Lisensie aansoeke wagtydperk

Enige iets pas hier/ discuss anything here
Post Reply
JDKey
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 318
Joined: Fri Apr 12, 2013 9:14 am

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by JDKey »

3kus wrote:Vandag my kaarties opgetel, +-6 weke nadat lisensies goedgekeur is. Daar het baie nuwe kaarte ingekom vanaf CFR en more kom daar nog n vrag na Olifantsfontein SAPS. Darem goeie nuus...


Sent from my iPhone using Tapatalk
Self vandag my kaartjies opgetel. Toe ek my vuurwapen by Safari gaan optel was ek die 24ste een vir die dag.


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5023
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by Frederik »

Die mense by CFR het nou nuwe verskoning wat ek vanmore gehoor het!

My aansoek vir nuwe wapen was ingegee 8 Desember 2020 toe staan alles lank stil my DFO laai dit toe op stelsel 30 Januarie 2021 en nou van daar af mag jy eers besigheids dae tel nie van wanneer af jy dit ingee nie!!!!
User avatar
Stephan86
Hero Member
Hero Member
Posts: 551
Joined: Thu Feb 26, 2015 10:00 am

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by Stephan86 »

Stephan86 wrote: Wed May 05, 2021 3:53 pm My lisensie is 13 Sept ingedien, na 3 maande by DFO en nog tyd is my aansoek al by "For Consideration" van 19 April. Hoop ek kry die Approved binnekort.
Ek het darm nou agter die kap van die byl gekom oor hoekom my "In Consideration" so lank neem. My betaling se reference en my aansoek reference ooreenstem nie. Nou moet hul goed op die stelsel verander en dit is 'n groot gemors.
.22 LR Webley & Scott Xocet
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
Rasmus
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by Rasmus »

Ek het ook n lisensie wat al n wyle by “ For Consideration” lê....
User avatar
Bern
Newbie
Newbie
Posts: 41
Joined: Tue Mar 19, 2019 9:05 am

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by Bern »

Hoe gemaak as n aansoek al van 1 Maart 2021 lê by Provinsiaal in Belville?

Sent from my SM-N970F using Tapatalk

User avatar
Dumbluck
Hero Member
Hero Member
Posts: 563
Joined: Mon Sep 21, 2015 12:08 pm

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by Dumbluck »

Bern wrote:Hoe gemaak as n aansoek al van 1 Maart 2021 lê by Provinsiaal in Belville?

Sent from my SM-N970F using Tapatalk
Provinsiaal is nie haastig nie, ek het my Sec 13 hernuwing by Bellville ingegee 2020/07/27 en hy het 204 werksdae geneem om te sê "completed" op 2021/05/06

Wag nou vir die kaartjie

Sent from my SM-G973F using Tapatalk

Adriaan Barkhuizen
facebook instagram youtube
User avatar
Bern
Newbie
Newbie
Posts: 41
Joined: Tue Mar 19, 2019 9:05 am

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by Bern »

Dumbluck wrote:
Bern wrote:Hoe gemaak as n aansoek al van 1 Maart 2021 lê by Provinsiaal in Belville?

Sent from my SM-N970F using Tapatalk
Provinsiaal is nie haastig nie, ek het my Sec 13 hernuwing by Bellville ingegee 2020/07/27 en hy het 204 werksdae geneem om te sê "completed" op 2021/05/06

Wag nou vir die kaartjie

Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Dis ontstellende nuus..myne is n nuwr aansoek wat nog die cfr berg ook moet klim...Image

Sent from my SM-N970F using Tapatalk

Neels Louw
Full Member
Full Member
Posts: 147
Joined: Wed May 21, 2014 7:29 pm

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by Neels Louw »

Ek het ook 2 weke terug n nuwe aansoek ingegee. Is daar n App waarmee jy jou aansoek se vordering kan volg?
.308 Howa 1500
.243 Howa 1500
.243 Remington VTR
Glock 17 Gen 3
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8011
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by Arnold »

122 dae vir my laaste een tot goedkeuring. Nou is dit wag vir die kaartjie
User avatar
HeinSavage
Full Member
Full Member
Posts: 118
Joined: Thu Jul 10, 2014 4:13 pm

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by HeinSavage »

160 dae..... Is nou al moeg opgelees oor 7-08 se ladings en dinge! Tyd om te speel! Enige goeie nuus oor die druk van die kaartjies? As ek hierbo kyk gebeur dinge darem so met tye...
.22-250 Rem - Savage Mod 12 LPV
7mm-08 Rem Custom
.375 H&H Mag - Win mod 70 pre-'64
450 400 3" Dubbel
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2128
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by Malan123 »

Kaartjies word redelik vinnig gedruk. Vat wel tussen 6 en 12 weke op die stadium om jou DFO te bereik...
User avatar
Hennie van der Merwe
Full Member
Full Member
Posts: 245
Joined: Thu May 31, 2012 10:25 am

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by Hennie van der Merwe »

Het vandag my kaartjie by Brooklyn DFO gaan optel - 51 dae nadat my lisensie goedgekeur is.
Last edited by Hennie van der Merwe on Fri Jun 04, 2021 8:30 am, edited 1 time in total.
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2173
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by Johan Nel »

Ekself het vandag my kaartjie vir my 6.5 X 55 by ons DFO kantore in Nelspruit gaan afhaal.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
Francoisv
Hero Member
Hero Member
Posts: 1615
Joined: Wed Jan 01, 2014 10:39 pm

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by Francoisv »

Ek moet 'n maand voor tyd afspraak maak om aansoek te doen hier.. Kan eers 23e indien. Ai tog.

2 daughters. Plenty guns.

Francois Vogel
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by ruaanb »

6 weke by Durbanville Francois
jayzet
Full Member
Full Member
Posts: 177
Joined: Wed Apr 11, 2018 11:37 am

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by jayzet »

Johan Nel wrote:Ekself het vandag my kaartjie vir my 6.5 X 55 by ons DFO kantore in Nelspruit gaan afhaal.
Geluk, vertel bietjie meer oor die 6.5x55

Sent from my CPH2067 using Tapatalk

User avatar
Haasvel
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 295
Joined: Wed Mar 29, 2017 8:18 pm

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by Haasvel »

Johan Nel wrote:Ekself het vandag my kaartjie vir my 6.5 X 55 by ons DFO kantore in Nelspruit gaan afhaal.
Hi Johan het hulle jou laatweet dat jy die kaartjie kan gaan optel?

Sent from my SM-G980F using Tapatalk


Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2173
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by Johan Nel »

jayzet wrote: Sun Jun 06, 2021 3:23 pm
Johan Nel wrote:Ekself het vandag my kaartjie vir my 6.5 X 55 by ons DFO kantore in Nelspruit gaan afhaal.
Geluk, vertel bietjie meer oor die 6.5x55

Sent from my CPH2067 using Tapatalk
Dis 'n Sweedse Mauser '96 aksie met 'n 22 dium loop met sintetiese (tupper) kolf.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2173
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by Johan Nel »

Haasvel wrote: Sun Jun 06, 2021 9:30 pm
Johan Nel wrote:Ekself het vandag my kaartjie vir my 6.5 X 55 by ons DFO kantore in Nelspruit gaan afhaal.
Hi Johan het hulle jou laatweet dat jy die kaartjie kan gaan optel?

Sent from my SM-G980F using Tapatalk
Nee, ek het die kans gevat en gaan navraag doen by die DFO. Dit was reeds meer as ses weke sedert die lisiensie goedgekeur was. Met die lisensie vir my .303 en hernuwing van my bevoegdheid was dit dieselfde. Geen vooraf sms of kennisgewing. Met navraag was dit wel by die DFO
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
Lapua
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 485
Joined: Wed May 03, 2017 7:26 am

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by Lapua »

Het vandag darrem my 6.5x55 se kaartjie gekry. Gaan sy loop krom skiet die naweek.😁
jayzet
Full Member
Full Member
Posts: 177
Joined: Wed Apr 11, 2018 11:37 am

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by jayzet »

Dink die DFO's bel of SMS meer nie. Het self net opgedaag vir my 9 mm so 3 maande terug en weer so 6 weke terug vir my .22.
Dink mens moet maar net onwillekeurig daar Gaan draai

Sent from my CPH2067 using Tapatalk

J le Roux
Hero Member
Hero Member
Posts: 1113
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by J le Roux »

My 30-06 Musgrave Mod80 self gemotiveer en aansoek ingedien by Polokwane DFO 24 Maart 2021. Received at CFR and in process 14/04, in preparation for consideration 01/06, 07/06 for consideration, licence approved 08/06. 10 weke!

Nou net duim vashou kaartjie kom ook in rekord-tyd.

Groete, met 'n smile.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2956
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by Lategan1 »

Mooi man Johan. Nuwe rekord. Solank hulle ons net nie bly maak voordat die nuwe wet ons klap nie. O0

Indien privaat aankoop:
Gee so week, gaan na DFO en vra hom/haar mooi vir lisensie drukstuk en gaan haal jou wapen!

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 959
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by OosKaapJagter »

Na 'n besige dag by die werk sien ek vanaand 'n SMS dat my artikel 16 kaartjie vir 'n CZ-75 afgehaal kan word. Die aansoek (ook self gemotiveer) is einde November ingehandig. Tussen toe en nou het ek niks gehoor nie.

Nou net duim vashou dat rede sal seëvier wat die beoogde wetswysiging betref!
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2128
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by Malan123 »

Ek wag nou nog vir my kaartjie en my DFO se dis nie sy skuld nie. Hy is te besig om provinsiaal toe te ry om kaartjies te gaan optel...
Post Reply