Bakkies

Post Reply
Ja3
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am

Re: Bakkies

Post by Ja3 »

Taffie

Hier's my volgende bakkie.
Ek hoop nou nie dit word geskuif na onder "vir die lagspiere nie"

Die scorpio is rerig 'n stukkie yster, en binne lyk hy amper soos 'n landrover. Hy't baie plek agter die sitplek vir die kettie ook.
Uitstekende waarde vir geld. Teen R185000 nuut kan jy twee van hulle koop vir die prys van 'n cruiser.
Let wel die scorpio, en nie die bolero (wat nie rerig 'n sukses was met die peugoet enjin).

http://www.bidorbuy.co.za/item/13376557/2008_Mahindra_Scorpio_2_5TD_Pick_Up_4X4.html
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Bakkies

Post by Monrique (SJ) »

HI

AS jy n bakkie soek kyk na n Ford 3L.
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Bakkies

Post by Francois Marais »

Hi

Soek vi jou n voor 2000 Diesel Cruiser, gaan jou R100000.00 kos en jy gaan hom nie in jou leeftyd opkry nie. Daar is baie van hulle rond, manne koop nou net die nuwes.

Mooi loop

Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
boeta
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Sun Apr 19, 2009 12:01 pm

Re: Bakkies

Post by boeta »

Frans ek stem sa jou,hy sal jou ni los in die veld ni
An armed man is a citizen
An unarmed man is a subject
A disarmed man is a slave
User avatar
Tomcat
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 266
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:48 am

Re: Bakkies

Post by Tomcat »

Francois en Boeta

Ek het nierbelde wat julle kan KRY. Het klaar my les geleer. EN as hy kan breek. R65000 vir enjin. R31000 vir ratkas. R19000 vir n diff.
N Land Cruiser sit vas in n erdvarkgat en moet ook nie met hom ry as dit nat is nie jy sit sommer op die werf vas. MAAR dit is elke ou se eie besluit.....

Tomcat
boeta
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Sun Apr 19, 2009 12:01 pm

Re: Bakkies

Post by boeta »

Tomcat

As jy wee di kant toe kom laat weet my,vat ek jou na paar boere,da sal jy sien wat is n cruiser se werk is,of hier in di swartrante of in kalahari.

Dat hy duur is is mos geen geheim ni,ma hy breek so mooooielik. ;)
Maar as jy ongelikkig is en hy breek :'(

Ek ry ook ni een ni maar eendag as ek groot is dan.............. ;D

Boeta
An armed man is a citizen
An unarmed man is a subject
A disarmed man is a slave
Ja3
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am

Re: Bakkies

Post by Ja3 »

Hello Francios
Jy was vir 'n tydjie weg ne? Welkom terug!

Ek is eintlik maar 'n Land Rover fan, so kry my maar jammer...
Dis of hierdie koelliekruzer (by verre die beste waarde vir geld), of 'n nuwe Defender 130 HCPU (harts besluit).
Ek het persoonlik ondervinding met die scorpio, en ek moet s?, vandat ek
hom te?gekom het, het die handelmerk-bewuste oogklappe van my bietjie afgekom.

Die cruiser is seker die beste, maar ek sal bietjie van Tomma se gesegde steel, en bietjie aanpas:
They can drive 'n cruiser, but they will just arrive tired

Ja3
corne

Re: Bakkies

Post by corne »

Hallo Manne

Ek wil darem ook net so 'n stuiwer in die armbeurs gooi, as julle manne my dit sou gun.
Ek kraak nie 'n ander man se produk af nie, want dit is nie nodig om dit te doen nie.
Daar is sekere redes hoekom daar produkte op die mark is wat duurder is as ander, die rede daarvoor is
baie dood-eenvoudig.
Wanneer dit by voertuie kom is dit nou maar eenmaal so, GOEDKOOP KOOP, IS DUUR KOOP.
Isuzu vervaardig nie meer 'n 4x4 bakkies nie, en Toyota wat nie het nie, vervaardig nou weer een, die
Land Cruiser pick/up kry ook nou 'n ander motor want die Toyota 3.0 D-4D 4x4 is nou in direkte kompetisie
met die Land Cruiser.

Daar is nie meer slegte voertuie op die mark nie, as hulle net 'n bietjie agter raak val hulle heeltemal uit die bus uit.

So, ek hoop julle bakkies doen dit waarvoor julle hom aangeskaf het en verskaf julle baie kilometers se genot!
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Bakkies

Post by JACQUES BOTHA »

ELKE BAKKIE IS NET SO GOED SOOS WAT SY EIENAAR HOM OPPAS, AS JY JOU NISSAN OPPAS OF JOU ISUZU OF JOU TOUOTA, OF DALK JOU CHEV C10 CUSTOM FLEETSIDE 1962 MAAK NIE SAAK WATTER EEN NIE , AS JY NA HOM KYK SAL HY NA JOU KYK.....
Shoot straight and tell the truth!
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Bakkies

Post by Louis102 »

JACQUES wrote: ELKE BAKKIE IS NET SO GOED SOOS WAT SY EIENAAR HOM OPPAS, AS JY JOU NISSAN OPPAS OF JOU ISUZU OF JOU TOUOTA, OF DALK JOU CHEV C10 CUSTOM FLEETSIDE 1962 MAAK NIE SAAK WATTER EEN NIE , AS JY NA HOM KYK SAL HY NA JOU KYK.....
Jakes, het jy Landrover se naam met opset uitgelos?
Goeie dade oortref goeie woorde.
Ambessa

Re: Bakkies

Post by Ambessa »

Hallo Corne
Corne wrote:...ook net so 'n stuiwer in die armbeurs gooi, as julle manne my dit sou gun... ...Ek kraak nie 'n ander man se produk af nie, want dit is nie nodig om dit te doen nie...  ... is nie meer slegte voertuie op die mark nie, as hulle net 'n bietjie agter raak val hulle heeltemal uit die bus uit.

...hoop julle bakkies doen dit waarvoor julle hom aangeskaf het en verskaf julle baie kilometers se genot!
Ek het lank sit en wag om te sien hou die "manne" hierop sou antwoord. Baie mooi en smaakvol gestel. Lyk my jy het die ouens heeltemal getroef...

Wag maar, miskien skrik daar nog hier en daar 'n ou wakker..

Ambessa
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Bakkies

Post by Christo »

Almal

Daar is regtig net een werksbakkie op die mark en hy het iewers in die 60-70's opposisie begin vir Chev en Ford destyds, vandag koop meeste boere hom. Die wat regtig wil werk met 'n bakkie.

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Bakkies

Post by Louis102 »

Manne

Oom Takoeza s? die beste bakkie is die een wat klaar betaal is.  Wou nog met hom slim stories h?, toe maak hy my stil met daai wysheid.

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
Ja3
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am

Re: Bakkies

Post by Ja3 »

Louis

Dis baie waar.
En as jy kontant koop?

Ja3
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Bakkies

Post by Louis102 »

Ja3

Ek neem aan dit is wat Oom Tekoeza probeer s? het.  Dis onnodig skuld te maak om 'n "in" bakkie te ry.  Ek wonder net of sy agterw?reld nie ook soms jeuk soos myne nie.  As ek mos eers lus raak om iets te koop, jeuk my besigheid waar dit nie moet nie.

Lekker laai.
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Bakkies

Post by Christo »

Ek stem saam met Oompie, die probleem kom in wanneer jy daai klaarbetaalde bakkie gedaan gery het. Gese?n is hy wat dan die volgende een cash betaal.  ;)

Christo

ps.  12 jaar se plaaslewe vat noagal baie fut uit hom. My volgende een kan hulle die 4de en 5de rat hou en 'n ekstra strong 3de insit  ;D  ;D  ;D
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Bakkies

Post by Francois Marais »

Louis

Een van my pelle het al die opmerking gemaak: " as jou g@t jeuk, krap jy hom mos met n nuwe geweer" Maar jy kry manne wat hom met n nuwe bakkie krap, ek is gelukkig noggie daar nie, dit kan n duur afere raak.

Mooi loop

Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Janjak
Hero Member
Hero Member
Posts: 529
Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm

Re: Bakkies

Post by Janjak »

Ek stel gewoonlik voor dat die jeuker by die bouhandelaar n staalborsel gaan aanskaf, dis baaaaie goedkoper.
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Bakkies

Post by Freek »

Janjak ek weet darrem nie, my agterwereld is nie so hard dat hy 'n aanslag met hin staalborsel sal oorleef nie - kan noggal seer wees. Maar ek reken die wonde/skaaf merke sal vinniger gesond word as die wonde wat deur skuld op my rekening veroorsaak word...  ;)
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Bakkies

Post by Louis102 »

Manne

Julle is beter as ek!  As jy darem in so nuwe bakkie inklim en die reuk van die nuwe bakkie trek so in die neusgate in, dan raak ek kriewelrig.  Sal ook maar nie daardie staalborsel raad probeer nie, los dit maar vir die Takoeza's van hierdie w?reld.  Ek dink die antwoord is om maar hier op die plaas te bly en jakkalse te jag en om sodoende die motor verkoopsmanne te vermy!  Ek bou nou maar 'n nuwe skietstoel om te kyk of die lus nie wil oorgaan en die duiweltjie agter die oor nie die wyk wil neem nie.

Maar, dit sou tog lekker gewees het aan die ander kant.  'n Mens lewe mos net een keer?

4x4 groete
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
Ja3
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am

Re: Bakkies

Post by Ja3 »

Baas Louis
"'n Mens lewe mos net een keer".. Nou maak baas dit nog moeiliker.
Dak moet net swart..
Image
Image
Image

Nuwe Defender 130 Puma High Capacity Pick Up
seats 5 
number of doors 4 
Weights, measures
base curb weight 2042 kg
gross weight 3500 kg
load carring capacity 1458 kg
Engine power 90 kW 360NM
fuel diesel 
fuel tank 75 l
fuel consumption in a city 12 l/100 km
fuel consumption on a freeway 8 l/100 km
fuel consumption average 10 l/100 km
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Bakkies

Post by Freek »

Ja3 as jy kan dan mag jy maar... Baaie geluk met daai mooi nuwe trok!  :o :o 8) Ek stem saam met die dak, hy moet donkerder. My persoonlike opinie, ek dink hy sal nog beter lyk met hin skietstoel agter op, natuurlik die regte skietstoel. Wanneer bring jy hom dat ek gate in sy bak kan boor om die stoel te "mount"...  ;) ::)
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
Ja3
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am

Re: Bakkies

Post by Ja3 »

Het hom nie gekoop nie Freek, wys maar net 'n paar fotos van hoe so een lyk.
Die staalborsel se draad is alles af.
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Bakkies

Post by Freek »

Ja3 hardloop ek nou weer dinge vooruit? Daai lorrie is regtig mooi, kan verstaan dat die koop koors 'n man deur mekaar maak met sulke wiele op die mark.  8) Met my huidige situasie sal so 'n besluit net veroorsaak dat my bankbestuurder verstik aan sooibrand.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
Janjak
Hero Member
Hero Member
Posts: 529
Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm

Re: Bakkies

Post by Janjak »

Jadri,
2 foute op daai trok. Eerste een is die dak -net soos jy se.
2e een is die stuurwiel wat verkeerd sit, hoe gaan mens n jakkals trap as jy van die verkere kant af moet korrel ;D
Ek sal nog later vandag gaan hoor of hier erens n Mombai Cruiser rondstaan in jou kleur maar ek dink die Land Rover gaan beter hou. Porcus se hulle het n Mahindra op die plaas en die garage wat hom regmaak ry hom meer as hulle.
Post Reply