Nuwe Lidmaat

Nuwe lede, stel jouself gerus voor/
New member, please introduce yourself
Post Reply
Cyclone101
Newbie
Newbie
Posts: 36
Joined: Thu Jan 07, 2021 4:14 pm

Nuwe Lidmaat

Post by Cyclone101 »

Hallo almal.

Ek het onlangs vir my n 6.5mm creedmoor gekoop en wil dit gebruik om te jag maar ook om langafstand te skiet.
Ek het n Zeiss V4 6-24x50 vir dit gekoop maar ek kort nog n klomp goed wat ek sal bymekaar maak terwyl ek vir die lisensie wag.

Ek skiet en oefen baie met my Glock 19x en 43, en skiet baie duiwe met haelgewere, maar ek het besluit ek wil my vaardighede verbreed, dus die 6.5CM.

Ek het hierop afgekom en dink ek sal baie hier kan leer.
User avatar
Parker
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 338
Joined: Wed May 13, 2015 9:45 am

Re: Nuwe Lidmaat

Post by Parker »

Welkom Cyclone101. Hier is verseker slim manne op hierdie forum. Maar nie net dit nie, hulle deel graag hul kennis met ons ander ouens. Fantastiese forum hierdie!
Stoot lood!
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1895
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Nuwe Lidmaat

Post by Ratel »

Baie welkom op die groep.
Maak 'n verskil
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5029
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Nuwe Lidmaat

Post by Frederik »

Welkom van waar is jy in die land?
Cyclone101
Newbie
Newbie
Posts: 36
Joined: Thu Jan 07, 2021 4:14 pm

Re: Nuwe Lidmaat

Post by Cyclone101 »

Baie dankie almal.

Ek bly in Johannesburg, maar my hart is in die bosveld.

Is daar publieke lang afstand skietbane in Gauteng? Ek weet net van Rashoop. Anders sal ek n boer met oop grond en 'n liefde vir biltong moet opspoor.
Kaalvoetthysie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 253
Joined: Sat Nov 04, 2017 12:13 pm

Re: Nuwe Lidmaat

Post by Kaalvoetthysie »

Balie welkom Cyclone. Lekker klets


Sent from my iPhone using Tapatalk
Post Reply