Ballistix koeels

Post Reply
knipmes
Hero Member
Hero Member
Posts: 704
Joined: Mon May 14, 2018 12:02 pm

Ballistix koeels

Post by knipmes »

Is daar dalk manne wat die Ballistixs koeels gebruik ? Is dit n goeie produk
Oor die algemeen (op wild, akkuraatheid, ens) en ook die 175 gr 308 koeels wat gemaak word
Ek sal kommentaar waardeer
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Ballistix koeels

Post by tripodmvr »

In my oordeel kan mens die meeste CNC gedraaide koeëls onder een kam skeer. Hulle skiet akkuraat (baie univormig) en presteer goed op lyfskote waar hulle baie goed penetreer.

In watter kaliber wil jy die 175's gebruik? Gewoonlik is die aanbeveling 130/4 vir 308W en 140/170 vir 30-06. Swaarder as dit kan die 1 in 10 groefdraai gewere begin sukkel en is die koeël so lank dat dit kan tuimel.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
knipmes
Hero Member
Hero Member
Posts: 704
Joined: Mon May 14, 2018 12:02 pm

Re: Ballistix koeels

Post by knipmes »

Die gewere wat ek wil gebruik is n CZ 550 en n Remington mod 700 albei in 30-06. Beide het 1:10 groefdraai. Die Remington het egter n langer "keel" as die CZ. Die afgelope seisoen het ek met Hornady se 180gr GMX koeels in die Remington gejag. Hierdie koeels werk goed maar is skaars en nogal duur. Ek het nie nou al die besonderhede byderhand nie maar die groepering van die Hornady GMX was gemiddeld 15 - 18mm op 100 m teen 2550 vt p sek. Wil nou nie n lang storie skryf nie maar van 4 skote is net 1 koeel herwin uit n koedoe net onder die vel. Die koeel het nie getuimel nie.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Ballistix koeels

Post by tripodmvr »

Ek skiet die 150TSX/TTSX teen 2860vps uit my 22 duim 30-06. Dit verseker dat hy op langer afstande nog behoorlik oopmaak en lekker plat skiet.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
knipmes
Hero Member
Hero Member
Posts: 704
Joined: Mon May 14, 2018 12:02 pm

Re: Ballistix koeels

Post by knipmes »

tripodmvr wrote: Sat Jul 10, 2021 8:13 pm Ek skiet die 150TSX/TTSX teen 2860vps uit my 22 duim 30-06. Dit verseker dat hy op langer afstande nog behoorlik oopmaak en lekker plat skiet.
Dankie vir die inligting. Ek sal n pakkie Ballistix koop en kyk hoe dit werk.
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2161
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Ballistix koeels

Post by Ds J »

Een van ons lidmate het n pakkie Ballistix koeëls (168gr Huntac?) persent gekry en hy wil niks anders gebruik nie. My broer is ook baie tevrede.
User avatar
Alberts
Full Member
Full Member
Posts: 123
Joined: Fri Jul 13, 2018 8:17 am

Re: Ballistix koeels

Post by Alberts »

Goeie dag Knipmes.

Ek het so jaar of wat terug ook 'n pakkie van 50 gekry om te toets, dit was die 155gr Targets. Ek het hulle uit my 26". 308 geskiet. Hulle het vir my doeleindes (papier skiet) mooi gewerk. Met behulp van QL het ek baie vinnig hulle gekry om mooi te skiet..

Groete Sarel

Sent from my ELE-L09 using Tapatalk

knipmes
Hero Member
Hero Member
Posts: 704
Joined: Mon May 14, 2018 12:02 pm

Re: Ballistix koeels

Post by knipmes »

Baie dankie vir almal se terugvoer.
Dit help om besluite te neem as daar mense is wat praktiese ondervindig van produkte het
Ek sal dit ook waardeer indien daar dalk kommentaar gegee kan word waar bokke met die koeels gejag is
Groete
ThinusS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 317
Joined: Sun Jul 17, 2011 10:00 am

Re: Ballistix koeels

Post by ThinusS »

Knipmes.

Ek het gedurende 2019 die 115gr 6.5mm Ballistix koeëls in 'n 6.5 Creedmoor vir SA Jagter tydskrif getoets. Die artikel het in die Maart 2020 uitgawe van SA Jagter tydskrif verskyn. Ek het in totaal 41 stuks wild van springbok tot eland met die koeëls gejag. Die naaste skoot was 'n springbok op 49 treë en die langste skoot, ook 'n springbok, 325 meter. Alle koeëls het mooi omgeklink, penetrasie en doodmaak vermoë was goed en ek het geen probleme ondervind nie.

Die foto is die uitskietwond op 'n springbok wat op 270m agter die blad geskiet is.

Image

Indien jy meer inligting verlang stuur jou e-pos adres vir my.

Groete
Thinus
User avatar
John Durand
Newbie
Newbie
Posts: 17
Joined: Wed Jul 10, 2019 5:05 pm

Re: Ballistix koeels

Post by John Durand »

Hier is my 308 met 175gr balistix op 300m. Image

Sent from my MAR-LX1M using Tapatalk

Basjan123
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 450
Joined: Fri May 06, 2016 1:06 pm

Re: Ballistix koeels

Post by Basjan123 »

Thinus, hoe het die vleis skade gelyk op daai Springbok?
ThinusS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 317
Joined: Sun Jul 17, 2011 10:00 am

Re: Ballistix koeels

Post by ThinusS »

Basjan123 wrote: Sun Jul 11, 2021 9:14 pm Thinus, hoe het die vleis skade gelyk op daai Springbok?
Basjan.
Vleisskade was minder as met 'n loodkern koeël maar daar was steeds vleisskade. Dit is, in my opinie, onrealisties om te verwag dat 'n koeël voldoende skade aan organe gaan aanrig om 'n dier vinnig te dood sonder om enige vleisskade te veroorsaak.
Basjan123
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 450
Joined: Fri May 06, 2016 1:06 pm

Re: Ballistix koeels

Post by Basjan123 »

ThinusS wrote: Sun Jul 11, 2021 9:24 pm
Basjan123 wrote: Sun Jul 11, 2021 9:14 pm Thinus, hoe het die vleis skade gelyk op daai Springbok?
Basjan.
Vleisskade was minder as met 'n loodkern koeël maar daar was steeds vleisskade. Dit is, in my opinie, onrealisties om te verwag dat 'n koeël voldoende skade aan organe gaan aanrig om 'n dier vinnig te dood sonder om enige vleisskade te veroorsaak.
Baie dankie, het jy dalk fotos?
ThinusS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 317
Joined: Sun Jul 17, 2011 10:00 am

Re: Ballistix koeels

Post by ThinusS »

Basjan123 wrote: Sun Jul 11, 2021 9:47 pm
ThinusS wrote: Sun Jul 11, 2021 9:24 pm
Basjan123 wrote: Sun Jul 11, 2021 9:14 pm Thinus, hoe het die vleis skade gelyk op daai Springbok?
Basjan.
Vleisskade was minder as met 'n loodkern koeël maar daar was steeds vleisskade. Dit is, in my opinie, onrealisties om te verwag dat 'n koeël voldoende skade aan organe gaan aanrig om 'n dier vinnig te dood sonder om enige vleisskade te veroorsaak.
Baie dankie, het jy dalk fotos?
Ongelukkig nie.
User avatar
hotklou
Newbie
Newbie
Posts: 37
Joined: Mon Oct 14, 2019 12:30 pm

Re: Ballistix koeels

Post by hotklou »

Ek skiet 155g (Huntec) in my Sabatti (REM 700 clone) 308.
--EDIT--
24" loop, 1/12
---------


al die bokke wat ek geskiet het die jaar het mooi gepenetreer, through-and-through.
almal (gelukkig) net een skoot gevat.
amal minimale vleisskade op blad skote.
"Come to the edge," he said.
And so they came.
And he pushed them.
And they flew.”
-Apollinaire
knipmes
Hero Member
Hero Member
Posts: 704
Joined: Mon May 14, 2018 12:02 pm

Re: Ballistix koeels

Post by knipmes »

Nogmaals dankie aan almal wat n inset gelewer het
Groete
Post Reply