Bakkies
-
Freek
- Hero Member

- Posts: 1941
- Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am
Re: Bakkies
Fordazda is ook nie 'n sleg opsie nie, die goed is baie betroubaar. Mens tel die 2de handse 2.5 TD deesdae vir nie sleg pryse op nie. Die nuwe modelle is nou wel bietjie aan die swaar kant geprys.
Goeie terug voer gehad op die Scorpio van 'n paar bou kontrakteurs wat ek ken, hulle reken daai koelie Cruiser moet nie vlak gekyk word nie. Die een ou ry nou net met sy Mahindra rond en die aarbeiders dryf die Cruiser bakkie - hy reken die Mahindra laai swaar vrag en stamp minder, m.a.w sy rug en niere hou langer. As ek die sakie so uit kyk klink dit vir my tog of daar potensiaal in die Mahindra Scorpio steek.

SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Bakkies
Ja3
Dis nie mooi om 'n man wat al klaar swak is, verder die verderf in te lei nie. Die duiwel is listig! Ek sal daardie linkerhandse stuur oor die hoof sien, miskien skiet hy lekkerder oor die spie?l - een van Landy se tekortkominge opgelos. 'n Jakkals sal darem lekker ophang aan so 'n voertuig!
Ek wonder of ek op my sterfbed spyt sal kry as ek nou vir my die waarheid aanskaf? Hoekom moet ek wag tot ek oud en oor die muur is voor ek dit doen? 'n Man wil mos darem 'n paar jaar se genot van 'n ordentelike ryding h?........HOU OP!
Louis

Goeie dade oortref goeie woorde.
-
Ja3
- Sr. Member

- Posts: 431
- Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am
Re: Bakkies
Baas Louis
Die fotos wat ek geplaas het ek sommer van die net aftrek. Hierso is die ene vir ons burgers.

Hierdie masjien kom uit die gesoute Ford transit van. Let op die sesde rat my oom, vir die trippies see toe.
My oom, as oom gese?nd is, het die duiwel nie die s? nie, veral as oom dit kontant kan doen.
Jammer, ek maak dit nou nie makliker nie.
Iemand het eendag vir my ges?, die pak wat hulle jou mee aantrek in die kis, se sakke is toegewerk...
Ek hoop nou nie oom sien my as die duiwel aan nie..
Freek en JJ
Julle kan nog so bietjie dink en my opsies vir my makliker maak. Moet die Navara waai, of nie.

Ja3 ek het jou lankal vertel wat in my boeke sal werk, 'n man moet maar mooi gaan sit en dink wat vir jou sal werk. Elkeen het mos maar sy eie voorkeure en afkeure of hoe. Net nie te lank wonder nie want die jakkalasse teel vinnig aan... 
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
- Gernie
- Hero Member

- Posts: 771
- Joined: Tue Apr 07, 2009 4:24 pm
Re: Bakkies
Julle manne ken seker die een.....
Hoekom raak 'n man so opgewonde as hy 'n vrou in "leathers" sien?
Want die reuk laat dink hom aan 'n nuwe bakkie....

As daar nie lood in die lug is nie, kan die bokke nie val nie...
- Janjak
- Hero Member

- Posts: 529
- Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm
Re: Bakkies
Jadri, dis soos fireform -as dit werk.... ok ek wil nou weer nonsens praat.
Daai Navara is nie mee fout nie, die wit camo net nie so lekker nie tensy nou in die sneeu skiet... en hy kraak en piep minder as my suzu!!
Ek is n groot Isuzu aanhanger -ek vat bietjie langer om daa uit te kom maar hy suig-suig net so aan die diesel.
Ons plak daai Mahindra so toe van die camo hy sal dink hys iets anders.
Daai Navara is nie mee fout nie, die wit camo net nie so lekker nie tensy nou in die sneeu skiet... en hy kraak en piep minder as my suzu!!
Ek is n groot Isuzu aanhanger -ek vat bietjie langer om daa uit te kom maar hy suig-suig net so aan die diesel.
Ons plak daai Mahindra so toe van die camo hy sal dink hys iets anders.
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Bakkies
Ja3Ja3 wrote: Baas Louis...
...Ek hoop nou nie oom sien my as die duiwel aan nie...
Nee wat, vir die duiwel sal ek jou nie aansien nie, ek praat van daai onsigbare mannetjie agter my oor wat nie die wyk wil neem nie.
Laat kom daai foto's, want hoe meer ek sien hoe deurmekaarder raak ek en miskien gaan die lus so oor. Dit bly egter lekker om te droom en wie weet, miskien eendag, trek ek 'n vars nuwe jakkals-mobiel van die verkoopsvloer af! Intussen volg ek maar Oom Tekoeza se raad.
Groetnis
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
- JACQUES BOTHA
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
Re: Bakkies
MAHINDRA
OEPS OEPS OEPS WOEFIE POEFIE WIL EK SE, DALK IS DIE EEN WAT OP N PLAAS STAAN WAAR EK JAG NET N DUT GEWEES. MAAR HY TREK BY SY DERDE RATKAS, 2006 MODEL, 50000 KM OP DIE KLOK ,TWEEDE DIF...,MAAR EK MOET BIEG HY RY SAG IN DIE VELD....AS HY LOOP...EK WONNER OF DIE PLAASVOORMAN HOM NIE MAAR NET DEUR SY GAT GETREK HET NIE, EK HOOR HY WAS SO BIKI OORLAAI MET LUSERN EN MOES N SWAAR WA SLEEP....SO DALK HET EK HOM DAAR KOM KRY MET GEBRUIKER DAMAGE.....DAAI NUWE DIF SE PRYS IS SONDER ARBEIS R26000.00
SOOS FM SE MY 2C BYDRAE..

Shoot straight and tell the truth!
-
Ja3
- Sr. Member

- Posts: 431
- Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am
Re: Bakkies
Van die ouens ry die diesels dat die klink soos 'n boeing wat opstyg...
Daar was 'n paar hickups in die begin lyk my, veral op die Bolero.
Nietemin, het hom sopas bestel. Die 3jaar/100000km waarborg op die scorpio is
darem beter as die 2jaar/50000km op die bolero.
Ek sal maar 'n minderwaardige fototjie pos as hy gereed is.
Groete
Ja3
Daar was 'n paar hickups in die begin lyk my, veral op die Bolero.
Nietemin, het hom sopas bestel. Die 3jaar/100000km waarborg op die scorpio is
darem beter as die 2jaar/50000km op die bolero.
Ek sal maar 'n minderwaardige fototjie pos as hy gereed is.
Groete
Ja3
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Bakkies
Ja3Ja3 wrote: ...Nietemin, het hom sopas bestel...
Jy is nie 'n man wat net praat nie, maar kan uithaal en wys ook! Geluk. Al wat ek jou egter kan toewens is sterkte. Jy is 'n dapper man. Jammer jy het nie daardie swarte met die wit dak bestel nie? Dan sou jy my hero gewees het. Het gehoop jy sou my kon vertel hoe lekker hy jakkals jag. Sou daai nie 'n beter koop wees nie?
Nogmaals sterkte
Louis
Ns. Miskien moet jy jou skuilnaam nou na "Scorpio" verander? Dit val dan so lekker op die oor!
Goeie dade oortref goeie woorde.
-
Ja3
- Sr. Member

- Posts: 431
- Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am
Re: Bakkies
My oom
Dankie vir die nuwe skuilnaam!
Ek wou nie oom meer in die versoeking bring nie, toe vat ek maar die koeliekruiser. 
Daai's ook 'n lekker trok oom. Gaan loer gerus na een. Oom sal nie spyt wees nie. My oogklappe het afgekom met die tyd wat ek met hom te doen gehad het.
Hierdie "arm man cruiser" gaan nog 'n hap uit die mark vat. Merk my woorde.
Om dit op te som, het ek gedink die 130 vir die doel wat ek hom wil voor aanwend gaan onnodig wees.
Die sakrekenaar praat so:
Mahindra Scorpio Pik-up 4x2 (Limited slip diff) R 150,000 (genoeg plek agter sitplek vir geweer ook!)
Land Rover Defender 130 4x4 DK R 390,000 (doelgeboude 4x4 wat ons Beyerse in die Suid Kaap gebruik om plaasimplemete mee rond te sleep)
Ek gaan nou nie uiteenlopend raak met my besluit nie, maar daai scorpio gaan als net so goed doen waarvoor ek hom wil gebruik, en hy ry boonop relatief sag.
Het al 'n hele paar keer gejag (bokke) met 'n Mahindra 4x2 (vriend), en het my nog nooit teleur gestel nie. Almal val maar vas in 'n erdvarkgat so af en toe..
Ek het al gewonder oor die "moes ek nie maar...." beginsel, maar die teenoorgestelde kan ook weer gebeur. "Kon ek nie maar reggekom het met R240k minder nie?", en nog meer laaiplek
geniet op die scorpio se 1700kubieke duim bak nie?
Die 130 is steeds baas oom, met veeldoeligheid by. Ek kan vir oom een kry (enigste nuwe groen 130 in die land) met nog R30k afslag.
Scorpio

Louis102 wrote:
Ns. Miskien moet jy jou skuilnaam nou na "Scorpio" verander? Dit val dan so lekker op die oor!
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Bakkies
Oom ScorpioJa3 wrote: ...Die 130 is steeds baas oom, met veeldoeligheid by. Ek kan vir oom een kry...
Dankie vir die aanbod, maar ek wonder of my bont Mazda-jakkalsmobiel nie maar eers nog 'n paar kilo's moet opsit nie. Sy trek darem nog in al vier wiele en bring my darem nog elke aand huis toe - meer as wat een of twee van my Mahindra vriende kan s?. Sal in die tussentyd loop loer as ek weer in die groot dorp kom - maar dit sal groot oorreed kos. Dink jy dit sal werk as daar twee Scorpio's op een jakkals forum is?
Laat weet hoe dit gaan.
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
-
Ja3
- Sr. Member

- Posts: 431
- Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am
Re: Bakkies
Scorpio 1, dis Scorpio 2 
Sal laat weet hoe dit gaan.
Ja3
Sal laat weet hoe dit gaan.
Ja3
Last edited by Ja3 on Tue Jul 28, 2009 7:49 am, edited 1 time in total.
- JACQUES BOTHA
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
Re: Bakkies
J3
DAAR IS N BAIE GOEIE VERKOOPSMAN IEWERS IN DIE LAND, EN HY HET JOU GOED INGELIG....
EK KAN JOU DADELIK 5 NAME GEE VAN MAHINDRA MANNE WAT EK KEN WAT SPYT IS HULLE HET HOM GEKOOP.
EK VAT SO 2 WEKE TERUG EEN IN VIR N STARTER.... R2451.04...
MET SY TERUGTOG PLAAS TOE PAK DIE DIF OP....NUWE DIF BY MAHINDRA R28000
HY WORD GETREK BY DIE NAASTE PLAASBOER...MELKBOER....DAAR STAAN N NUWE 2008 MODEL ....DIE OU DEEL MY MEE HY IS BITTER SPYT HY HET HOM GEKOOP...
MAAR...EK KAN NIE BEVESTIG OF 'DENY' DAT DAAR WEL MISBRUIK BETROKKE IS ...OF WAS NIE...
EK GLO NOGSTEEDS N BAKKIE KYK NET SO GOED NA JOU SOS JY NA HOM.....
STERKTE MET JOU NUWE LORRIE MAN EK HOOP EN BID JY SAL MYLE EN MYLE SE PLESIER UIT HOM UIT KRY.....
DAAR IS N BAIE GOEIE VERKOOPSMAN IEWERS IN DIE LAND, EN HY HET JOU GOED INGELIG....
EK KAN JOU DADELIK 5 NAME GEE VAN MAHINDRA MANNE WAT EK KEN WAT SPYT IS HULLE HET HOM GEKOOP.
EK VAT SO 2 WEKE TERUG EEN IN VIR N STARTER.... R2451.04...
MET SY TERUGTOG PLAAS TOE PAK DIE DIF OP....NUWE DIF BY MAHINDRA R28000
HY WORD GETREK BY DIE NAASTE PLAASBOER...MELKBOER....DAAR STAAN N NUWE 2008 MODEL ....DIE OU DEEL MY MEE HY IS BITTER SPYT HY HET HOM GEKOOP...
MAAR...EK KAN NIE BEVESTIG OF 'DENY' DAT DAAR WEL MISBRUIK BETROKKE IS ...OF WAS NIE...
EK GLO NOGSTEEDS N BAKKIE KYK NET SO GOED NA JOU SOS JY NA HOM.....
STERKTE MET JOU NUWE LORRIE MAN EK HOOP EN BID JY SAL MYLE EN MYLE SE PLESIER UIT HOM UIT KRY.....
Shoot straight and tell the truth!
-
Freek
- Hero Member

- Posts: 1941
- Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am
Re: Bakkies
Scorpio 1 en 2 dis scorpio 3 hier... Ek kyk ook nou na een, my bank bestuurder hou aan ek moet nie nou koop nie hulle kleur is nog nie reg nie - nou wag ek net vir die regte kleur.

SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
-
Ja3
- Sr. Member

- Posts: 431
- Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am
Re: Bakkies
Jacques
Ek weet van die starter en die katalisator wat lol bietjie later, en sal my oor op die grond hou...
"EK GLO NOGSTEEDS N BAKKIE KYK NET SO GOED NA JOU SOOS JY NA HOM....."
Baie waar, maar sommige bakkies is definitief meer vergewensgesind. Daar's 'n prys om te
betaal vir verkeerde rygewoontes en eienaarskap.
Sal egter nie huiwer om te laat weet indien ek spyt is nie.
Baie groete
Ja3
Ek weet van die starter en die katalisator wat lol bietjie later, en sal my oor op die grond hou...
"EK GLO NOGSTEEDS N BAKKIE KYK NET SO GOED NA JOU SOOS JY NA HOM....."
Baie waar, maar sommige bakkies is definitief meer vergewensgesind. Daar's 'n prys om te
betaal vir verkeerde rygewoontes en eienaarskap.
Sal egter nie huiwer om te laat weet indien ek spyt is nie.
Baie groete
Ja3
- JACQUES BOTHA
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
Re: Bakkies
DIE NISSAN MANNE HIER IN BLOEM KOM SKIET N PAAR BOKKE EN BRING HULLE BANKMAN SAAM...
DIE MAN VAN DIE BANK BEWEER HULLE FINANSIER GEEN NUWE MAHINDRA MEER NIE...
IS DIT WAAR OF NIE?
DIE MAN VAN DIE BANK BEWEER HULLE FINANSIER GEEN NUWE MAHINDRA MEER NIE...
IS DIT WAAR OF NIE?
Shoot straight and tell the truth!
-
Freek
- Hero Member

- Posts: 1941
- Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am
-
Ja3
- Sr. Member

- Posts: 431
- Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am
Re: Bakkies
Jacques
Ek gaan bietjie uitvind oor daai een...
Klink na 'n sappige jagstorie. Miskien wou hy die Nissan Manne (ek het self een)
bietjie sensasie gee.

JACQUES wrote: DIE NISSAN MANNE HIER IN BLOEM KOM SKIET N PAAR BOKKE EN BRING HULLE BANKMAN SAAM...
DIE MAN VAN DIE BANK BEWEER HULLE FINANSIER GEEN NUWE MAHINDRA MEER NIE...
IS DIT WAAR OF NIE?
- Caller
- Sr. Member

- Posts: 449
- Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm
Re: Bakkies
Almal
Ry die afgelope jaar en 'n half met Nissan Hardbody (3.0 16VTD) en is aangenaam verras. Ry nou wel nie so lekker soos my ander twee Skasuze (ISUZU) nie, maar het agtergekom dat hy 'n betroubare dierasie is met 'n stewige onderstel.
Wat se julle van die NAVARA wat nou die afgelope 5 (ja vyf) veldwetrenne gewen het. Jammer hy is so bietjie duur en dors.
Caller

Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
- Freddie101
- Hero Member

- Posts: 1385
- Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am
Re: Bakkies
caller
daai veldrenvoertuie is net die dop wat soos n nissan lyk. Daaronder is niks wat dieselfde as n kommersiele voertuig is nie. So vir my beteken daai wenne niks. Hulle spandeer miljoene op daai voetuie.
Freddie

yol bolsun
- Caller
- Sr. Member

- Posts: 449
- Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm
Re: Bakkies
Freddie
Jy is reg oor die miljoene wat hulle spandeer op die wedrenne. En ja, ek weet nie veel van wat agter die skerms aangaan met sulke renne nie.
Caller
Jy is reg oor die miljoene wat hulle spandeer op die wedrenne. En ja, ek weet nie veel van wat agter die skerms aangaan met sulke renne nie.
Caller
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
-
Freek
- Hero Member

- Posts: 1941
- Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am
Re: Bakkies
Daai Navara is 'n baie mooi voertuig ek sal te jammer wees om met so 'n fancy voertuig in die veld deur erdvark gate agter jakkalse aan te ry. Daarom eerder die Scorpio, hy is relatief goed koop en is gebou om te werk nie om te "brag" nie...
Ek is bereid om te erken as ek hom die dag koop en hy wel 'n teleur stelling uit draai, maar ek twyfel het nou al met hin hele paar mense wat met die voertuie werk in aanraking gekom en nie een het iets swak geuiter oor die Scorpio nie. Van die manne het nou al tot in 'n 2de en 3de Scorpio bele.
Ek is bereid om te erken as ek hom die dag koop en hy wel 'n teleur stelling uit draai, maar ek twyfel het nou al met hin hele paar mense wat met die voertuie werk in aanraking gekom en nie een het iets swak geuiter oor die Scorpio nie. Van die manne het nou al tot in 'n 2de en 3de Scorpio bele.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
- JACQUES BOTHA
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
Re: Bakkies
EK BEL TOE DAAI BANK MAN EN VRA HOM OF EK MAAR SY NAAM KAN NOEM EN AANHAAL WAT HY GESE HET.....TOE VERANDER SY DEUNTJIE DRASTIES,,, HY NOEM TOE DAT SOMMIGE BANKE WIL NIE GRAAG FINANSIER NIE, MAAR HULLE DOEN WEL....TOE SKAKEL EK N BEKENDE AFSLAER WAT EK WEET SY PA HET N MIHANDRA GEKOOP...
HY SE TOE SY PA HET NOU 3 MAHINDRA'S EN NOG GEEN PROBLEME VAN EEN DAG GEHAD NIE....EK HAAL HOM AAN DAT IN DELE VAN DIE KALAHARI IS DIT NOU TANS DIE TOP VOERTUIG OM TE BESIT........
SO SCORPIO 1 TOT 499 LYK MY JULLE KOOP NIE N TE SLEGTE KOOP NIE????????????????
HY SE TOE SY PA HET NOU 3 MAHINDRA'S EN NOG GEEN PROBLEME VAN EEN DAG GEHAD NIE....EK HAAL HOM AAN DAT IN DELE VAN DIE KALAHARI IS DIT NOU TANS DIE TOP VOERTUIG OM TE BESIT........
SO SCORPIO 1 TOT 499 LYK MY JULLE KOOP NIE N TE SLEGTE KOOP NIE????????????????
Shoot straight and tell the truth!
-
Freek
- Hero Member

- Posts: 1941
- Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am
Re: Bakkies
Ou Jakes as 'n mens hom nie probeer nie sal jy seker ook nooit regtig weet nie... Die enigste manier om uit te vind is om met daai lorrie te werk. Ek dink die terug voer wat mens van die huidige Scorpio eienaars af kry kan wel 'n goeie aanduiding wees van wat om te verwag. 'n Verkoops persoon kan baie maklik enige twak kwytraak net om 'n "deal" te probeer beklink.
Laat ons hom ry en kyk wat maak hy - as hy werk, big deal goeie waarde vir geld. As hy nie werk nie, tough kookies dan raak mens so gou moontlik van hom ontslae en Mahindra sien ons nooit weer nie...