Nuwe rolspeler in dryfmiddel mark : Riflex
- Rudiejacobs
- Full Member

- Posts: 213
- Joined: Tue Jan 06, 2015 2:41 pm
Nuwe rolspeler in dryfmiddel mark : Riflex
Ken nie die kruit nie, maar ken wel vir Mark.
Ek sal nogal die man se woord vat.
Was nog altyd goed gehelp deur hom.
Rudie.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Ek sal nogal die man se woord vat.
Was nog altyd goed gehelp deur hom.
Rudie.
Sent from my iPhone using Tapatalk
30 06 Marlin XL7
25 06 Savage long range hunter.
12G Franchi pomp aksie
Tanfoglio 9mm(kort)
.38 SPL Rossi
The future belongs to those, who believes in the beauty of thier dreams.

-
Andre308
- Hero Member

- Posts: 904
- Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am
Re: Nuwe rolspeler in dryfmiddel mark : Riflex
Ek weet nie so mooi nie.
Die laast kruit wat beskikbaar was van Somchem is S321 en S341. Nou is daar n nuwe kruit op die mark wat presies in daardie 2 brand tempos kruit het met n naam wat niemand ken nie. En die andwoord is gebruik Somchem se min en max.
Mense, 2+2 sê vir my iemand het n gap gesien en n lisensie bekom om Somchem kruit te mag koop in bulk en dit in hulle verpakking verkoop aan ons mense.
Ek dink nie daar enige iets nuuts aan daai kruit wat hulle daar verkoop nie.
Ek sal wel baie opgewonde en aangenaam verras wees as ek verkeerd is met my aanname.
Groete
Andre

- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Nuwe rolspeler in dryfmiddel mark : Riflex
Het hulle nie miskien lisensie bekom om dit te mag vervaardig nie?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- heywillie
- Hero Member

- Posts: 1214
- Joined: Sun Apr 21, 2013 8:03 pm
Re: Nuwe rolspeler in dryfmiddel mark : Riflex
Ek het 'n epos gestuur aan Mark, hiermee sy terugvoer:
Good day
The following propellants are currently available
RFL (S321 equivalent)
RFX (S341 equivalent)
As the police issue additional licences we will roll out more propellants.
Are you a dealer or a private individual?
If private, then propellant can be bought directly from any of our gunstores. If however you are a dealer and require our wholesale pricelist please send us a copy of your dealer’s licence to enable us to begin the process.
Kind Regards
Mark Spigolon

30-06 Sako Finnbear
.22LR Mauser Oberndorf
Glock 19 Gen 4
6.5x55 Howa
375 Ruger Howa
38S&W
.22LR Remington Scoremaster
.22LR Mauser Oberndorf
Glock 19 Gen 4
6.5x55 Howa
375 Ruger Howa
38S&W
.22LR Remington Scoremaster
- Louis Kriel
- Hero Member

- Posts: 1980
- Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm
Re: Nuwe rolspeler in dryfmiddel mark : Riflex
Dink jy's reg.Andre308 wrote: Mon Feb 15, 2021 10:08 pm Ek weet nie so mooi nie.
Die laast kruit wat beskikbaar was van Somchem is S321 en S341. Nou is daar n nuwe kruit op die mark wat presies in daardie 2 brand tempos kruit het met n naam wat niemand ken nie. En die andwoord is gebruik Somchem se min en max.
Mense, 2+2 sê vir my iemand het n gap gesien en n lisensie bekom om Somchem kruit te mag koop in bulk en dit in hulle verpakking verkoop aan ons mense.
Ek dink nie daar enige iets nuuts aan daai kruit wat hulle daar verkoop nie.
Ek sal wel baie opgewonde en aangenaam verras wees as ek verkeerd is met my aanname.
Groete
Andre
-
Rasmus
- Hero Member

- Posts: 1003
- Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm
Re: Nuwe rolspeler in dryfmiddel mark : Riflex
Andre 308
Dit mag waar wees. Blykbaar gaan 335 en 365 se ekwivalent binnekort beskikbaar raak. Ek het geen pyn as dit Somchem kruit is met n nuwe naam nie. Solank dit geredelik beskikbaar is en teen goeie pryse. Die ingevoerde kruit is bo my vuurmaakplek.
Blykbaar maak die Suid Afrikaanse skiet publiek minder as 5% van Somchem se boek uit. As Mark die gaping gesien het om dit in groot maat aan te koop en te versprei sal dit net n seën wees. Veral in die lig dat Somchem ook nie meer kruit na PTA toe gestuur het nie, die laaste tyd is al die kruit na Potch gestuur en vandaar versprei, wat n logistieke nagmerrie was vir handelaars.

Chris Swart
- Hero Member

- Posts: 859
- Joined: Fri May 18, 2012 7:49 am
Re: Nuwe rolspeler in dryfmiddel mark : Riflex
Al wat ons nou nog REGTIG nodig het, is iemand wat weer .22 ammo in Suid Afrika vervaardig
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Nuwe rolspeler in dryfmiddel mark : Riflex
En 12 boor teen baie mededingende pryse.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Jakkals90
- Newbie

- Posts: 11
- Joined: Fri Mar 13, 2015 7:49 pm
Re: Nuwe rolspeler in dryfmiddel mark : Riflex
Dankie vir die moeite en terugvoer. Ek verwelkom enige goedkoper kruit wat steeds goeie gehalte is. Ek persoonlik dink dat hy bietjie verkeerd is as hy sê die kruit mag goedkoper word soos die vraag verbeter. My ondervinding sê vraag/prys werk anders om. Hoe hoër die vraag hoe duurder... Maar ons sal sien sodra dit meer bekombaar raak.Blink Stefaans wrote: Thu Feb 11, 2021 9:23 am Het gisteraand met die Mark gesels
Die dryfmiddel word produseer deur n vervaardiger wat al baie lank in die mynbou plofstof bedryf is.
Die produsent werk met enkel, dubbel en selfs trippel basis dryfmiddel/ plofstof
Die beskikbaare dryfmiddels is ekwivalent tot die laaste lot S321 en S341 wat Somchem vervaardig het.
Ek was virseker dat dieselfde minimum en maksimum ladings as somchem veilig kan gebruik word
Die kruit is glo ook baie minder tempratuur sensitief.
Daar is tans 8 ton van elk op stoor en oor n paar maande gaan daar S335 en S365 ekwivalente op die mark geplaas word
Hom ook gevra of hulle soos Lovex die prys na n maand of twee gaan opstoor. Hy se soos die vraag na die kruit verbeter is daar eintlik n beter kans dat die prys sal daal.
Eks heel opgewonde oor die storie
Jac Steyn
Rossi .38 Special S/S
Norinco JW-15 .22LR
Howa 6.5 Creedmoor 22"
Nikon Monarch 3 (5-20x44)
Rossi .38 Special S/S
Norinco JW-15 .22LR
Howa 6.5 Creedmoor 22"
Nikon Monarch 3 (5-20x44)
-
Chris Swart
- Hero Member

- Posts: 859
- Joined: Fri May 18, 2012 7:49 am
Re: Nuwe rolspeler in dryfmiddel mark : Riflex
Jakkals90 wrote: Tue Feb 16, 2021 2:44 pmDankie vir die moeite en terugvoer. Ek verwelkom enige goedkoper kruit wat steeds goeie gehalte is. Ek persoonlik dink dat hy bietjie verkeerd is as hy sê die kruit mag goedkoper word soos die vraag verbeter. My ondervinding sê vraag/prys werk anders om. Hoe hoër die vraag hoe duurder... Maar ons sal sien sodra dit meer bekombaar raak.Blink Stefaans wrote: Thu Feb 11, 2021 9:23 am Het gisteraand met die Mark gesels
Die dryfmiddel word produseer deur n vervaardiger wat al baie lank in die mynbou plofstof bedryf is.
Die produsent werk met enkel, dubbel en selfs trippel basis dryfmiddel/ plofstof
Die beskikbaare dryfmiddels is ekwivalent tot die laaste lot S321 en S341 wat Somchem vervaardig het.
Ek was virseker dat dieselfde minimum en maksimum ladings as somchem veilig kan gebruik word
Die kruit is glo ook baie minder tempratuur sensitief.
Daar is tans 8 ton van elk op stoor en oor n paar maande gaan daar S335 en S365 ekwivalente op die mark geplaas word
Hom ook gevra of hulle soos Lovex die prys na n maand of twee gaan opstoor. Hy se soos die vraag na die kruit verbeter is daar eintlik n beter kans dat die prys sal daal.
Eks heel opgewonde oor die storie
Dalk bedoel hy, pryse sal afkom as produksie volumes op gaan.
vraag stoot net pryse op as die produksie kapasiteit nie saam met die gewildheid styg nie.
Altans, dit is hoe vraag/aanbod behoort te werk
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Nuwe rolspeler in dryfmiddel mark : Riflex
Vriende, baie van julle ken die grappie van die reisiger wat 'n papwiel kry op 'n verlate pad sonder 'n domkrag. Hy sien net 'n liggie baie vêr weg en omdat dit al laatnag is sit hy met 'n drafstappie af. Hoe verder hy gaan hoe meer dink hy wat hy dalk gaan belewe as hy aan die deur van die huis gaan klop. Hy berei hom dus voor vir die ontmoeting en sy gemoed is swaar.
By die huis gekom is daar eers beweging na 'n geruime tyd. Die deur gaan oop en hy word vriendelik gevra waarmee hy gehelp kan word.
Sy antwoord is - druk jou jack in jou agterent !!!!
Ek kry half dieselfde negatiewe denke hier. Die van julle wat S321 laai weet dat dit baie goed werk in 223 en 308. My vraag is nou waarom die swaar gemoed. As die nuwe RFL soos S321 presteer dan is dit alpad die wenner. Skud die Covid donkerte af. Het al my bestelling geplaas.
By die huis gekom is daar eers beweging na 'n geruime tyd. Die deur gaan oop en hy word vriendelik gevra waarmee hy gehelp kan word.
Sy antwoord is - druk jou jack in jou agterent !!!!
Ek kry half dieselfde negatiewe denke hier. Die van julle wat S321 laai weet dat dit baie goed werk in 223 en 308. My vraag is nou waarom die swaar gemoed. As die nuwe RFL soos S321 presteer dan is dit alpad die wenner. Skud die Covid donkerte af. Het al my bestelling geplaas.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Fanta300
- Hero Member

- Posts: 3627
- Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm
Re: Nuwe rolspeler in dryfmiddel mark : Riflex
Stem saam Marius.
Hierdie is beslis nie Somchem kruit in ‘n nuwe verpakking nie. Word by Pellindaba gemaak. Kom in 500gram blikke en voorgestelde kleinhandel prys is R450.
Kom ons gee hierdie ouens ‘n kans sonder om doemprofete te wees. Daar is genoeg van hulle in ons ou landjie.

Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3529
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: Nuwe rolspeler in dryfmiddel mark : Riflex
Wel ek het nie n saak daarme op die somchem kruit is nie. Op die stadium is enige iets n verbetering op niks...
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1378
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Nuwe rolspeler in dryfmiddel mark : Riflex
Kruit dieselfde as S341 beteken dit sal werk in die .30-06 vir ligter koeëls soos die 166gr wat ek beplan. Okei ek sal byt. Waar kry ek 'n bottel in Pretoria?
-
Krobb
- Full Member

- Posts: 179
- Joined: Sat Mar 01, 2014 4:57 pm
Re: Nuwe rolspeler in dryfmiddel mark : Riflex
Riflex RFL en 130gr GS Custom vir my .308.
Ek kan nie wag nie.
Ek kan nie wag nie.
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7559
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Nuwe rolspeler in dryfmiddel mark : Riflex
Oom Driepoot
Ware woorde. Ek se dit nog altyd vir die paar wat wel wil luister, Somchem het glad nie slegte poeiers nie, inteendeel n paar van hulle word moeilik geklop as dit by werkverrigting kom, die enigste nadeel was die wispulturigheid tussen lotte maw kwaliteidsbeheer. So as hierdie aangespreek kan word en nog teen n billike prys dan is dit mos absoluut n wen-wen situasie. Ek kan hierdie mense net alle sterkte toewens want dit is in ons almal se belang dat ons toegang het tot n plaaslike vervaardige poeier met die donker wolke wat al n geruime tyd op die horison saamdruis in die weste.
Groetnis
Wouter

Ek stem ook met Oom Marius saam. Ek sal dalk bietjie naïef gewees toe ek sommer vanuit die staanspoor vir my VV kruit gekoop het toe ek vir my .30-06 begin laai het so paar maande terug. Ek het nie eers in Somchem belanggestel nie want dit was nie beskikbaar nie. Ek het vinnig agtergekom dis ook maar net kruit en jy gaan nie soos met toorkrag 'n akkurate lading sommer netso kry nie. Dit verg ladingontwikkeling net soos enige ander kruit. Ek het nou 'n lekker jaglading en sal hom behou, ook met VV, maar ek soek nou 'n baanlading wat ek verkieslik goedkoper wil skiet. As ek die helfte kan betaal vir die kruit, hoekom nie?
So ek vra weer, hoe kry ek Rilfex in Pretoria? Is daar enigiemand wat kan help, of dalk saam wil bestel sodat ons 'n paar bottels hier kan kry?
So ek vra weer, hoe kry ek Rilfex in Pretoria? Is daar enigiemand wat kan help, of dalk saam wil bestel sodat ons 'n paar bottels hier kan kry?
- Fanta300
- Hero Member

- Posts: 3627
- Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm
Re: Nuwe rolspeler in dryfmiddel mark : Riflex
Bel en hoor.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1378
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Nuwe rolspeler in dryfmiddel mark : Riflex
Ek kry nie antwoord nou nie. Sal later weer probeer.
- heywillie
- Hero Member

- Posts: 1214
- Joined: Sun Apr 21, 2013 8:03 pm
Re: Nuwe rolspeler in dryfmiddel mark : Riflex
Are you a dealer or a private individual?Toxxyc wrote: Wed Feb 17, 2021 9:21 am
So ek vra weer, hoe kry ek Rilfex in Pretoria? Is daar enigiemand wat kan help, of dalk saam wil bestel sodat ons 'n paar bottels hier kan kry?
If private, then propellant can be bought directly from any of our gunstores.
Anders ry gou Saterdag oggend deur Boksburg toe, dis nie te ver nie.
30-06 Sako Finnbear
.22LR Mauser Oberndorf
Glock 19 Gen 4
6.5x55 Howa
375 Ruger Howa
38S&W
.22LR Remington Scoremaster
.22LR Mauser Oberndorf
Glock 19 Gen 4
6.5x55 Howa
375 Ruger Howa
38S&W
.22LR Remington Scoremaster
-
BenJacobs
- Hero Member

- Posts: 883
- Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm
Re: Nuwe rolspeler in dryfmiddel mark : Riflex
Ek het hom gister gebel. Hy het genoem dat daar elke week kruit vervoer word en dat die drywer jou erens op sy roete ka kry om jou bestelling vir jou te gee.
Groete Ben
Groete Ben
-
JohanvB
- Hero Member

- Posts: 2595
- Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm
Re: Nuwe rolspeler in dryfmiddel mark : Riflex
Het epos gestuur, gevra oor 365, hulle wag vir liksens
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13583
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Nuwe rolspeler in dryfmiddel mark : Riflex
Daai man begin seker nou al wonder wat het hy nou vir homself op gesaal hier, ek dink as hy nog een sms of email oor 365 kry steek hy seker daai hele stoor brand
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Francoisv
- Hero Member

- Posts: 1615
- Joined: Wed Jan 01, 2014 10:39 pm
Re: Nuwe rolspeler in dryfmiddel mark : Riflex
Netso Cappie.Capt. Oblivious wrote:Daai man begin seker nou al wonder wat het hy nou vir homself op gesaal hier, ek dink as hy nog een sms of email oor 365 kry steek hy seker daai hele stoor brand
2 daughters. Plenty guns.
Francois Vogel
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1378
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Nuwe rolspeler in dryfmiddel mark : Riflex
Dalk moet 'n paar manne in Pretoria saamkom en 'n bestelling plaas, en dan van een sentrale punt af versprei. Dit sal die arme man se werk verminder en ook vervoer vir lede verbeter. Wie sal in so iets belangstel?