Goeie naand,
Ek en my swaer gaan gereeld uit opsoek na jakkalse en alhoewel ons geensins op die vlak van paar van die manne hier op forum is nie, bring ons darem ons kant - 18 jakkalse sedert Mei. Uit die 18, was slegs 1 'n teef, wat ons gisteraand geskiet het, voor dit net reuns. Is dit normaal of net toevallig? Het dit dalk te doen met die tyd van die seisoen of die tipe 'calls' wat ons gebruik?
Ons het al self 'n paar teorieë geformuleer, maar ek hoor graag van julle manne wat meer van die besigheid weet.
Dankie!
Jakkals skiet - watter geslag?
- JarkVark
- Jr. Member

- Posts: 61
- Joined: Tue Jun 18, 2019 2:56 pm
Jakkals skiet - watter geslag?
Sako .308
Sako .222
Beretta A300
Sako .222
Beretta A300
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1886
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: Jakkals skiet - watter geslag?
Ek dink dit is net toevallig. 'n Vraag wat opkom is of julle skuif nadat julle die eerste jakkals geskiet het of bly julle nog so 20-30min op die plak roep nadat julle die eerste jakkals geskiet het?
Heinrich
Heinrich
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
- Alberts
- Full Member

- Posts: 123
- Joined: Fri Jul 13, 2018 8:17 am
Re: Jakkals skiet - watter geslag?
Op 'n ligte noot , ek dink na die eerste jakkals geskiet is, is hulle so bly dan word daar so rumoer dat daar nie weer' n jakkals vir die volgende 4 ure sal naby die area kom nie...
Sent from my ELE-L09 using Tapatalk
Sent from my ELE-L09 using Tapatalk
- JarkVark
- Jr. Member

- Posts: 61
- Joined: Tue Jun 18, 2019 2:56 pm
Re: Jakkals skiet - watter geslag?
Ons skuif nie sommer nie nee, die area wat ons op skiet is maar redelik bebos en die sigveld beperk, so as een plat is ry ons huistoejaracal wrote: Sat Jun 26, 2021 9:24 am Ek dink dit is net toevallig. 'n Vraag wat opkom is of julle skuif nadat julle die eerste jakkals geskiet het of bly julle nog so 20-30min op die plak roep nadat julle die eerste jakkals geskiet het?
Heinrich
Sako .308
Sako .222
Beretta A300
Sako .222
Beretta A300
- JarkVark
- Jr. Member

- Posts: 61
- Joined: Tue Jun 18, 2019 2:56 pm
Re: Jakkals skiet - watter geslag?
Jy is nie ver van verkeerd af nie, min dinge wat soveel plesier verskaf soos 'n dooie jakkalsAlberts wrote: Sat Jun 26, 2021 3:40 pm Op 'n ligte noot , ek dink na die eerste jakkals geskiet is, is hulle so bly dan word daar so rumoer dat daar nie weer' n jakkals vir die volgende 4 ure sal naby die area kom nie...
Sent from my ELE-L09 using Tapatalk
Sako .308
Sako .222
Beretta A300
Sako .222
Beretta A300
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1886
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: Jakkals skiet - watter geslag?
Ek sou voorstel om langer op die plek te sit nadat die eerste een geskiet is. My meeste op een staanplek is 8 Jakkalse, het seker so 2,5 ure geneem. Dit sal dan die verdeling tussen reuns en tewe meer gelyk maak. Baie keer loop hulle saam maar ook baie keer kom eers die een in en dan die ander maatjie.
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter