Hallo manne,
Dis tyd dat die klein man begin saam gaan skiet baan toe. So hy moet nou oor mowwe kry.
Ek dink dit gaan beter wees as hy n elektroniese paar het sodat hy alles kan hoor, ek is bang hy haal die mowwe kort kort af as hy nie kan hoor nie.
Is daar iemand wat ondervinding daarmee het wat kan advies gee?
Die goed lyk maar skaars en al wat ek sover kon opspoor is Cadwell sin by Safari, teen n stywe prys.
Weet julle dalk van iets anders wat meer bekostigbaar is of dalk n tweede handse stel wat nie meer gebruik word nie?
Groete
Thysie
Sent from my iPhone using Tapatalk
Elektroniese oor beskerming kind
-
Kaalvoetthysie
- Sr. Member

- Posts: 253
- Joined: Sat Nov 04, 2017 12:13 pm
- WicusdP
- Sr. Member

- Posts: 389
- Joined: Tue Jul 12, 2016 8:50 pm
Re: Elektroniese oor beskerming kind
Ek is onlangs deur die proses. My mannetjie skiet nou al so 3 jaar saam met my veldskiet kompetisies.
1. Ons het begin met elektroniess oormowwe (Walkers Razor). Hulle sit gemaklik en werk goed.
2. Die probleem is dat die kinders se gesigte korter is as ons. Dus druk die oormowwe soms teen die kolf wat hulle irriteer, en die seel tussen oormowwe en gesig word gebreek.
3. Meer en meer skietkomps vereis skietbrille wat ook soms irriteer en pla saam met die oormowwe, en ook weer kan die seel gebreek word wat kan veroorsaak dat oormowwe nie so effektief is nie.
4. As jy by oormowwe wil bly, probeer Peltor. Hulle is korter en kans vir pla teen kolf met die kids is minder.
5. Ons het toe besoek afgelê by oorinstituut in Bellville. Hulle maak mold van jou oor en maak dan plugs met ‘n filter gebaseer op jou sport. Hulle toets san ook deur kind in “testing booth” te sit. Ons het die “passiewe” opsie gekies. Ek was bang dat my mannetjie my nie lekker gaan hoor nie, maar ons het getoets by die Joubertina Veldskiet en hy kon al my instruksies mooi hoor. Dit is ook lekker as jy wye rand hoed wil dra vir daai lang dae in die son by skietkomps. Ons het daar met ‘n pediatriese oudioloog gewerk wat fanaties is oor die kids se gehoor. Kan haar naam en nr vir jou stuur as jy in die kaap omgewing is.
6. Ek het ook nou so passiewe stel en ek raak al hoe meer gemaklik met hulle.
7. Die ultimate is seker die Peltor elektroniese plugs.....maar hulle prys ongeveer R10,000. Dit is baie geld, maar dit is min as jy dit deel per jaar en per skietkomp.

22-250 Musgrave
6 XC Krieger/Savage
243 Howa
300WSM Tikka Super Varmint
22-250 Weatherby Varmint
6.5 Creed Tikka
6 XC Krieger/Savage
243 Howa
300WSM Tikka Super Varmint
22-250 Weatherby Varmint
6.5 Creed Tikka
- WicusdP
- Sr. Member

- Posts: 389
- Joined: Tue Jul 12, 2016 8:50 pm
Re: Elektroniese oor beskerming kind
Ek het ‘n mater met drie kinders wat saam met ons skiet. Sy ervaring van die oormowwe is dieselfde, en hulle het ook nou die passiewe oorplugs roete gegaan.
Die pediater het egter gewaarsku teen cheap oorsponsie plugs.
Die pediater het egter gewaarsku teen cheap oorsponsie plugs.
22-250 Musgrave
6 XC Krieger/Savage
243 Howa
300WSM Tikka Super Varmint
22-250 Weatherby Varmint
6.5 Creed Tikka
6 XC Krieger/Savage
243 Howa
300WSM Tikka Super Varmint
22-250 Weatherby Varmint
6.5 Creed Tikka
-
Maroelas
- Sr. Member

- Posts: 286
- Joined: Fri Apr 18, 2014 3:41 pm
Re: Elektroniese oor beskerming kind
Hoe lank hou daai passiewe moulded plugs vir kinders wat nog groei? My dogters is nou 7 en 8 en ek wil nie elke 2de jaar 'n nuwe stel moet koop nie.
-
Kaalvoetthysie
- Sr. Member

- Posts: 253
- Joined: Sat Nov 04, 2017 12:13 pm
Re: Elektroniese oor beskerming kind
Dankie manne, ek sal hoor of daar dalk n plek in Bethlehem is wat dit doen. Hy is nou amper 4 en die idee is dat hy nou begin saam gaan en darem gewoond raak aan die goed, dink hy is amper reg om met die windbuks te begin skiet, die ore was maar nog min tot nou toe...
Wat het so n stel plugs jou gekos?
Sal n stel gewone “groot mens” mowwe die ding doen vir nou terwyl hy nie skiet nie? My gat jeuk vir n stel elektroniese mowwe

Sent from my iPhone using Tapatalk
Wat het so n stel plugs jou gekos?
Sal n stel gewone “groot mens” mowwe die ding doen vir nou terwyl hy nie skiet nie? My gat jeuk vir n stel elektroniese mowwe

Sent from my iPhone using Tapatalk
- Gian_dP
- Hero Member

- Posts: 1618
- Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm
Re: Elektroniese oor beskerming kind
Kind van 4 mag dalk effens jonk wees vir passive pluisies, om "mould" te maak en om mooi te pas elke keer.
Paar elektroniewe mowwe sal goed werk vir wanneer hy nie skiet nie.
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Paar elektroniewe mowwe sal goed werk vir wanneer hy nie skiet nie.
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
- Stephan86
- Hero Member

- Posts: 553
- Joined: Thu Feb 26, 2015 10:00 am
Re: Elektroniese oor beskerming kind
Ons het die vir ons meisieking gekry, dit is nou nie elektronies nie, maar dit is spesiaal vir kinders gebou https://www.babybanz.co.za/product-cate ... /ear-wear/
.22 LR Webley & Scott Xocet
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X