Die plek behoort aan 'n goeie maat van my en is dit die 2de seisoen wat ons soontoe gaan.
In ons groep kon ons 2x njalas, 3x rooibokke en 2x blesbokke skiet.
Ekself het die 2 blesbokke geskiet. Seker maar my bloed wat nou heel oranje is van in die Vrystaat bly...
Meer oor die plaas:
Dis so 400ha met 'n teerpad wat tot naby die hek loop en is slegs 'n uur Noord vanaf Pretoria.
Daar is 6x baie goeie skuilings op die een helfde met toegangsroetes so beplan dat jy op- en afgelaai kan word sonder om die ander skuilings te versteur. Die ander helfde is gereserveer vir stap en bekruip.
Daar word slegs met boogjag toerusting gejag op die plaas.
Pryse is uiters billik vir iewers so na aan die stad.
Spesies:
Rooibok
Blesbok
Vlakvark
Koedoe
Njala
Swartwitpens
Eland
Die kamp is 'n son- en gas belig en verhitte tentekamp met alles wat nodig is om baie gerieflik te kamp.
Daar is 3x tente met 2x enkelbeddens en 3x enkel tente met stretchers.
Die enkelbed tente het beddegeoed en handdoeke. Die enkel tente se bewoners moet eie beddegoed en handdoeke bring.
Daar is genoeg breekgoed en eetgerei met 'n 2 plaat gas stoof sowel as 'n groot gas plaat.
Die braai area het genoeg roosters en hout.
Verkoeling van kos is vanaf 'n groot kamp vries- en yskas.
3km van die hek af is 'n kafee vir ys en drank.
Info:
Instagram @ourfairgame
Eienaar: Hanno van Schoor 083 321 6747
Hier is my een blesbok video. Ek sal die ander een opsit sodra ek my kamera kry wat ek in 'n skuiling vergeet het.
https://youtu.be/hQFHhK01B5c
En so paar fotos:












