Ander kaliber dop gebruik vir 6.5mm Grendel?

Post Reply
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2160
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Ander kaliber dop gebruik vir 6.5mm Grendel?

Post by Ds J »

Goeienaand Jaracal,

Net vir interessantheid: kan n mens n ander kaliber se doppe gebruik om 6.5 Grendel doppe te maak?

Dit lyk of die 6.5 Grendel doppe soms moeilik beskikbaar is.
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1875
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Ander kaliber dop gebruik vir 6.5mm Grendel?

Post by Alwin »

Sommer so uit die vuis uit, is hy nie op die 7,62 x 39 gebaseer nie?
Carlc
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 271
Joined: Tue Nov 15, 2016 7:40 am

Re: Ander kaliber dop gebruik vir 6.5mm Grendel?

Post by Carlc »

Hy is ja. Maar die grendel doppe is tog beskikbaar as jy bietjie rondbel.
Vissie
Full Member
Full Member
Posts: 234
Joined: Sat Jan 19, 2013 9:02 pm

Re: Ander kaliber dop gebruik vir 6.5mm Grendel?

Post by Vissie »

Ek het so week of wat terug gesien dat ‘n 100 Lapua Grendel doppe meet as R3000 kos. Dis malligheid, en as ek nou met die geweer moes oorbegin sou ek Sellier en Bellot 7.62x39 doppe gebruik om 6.5 Grendel doppe te maak.

Ek het dit nog nie self gedoen nie, maar dis blykbaar eenvoudig. Hou net in gedagte dat die dop kapasiteit van so veranderde dop minder sal wees as ‘n fabrieks 6.5 Grendel dop. Dus sal ‘n standaard 6.5 Grendel lading dalk hoë druk wys as jy dit net so oordra. Ek sien daar word oral aanbeveel om die ontwikkeling maar van voor af te begin met só ‘n veranderde dop.
Carlc
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 271
Joined: Tue Nov 15, 2016 7:40 am

Re: Ander kaliber dop gebruik vir 6.5mm Grendel?

Post by Carlc »

Ek het verlede week 'n pak Starline 6.5 grendel doppe in Rustenburg by Aug Behrens Spar op die rak gesien. As ek reg onthou was dit R1300 gewees. Ek het self met n pak Lapua doppe begin en het gehuil toe ek moes uithaal en wys maar ek moet sè dis die eerste doppe wat ek uit die boks haal en gelaai het sonder enige voorbereiding en geen probleme opgetel het nie.
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2160
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Ander kaliber dop gebruik vir 6.5mm Grendel?

Post by Ds J »

Dit help al baie, dankie!
Post Reply