Eerste Boognaweek

Post Reply
henslin
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 401
Joined: Thu Oct 14, 2010 3:34 pm

Eerste Boognaweek

Post by henslin »

Het alles op die forum wat te lees was gelees en opgeswot ! Baie inligting vir 'n beginner !
Word die naweek genooi en gedreig en toe is ons in die veld.
Puik geriewe, puik diens , puik hides, sommer alles was van die hoogste standaarde.

Nou begin die nonsens. Toets jou bogie op 'n bud - 3D vark se tand na dinges. Skiet 12" links - groot fout !!  Die ad s? die bh skiet waar die fieldpoints skiet - BULL !!! Gelukkig is die outjie wat my boog aan my verkoop het daar en dit word gou reggestel. Nou is ek reg vir die storie.

Dadelik hides toe - nie tyd om te mors nie - die base wil jou terug kry by die werk.

1Ste skoot - Waterbokkoei - 90 Kg aan die hak - na my mening - goed

Volgende dag teen 12h00 'n Vlakvarkbeer - het my nie gejump nie - het my uitgehardloop. Bietjie agter geskiet , maar kon dit regstel 50m verder.

Later die middag - Rooibok ooi - het my nie gespring nie - wag nou nog vir die spring - alle sport het sy beserings. Sal haar maar volgende keer gaan kry.

Kort beskrywing van wat die naweek tussen 4 persone oor 3 dae afgehaal was

3 x Koedoekoeie
2 x Waterbokke
3 x Bloues
3 x Rooibokke
2 x Varke

Aan die sport kan mens baie maklik verslaaf raak !

Dis nie lekker nie -  DIS GAAF !!!!
Agterosse kom ook in die kraal - vir die volgende veiling !
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Eerste Boognaweek

Post by Gerhard »

Nou wat was die probleem dat jy so ver links geskiet het?

Weereens baie geluk.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
henslin
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 401
Joined: Thu Oct 14, 2010 3:34 pm

Re: Eerste Boognaweek

Post by henslin »

Gerhard
Kan nie s? wat fout gegaan het nie. Het Saterdag by die huis gespeel en toe was dit ongeveer 2" links van die oefenpyl op 20yards. Het nie lang skote verwag nie en het kans gesien om dan maar te compensate as dit nodig sou wees. By Louis aangekom het ons gou bietjie op sy bud gespeel tot 30m. Oefenpyle krap mekaar en ek is tevrede. Eerste Slick Trick  12" links. Volgende 6" links en toe is ons op lyn. Geen probleem met die hoogte nie.  ??? ??? ???
Het ?rens op die internet gelees hoe jy blykbaar jou tuning moet doen om vir albei tipes pyle voorsiening te maak. Op die stadium gaan ek net die twee verstellings op my arrowrest aanteken. Die skuif kan baie maklik sonder gereedskap op die Apache gedoen word. Is blykbaaqr die moeite werd om partykeer maar bietjie meer op te dok vir ietsie.
Al 4 skote die naweek was regdeur die bokke en die ST's is beslis nog skerp genoeg vir nog 'n rondte. As ek kyk na die vleisskade tussen my 'klein' broadheads en die masiewe skade van die groter meganiese punte - glo ek gaan by my eerste keuse hou. Al die bloedspore was puik en kon met gemak gevolg word.
Agterosse kom ook in die kraal - vir die volgende veiling !
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Eerste Boognaweek

Post by Gerhard »

henslin,

Het jy al walk back tuning gedoen met jou boog?

Ek is bly die Slick Tricks het hulle kan gebring.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
henslin
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 401
Joined: Thu Oct 14, 2010 3:34 pm

Re: Eerste Boognaweek

Post by henslin »

Gerhard
Het dit ( waik back tuning ) by die huis probeer met fieldpoints. Alles reg deur gewerk tot op 40m. Nogal 'n oogoopmakertjie ! My rest verstel tot ek tevrede was en die fieldpoints is nou bleddie gevaarlik !!! Soek nou nog net fondse vir die BH Bud. Die shadecloth sakke neuk met die ST's. Glo dit as jy wil - hulle raak lekker stomp !! Na die dinges wat die ST's die naweek, en die week voor dit in die veld, opgevreet het - die bleddie goed word nie stomp nie !!!.

Al wat my pla is dat daar baie manne in Sodom en Gomorra is wat net wil kom skiet en nie bereid is om kennis te deel nie. Die naweek kom weer 'n paar rangers af, ek is genooi, maar gaan lekker lag !!!!

Stefan - die tyd is 'n black-sam - het julle nie verloor nie.  'n Deal is 'n deal !!!!!
Agterosse kom ook in die kraal - vir die volgende veiling !
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Eerste Boognaweek

Post by Gerhard »

Great....

As jou pyle mooi onder mekaar val tot op 40 yards met field points is jy baie naby om jou Slick Trick saam met jou field points op die selfde plek te skiet...

Moenie vergeet as jy dit toets om eers die pyl met jou broad head te skiet en dan die field point nie anders gaan jy jou pyle flenters skiet as daai Slick Trick die ander pyl van agter af bymekaar maak...  ;D

Jy kry dit soms selfs hier op die forums ook dat manne nie wil help met raad nie... Maar moenie dat dit jou pla nie.

Ek dink jy het dinge nou mooi onder beheer en ek wag in spanning vir daai eerste varkie se jag storie...  ;D
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
henslin
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 401
Joined: Thu Oct 14, 2010 3:34 pm

Re: Eerste Boognaweek

Post by henslin »

Gerhard - Het redelik gesukkel om my BH en FP op dieselfde plek te kry. Bietjie rondgeshop op die internet en toe op die gedeelte afgekom waar jy net jou rest tune. Uit moedeloosheid, soos die meeste van die manne wat begin boog, dit probeer. Redelike naby skote in die maanlig. Nie skaam om te s? dat ek nou tot op 30m die spulletjie kan waarborg nie. OK - my kredietkaart is in sy moer in en die BANKBESTUURDER IS OP MY SPOOR -  Wat moet ons in die elk geval met die res van ons spaar tyd doen !!!
Agterosse kom ook in die kraal - vir die volgende veiling !
Post Reply