Solank as wat merino?s geld maak sal ons met hulle boer. Ek wonder egter hoeveel forumlesers is (nog) suksesvolle boere en of die ongediertes altyd die skuld moet kry. Gelukkig was ons voorouers baie aanpasbaar en ons net so taai, daarom sal ons ook ?n oplossing kry as ons hard werk en ons o? na bo rig. Verder geniet ek jou insig baie oor hoe diere-populasies werk. Ek weet net nie of dit sal help om te dink jy kan almal op al die plase doodmaak nie. DIT gaan nie gebeur nie en dis die realiteit. Wat daardie brief betref, hou die gelukwensings vir later. Ek dink nie die ouens wat die feite moet kry, lees vreeslik in ons tydskrifte nie. Dit gaan baie meer bek en briewe kos om daardie ouens te bereik .....
Wil nie in argumente met jou betrokke raak nie, ek stel baie meer in oplossings wat jy vir volhoubare boerdery mag h?, belang - daarom baie welkom hier by ons en ek hoop om baie meer van jou te hoor.
Mooiloop
Louis
Ns. Mag ek dalk byvoeg dat my waarnemings darem nie net op papier en teoreties is nie. Ek weet van onbeheerde jakklas-getalle op plekke soos beesplase, wildsplase en selfs op plekke soos Kaap Kruis. Ek weet van skrikwekkende jakkals-getalle wat van een staanplek af geskiet is, waar die aanwas vir jare nie beheer was nie - dit laat baie ondeurdagte teorie? oor jakkalse-populasies by die venster uitvlieg. Ek het met my eie o? gesien hoe bransiek en hondsdolheid op beesplase uitbreek en jakkalse by die hope vrek waar daar nie iets aan hulle getalle gedoen word nie. Ek het met die mense by Kaap Kruis gepraat en weet hoe die uitbreek van honsdolheid daar nie vreemd is, as jakkalse te veel word nie. Ek was midde een van so 'n hondsdolheid uitbraak daar.
Ek wonder maar net hoekom hierdie klas van ding nie op plase waargeneem word, waar jakkalse effektief beheer word nie. Dit is doodseker nie 'n geval van probeer "God-speel" in die natuur nie, maar eerder 'n poging om my God-gegewe verstand te gebruik. Somtyds vaal ek liederlik, sal ek die eerste wees om te erken.
Groete
Goeie dade oortref goeie woorde.
-
Biltongjagter
Re: Merino-stoetteler se siening -
Tink skryf -
Welkom Tink!
Say no more!Ek maak verskoning waar ek myself nie duidelik genoeg uitgedruk het nie of mense op ?n moontlike wanindruk kon bring, dit was werklik nie my intensie nie- eerder om my ervaring en siening(wat intussen heelwat verander) mee te deel.
Welkom Tink!
-
Dawie
- Hero Member

- Posts: 1270
- Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm
Re: Merino-stoetteler se siening -
Hallo Tink
Jammer oor daai onnodig persoonlike opmerking.
Cheers
Dawie/Kojak

- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: Merino-stoetteler se siening -
Tink
Welkom!
Net jammer dat jy nie die regstellings in "Veeplaas" kon doen nie, sou baie verwarring uitgeskakel het. Nadat baie van die "posts"(myne inkluis) verwyder is het hierdie gesprek volgens my vir my nou doodgeloop.
As my reaksie(verwyderde post) jou enige ongerief veroorsaak het, is ek jammer. Ook jammer dat jy nie eers aangesluit het by die Forum en die sakie self opgelos het nie. S? baie van jouself.
Ook dink ek dat jou artikel in "Veeplaas" baie neerkykend/halend op die Probleemdierjagter(ouens wat skape se gebl?r op geneem het) was, maar daar gelaat.
Mooiloop
Tafjak
Ps. Bly nog 'n rukkie ingeskakel, daar is nog baie te leer.

Mooiloop en Geseende Kersfees!
-
Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Re: Merino-stoetteler se siening -
Taffie

Beretta
Beretta
-
sakkievanheerden
- Full Member

- Posts: 199
- Joined: Wed Jul 14, 2010 8:16 pm
Re: Merino-stoetteler se siening -
Taffie en Freddie
AMEN OP WAT JULLE VIR TINK GEANTWOORD HET!!!!!!
Tink ek mag dalk huil oor jakkalse ons skaap vang maar jy gaan jou beurt ook kry.As jy volgende keer onderhoude doen dink eers mooi wat jy wil en gaan se asb.