Jag in die Suid-Kaap
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2155
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Jag in die Suid-Kaap
Dagsê
Die meeste mense plaas gewoonlik stories of foto's van groter wildsbokkehier op Jaracal - ons kleinwild kry nie altyd die aftrek wat die groter, meer gewilde bokke kry nie. Hierdie was my eerste duikerjag in die Suid-Kaap naby Stilbaai (die seisoen strek van 1 Junie tot 31 Aug). Om kleinwild hier in die fynbosveld te jag is nie altyd so maklik nie. Die struike, dekriet en proteas groei van kniehoogte tot soveel as amper 3m hoog. Beweeg die bokkie dus nie in 'n oop stuk veld in nie is dit byna onmoontlik om hom of haar te sien. Daarom dat duikers maar min aktief gejag word. Hulle is een van daardie spesies wat by geleentheid as "opportunistiese" prooi gejag word.
Om duikers te jag moet jy maar vroegoggend of laatmiddag deur "duikerwêreld" stap en hoop een kom uit in 'n oopte om te wei. Die ander manier is om hulle nader te lok met die "huilgeluid" van 'n beseerde bok of haas. Die sogenaamde jakkalsfluitjies werk goed maar jy kan dit sommer ook met jou mond alleen doen - dit is nogal heel maklik om die huilgeluid van 'n boklam reg te kry met oefening.
Omtrent enige wild kan redelik produktief gejag word as daar 'n sonskynoggend na 'n reënerige nag is (veral as die wind ook gewaai het gedurende die nag). As die son sy kop uitsteek en die wind is kalm, loop die bokke lekker rond. Hier by ons het die gisternag gereën en die wind het gewaai. Die weervoorspelling was nie baie gunstig vir vandag nie maar daar was tog sonskyn voorspel. Dus het ek al gister 'n kans gewaag en die boer gevra of ek vanoggend kan uitgaan om duikers te soek. (gister was eintlik die ideale dag want dit het ook die vorige nag gereën en gisteroggend was dit windstil en lekker warm. Ek het ongelukkig ander verpligtinge gehad en kon nie veld toe nie).
Wel, vanoggend is ek toe in koue reënerige weer uit Stilbaai want die weerman het gesê hier teen agtuur sal die son skyn. Dit het nie gebeur nie en so halfnege is ek maar terug dorp toe. Maar ek noem Stilbaai nie verniet Four-seasons-in-a-day-baai nie. Skaars 'n uur later skyn die son en die wind is nie te erg nie. Dus is ek inderhaas terug veld toe.
Die plan was om 'n bosklofie te jag wat die boer aan my uitgewys het. Ek het die kloof so 'n bietjie deurgekyk en toe teen 'n operige hang stelling ingeneem met die son skuins agter my rug. Die klofie onder my het een oop stukkie gras gehad en die hele verste hang was bedek met digte fynbos. Die geweer wat ek gekies het was my Grendel, gelaai met 120gr-koeëls teen 2300vps. Ek het ook 'n Aimpoint dot-sight op die geweer soos julle uit die foto kan aflei. As ek die geweer mooi stil hou kan ek groepe van ongeveer 5cm op 100m skiet met die dot. Met 'n scope skiet die geweer kleiner as 1 MOA.
Ek het langs 'n lae bossie stelling ingeneem en so 'n paar minute gewag dat die veld net eers weer "rustig" raak en toe begin met die "boklam-huil". Ek doen dit gewoonlik in sessies van nie meer as so 10 tot 15 sekondes lank nie. Na die eerste geroep het ek teen die oorkantste rant skielik 'n rooibruin vlek in die fynbos gesien maar selfs met my Swarovski-verkyker se hulp kon ek dit nie as 'n duiker eien nie. Ek het egter die bruin vlek dopgehou en weer begin roep... En toe beweeg daardie vlek. Dit was 'n volwasse duikerram met horings van ongeveer 4" lank. Hy het soek-soek na die oorsprong van die geluid teen die rant afgekom en op ongeveer 50m (effens verder dalk) vasgesteek. Hy was glad nie van my bewus nie en het teen die rant voor hom gesoek, soner om een keer oor die klofie te kyk.
Ek het die slot vinnig toegedruk en aangelê. Toe die rooi kolletjie mooi stil laag op sy blad lê het ek die sneller gedruk en met die skoot het die rammetjie hoog die lug in gespring. Toe hy grondvat het hy dadelik met daardie kenmerkende voluit "doodstormloop" begin maar sy bene het hom net sowat 30m of wat gedra. Die koeël is laag op die naaste blad in, deur die hart en is agter die verste blad uit.

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Koos Barnard on Thu Jul 01, 2021 7:22 pm, edited 2 times in total.
- naas222
- Hero Member

- Posts: 790
- Joined: Thu Oct 19, 2017 7:59 am
Re: Jag in die Suid-Kaap
Geluk oom Koos.. dis net so opwindend soos jakkals jag.. as jy sien die prooi kom in en die hart kry so eksta beat.
222 Sako
3006 Ben Musgrave mod 83
12 Smith Wesson pomp aksie
3006 Ben Musgrave mod 83
12 Smith Wesson pomp aksie
-
Leon Crous
- Sr. Member

- Posts: 429
- Joined: Wed Jun 18, 2014 12:08 am
Re: Jag in die Suid-Kaap
Lekker oom Koos! Soos oom noem, verloop duiker jag amper nooit so lekker vlot nie.
Wel gedaan.
Wel gedaan.
-
BenJacobs
- Hero Member

- Posts: 883
- Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm
Re: Jag in die Suid-Kaap
Baie geluk oom.
Ek moet sê ek sal graag oom se roep wil hoor! Hier in Bredasdorp is daar baie duikers, maar soos oom sê loop dit maar min reg. Ek moet die roep bietjie probeer.
Oom moet 'n video maak. Het oom 'n voorbeeld min of meer hoe dit klink?
Groete Ben
Ek moet sê ek sal graag oom se roep wil hoor! Hier in Bredasdorp is daar baie duikers, maar soos oom sê loop dit maar min reg. Ek moet die roep bietjie probeer.
Oom moet 'n video maak. Het oom 'n voorbeeld min of meer hoe dit klink?
Groete Ben
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2155
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Jag in die Suid-Kaap
Dag Ben
My nommer is 072 281 6304
Stuur vir my jou nommer dan sal ek vir jou 'n voorbeeld stuur van hoe dit klink. Is maar baie soos 'n haas wat skree as hy seerkry.
Mooi loop

- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Jag in die Suid-Kaap
Baie geluk, Koos. Die baie digte terrein maak dit verseker moeilik. Goed gedoen! Lekker vleisie daardie. Jy gaan seker die boudjies lekker marineer en dan in die oond bak.
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2155
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Jag in die Suid-Kaap
Win270
Ons gaan pastei maak van die vleis. My vrou is 'n yster met wildspastei. Die een boud is klaar afgekook. Opmerklik vir ons is dat die vleis nie so wild smaak soos die duikers wat ek al in die Noord-Kaap geskiet het nie. Trouens die vleis van hierdie duiker smaak glad nie wild nie. Ons sal dalk die een blad marineer en dit in die oond bak. Al marineer jy die boud dink ek gaan die vleis steeds 'n bietjie droog wees.

- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Jag in die Suid-Kaap
Koos, bly jy kry kans om in die natuur uit te kom. Die bokkie is 'n bonus.
Lyk my ons diskoerse oor die Grendel het nou sukses gebring.

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2155
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Jag in die Suid-Kaap
Ruan baie dankie.
Marius... ja dit lyk so. Terloops ek is vrek gelukkig want ek het toegang tot die plaas waar ek die duiker geskiet het en nog 'n plaas skaars 80km van my af in die Klein-Karoo. Laasgenoemde is 7200ha groot en daar is net wild op.
Mooi loop
Marius... ja dit lyk so. Terloops ek is vrek gelukkig want ek het toegang tot die plaas waar ek die duiker geskiet het en nog 'n plaas skaars 80km van my af in die Klein-Karoo. Laasgenoemde is 7200ha groot en daar is net wild op.
Mooi loop
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Jag in die Suid-Kaap
Ons wag vir nog verdere verhale van jou jagsukses.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- JJV
- Hero Member

- Posts: 770
- Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am
Re: Jag in die Suid-Kaap
Het vandag bosvarkblad so gemaak, baie lekker, bietjie soet na my smaak, dink ook ‘n boud sal mooi loop!!!

Sent from my iPhone using Tapatalk
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Jag in die Suid-Kaap
Jissie maak jy my nou erg lus