Bakkiegeweer: wat kan/mag/moet (nie)?
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1875
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Bakkiegeweer: wat kan/mag/moet (nie)?
As kostes nie 'n kwessie is nie, kan mens na al die eksotiese gewere en kalibers kyk. As dit my eie projek was, sou ek nie baie wou spandeer nie, hoofsaaklik omdat so 'n geweer 'n harde lewe gaan ly en baie stampe en skrape gaan optel. Ek het dus 'n paar voorstelle:
303. Verkieslik 'n No4 met die gaatjiesvisier. Ek sou die lang-afstand opklapvisier afsny en net die "ghost ring" op hou. Sny loop af op 16" en sit demper op. Skuif voorste visier terug tot net agter skroefdraad. Oop visiere is dalk nie noodsaaklik nie, maar goed vir "backup". Ek sou die kolf vervang met 'n sintetiese ene wat se kam hoër is vir maklike gebruik met optiese visiere. Kyk na 'n 4x32 teleskoop in stewige staal monterings, of 'n rooikol visier met klein (2MOA ?) kolletjie. So 'n rooikol kan maklik voor die aksie op die loop gemonteer word. 'n 16" loop behoort omtrent 2300fps te gee met 174 - 180 gn fabrieksammunisie. Dit is 'n baie goeie spoed vir konvensionele koper-lood koeëls, wat uitstekende penetrasie en goeie gewigsbehoud gaan gee.
Ek hou glad nie van die voukolwe nie. Die goed is ongerieflik, gee swak (geen) ondersteuning aan my wang en maak my seer. Nee wat, hou verby.
308. 'n Isrealiese Mauser is 'n goeie kandidaat vir die tipe toepassing. Selfde opstelling as die 303. Trompspoed met 180gn fabriekspatrone gaan ook in die omgewing van 2300 fps wees. Dit behoort goed te werk op enige koedoebul.
Mens kan ook kyk na 'n nuwe Howa. Hou by die Hogue plastiek-kolf met sy rubberlagie. Ek sou 'n ombouing doen op die magasyn en vloerplaat om 'n staal 10-skoot magasyn te akkomodeer. (Die 303 het dit klaar ingebou.) Bietjie duurder, maar heelwat beter praktiese akkuraatheids-potensiaal. Die baie vinniger slotspoed ("lock time") help ook.
Oor die algemeen is kalibers soos die 303 en 308 besonders effektief met 16" lope. Kyk maar na die looplengtes op die AR10- tipe gewere. Akkuraatheid ly ook nie, sommiges beweer die gewere word akkurater met die korter lope.
Redelik onlangs het die winkels Marlin 30-30 gewere met die groot hefboomring en groen kolwe verkoop. Hierdie sal ook 'n skaflike bakkiegeweer maak, as die koste nie 'n faktor is nie.
Oorweeg die vorentoe-gemonteerde "scout scope" ook ernstig. Dit mag ekstra kos vir die teleskoop en montering, maar die saak het meriete.

Ds J
- Hero Member

- Posts: 2148
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Bakkiegeweer: wat kan/mag/moet (nie)?
Alwin, ek het al vantevore baie ernstig na n 243 AI gekyk, spesifiek een met n lang keel. "Sommer net" was regtig rede genoeg, maar eintlik hou ek van die veelsydigheid van die kaliber. n Mens kan hom laf vinnig laat loop, óf lekker stadig met laaaang koeëls. Die enigste nadeel is dat n swaarder koeël met meer slaankrag en doodmaakvermoë baie beter in my situasie sal werk.
Jy is ook 100% in die kol - ek wil nie spandeer nie, juis omdat die roer gaan stamp en skaaf op ons grondpaaie. My gedagte het gegaan in die rigting van n SMLE 303, dan kan ek die houtbekleedsel verkort om nog steeds die hele loop ens te bedek. Ek sal egter begin snuffel vir n Israeli-Mauser, of iets soortgelyks.

Carlc
- Sr. Member

- Posts: 271
- Joined: Tue Nov 15, 2016 7:40 am
Re: Bakkiegeweer: wat kan/mag/moet (nie)?
Ek het self so isreali mauser gehad en alhoewel hulle in grootmaat die land ingebring was sien jy hulle selde te koop. Elk geval nie vir baie goedkoop nie. Ek moet met van die manne saamstem en ook sè koop liewer n nuwe howa 223 of 6.5 grendel. Ek besit n 6.5 grendel ook en met sy tupperware kolf gaan hy n baie lekker bakkie geweer maak. Daar is ook genoeg premium en varmint punte te koop vir diè kaliber wat hom baie geskik vir die taak sal maak binne die afstande wat genoem is. Voorspoed met die besluit. Dis n lekker projek.
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7557
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Bakkiegeweer: wat kan/mag/moet (nie)?
Cappie sit presies met daai setup, behalwe dat my spoed 3470ft/sek is.Capt. Oblivious wrote: Mon May 03, 2021 2:06 pm Dink hoe lekker sal 20" 243AI met n 70gr Ballistic tip teen 3300fps werk, net mik en druk
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2148
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Bakkiegeweer: wat kan/mag/moet (nie)?
My gedagtes loop op hierdie lyne. Ek het vanoggend by n vriend gehoor dat hy n P14 in kosmolien vir R1000 gekoop het 

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- JohanvanZyl
- Full Member

- Posts: 234
- Joined: Thu Sep 19, 2013 10:42 am
Re: Bakkiegeweer: wat kan/mag/moet (nie)?
Daar was hele ruk gelede 'n man hier op die forum wat 'n 308 se loop kort kort gemaak het en 'n silencer op het. As ek reg onthou was dit 'n howa met 12 loop met 'n boyds kolf en silent hunter reflex. Wat my verbaas het was die spoed wat hy steeds gekry het en ook akkuraatheid. Ek het ook gedink dit kan nou n lekker bakkiegeweer wees
Johan
Howa 30-06
Oberndorf Mauser .22
Howa 30-06
Oberndorf Mauser .22
-
HeinM
- Sr. Member

- Posts: 497
- Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm
Re: Bakkiegeweer: wat kan/mag/moet (nie)?
Ek sou eerder die 243 pad stap vir 'n bakkiegeweer. Jy gaan haat wat ek nou sê, maar 'n Enfield is op sy beste 'n can of worms... Die punte het ook skaars begin raak...
Mooi naweek!
Mooi naweek!
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2148
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Bakkiegeweer: wat kan/mag/moet (nie)?
Goeiedag Jaracal, tyd vir terugvoer
Terwyl ek wag vir die pragtige wit kaartjie vir n 1915-SMLE (Baie dankie aan die vriendelike oom in die Kaap!) kan ek solank voorbereiding doen.
Hier is n voorlopige skets: Die keuse is vir n bullpup, want hy is kompak en behou nogtans n byna vollengte loop. Ek beplan vir n totale lengte van ongeveer 97cm, en dit sluit n 20cm knaldemper in.
Aangesien die roer voor in die bakkie moet werk, wil ek n pistoolgreep vermy - hy kan haak. Dit is ook die rede vir die gladder lyne van die kolf.
Ek worstel nog met die korrel-sake. n Ligte scout-tipe teleskoop kan handig te pas kom, maar sou n RDS nie beter werk nie? Oop visier of "ghost ring" sou baie goed werk, maar dan is daar n haakplek aan die voorkant by die korrel.
Die sneller is natuurlik n lekker toffie. Die LE aksie het n swaar sneller, selfs al word hy goed gepoleer. Gevolglik het ek oorweeg om die snellervurk se een been te verleng en daarmee die hefboom te vergroot. Dit is duidelik op die skets.
In die VSA maak S&K Scope Mounts ( http://www.scopemounts.com/index.html?instaprice.html) n basis met 25mm ringe wat op die visier se voetstuk monteer. Dit is natuurlik n baie aanloklike gedagte!
Ek het n stuk moerbeihout wat die kolf moet word, en daar bestaan gedagtes en patente om die slot se knop met n armpie te verleng om nader aan die skut se snellerhand te wees.
Laastens oorweeg ek baie ernstig om n deeglike wangstuk op te sit wat as gesigsbeskermer kan dien indien die ou roer besluit om te kaboem.
Die saak is oop vir bespreking

- Smith223
- Sr. Member

- Posts: 345
- Joined: Tue May 01, 2018 6:39 pm
Re: Bakkiegeweer: wat kan/mag/moet (nie)?
Ek wil nou nie negatief voorkom nie, maar jy maak vir jouself baie moeite deur die bullpup roete te probeer gaan.Ds J wrote: Wed Nov 10, 2021 12:50 pm Goeiedag Jaracal, tyd vir terugvoer
Terwyl ek wag vir die pragtige wit kaartjie vir n 1915-SMLE (Baie dankie aan die vriendelike oom in die Kaap!) kan ek solank voorbereiding doen.
Hier is n voorlopige skets:
20211110_122551.jpg
Die keuse is vir n bullpup, want hy is kompak en behou nogtans n byna vollengte loop. Ek beplan vir n totale lengte van ongeveer 97cm, en dit sluit n 20cm knaldemper in.
Aangesien die roer voor in die bakkie moet werk, wil ek n pistoolgreep vermy - hy kan haak. Dit is ook die rede vir die gladder lyne van die kolf.
Ek worstel nog met die korrel-sake. n Ligte scout-tipe teleskoop kan handig te pas kom, maar sou n RDS nie beter werk nie? Oop visier of "ghost ring" sou baie goed werk, maar dan is daar n haakplek aan die voorkant by die korrel.
Die sneller is natuurlik n lekker toffie. Die LE aksie het n swaar sneller, selfs al word hy goed gepoleer. Gevolglik het ek oorweeg om die snellervurk se een been te verleng en daarmee die hefboom te vergroot. Dit is duidelik op die skets.
In die VSA maak S&K Scope Mounts ( http://www.scopemounts.com/index.html?instaprice.html) n basis met 25mm ringe wat op die visier se voetstuk monteer. Dit is natuurlik n baie aanloklike gedagte!
Ek het n stuk moerbeihout wat die kolf moet word, en daar bestaan gedagtes en patente om die slot se knop met n armpie te verleng om nader aan die skut se snellerhand te wees.
Laastens oorweeg ek baie ernstig om n deeglike wangstuk op te sit wat as gesigsbeskermer kan dien indien die ou roer besluit om te kaboem.
Die saak is oop vir bespreking![]()
So paar goed om aan te dink:
-elke keer as jy die slot oopmaak moet jy die geweer van jou skouer afhaal sodat hy kan ‘cycle’
-hoe beplan jy om magasyn in te sit en uit te haal?
-hoe beplan jy om die trigger linkage verby die magasyn kas te try.
As die trigger linkage om die magasyn gaan hoe gaan jy die interne masjieneering doen?
-ek ken nou nie ‘n 303 sneller nie, maar dit lyk asof jou sneller verkeerde kant om werk?
- hoe gaan jy die lengte van die linkage ''tune'' om speling uit die sneller meganisme te haal?
-jou voorsle sneller locate nou op ‘n plaatjie in die hout, so as die hout droogword gaan hy bind.
Die super lang aksie skroewe is nie ‘n goeie idee in hout nie, tensy jy die storie pillar bed.
- jy moet op ‘n manier steeds oordenklike eie relief kry en ‘n plek om jou wang te rus.
Ek sê nie dit is onmoontlik nie, maar ek dink jy onderskat bietjie die taak wat voorlê. Daar is ernstige ontwerps uitdagings wat jy moet oplos vir die storie om behoorlik te werk.
Anschutz 22LR
Howa 223 Rem
BRNO 243 Win
Howa 6.5 CR
Tikka 7mm RSAUM
Howa 223 Rem
BRNO 243 Win
Howa 6.5 CR
Tikka 7mm RSAUM
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2148
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Bakkiegeweer: wat kan/mag/moet (nie)?
Smith, jy is reg. Hierdie is n tamaaie projek. Die voordeel is darem dat predikante net vir n uur op Sondae werk. Ek sal dus aan die projek werk terwyl my kollegas golf speel en fliekEk sê nie dit is onmoontlik nie, maar ek dink jy onderskat bietjie die taak wat voorlê. Daar is ernstige ontwerps uitdagings wat jy moet oplos vir die storie om behoorlik te werk.
Ernstig: ek het vroeg besef dat dit nie n vinnige oplossing het nie, en dat ek waarskynlik ten minste een prototipe uit sagter hout sal moet maak. As jy kyk na die datum van die oorspronklike plasing sal jy sien dat ek al n bietjie tyd spandeer aan die projek. Sommige van die voetangels het sus al antwoorde gekry.
Baie belangrik: ek probeer nie wintie wees met onderstaande antwoord nie! Die antwoorde en moontlike oplossings het meestal bestaande voorbeelde.
Korrek, dit is waarom ek die knop van die slot wil verleng, dan hoef die geweer net die lengte van die slot na vore te skuif.-elke keer as jy die slot oopmaak moet jy die geweer van jou skouer afhaal sodat hy kan ‘cycle'
Verkieslik nooit nie, of net om hom skoon te maak. Ek het rustig geraak toe ek uitgevind het dat die LE-ontwerp uit die staanspoor van bo met "clips" gelaai is. Hy was nooit bedoel om baie verwyder te word nie. Gegewe die feit dat ek nie baie skote wil skiet nie sal ek hom dus gemaklik van bo kan laai. Ek beplan n skag vir die magasyn, en om n sterk toutjie of iets soortgelyk in die dreineergaatjie van die magasyn vas te maak sodat ek hom kan uittrek as dit nodig raak.-hoe beplan jy om magasyn in te sit en uit te haal?
Jy het my laat besef dat ek nêrens voorsiening gemaak het om die magasynknip te druk nie - Baie dankie!
Op dieselfde beginsel as met moderne pistole, dis met n raampie uit staal wat om die magasyn loop. Ek krap nog kop oor die masjinering. Dit sal van bo gedoen moet word.-hoe beplan jy om die trigger linkage verby die magasyn kas te try. As die trigger linkage om die magasyn gaan hoe gaan jy die interne masjieneering doen?
Nee, die boonste been van die vurk by die sneller moet afwaarts beweeg.-ek ken nou nie ‘n 303 sneller nie, maar dit lyk asof jou sneller verkeerde kant om werk?
Ek sal waarskynlik nie met die eerste poging slaag nie- hoe gaan jy die lengte van die linkage ''tune'' om speling uit die sneller meganisme te haal?
Ek wil n kopie maak van die meganisme wat tans die sneller huisves, en hom daar invoeg.-jou voorsle sneller locate nou op ‘n plaatjie in die hout, so as die hout droogword gaan hy bind.
Hierdie is een van die groter kopsere. Ek het al met twee geweersmede gepraat wat soortgelyke projekte aangepak het. Dit is - met tyd, geduld en n paar keurige woordjies - haalbaar.Die super lang aksie skroewe is nie ‘n goeie idee in hout nie, tensy jy die storie pillar bed.
Die beplande wangstuk is nie op die skets nie. Hy lê omtrent bokant die slot. As ek die kolf afskroef en net die staalring soos met n gewone kolf teen die skouer druk pas n teleskoop pragtig op die basis van die visier. Dit gee voldoende afstand. Terloops- dit is juis waarom ek na n RDS kyk, want dan speel die afstand nie so n kritiese rol nie.jy moet op ‘n manier steeds oordenklike eie relief kry en ‘n plek om jou wang te rus.
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1875
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Bakkiegeweer: wat kan/mag/moet (nie)?
Dit lyk na 'n lekker projek om die volgende grendelstaat te verwyl.
As dit reg gedoen word, is alles omkeerbaar. Dus kan die geweer weer terug verander word na 'n "normale" uitleg indien nodig.
Oorweeg ook 'n "semi-bullpup" uitleg, waar die kolf omtrent 100mm verby die aksie steek. Dit het verskeie voordele, o.a. dat jou gesig nie direk op die kamer rus nie, maar effens agtertoe. Die grendel is ook makliker om by te kom.
Die sneller gaan stram wees of baie "kruip", soos op enige bullpup. Dis hulle grootste nadeel. Party manne het al elektroniese snellers met 'n "selenoid" gebruik. Hierdie is dalk bietjie (heeltemal!) te gekompliseerd vir 'n bakkie-geweer.
Kyk ook na die veiligheid van die sneller. Al die ekstra gewig (traagheid) van die lang bewegende dele kan maklik die meganisme beweeg a.g.v. 'n stamp. 'n Gewig op die regte plek kan dalk die lang trekstang se traagheid uitbalanseer. Ek sou die snellermontering onder aan die loop vassit, nie in die hout nie.
Oorweeg ook om die sneller met 'n ekstra "veiligheidslem" (soos by Glock pistole of Savage gewere) toe te rus, om die meganisme teen stampe te beveilig.
'n Groot nadeel vir MY, is die feit dat die bullpup geweer net uit die regter skouer geskiet kan word. As mens uit die bakkie se bestuurder-sitplek wil skiet (jakkals of bobbejaan se kind gee jou altyd kans om uit te klim nie), dan is dit soms baie handig as mens uit die linker skouer kan skiet. Dit vat net bietjie oefening. Ek sorg dat al my gewere uit beide skouers bruikbaar is en ek het al 'n paar skote so geskiet. Jou omstandighede en voorkeure mag maar verskil.