Wie is ook oppad jagveld toe?

Post Reply
Ajviljoen260rem
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 413
Joined: Tue Jan 26, 2016 8:29 pm

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Post by Ajviljoen260rem »

Druk more oggend 04:30 die Hilux se neus in die rigting van Douglas,
Op die spyskaart, rooibok, swb, eland en rooibartebees.
Tikka SuperVarmint 260 Rem
Tikka SuperVarmint 300 WinMag
Howa 243 Win
Howa 22-250 Rem
BRNO Mod 2 .22
Tikka GRTech 22-250 Rem
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Post by Capt. Yoda »

Jy jag vir my n bq te veel
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Rudi Fischer
Hero Member
Hero Member
Posts: 1870
Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm

Wie is ook oppad jagveld toe?

Post by Rudi Fischer »

Ons was die naweek van die 21ste daar tussen Bloem en Kimberley.

Image


Image

Image

Image

Image
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
knipmes
Hero Member
Hero Member
Posts: 704
Joined: Mon May 14, 2018 12:02 pm

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Post by knipmes »

Geluk. Mooi geskiet
J le Roux
Hero Member
Hero Member
Posts: 1113
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Post by J le Roux »

Ek was laasweek op 'n kort 2 dae trippie net Wes van Messina. Dit is 'n 4000h beesplaas met groot kampe waardeur die Rooibokke, koedoes, elande en Gemsbokke vrylik beweeg. (Laasgenoemde 2 spesies is maar skaars)

Jagomstandighede was in die bokke se guns. Op die plaas skiet ons nie van die bakkie af nie, voorsitjag is uit, en koppies vir glaswerk is daar nie.

Stap is aan die orde van die dag, maar met geen konstante wind en bitter ruig bos het dit swaar gegaan. Bokke het ons geruik of gehoor en gehardloop voor ons hul kan sien. Ek moet noem, die Musina Bosveld area se veld lyk baie goed na die goeie reenseisoen, en later in die winter gaan ons bitter lekker vet bokke jag.

Ek het my beste voet baie stadig voor gesit en kon in die twee dae net skote op 3 vlakvarke kry. 1 Grote van 40kg en 2 middelsag 20kg otjies. Ek het my 7x57 en 30-06 maar elk kans gegee.

Tussen my ander 6 vriende wat tot Saterdag gejag het, het daar nog 6 varke, 4 rooibokke, 2 Koedoe koeie en 'n Koedoebul geval.

Ek is baier lief vir die plaas, en die harde werk om jou bokke te kry maak dit ekstra spesiaal.
20210526_105943.jpg
20210526_114217.jpg
20210526_171238.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
User avatar
HeinSavage
Full Member
Full Member
Posts: 118
Joined: Thu Jul 10, 2014 4:13 pm

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Post by HeinSavage »

Môre oggend vat ons die pad in die Drakensberg in. Op die spyskaart is koue, vaalribbok en rooiribbok. Lank uitgesien hierna!


Sent from my iPhone using Tapatalk
.22-250 Rem - Savage Mod 12 LPV
7mm-08 Rem Custom
.375 H&H Mag - Win mod 70 pre-'64
450 400 3" Dubbel
User avatar
HeinSavage
Full Member
Full Member
Posts: 118
Joined: Thu Jul 10, 2014 4:13 pm

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Post by HeinSavage »

HeinSavage wrote:Môre oggend vat ons die pad in die Drakensberg in. Op die spyskaart is koue, vaalribbok en rooiribbok. Lank uitgesien hierna!


Sent from my iPhone using Tapatalk
IMG_1754.jpg
Die eerste een lê.


Sent from my iPhone using Tapatalk
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.22-250 Rem - Savage Mod 12 LPV
7mm-08 Rem Custom
.375 H&H Mag - Win mod 70 pre-'64
450 400 3" Dubbel
User avatar
Blitzzz
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Thu Feb 02, 2017 2:46 pm

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Post by Blitzzz »

Mooi foto! Wat is jou rede vir die loop se jassie?


Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
Tikka 6.5 Creedmoor
Brno 7 x 57 Mauser
Howa 243 AI
J le Roux
Hero Member
Hero Member
Posts: 1113
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Post by J le Roux »

Blitzz, ek raai sommer dit is oor die SS loop se weerkaatsing.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
User avatar
Haasvel
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 295
Joined: Wed Mar 29, 2017 8:18 pm

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Post by Haasvel »

HeinSavage wrote:
HeinSavage wrote:Môre oggend vat ons die pad in die Drakensberg in. Op die spyskaart is koue, vaalribbok en rooiribbok. Lank uitgesien hierna!


Sent from my iPhone using Tapatalk
IMG_1754.jpg
Die eerste een lê.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Baie mooi foto Hein. Dit is lekker jag dai

Sent from my SM-G980F using Tapatalk

User avatar
HeinSavage
Full Member
Full Member
Posts: 118
Joined: Thu Jul 10, 2014 4:13 pm

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Post by HeinSavage »

Blitzzz wrote: Fri Jun 04, 2021 6:49 pm Mooi foto! Wat is jou rede vir die loop se jassie?


Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
Die jassie is soos hierbo opgemerk is vir die SS loop se weerkaatsing. Sommer 'n vinnige oplossing met 'n buff as jy die camo tape by die huis los.
.22-250 Rem - Savage Mod 12 LPV
7mm-08 Rem Custom
.375 H&H Mag - Win mod 70 pre-'64
450 400 3" Dubbel
User avatar
Smith223
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 346
Joined: Tue May 01, 2018 6:39 pm

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Post by Smith223 »

Daar is ons ook nou oppad Karoo toe.
Ek gaan kyk of daar so ‘n paar springbokke voor my 6.5kruitmors se loop wil inloop.
Lekker naweek Manne!
Anschutz 22LR
Howa 223 Rem
BRNO 243 Win
Howa 6.5 CR
Tikka 7mm RSAUM
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Post by ruaanb »

Nog 3 weke
Ajviljoen260rem
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 413
Joined: Tue Jan 26, 2016 8:29 pm

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Post by Ajviljoen260rem »

Capt. Oblivious wrote: Wed Jun 02, 2021 7:41 am Jy jag vir my n bq te veel

Kan op die oomblik nie ander jag doen nie nou moet ek maar meer in die veld kom🤣🤣
Tikka SuperVarmint 260 Rem
Tikka SuperVarmint 300 WinMag
Howa 243 Win
Howa 22-250 Rem
BRNO Mod 2 .22
Tikka GRTech 22-250 Rem
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Post by PWV »

Koedoe en gemsbok is in die vrieskas!!!
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Post by sako 30-06 »

PWV wrote: Sat Jun 12, 2021 11:42 am Koedoe en gemsbok is in die vrieskas!!!
Ek sien sommer uit na die storie en fotos.
Min manne kom vertel deesdae van hulle jagte.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Post by PWV »

Sako,
jy weet vader tyd het mos die manier om op 'n sekere tyd in jou lewe begin toeslaan en jy moet probeer om hom van jou af weg te hou. Met my is dit nou die geval dat die jare begin knaag aan my bene en knieë sodat ek maar moet staatmaak op diesel-"stalk" indien ek 'n bietjie wildsvleis wil versamel. En as baie manne hoor van bakkie-jag, stel hulle nie meer in die storie belang nie.
Vir my bly dit egter nog altyd 'n avontuur en 'n belewenis om 'n koedoebul wat op 200 meter in 'n bos staan en dink ek sien hom nie, neer te vel en sy nekare af te sny sodat hy uitbloei. Dan haal ek my hoed af en sê dankie vir hierdie voorrreg wat ek nog het.

Dit bly 'n ongelooflike ervaring om in die Kalahariveld te wees, al is dit agter op 'n bakkie. Dit is ook wonderlik hoe mens jou veld-oë, na die tweede dag in die veld, weer terugkry en jy in baie gevalle die wild sien voordat die gids dit sien. Amper soos fietsry. Jy verleer dit slegs as jou sig verswak.

Ek het hierdie koedoe in die bos opgemerk toe die horing in die son blink. Niemand anders het hom gesien nie. Ek het die bakkie laat stop en almal beveel om doodstil te wees. Ek kon net sy kop sien. Die afstand het ek op 200 meter geskat, maar nadat ek geskiet het, die ware afstand met 'n afstandsmeter gemeet; 196 meter. Toe die skoot klap het die gids gesien die koedoe val, maar ons moes die rigting vir die bestuurder aandui.

Voorspoed aan almal wat nog jagveld toe! Geniet die voorreg!
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2956
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Post by Lategan1 »

Dankie PWV, jou storie inspireer.

Dit is lekker om te lees hoe jy dit geniet en inleef. Mag daar nog baie 4-bene voor jou swig!

Min dinge so lekker in die veld as om Kudu deur bos te kan sien, raak dag of drie later al hoe beter soos jy noem. Het deesdae so spesiale brilletjie, dit help met die koekeloer. O0

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1491
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Post by Eduard Venter »

Lekker oom PW. Die manne wat wil kerm oor oom se bakkie jagtery moet liewer kool eet!

Ek sien self uit na my volgende jag. Is in Augustus op pad Noord Kaap toe vir my eerste springbok. Vir die res is dit maar jagters uitvat hier by my en so nou en dan 'n vleis bok skiet self.

Sent from my Nokia C2 using Tapatalk

User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Post by sako 30-06 »

PWV wrote: Tue Jun 15, 2021 11:09 am Sako,
jy weet vader tyd het mos die manier om op 'n sekere tyd in jou lewe begin toeslaan en jy moet probeer om hom van jou af weg te hou. Met my is dit nou die geval dat die jare begin knaag aan my bene en knieë sodat ek maar moet staatmaak op diesel-"stalk" indien ek 'n bietjie wildsvleis wil versamel. En as baie manne hoor van bakkie-jag, stel hulle nie meer in die storie belang nie.
Vir my bly dit egter nog altyd 'n avontuur en 'n belewenis om 'n koedoebul wat op 200 meter in 'n bos staan en dink ek sien hom nie, neer te vel en sy nekare af te sny sodat hy uitbloei. Dan haal ek my hoed af en sê dankie vir hierdie voorrreg wat ek nog het.

Dit bly 'n ongelooflike ervaring om in die Kalahariveld te wees, al is dit agter op 'n bakkie. Dit is ook wonderlik hoe mens jou veld-oë, na die tweede dag in die veld, weer terugkry en jy in baie gevalle die wild sien voordat die gids dit sien. Amper soos fietsry. Jy verleer dit slegs as jou sig verswak.

Ek het hierdie koedoe in die bos opgemerk toe die horing in die son blink. Niemand anders het hom gesien nie. Ek het die bakkie laat stop en almal beveel om doodstil te wees. Ek kon net sy kop sien. Die afstand het ek op 200 meter geskat, maar nadat ek geskiet het, die ware afstand met 'n afstandsmeter gemeet; 196 meter. Toe die skoot klap het die gids gesien die koedoe val, maar ons moes die rigting vir die bestuurder aandui.

Voorspoed aan almal wat nog jagveld toe! Geniet die voorreg!
Baie geluk Oom.
Nee wat, ek en Pa jag te lekker van die bakkie af.
So daar is niks fout daarmee nie.

Moet se die coolerbox raak nogal swaar as ek hom moet rond dra terwyl ek walk en stalk ::)
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Post by PWV »

Manne en maninne, ek moet net hier sê dat, indien daar 'n coolerbox op die bakkie is, dit gladnie "warmwater" bevat nie. Ek is fanaties oor veiligheid in die jagveld en alkohol en veiligheid is nie pelle nie.
As jagmaats nie veiligheid vooropstel nie, klim ek af en strompel maar huis toe.

In my jagbaadjiesakke (en hulle is groot) is altyd 'n lemoen of twee. Beste om jou dors te les en so bietjie energie te verskaf. En die geur skrik nie wild af nie!!

Verder wil die manne weet waarom ek "camo" aantrek op 'n bakkie. Nou, ek het die klere uit my jag-dae en moet hulle nou in my skiet-dae, op dra. Verder sien min ouens my op die bakkie raak as ek "poach". ;)
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Post by tripodmvr »

Ry more 4h00 na Boshof omgewing. Gaan probeer om 'n storie te skryf as ek terug is.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Smith223
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 346
Joined: Tue May 01, 2018 6:39 pm

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Post by Smith223 »

Smith223 wrote: Fri Jun 11, 2021 2:20 pm Daar is ons ook nou oppad Karoo toe.
Ek gaan kyk of daar so ‘n paar springbokke voor my 6.5kruitmors se loop wil inloop.
Lekker naweek Manne!
Terug by die huis, fisies moeg maar uitgerus.
Ek was bevooreg om 7 springbokkies te kon kap met die 6.5 Creedmoor. Die jag uitnodiging het my bietjie omkant gevang en ek moes met die 139gr Scenars gaan jag.
Die eerste twee bokke het geval voordat ek my geweer se zero kon bevestig op die plaas. Gelukkig weet ek my toerusting is reg, maar het steeds veilige agter-die-bladskote geskiet op daardie eerste twee.
Na ek my zero bevestig het was dit tyd vir Springbokke op die voet jag. Dit was bitter uitdagend maar baie bevredigend. Die bokke sien jou elke keer op so 700m en gaan staan eers weer as hulle verder as 1km weg is. Dit het die bekruipwerk interessant gehou. Na 5km se stap het ‘n ram my bo-op die damwal verras 100m van my af. Ek het in die kniel posiesie gan hurk maar kon die kruishaar nie stil genoeg hou nie. Daarna het ek plat gaan sit en die kruishaar op sy voorkop vir ‘n frontale breinskoot laat vas-suig. Die bok het net daar geval.
57909E3E-6A74-41CC-875D-6BB4EE3AB02F.jpeg
Vinnig keel af-gesny en gehang in die boom en ons is agter sy maats aan wat op so 300m gaan staan het. Ek het my pel gehelp met die afstand en dail in die teleskoop en hy het sommer op die damwal vanaf die bipod die bok neergesit op 280m met die 6.5.
Ek het die posisie waar die bok geval het nie goed genoeg gemerk nie, maar kon gelukkig sy bok binne 30m van waar hy geskiet is kry na so 20min se soek tussen die langgras en karoo bossies.
Nadat ons die pens getrek het , gewaar ek ‘n ander trop so 400m weg en ons begin weer bekruip. Op 250m het ek weereens ‘n skoot, maar kan nie in ‘n gemaklike posisie kom om oor die lang gras ‘n kopskoot te skiet nie. Ons gaan nader tot op 205m waar ek agter ‘n karee bos op ‘n miershoop gaan sit en met die drie-poot ‘n lekker stabiele posisie maak-pas. Nog ‘n frontale breinskoot het my self-vertroue ‘n goeie hup-stoot gegee.
018DC936-5D0F-461D-9730-C8CB06FA30C0.jpeg
Dit was klaar vir die dag. Die volgende dag het ons weer op die voet in die randjies gaan stap. Die bokke gewaar ons baie maklik en dit was moeilik om naby te kom. Ek het vir myself daar ‘n lekker plat area gekry en kon vanaf die bipod en sandsak ‘n jong rammetjie met ‘n nekskoot op 350m net daar omdop. Ons het nog so ‘n paar vanaf die bakkie geskiet om die kwota vol te kry maar dit was lekker.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Anschutz 22LR
Howa 223 Rem
BRNO 243 Win
Howa 6.5 CR
Tikka 7mm RSAUM
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1491
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Post by Eduard Venter »

Te lekker maat. Mooi gegooi!

Sent from my Nokia C2 using Tapatalk

ghries

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Post by ghries »

Dit klink baie lekker, geluk met die mooi skote. Enige terugvoer oor die terminale gedrag van die Scenars op lyf skote?

Sent from my DUB-LX1 using Tapatalk

Post Reply