.17HMR se werk.

Post Reply
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

.17HMR se werk.

Post by G-force »

Ek het oor die lang naweek die familie gevat om bietjie bos toe te gaan en n paar goeters te skiet.
Het net haelgewere en die nuwe .17HMR gehad.
My dogtertjie van 9 se eerste "groot" wild n tarentaal het geval met so n 100m skoot.Sy het ook n ystervark later geskiet met die hulp van n skiet lig.Sy het hom so op 90m gelooi terwyl hy so in n voor stap stap met net die boonste helfte van sy lyf wat uitsteek..Het vir haar gese lead hom op sy neus...na die vierde skoot toe le hy.Sy gaan n jakkie se baas wess as sy groter is.
Ek het n aap n kopskoot gegee op 120m.Penkop rooibok op so 80-90m innie voorkop geskiet toe le hy.Twee varke kop skote geskiet op so 60m.Die eerste een het ek geskiet toe ek rooibokke probeer walk en stalk het.Die bokke het n lyn gesny toe loop ek terug in n ander rigting.Daar kry ek 4 varke besig om onder n boom te vreet en skrop....ek staan toe agter n bossie en kon nie n skoot afkry nie.Beweeg stadig oor n oopkol en was amper by n boom vir lekker dooie rus toe kyk die vark op en in my rigting.Kap hom so uit die vuis uit tussen sy klein oe.Het n paar fisante geskiet vir die pot maar die HMR skiet al die vleis weg.
[img width=358 height=480]http://i677.photobucket.com/albums/vv14 ... ics027.jpg[/img]
[img width=360 height=480]http://i677.photobucket.com/albums/vv14 ... CI0173.jpg[/img]
[img width=560 height=418]http://i677.photobucket.com/albums/vv14 ... ics023.jpg[/img]
[img width=560 height=418]http://i677.photobucket.com/albums/vv14 ... ics020.jpg[/img]
[img width=560 height=418]http://i677.photobucket.com/albums/vv14 ... ics017.jpg[/img]
[img width=560 height=372]http://i677.photobucket.com/albums/vv14 ... C00609.jpg[/img]
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
.::Alwyn-U::.
Hero Member
Hero Member
Posts: 947
Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm

Re: .17HMR se werk.

Post by .::Alwyn-U::. »

G-Force

Lyk na 'n baie lekker klein roer...  Herlaai jy al vir die mr'tjie?
watse scope is daai?

Geluk met nog 'n skut in die familie ;D

ps: Ek dink hy kaan mooi klink met 'n terminator!

Groete
Alwyn
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13663
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: .17HMR se werk.

Post by Geno »

.::Alwyn-U::. wrote: Herlaai jy al vir die mr'tjie?
Alwyn,
Die .17HMR is 'n rimfire kaliber, so jy kannie vir hom herlaai nie. AL sy doppies gaan asblik toe.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3530
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: .17HMR se werk.

Post by Armand Steenkamp »

Soos ek dit het is die 17HMR n randslag en kan nie ge herlaai word nie.

Groetnis
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: .17HMR se werk.

Post by G-force »

.::Alwyn-U::. wrote: G-Force

Lyk na 'n baie lekker klein roer...   Herlaai jy al vir die mr'tjie?
watse scope is daai?

Geluk met nog 'n skut in die familie ;D

ps: Ek dink hy kaan mooi klink met 'n terminator!

Groete
Alwyn
Dankie Alwyn

Dis n rimfire so ek kannie herlaai nie wat jammer is.
Gaan vir hom n reflex silencer laat opsit.Die scope is n Vortex Viper 6.5-20x50.
Ek's bly oor my kind se belangstelling..my vrou skiet ook graag en die 4 jarige het ook n pellet gun.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
.::Alwyn-U::.
Hero Member
Hero Member
Posts: 947
Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm

Re: .17HMR se werk.

Post by .::Alwyn-U::. »

Dis 'n jamerte dat mens nie kan herlaai nie :( , sou lekker wees om met verskillende punte te speel met hom...

Die vortex lyk mooi op hom. Is jy tevrede met hom? hoeveel kos hulle omtrent?
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1179
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: .17HMR se werk.

Post by Lourens »

Baie netjies ou maat. Eks mal oor daai .17HMR van jou, my gat brand om vir my een te kry. Sal maar bietjie moet spaar, het nou eers nuwe .375 gekoop.

@Alwyn, ek dink as daai meneer 'n terminator op het gaan hy loop soos 'n parafien-jet!!

Groete,
Lourens
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: .17HMR se werk.

Post by G-force »

.::Alwyn-U::. wrote: Dis 'n jamerte dat mens nie kan herlaai nie :( , sou lekker wees om met verskillende punte te speel met hom...

Die vortex lyk mooi op hom. Is jy tevrede met hom? hoeveel kos hulle omtrent?
Dit is n lekker scope maar sy kruishaar is te dik vir my smaak...ek hou van n lekker dun haar.Ek het maar R3500 vir die scope betaal...hy het saam met die geweer gekom..maar ek dink hulle prys om en by R5500-R6000 nuut...nie seker nie.
Jy kry die koels ook in 20gr wat ek graag sal wil probeer...die spoed kom af van 2550fps na omtrent 2300fps.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13663
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: .17HMR se werk.

Post by Geno »

G-Force, kyk onder advertensies, ek het 'n Leupold scope wat ek wil ruil. PM my as jy belangstel.........

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: .17HMR se werk.

Post by Francois Marais »

G-force

Wat sou jy se is die 17 se maks effektiewe afstand??? Watse groepe kry jy uit die geweertjie?? Het ook so een inni shop, ammo is ma dem duur, as ek mag weet wat het jy vir joune betaal???

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: .17HMR se werk.

Post by G-force »

Franscois ek skat so 150m maar het nog nie baie gespeel met hom.Ek het nou die dag n paar one hole groups geskiet op 80m maar sal weer skiet en n paar fotos plaas.Ek het so net oor R4-20 per rondte betaal.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: .17HMR se werk.

Post by Francois Marais »

G-Force

Thanks maat, wag vir die fotos vd groepe.......

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Post Reply