Sightron- winskoop of nie?
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8017
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Sightron- winskoop of nie?
Manne, ek was opsoek na 'n goeie scope vir een van my gewere maar soos almal is die finansies bietjie tight. Ek kan glad nie weer 'n Nightforce bekostig nie maar ek soek steeds daai tipe optics.
Die scope moes 'n redelike vergroting h? (x20 min) en maksimum elevasie verstelling (naby aan 100 MOA). As mens hierdie sien kom die nuwe Leupold VX3 dadelik op. Ek het in die verlede 'n Sightron SIII 10-50X60 gehad en dit was 'n netjiese scope met goeie beeld en ek het hom slegs verkoop vir fonds insameling (vir wat kan ek nie nou onthou nie). Na so bietjie lees kom ek toe af op menigte "reviews" waar hulle die sightron scopes vgl met Leupold, Zeis en Nightforce. Die uiteinde van die reviews is dat Sightron beter is as Leupold in baie kategoriee en baie goed met Nightforce kompeteer. (Die Sightron is ook goedkoper as die Leupold VX3 6.5-25x40/50)
So my geldjies is oppad om vir 'n Sightron SIII 6-24x50 LRMOA te betaal wat op my 308W sal kom.
As ek hom gekry het en sal ek terugvoering gee maar tot dan wil ek bietjie vra of enige van julle al met die sightron scopes gespeel het.
(Die SIII {verstelbare vergroting}, SII en Big Sky modelle kry baie goeie reviews)

Last edited by Arnold on Mon Aug 15, 2011 4:14 pm, edited 1 time in total.
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2161
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Sightron- winskoop of nie?
Arnold
Ek speel al lank met 'n Sightron 3-9x Big Sky en die ding gee uitsonderlike diens. Het hom al redelik baie op my .375 gebruik (nie altyd met volsterkte ladings nie) en is beindruk met die manier waarop die scope sy zero behou, hoe akkuraat dit stel en die lekker lang oogafstand. Het ook al met die 6-24x50 gespeel en dis net so 'n lekker scope - ook baie lang oogafstand (altans die een wat ek het). Ek dink dis uiters goeie waarde vir geld.
Groetnis
Ek speel al lank met 'n Sightron 3-9x Big Sky en die ding gee uitsonderlike diens. Het hom al redelik baie op my .375 gebruik (nie altyd met volsterkte ladings nie) en is beindruk met die manier waarop die scope sy zero behou, hoe akkuraat dit stel en die lekker lang oogafstand. Het ook al met die 6-24x50 gespeel en dis net so 'n lekker scope - ook baie lang oogafstand (altans die een wat ek het). Ek dink dis uiters goeie waarde vir geld.
Groetnis
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8017
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Sightron- winskoop of nie?
Ludwig, Nicholos Yale is die verspreider en die retail prys op hulle website is R8770.
Dit sal interesant wees om self die scope met 'n paar ander te vergelyk.
Dit sal interesant wees om self die scope met 'n paar ander te vergelyk.
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8017
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Sightron- winskoop of nie?
Die 8-32x56 is net so goed volgens die reviews en ek moes besluit tussen die twee (ek dink hulle verskil R300 in prys). Die 6-24x50 het gewen omdat ek hom effens laer op my geweer gaan kan sit en omdat hy meer elevasie verstelling het.
Teenoor die vx3 8.5-25 se werklike maks vergroting van 24.3 gee mens ook nie iets op as jy dit met selfs die model vergelyk nie. Omdat ek reeds 'n 8-32X56 het, die NXS, het ek ook eerder vir die 6-24 gegaan as 'n kleiner ligter opsie.
Teenoor die vx3 8.5-25 se werklike maks vergroting van 24.3 gee mens ook nie iets op as jy dit met selfs die model vergelyk nie. Omdat ek reeds 'n 8-32X56 het, die NXS, het ek ook eerder vir die 6-24 gegaan as 'n kleiner ligter opsie.
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8017
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Sightron- winskoop of nie?
Die eerste Sightrons was van laer kwaliteit. Dit is maar onlangs (relatief) wat die maatskappy hoe kwaliteit optika begin produseer het. Die 6-24X50 is ook al 'n nuwer model en alhoewel dit klink of die optics dieselfde gebly het (goed) as die vorige model is die elevasie verstelling van 50 MOA tot 100 MOA verander/verbeter.
Daar was tot onlangs ook nie eintlik 'n keuse van reticles vir die scopes nie en die groter vergroting scopes se reticles was meer van pas vir benchrest. Die onlangse toevoeging van Mildot en MOA reticles met onderskeidilk Mill en MOA verstelbare tactical turrets het 'n nuwe mark vir Sightron oop gemaak.
Die scope het ook natuurlik 'n baie goeie waarborg, wat mens hoop jy nie nodig kry nie
Ek klink nou al seker soos 'n verkoopsman vir Sightron, maar dit is maar omdat ek my huiswerk ordentlik doen voor ek my beursie uithaal.
Daar was tot onlangs ook nie eintlik 'n keuse van reticles vir die scopes nie en die groter vergroting scopes se reticles was meer van pas vir benchrest. Die onlangse toevoeging van Mildot en MOA reticles met onderskeidilk Mill en MOA verstelbare tactical turrets het 'n nuwe mark vir Sightron oop gemaak.
Die scope het ook natuurlik 'n baie goeie waarborg, wat mens hoop jy nie nodig kry nie
Ek klink nou al seker soos 'n verkoopsman vir Sightron, maar dit is maar omdat ek my huiswerk ordentlik doen voor ek my beursie uithaal.
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8017
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Sightron- winskoop of nie?
Die rede hoekom ek die MOA kruishaar gekies het is oor die verstelling van 1/4 MOA wat fyner is as .1 Mill
Dan ook is die kruishare gekalibreer op maks vergroting wat beteken dat die milldots regtig v?r uit mekaar is. Die MOA-2 se "hasmarks" is 2 MOA uit mekaar op maks vergroting teenoor die milldots wat 3.44 MOA is as ek nou reg is.
Wat ek wel kan s? altwee scopes beter maak as sommige ander is die Mill/Mill of MOA/MOA opsie aangaande die reticle en turret. Baie ander scopes het mill reticles maar moa verstellings wat nie so mooi sin maak nie want dan moet hy erg berekeninge in jou kop doen as jy die reticle gebruik om jou afmik punt te meet en dan daarvoor te dial ... as jy verstaan wat ek bedoel.

- Rinkhals
- Jr. Member

- Posts: 79
- Joined: Fri Jul 08, 2011 5:16 pm
Re: Sightron- winskoop of nie?
Jis Arnold,
Net my 2c, ek het so twee jaar terug 'n Siii 6-24x50 van VSA ingebring en dit op my 22-250 gemount. Ek het besluit op Sightron na baie (ek dink honderde) reviews wat oor die algemeen baie goed was.
Wat ek van hou:
Die beeld is uitstekend (het dit met 'n paar swarovskis en Zeisse vergelyk)
Uitstekende verstellings en zero houvermoe
Kwaliteitsgevoel
Vervangingswaarborg
Die hele teleskoop word in Japan gebou. (Die Japs se optiese toerusting en kameras was nog altyd goed)
Wat ek nie van gehou het:
Die milldots sou ek kleiner en dalk nader aan mekaar wou gehad het
Die scope is nogal swaar
Ek dink die Sightron Siii is uitstekende waarde vir geld en sal dit vir enige iemand aanbeveel wat goeie kwaliteit soek vir 'n redelike prys. Dis nie 'n Z6 nie maar sal doen vir nou!

Kyk, dis darem lekker om sulke skrywes te lees as jy baie geld uit gegee het op iets wat jy nog nie eers gesien het nie.
Die gewig sal nie n probleem wees nie aangesien my scope wat ek nou gebruik swaarder is. Toe ek na die specs van die milldot reticle gekyk het het ek dieselfde gevoel gekry en toe vir die MOA-2 reticle gegaan (soos ek ook hier bo verduidelik het)
Hopelik is daar n pakki vir my as ek more aand by die huis kom!
Die gewig sal nie n probleem wees nie aangesien my scope wat ek nou gebruik swaarder is. Toe ek na die specs van die milldot reticle gekyk het het ek dieselfde gevoel gekry en toe vir die MOA-2 reticle gegaan (soos ek ook hier bo verduidelik het)
Hopelik is daar n pakki vir my as ek more aand by die huis kom!
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8017
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Sightron- winskoop of nie?
Ek het Saterdag vinnig die 308 gaan zero en 'n lading getoets. Ek was baie vinnig en het net na een spesifieke eienskap gekyk en dit is hoe hy opties met my Nightforce vergelyk.
Ek kan sonder twyfel s? dat hy nie dieselfde kwaliteit is nie maar steeds uitstekend is. Ek kon sonder sukkel my koeel gate op die 200m teiken sien. Nou sal ek nog moet sien hoe hy op 300m vaar. Ek dink egter dat teen amper helfte van die prys van 'n Noghtforce is die Sightron 'n goeie kopie. Verder wil ek hom nog bietjie vergelyk met die Leupold 8.5-25x50 om te sien hoe hy vaar.
Ek kan sonder twyfel s? dat hy nie dieselfde kwaliteit is nie maar steeds uitstekend is. Ek kon sonder sukkel my koeel gate op die 200m teiken sien. Nou sal ek nog moet sien hoe hy op 300m vaar. Ek dink egter dat teen amper helfte van die prys van 'n Noghtforce is die Sightron 'n goeie kopie. Verder wil ek hom nog bietjie vergelyk met die Leupold 8.5-25x50 om te sien hoe hy vaar.
- Rinkhals
- Jr. Member

- Posts: 79
- Joined: Fri Jul 08, 2011 5:16 pm
Re: Sightron- winskoop of nie?
Hou ons op hoogte asb Arnold, het nou die aand my Sightron in die nag uitprobeer en was baie tevrede
-
Neels
- Jr. Member

- Posts: 73
- Joined: Wed Aug 31, 2011 6:25 pm
Re: Sightron- winskoop of nie?
Hallo mense,
Ek het ook ,na baie oplees, vir my 'n SightronIII 3,5X10X56 verligte kruishaar teleskoop gekoop. Hy is maar 'n paar dae gelede afgelewer en nog nie uitgetoets nie,maar ek is baie tevrede.Op die oomblik kan enige Sightron teen 'n baie goeie promosieprys gekoop word by www.huntonline. Vra vir Koot le Roux.

300Winmag
Re: Sightron- winskoop of nie?
Hi daar, welkom en lekker kuier. Ek hoop Koot se pryse is beter as op sy web site - hy is so R1000 per scope duurder as Ultimateoutdoors en Zimbi books.Neels wrote: Hallo mense,
Ek het ook ,na baie oplees, vir my 'n SightronIII 3,5X10X56 verligte kruishaar teleskoop gekoop. Hy is maar 'n paar dae gelede afgelewer en nog nie uitgetoets nie,maar ek is baie tevrede.Op die oomblik kan enige Sightron teen 'n baie goeie promosieprys gekoop word by www.huntonline. Vra vir Koot le Roux.
Ek's ook in die mark vir 'n scope so laat weet ons as jy die scope begin gebruik het hoe hy maak.
-
Neels
- Jr. Member

- Posts: 73
- Joined: Wed Aug 31, 2011 6:25 pm
Re: Sightron- winskoop of nie?
Hallo 300windmag.
Jy kan gerus vir Koot bel. Sy prys vir my was +- 25% minder as Nicholas Yale se kleinhandelprys,en dit is 'n winskoop.
Jy kan gerus vir Koot bel. Sy prys vir my was +- 25% minder as Nicholas Yale se kleinhandelprys,en dit is 'n winskoop.
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8017
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Sightron- winskoop of nie?
Ek het die naweek die geleentheid gehad om die Sightron SIII 6-24x50 vinnig met twee ander scopes te vergelyk.
Die een was n Bushnell 4200 6-24x50 en die ander n Leupold VX III of 3 8.5-25x50.
Opties is die Sightron en Leupold naie na aan dieselfde en ons kon noe n merkbare verskil optel nie. Die spesifieke MOA-2 reticle van die Sightron was aansienlik dinner as die varmint kruishaar op die Leupold. Mems moet maar vir jouself besluit wat jy verkies en wat vir jou gaan werk.
Die Bushnell het swakker opties gevaar en afhangende van die prys sal ek darem eerder die Sightron vat. Tussen die Sightron en Leupold gaan die keuse maar moeilik wees.
As ek nou weer n scope in hierdie klas moet kies sou en beslis weer die Sightron vat. Ek wens net hulle kon vir my n NP-2DD reticle soos wat my Nightforce het insit

- Louis Kriel
- Hero Member

- Posts: 1981
- Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm
Re: Sightron- winskoop of nie?
Ek het 'n Sightron Sii Big Sky (3.5-10x42) gekoop om te sien of dit moontlik is om scopes op EBay te koop. Op daai stadium het niemand die Sightrons geken nie en ek kon hom nie verkoop kry nie. Mount hom toe maar op my .303 en wat 'n verassing. Hy hou sy zero perfek en die beeld is amper so mooi soos my VX3 s'n.
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8017
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Sightron- winskoop of nie?
Ludwig, eerlikwaar het ek nog nie baie met die scope/geweer gespeel nie. Hy is op my 308 gemonteer wat ek vir 'n bietjie FTR sal gebruik maar ek skiet nou te lekke met my 260 met die NF op om enigsins aandag aan my 308 te gee.
Ek sou regtig voorstel dat jy vir NF gaan as jy kan en dan dalk die 8-32x56 model. (natuurlik vir enige keuse sou ek ook 'n 20 MOA rail voorstel)
As jou budget nie 'n NF toelaat nie sou ek nie skroom om vir die Sightron te gaan nie! Dit is in my o? 'n uitstekende kopie en ek het al gedink om myne eerder op my .22 te sit sodat hy net meer gebruik kan word (of dalk my 223).
Dit is 'n moeilike keuse. Ek persoonlik het gevoel dat omdat ek reeds so baie geld aan die geweer spandeer dat ek nie moet afskeep met die teleskoop nie. En dan is daar die cool faktor van die NF wat natuurlik bydrae
Ek sou regtig voorstel dat jy vir NF gaan as jy kan en dan dalk die 8-32x56 model. (natuurlik vir enige keuse sou ek ook 'n 20 MOA rail voorstel)
As jou budget nie 'n NF toelaat nie sou ek nie skroom om vir die Sightron te gaan nie! Dit is in my o? 'n uitstekende kopie en ek het al gedink om myne eerder op my .22 te sit sodat hy net meer gebruik kan word (of dalk my 223).
Dit is 'n moeilike keuse. Ek persoonlik het gevoel dat omdat ek reeds so baie geld aan die geweer spandeer dat ek nie moet afskeep met die teleskoop nie. En dan is daar die cool faktor van die NF wat natuurlik bydrae
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8017
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Sightron- winskoop of nie?
Awesome ... eendag sal ek vir my ook die Mcmillan kry.
Watter model is dit en hoeveel het dit toe op die ouende gekos? {die rand is ook nou so in sy moer dat ek maar nog sal wag}
Ek moes twee gewere verkoop om my te help om een kan te bou, en daaroor is ek nog nie spyt nie
Die NF wat ek op het was 'n gelukkie bo-op die deal waarvoor ek lank moes spaar
Watter model is dit en hoeveel het dit toe op die ouende gekos? {die rand is ook nou so in sy moer dat ek maar nog sal wag}
Ek moes twee gewere verkoop om my te help om een kan te bou, en daaroor is ek nog nie spyt nie
Die NF wat ek op het was 'n gelukkie bo-op die deal waarvoor ek lank moes spaar
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8017
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Sightron- winskoop of nie?
Dit is seker duur vir 'n kolf maar as jy hom moet h? moet jy hom h? 
{Ek verstaan daai, my vrou nie
}
Die integral cheeckpiece, is dit die verstelbare een?
Watter kleure?
Klaar ge-inlet?
Dit is presies wat ek soek ...
{Ek verstaan daai, my vrou nie
Die integral cheeckpiece, is dit die verstelbare een?
Watter kleure?
Klaar ge-inlet?
Dit is presies wat ek soek ...
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8017
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Sightron- winskoop of nie?
As ek logies dink en die twee scopes vergelyk kan ek ook nie die ekstra geld regverdig nie ... maar mens wil mos maar h? 
Ek is glad nie spyt oor die scope wat ek gekoop het nie en my bank sal nie toelaat dat ek binnekort nog 'n NF koop nie maar dalk 'n SIII in die verre toekoms. Ek sal net 'n geweer moet kry om onder die scope te sit
Self het ek baie gelees oor die scopes voor ek gekoop het en het tot dieselfde gevolgtrekking gekom. Al negatief wat ek kon opspoor was oor die vaste vergroting SIII scopes en hulle is blykbaar nie dieselfde kwaliteit as die verstelbare vergroting scopes nie. (steeds goed maar nie tops nie).
Ek is glad nie spyt oor die scope wat ek gekoop het nie en my bank sal nie toelaat dat ek binnekort nog 'n NF koop nie maar dalk 'n SIII in die verre toekoms. Ek sal net 'n geweer moet kry om onder die scope te sit
Self het ek baie gelees oor die scopes voor ek gekoop het en het tot dieselfde gevolgtrekking gekom. Al negatief wat ek kon opspoor was oor die vaste vergroting SIII scopes en hulle is blykbaar nie dieselfde kwaliteit as die verstelbare vergroting scopes nie. (steeds goed maar nie tops nie).
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8017
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Sightron- winskoop of nie?
Daai prys is moer goed en meer as R1000 goedkoper as wat ek vir myne betaal het!
Wag ek sien dit is vir die dot reticle een, die milldot en LRMOA reticle opsies is effens duurder maar dit bly steeds 'n goeie koop.

Last edited by Arnold on Wed Oct 12, 2011 2:41 pm, edited 1 time in total.
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: Sightron- winskoop of nie?
mense, nou moetjul help.ek ook in mark vir 'n scope. ek het 'n tasco 6x40 op my kettie(308). ek kyk na . 3-9x50. hoekom vat 'n mens sulke groot zoom scopes? is dit nodig? met my 6x40 het ek menige bokke op 400m laat kantel. ek vra net, waarvoor gebruik jul dit, of is dit net lekker? nog 'n vraag, as jy 'n scope zero, zero jy hom op sy grootste versterrling? gaan hy dan nog zero op bv 6x. as jy jag met so 'n scope, is die 24x nie bitter sensitief? ek weet nie veel van die goed af nie. my roer moet net skiet waar ek vat, dan ek happy.
HOU HOM DAAI DIKTE
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: Sightron- winskoop of nie?
dankie. ek kyk na die lynx professional 3.5-10x50.
HOU HOM DAAI DIKTE
- Louis Kriel
- Hero Member

- Posts: 1981
- Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm
Re: Sightron- winskoop of nie?
Daar is al by meer as een geleentheid die bewering gemaak dat die Lynx en die Sightron dieselfde produk is en ook in dieselfde fabriek gemaak word. Hier is iemand wat weet se antwoord aan my nadat ek hom daaroor uitgevra het.cassie_calvinia wrote: dankie. ek kyk na die lynx professional 3.5-10x50.
"Louis
Ek het die Sightron vir 'n rukkie op die .375 gehad en was baie beindruk met die scope - lekker oogafstand ook. Ek het nooit probleme met sy stelvermo? gehad nie en hy het die recoil ook baie goed hanteer. Het nog die scope en hou dit vir 'n back up. Toets tans swarovski se Z3 3-10x42 om te sien/bewys dat die Z3 recoil kan hanteer. As jy na die cosmetics van die scolpe kyk dan is dit duidelik dat hulle deur een vervaardiger gemaak word. Dis maar 'n Lynx met 'n ander naam. Soos reeds genoem op die furum kom elke ou wat 'n scope wil h? en gee sy spesifikasies en dan bou die vervaardiger die scope met klein kosmetiese veranderinge om die skyn te bewaar dat dit 'n ander scope is.
Groetnis"
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: Sightron- winskoop of nie?
dankie manne, dis hoekom ek op die forum is, om te leer!
HOU HOM DAAI DIKTE
-
junglejulian
- Hero Member

- Posts: 1230
- Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm
Re: Sightron- winskoop of nie?
dagse!
ek is bietjie laat op die post maar wil tog weet hoe vergelyk die vortex 6-20x 50 met die sightron(6-24) en selfs die -32 vergroting? ek is weer in die mark vir so tipe scope en het reeds die vortex.het die sightron beter optiese kwaliteit en verstelling as die vortex? hul is baie dieselfde prysklas.