Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Almal daar buite
So lyk dit op elke kleinvee plaas , wie dra die skuld, die ongediertes die eienaars of die half dood diere?
Ons moet onthou die diere word nie gevang deur ongediertes om te oorleef nie, daar is genoeg natuurlike kos daar buite, hulle is net maklike prooi einde van storie.As ongediertes nie beheer word nie sal daar net
na kleinvee boere verwys word hulle sal nie meer bestaan.
MEERKAT
"Taffles se baas" se werk eergister aand. Hy en vroutjie, lyk my hy het hulp ook ingeroep. Helpertjie stap nogal agter. Trap op die baas se spoor.Gisteraand bietjie gaan kyk , net gesels met my. Vanoggend gesien het op jagbakkie se spoor gestap, lammertjie klaar opgevreet. Sal more vir jou foto van sy spoor stuur om jou te inspireer.
MEERKAT
Dankie. Ek gaan die fotos wys waar iemand glo in die gehoor gaan wees. Daar word vertel dit is slegte bestuur as 'n skaap so gevreet word. Wat stro.....
Die 3de lam op die foto's is deur 'n kat gevang. Sy het die lam 204 meter buite die lamkamp na die klein katjie toe gedra. Wys jou jou net dat katte weekoue lammers ook vang. Sy het in 6dae 8 van die jong lammers gevang. Kyk hoe mooi gesond is die boer se lammers. Maak 'n man sommer hartseer om sulke goeie vee dood te sien.
So by te way, hoe gaan dit met "Taffie se baas" en die se vrou. Gaan staan waar ons die laaste geroep het, net in die hoek aan die buurman se kant. Dan sal "Taffie se baas" en vrou nie meer leef nie.
Daai is nie 'n mooi gesig nie... Taffie hoeveel base het jy regtig? Ek dag as 'n man trou dan kry hy eers regtig 'n nuwe baas maar lyk my in die ongedierte jag bedryf kry 'n mens ook die verskeinsel...
Jong so 3maande of wat gelede ontmoet ek vir Meerkat en 'n paar van sy p?lle. Ons jag die aand sommer so om die huis, glo 'n reun daar wat moeilikheid veroorsaak. Na 'n gespartel skiet ons so jaaroud reun, maar Meerkat reken ons het toe die verkeerde een geskiet, nou is "Taffie se baas" nog op vrye voet.
Een van Klipplaat se honde is toe weer Vrydag "red handed" gevang waar hy te lekker aan tjops smul. Nou sal julle weet hoe frusteerd ek/jakjagter moet wees as die stel al 6 weke gelede geskiet is(onder Tomcat se wakende o?) en dan al 1 keer terug gegaan is om dat daar nog lammers wegraak en dit moet 'n jakkals of kat wees. Sal nou die lammergetalle dophou.
Ek kyk nou die fotos wat jule opgesit het, ek het op 'n plaas groot geword, het absolute simpatie met julle, mens haat die ongediertes wat jou so skade aan doen. Ek bly nou in die stad maar sal glad nie omgee om te help om die vuilgoed uit te roei nie.
Dit is hartseer om die arme diere so te sien.
Mens kan nie glo dat dit gebeur nie maar dit gebeur.
Ek is ook maar 'n stadsjapie en dit is baie interessant om die goed te sien wat wel
gebeur op plase. Geen wonder mense of laat ek liewers so s? die boere jakkelse en rooikatte nie baie
goeie vriende is nie. En om te lees hoe die goed aan teel is ook baie interessant.
Dankie aan die boere wat die foto's plaas om ander mense se oe oop te maak.
En dat hulle kan sien wat daar buite gebeur.