3006 Winchester Pre 64

Post Reply
Stingray1984

3006 Winchester Pre 64

Post by Stingray1984 »

Hello aan almal.

Ek is ook besig om aansoek te doen vir n lisensie vir my eerste geweer.
Die motivering strek al oor n paar bladsye, maar glo dit sal voldoende wees.
Nooit seker wat om alles te skryf nie.

Ek wil ook by julle manne weet, ek het n 3006 Winchester Pre 64 gekoop.
Was dit n goeie besluit, en kan iemand my meer inlig oor so n geweer.

Uitstekende toestand.

Dankie by voorbaat.
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3530
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: 3006 Winchester Pre 64

Post by Armand Steenkamp »

Stingray,

Baie welkom by die forum ek glo jy sal dit geniet! Gaan stel bietjie jy self voor by nuwe aansluitings dat die manne kan sie van waar jy is en so.

Jy kan mos vir ons n ou fototjie opsit van die roer!

Dit wat ek van die pre64 winchesters gehoor het was nog altyd goed! Dis n controled feed aksie soos die mauser 98

Groetnis
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
Stingray1984

Re: 3006 Winchester Pre 64

Post by Stingray1984 »

Hi Armand

Ek het so gemaak.

Baie Dankie vir jou terugvoering.

Raymond
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3530
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: 3006 Winchester Pre 64

Post by Armand Steenkamp »

Ek is seker hier is manne wat eerste hanse ondervinding het van die Pre64 en wat jou bietjie meer sal kan virtel.
Ek kan maar net se wat ek gehoor of gelees het ;)

Groetnis
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
ablm468

Re: 3006 Winchester Pre 64

Post by ablm468 »

Raymond

Ek het nie 'n 30-06 in Winchester nie maar 375 H&H en is baie gelukkig met hom.

Die regte Winchester Pre 64 het 'n lang geskiedenis en is vandag 'n baie gesogte geweer, google hom gerus om kommentaar te sien. Winchester is nie altyd in Amerika gemaak nie, die fabriek het op 'n stadium Japan toe geskuif en die aksies wat daar vervaardig is het nie so goeie reputasie nie. Die Pre 64 aksie is egter 'n baie goeie Mauser tipe aksie (controlled feed) en is 'n baie sterk aksie. Veral waar dit gaan oor die jag van gevaarlike wildsoorte wil mens 'n cfd aksie h?.

Daar het intussen weer 'n paar skuiwe plaasgevind en 'n maatskappy in VSa het weer die regte gekoop van die Winchester naam en vandag word Winchester weer in VSA vervaardig. Die huidige modelle is van goeie kwaliteit en die model 70 is in 2010 as die wapen van die jaar aangewys deur een van die jagtydskrifte in die VSA.

Terloops die fabriek in Japan waar Winchester vervaardig is bou blykbaar vandag die Howa fabriek.

Alles en als is die Pre 64 model 'n baie betroubare geweer wat jou jare se skiet genot behoort te gee.

Groetnis


Hansman
User avatar
PRIVATE RYAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 544
Joined: Wed Nov 24, 2010 8:52 am

Re: 3006 Winchester Pre 64

Post by PRIVATE RYAN »

Ek weet net  die pre 64
se reputasie,maar jy het
nie fout gemaak met die kaliber
nie. Voer hom 180gr leer jou trajek ken
en skiet alles van Makou tot Eland.
Stingray1984

Re: 3006 Winchester Pre 64

Post by Stingray1984 »

Private Ryan, Hansman en Armand

Baie Dankie vit julle almal se terugvoering.
Ek sal bietjie gaan Google en meer inligting kry.

Die Geweer is regtig in n baie goeie toestand. Soos ek al genoem het is ek nog besig om die Lisensie te kry. Sal volgende week al my dokumente inhandig.
Dan die lang wag.

Sal julle op hoogde hou.
Kan self nie wag om daai roer te kry nie.

Lekker dag vir julle Manne.
Post Reply