Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Dagsê.
Om plek te maak vir my herlaaistasie, moet ek noodgedwonge kies tussen 'n paar tydskrifte en my promponie. Die ponie gaan nerens heen nie, so iemand moet maar die tydskrifte by my kom haal.
Die volgende is beskikbaar.
Wild en jag.
S.A. Jagters.
Magnum Man.
Last edited by Gawie(13mm) on Mon Jun 21, 2021 8:57 am, edited 1 time in total.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Gawie, ek het al in die verlede sonder sukses my tydskrifte probeer weggee. Ander alternatiewe is om dit by skietklubs, ammunisie-winkels, ens te probeer inhandig waar besoekers daarby kan baat vind. Ook nie my idee om dit net in die vullisdrom te gaan gooi nie!!
Hoop jy kry gretige lesers wat die tydskrifte se inhoud sal waardeer.
Ek het paar bokse jagtydskrifte by outehuis gaan afgee. Hulle was baie bly daaroor. Ek dink paar ooms kan doen met jagstories. Dit doen mens ook goed om dit te doen om self ‘n reality check te doen van waar mens is….
Dankie manne vir die blink gedagte. 'n Paar van my vriende het dieselfde voorgestel, maar ek waak soos 'n jaloerse pa wat sy dogter na haar eerste skooldans moet laat gaan.
Ek wou dit aan een van die plaaslike skole skenk, maar almal is deesdae so "woke" en netnou gee ek een of ander vegan aanstoot. Arme bloedjies, of moet ek sê sappies, want plante bloei mos nie?
Die gedagte om dit aan ons voor-ouers te skenk, geval my. Immers lees hul nog!
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Môre Gawie, ek kort so ‘n paar ManMagnums. Jy kan my nie dalk help om my stel volledig te kry nie asseblief?
Magnums kort: Ek het Mei 1976 1ste uitgawe en Aug 1976. Kort balans van 1976, dws. Jun, Jul, Sept, Okt, Nov en Des.
Kort Jan 1977 & Des 1977
Kort Mei 1996. Groete, Herman
herman.bonsma wrote: Tue Jun 22, 2021 11:34 am
Môre Gawie, ek kort so ‘n paar ManMagnums. Jy kan my nie dalk help om my stel volledig te kry nie asseblief?
Magnums kort: Ek het Mei 1976 1ste uitgawe en Aug 1976. Kort balans van 1976, dws. Jun, Jul, Sept, Okt, Nov en Des.
Kort Jan 1977 & Des 1977
Kort Mei 1996. Groete, Herman
Sent from my iPhone using Tapatalk
Herman, ek het in die laat negentigs eers genoeg geld verdien om my eie Magnums te koop. Voor dit het ek dit in ons plaaslike biblioteek sit en lees.
Ek mag dalk die 1996 een hê. Ek sal vannaand loer.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!