Hulp met geweer wat skielik nie meer groepeer nie
-
264 Win Mag
- Full Member

- Posts: 226
- Joined: Wed Jun 15, 2016 11:02 pm
Hulp met geweer wat skielik nie meer groepeer nie
Julle manne wat weet gee asb raad. Ek het 'n geweer wat 970 rondtes deur die loop het. Die geweer het nou die dag nog 1/4 MOA op 'n 100 meter soos klokslag groepeer. Ek het so paar weke terug op die baan agtergekom hy skiet ernstig bont. Ek het toe die silencer afgehaal en die ou het weer solied gegroepeer. Ek het 'n nuwe silencer opgesit en gister weer gaan skiet, toe groepeer hy vertikale stringe. Silencer afgehaal 2 skote deur een gat en toe 'n ernstige flyer, en van toe af net slegter. My TPL, lading, lot kruit alles is dieselfde ek het niks verander nie. Gekyk rail en scope is mooi vas aksie skroewe voel reg. Ek het S341 van die begin geskiet 38 grein TPL68mm en 140 grein custom competitions. Ek het lank gesukkel om 'n lading met 341 te kry maar die lading wat ek skiet is 2630 fps en hy wou met geen ander TPL as 68mm werk nie het alles probeer. Die lading en spoed is ver van warm af. Ek kan nie dink dat 'n loop so vinnig kan gaan nie. Ek is glad nie lus om weer lading ontwikkeling te doen en duur buitelandse kruite te koop nie.
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: Hulp met geweer wat skielik nie meer groepeer nie
Watter kalieber is dit en watter geweer? Eh het noudiedag gehoor howa het batch gewere met sagter as normale lope uitgestuur het, ek weet van een hier op die forum wie se loop 500 skote gehou het. nou nie appels en appels nie, maar my 300WM het 1200 skote gehou toe is dit klaar(rem). borescope kan help, dis dalk koolstof ring in nek.
- Smith223
- Sr. Member

- Posts: 348
- Joined: Tue May 01, 2018 6:39 pm
Re: Hulp met geweer wat skielik nie meer groepeer nie
Is dit nou die 6.5 wat jy wil ruil vir die 223264 Win Mag wrote: Wed Apr 28, 2021 11:33 am Julle manne wat weet gee asb raad. Ek het 'n geweer wat 970 rondtes deur die loop het. Die geweer het nou die dag nog 1/4 MOA op 'n 100 meter soos klokslag groepeer. Ek het so paar weke terug op die baan agtergekom hy skiet ernstig bont. Ek het toe die silencer afgehaal en die ou het weer solied gegroepeer. Ek het 'n nuwe silencer opgesit en gister weer gaan skiet, toe groepeer hy vertikale stringe. Silencer afgehaal 2 skote deur een gat en toe 'n ernstige flyer, en van toe af net slegter. My TPL, lading, lot kruit alles is dieselfde ek het niks verander nie. Gekyk rail en scope is mooi vas aksie skroewe voel reg. Ek het S341 van die begin geskiet 38 grein TPL68mm en 140 grein custom competitions. Ek het lank gesukkel om 'n lading met 341 te kry maar die lading wat ek skiet is 2630 fps en hy wou met geen ander TPL as 68mm werk nie het alles probeer. Die lading en spoed is ver van warm af. Ek kan nie dink dat 'n loop so vinnig kan gaan nie. Ek is glad nie lus om weer lading ontwikkeling te doen en duur buitelandse kruite te koop nie.
Die 6.5CR is nie baie overbore nie, maar kan dit nie moontlik ‘n koolstof ring in die loop wees nie?
Anschutz 22LR
Howa 223 Rem
BRNO 243 Win
Howa 6.5 CR
Tikka 7mm RSAUM
Howa 223 Rem
BRNO 243 Win
Howa 6.5 CR
Tikka 7mm RSAUM
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13619
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Hulp met geweer wat skielik nie meer groepeer nie
Na 900 skote gaan jy heel moontlik weer bq aan jou lading moet werk om hom weer te laat skiet. Ek weet van Creedmoors wat se lope al gegroet het net n rukkie na 970 skote maar soos die manne se begin om te kyk of jy nie dalk n carbon ring in die kamer het nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Malan123
- Hero Member

- Posts: 2130
- Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm
Re: Hulp met geweer wat skielik nie meer groepeer nie
Indien die roer so gevoellig was vir TPL sou ek daar ook begin karring het nadat jy koolstof ring uitgeskakel het. Jou lande gaan al bietjie weggebrand wees na 900 skote. Kyk ook na jou kroon indien jy die roer met jou silencer op gestoor het.
-
hierswolf
- Full Member

- Posts: 112
- Joined: Sun Apr 27, 2014 9:55 pm
Re: Hulp met geweer wat skielik nie meer groepeer nie
Kry jy nog 2630 FPS as jy hom nou skiet?
Ek sou ook gemaak het soos Malan voorstel en begin het met TPL. Probeer dalk 3 groepe, elk 0,003” langer.
n Vinnige kyk met die borescope sal ook vir jou kan se of daar n kwessie is met die loop.
Ek sou ook gemaak het soos Malan voorstel en begin het met TPL. Probeer dalk 3 groepe, elk 0,003” langer.
n Vinnige kyk met die borescope sal ook vir jou kan se of daar n kwessie is met die loop.
-
264 Win Mag
- Full Member

- Posts: 226
- Joined: Wed Jun 15, 2016 11:02 pm
Re: Hulp met geweer wat skielik nie meer groepeer nie
Dankie manne ek waardeer die advies, ek sal laat weet wat die uitslag is. Ek hoop regtig nie dis 'n Howa wat se loop in sy MO%R is na 900 skote nie. Die slegte ding is ek het nog 'n Howa 6.5 wat op pad is, hoop sy loop hou langer
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Hulp met geweer wat skielik nie meer groepeer nie
n Vriend van my se roer het dieselfde begin doen. Na n behoorlike skoon maak insluitend koper uithaal toe is ta weer reg.
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1878
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Hulp met geweer wat skielik nie meer groepeer nie
As dit 'n 264 Win Mag is, dan is die loop nou klaar.
Ander kalibers behoort darem langer te hou.
Koop, huur, leen, bedel of steel 'n "bore scope" en kyk wat daar binne aangaan. Keelerosie sal duidelik sigbaar wees. Koolstofringe, koperaanpaksel en ander afwykings in die loop ook. Kyk ook mooi na die toestand van die kroon.
Kyk ook of al die skroewe vas is en dat die teleskoop nog werk soos hy moet. Daar kan nog baie ander oorsake ook wees.
Ander kalibers behoort darem langer te hou.
Koop, huur, leen, bedel of steel 'n "bore scope" en kyk wat daar binne aangaan. Keelerosie sal duidelik sigbaar wees. Koolstofringe, koperaanpaksel en ander afwykings in die loop ook. Kyk ook mooi na die toestand van die kroon.
Kyk ook of al die skroewe vas is en dat die teleskoop nog werk soos hy moet. Daar kan nog baie ander oorsake ook wees.
-
264 Win Mag
- Full Member

- Posts: 226
- Joined: Wed Jun 15, 2016 11:02 pm
Re: Hulp met geweer wat skielik nie meer groepeer nie
Dankie manne ek vermoed dit was 'n koolstof ring, die geweer die naweek geskiet na ek die loop behoorlik behandel het vir koper aanpaksel en sonder die silencer geskiet. Eerste 5 skote was die groep seker so 3 MOA, daarna soos die loop bietjie vuiler geraak het het die groepe toegemaak. Laaste groep het ek net 2 rondtes oorgehad maar daai twee was amper een gat op 100 meter. Ek ou graag 'n 5 skoot groepering wou skiet maar ek het te min rondtes baan toe gevat. As ek weer baan toe gaan sal ek terugvoering gee