Outfitter artikel

Post Reply
ablm468

Outfitter artikel

Post by ablm468 »

Ek lees gister artikel in die Outfitter tydskrif oor die afname in die getalle van wildspesies soos kudu, gemsbok, en alle ander kleiner wild soorte met tot 80% in die Chobe wildpark in Botswana as gevolg van die oormaat Olifante in Botswana. Die Botswana regering is al in 1970 of daar rond ingelig dat die olifant bevolking uitgedun moet word maar hulle wil nie luister nie. Daar is te veel NGO's met geld wat agter die storie sit, die feit is egter dat volgens die artikel tot 25 km lans die rivier alle plante groei vernietig is deur die sowat 155000 olifante in die park. Die olifante moet elke dag 25  tot 50 km ver stap om kos in die hande te kry, die ander wild in die omgewing kan nie sulke afstande afle nie dus vrek hulle van of honger of dors.

Die kommerwekkende feit is dat ons Kruger park gebuk gaan onder dieselfde probleem. Olifante het alombekend geen natuurlike vyande nie behalwe die mens. Hulle is reeds besig om groot dele van die park te vernietig en die park handhaaf steeds die "no culling"beleid. Die groenes wat die voorstaanders is van hierdie beleid het baie geld agter hulle en daaroor luister die regering na hulle. Die feit is egter dat soos in Chobe die Kruger ook afstuur op ekologiese ramp aangesien die olifante vinnig besig is om die hele biosfeer te vernietig.

Hoekom kan daar nie konsessies toegeken word in seker dele van die park vir mense om die diere te jag nie, ek meen die park gaan op die end die inkomste kry en sodoende die ekologie spaar, maar nee hoor is min.

Iewers moet iets gedoen word aangesien ons ook een van die dae soos in Botswana met 'n wildpark sonder kleinwild en net met olifante gaan oorhou. Wens die regering wil ophou luister na al die groenes en bietjioe hulle ore oop maak en na gewone mense luister.
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5028
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Outfitter artikel

Post by Frederik »

Hansman,

Dit is regitg baie hartseer wat die olifante aan hulle self doen ons en olifnate is die enigste soogdiere wat hulle eie omgewing kan vernietig.
Botswana is 'n verlore saak selfs al skiet hulle van vandag af 10 olifante per dag sal hulle nooit voor uit kom nie en 'n mens kan nie regtig meer per dag skiet nie anders mors mens met die vleis en so aan.

Kruger Park is nog 'n groot probleem ook en met net trofee jag gaan die oplossing ook nie kom nie daar is net te veel.
Die hele storie krap my regtig om sal maar sien wat maak die mense bo in die regering aan die saak ek dink ons is klaar verby die punt wat mense moet se oppas voor dit gebeur want ons is hier en lyk nie nie of enige iemand hulle nek wil uitsteek en 'n besluit maak nie want daar is te veel geld betrokke.    >:(
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
Post Reply