Ek en my seun het nou so maand terug gegaan om elk 'n zebra te gaan jag in Vaalwater omgewing. Ons is die Sondag middag by die huis weg en het so na 17:00 op die plaas aangekom .Na ons afgelaai het is ons skietbaan toe om gewere te gaan toets . Daar was so bietjie stel nodig gewees en na 'n paar skote was ons tevrede. Die volgende oggend is ons vroeg veld toe . Die veld is baie ruig na die goeie reens wat daar geval het .Ek het op die bakkie gebly terwyl my seun en die gids begin stap het .Na heelwat geryery het ons die zebras opgespoor en kon binne skiet afstand kom. Gelukkig vir my het daar 'n mooi hings eenkant plank dwars gaan staan en ek kon die kruishaar mooi op die sargent stripes sit toe die skoot loop het die hings so skewe aftrap gegee en laat spander maar net om so na 30 tree in 'n groot stofwolk neer te slaan.Die 243 met die 100gr Hornady BTSP het hom mooi getref en sy longe verinneweer.Die res van die trop het so entjie gehardloop en gaan staan die ph sê dat ek weer moet skiet maar ek moes maar dit van die hand wys aangesien my seun ook sy zebra moes skiet.
Ons was so bietjie gedruk vir tyd en moes die plaas verlaat met net een zebra in die bakkie maar my seun sal nog sy kans kry vir een. Nou net die wag vir die vel van die Taksidermie
Eerste Zebra
- NicoSmit
- Hero Member

- Posts: 1899
- Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm
Eerste Zebra
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Mag jou skape begin jakkals jag.....Adam Tas
-
J le Roux
- Hero Member

- Posts: 1113
- Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am
Re: Eerste Zebra
Sjoe, geluk met 'n raakskoot. Sebra's is groot diere en verbasend taai. Van die 'snaakser' wild is hulle nogal 'n lekker dier om te jag.
Ek sou self bietjie meer kaliber gebruik as daar 'n keuse is.
Weereens geluk
Ek sou self bietjie meer kaliber gebruik as daar 'n keuse is.
Weereens geluk
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1491
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: Eerste Zebra
Mooi donkie daai, geluk!
Sent from my Nokia C2 using Tapatalk
Sent from my Nokia C2 using Tapatalk