Gebruik van spoor hond

Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1378
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Gebruik van spoor hond

Post by Toxxyc »

Ek was al by waar 'n man 'n rooibok op ver afstand (amper 400m) met 'n .303 reg voor in die kuiltjie geskiet het. Die Rhino het GLAD nie oopgemaak nie en vollengte gepenetreer, by die skrotum uitgekom en in die stofpad gaan lê 'n paar meter agter waar die bok gestaan het. Die bok het links koers gekies in die veld in, bitter min bloed gegooi en uiteindelik die volle afstand waaroor geskiet is in ons rigting in die veld geharloop, in ons rigting, sonder dat ons hom gesien het (was ruig). Die manne het natuurlik veld ingevaar waar die bok in is, en na 'n uur se soek kon hulle niks kry nie. Die hond het toe spoor gevat en 15 minute later kry hulle die bok nie 100m van waar geskiet is nie waar hy onder 'n bos lê.

Ek is nie mal oor honde jag nie want mense is geneig om die hond te los sodra die skoot klap en dan jaag die honde die bok kilometers ver die veld in. Dit het my al verskeie kere grensloos irriteer en ek het op 'n jag al 'n vark so verloor. Die skoot was sleg (ek het kuiltjie gemik, toe laat sak hy sy kop toe die skoot klap en ek skiet sy neus vlenters). Die manne spring toe af en wil jaag maar ek se toe hulle moet net bietjie wag, want die vark is grasse in en ek sien nie grasse verder beweeg nie, so hy sou nie ver gegaan het nie. Hulle wou toe nie luister nie en los die Jack Russels om hulle ding te doen ("hy sal hom kry, moenie worry nie"). Die honde het die vark 3 keer opgejaag voor hy onderdeur die buurman se draad is en ek moet kwesvark betaal.

Maar 'n hond het sy plek.
B Five
Full Member
Full Member
Posts: 211
Joined: Mon Jan 22, 2018 7:34 am

Re: Gebruik van spoor hond

Post by B Five »

Ja nee
Hier word van geduld gepraat. Om hom te leer om spoor te vat is makliker, dit is afterall instink, maar,…. dan jaag hulle die dier. Hier is dit ook maar instink, maar my instink raak dan een van ongeduld.
Post Reply