Gong (VRN500) Ervaring
- Wildjagter
- Sr. Member

- Posts: 264
- Joined: Mon Jan 14, 2013 9:28 am
Gong (VRN500) Ervaring
Goeie dag
Ek wil asseblief julle opinie en ervaring hoor oor VRN500 staal gongs? Spesifiek of julle moontlik al erg kraters en/of gate deur so gong geskiet het met n kaliber kleiner as 6,5mm met gewone sagtepunt koeëls? Afstand naby aan 100m.
Het die gister iets beleef en nie gedink dit kan gebeur, maar ek mag moontlik heeltemal verkeerd wees.
Baie dankie

- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8011
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Gong (VRN500) Ervaring
Speed kills .... ek is seker Geno sal met sy 243 sommer 'n gat deur so gong skiet.
Anders as spoed gaan jy sukkel om daai plaat iets aan te doen ... indien dit werklik VRN500 is.
Ek vind dat die impak (oor tyd) die gong buig maar nie kraters maak nie. Ons skiet egter anderkant 500m op ons gonge.

- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: Gong (VRN500) Ervaring
Ek het nou nie 'n foto nie, maar het 'n lelike krater in 'n gong geskiet met my 243 waar my 375 selfs op 20m net klein duikies maak met 300gr impalas.Arnold wrote: Mon Dec 07, 2020 8:47 am Speed kills .... ek is seker Geno sal met sy 243 sommer 'n gat deur so gong skiet.
Anders as spoed gaan jy sukkel om daai plaat iets aan te doen ... indien dit werklik VRN500 is.
Ek vind dat die impak (oor tyd) die gong buig maar nie kraters maak nie. Ons skiet egter anderkant 500m op ons gonge.
Ek het egter die gong teruggevat want dit was die eerste skoot op dit gewees, ek was oortuig dit was nie reg getemper nie.
- Wildjagter
- Sr. Member

- Posts: 264
- Joined: Mon Jan 14, 2013 9:28 am
Re: Gong (VRN500) Ervaring
Dankie sover vir die insette.
Onderaan is n paar fotos van gister se skiet. Het loop ingebreek op 25-06 met 87gr Hornady SP met 51gr S365. Verstaan dit is redelik vinnig, maar nie naby wat moontlik is. Afstand was 91m.
Daar was nie n skoot wat nie n ordentlike krater in die gong geskiet nie. En dan is daar 7 gate deur die gong is. Van die skote was naby aan dieselfde plek en dit maak dan vir my sin dat dit deur gaan, maar van hulle was alleen op enkele plek. Die gong was voorheen nog nooit nader as 200m geskiet nie en ook net met 243 en 25-06.
Dit was vir my teleurstellend dat dit gebeur met VRN500 (man wat gong aan my verskaf het, het bevestig dit is VRN500).
Op die tweede foto kan julle idee kry met die stokkie hoe diep daai krater is. Die plaat is natuurlik erg gebuig na die sessie

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Geno
- Administrator

- Posts: 13655
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Gong (VRN500) Ervaring
Ek het tot op 230m al deur 'n VRN500 gong geskiet met 'n 55gr 6mm Ballistic Tip teen 4300fps.
Wat ek sien wat dit kan bepaal is dat 'n swaarder gong makliker deur skiet en ligter gonge (soos jakkals kop groottes) minder geneig is om deur skiet.

Wat ek sien wat dit kan bepaal is dat 'n swaarder gong makliker deur skiet en ligter gonge (soos jakkals kop groottes) minder geneig is om deur skiet.

Goed, beter, 6millimeter!
-
Drenalinjunkie
- Hero Member

- Posts: 835
- Joined: Fri Mar 04, 2011 8:19 am
Re: Gong (VRN500) Ervaring
Arnold en Geno is reg - speed kills.
WJ, probeer om jou gonge anderkant 300m te los. Dit sal hulle heelwat skade spaar. Onthou die material is eintlik geontwerp vir wrywing weerstand applikasies en nie soveel impak nie.
Ongeag die HBN 500HBN material sal altyd skade ly met enige koeel teen hoe spoed - dis nou 3000fps plus.
Geno, jou obserwasie is korrek oor die swaar gonge wat meer skade kry. Dis omdat hulle meer weerstand bied teen die koeel waar n ligte gong wat beweeg meer impak energie so absorbeer / deflekteer met beweging.

Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Gong (VRN500) Ervaring
Ek het ook gonge van VRN500, van 100mm tot 650x650mm en daar is nie 'n manier hoe myne sulke gate opgetel het nie, en ons het al met 'n BMG50 op hulle geskiet. Hyt wel 'n duik in agv die skoot maar geen kraters nie. Wat ek wel weet, is dat daar op 'n stadium 'n baie swak batch vanuit China hier ingekom het, wat pateties was. Ek koop my gonge direk by MacSteel in Silverton, en het nog nooit so-iets gesien nie. Iets is beslis fout.Wildjagter wrote: Mon Dec 07, 2020 9:45 am Dankie sover vir die insette.
Onderaan is n paar fotos van gister se skiet. Het loop ingebreek op 25-06 met 87gr Hornady SP met 51gr S365. Verstaan dit is redelik vinnig, maar nie naby wat moontlik is. Afstand was 91m.
Daar was nie n skoot wat nie n ordentlike krater in die gong geskiet nie. En dan is daar 7 gate deur die gong is. Van die skote was naby aan dieselfde plek en dit maak dan vir my sin dat dit deur gaan, maar van hulle was alleen op enkele plek. Die gong was voorheen nog nooit nader as 200m geskiet nie en ook net met 243 en 25-06.
Dit was vir my teleurstellend dat dit gebeur met VRN500 (man wat gong aan my verskaf het, het bevestig dit is VRN500).
Op die tweede foto kan julle idee kry met die stokkie hoe diep daai krater is. Die plaat is natuurlik erg gebuig na die sessie
IMG_20201206_155336.jpg
IMG_20201206_110708.jpg
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
- jankraay
- Hero Member

- Posts: 1898
- Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm
Re: Gong (VRN500) Ervaring
Jean enige batch 11.1.11 as jy hom teen daai spoed op n kort afstand skiet.Jean Marais wrote:Ek het ook gonge van VRN500, van 100mm tot 650x650mm en daar is nie 'n manier hoe myne sulke gate opgetel het nie, en ons het al met 'n BMG50 op hulle geskiet. Hyt wel 'n duik in agv die skoot maar geen kraters nie. Wat ek wel weet, is dat daar op 'n stadium 'n baie swak batch vanuit China hier ingekom het, wat pateties was. Ek koop my gonge direk by MacSteel in Silverton, en het nog nooit so-iets gesien nie. Iets is beslis fout.Wildjagter wrote: Mon Dec 07, 2020 9:45 am Dankie sover vir die insette.
Onderaan is n paar fotos van gister se skiet. Het loop ingebreek op 25-06 met 87gr Hornady SP met 51gr S365. Verstaan dit is redelik vinnig, maar nie naby wat moontlik is. Afstand was 91m.
Daar was nie n skoot wat nie n ordentlike krater in die gong geskiet nie. En dan is daar 7 gate deur die gong is. Van die skote was naby aan dieselfde plek en dit maak dan vir my sin dat dit deur gaan, maar van hulle was alleen op enkele plek. Die gong was voorheen nog nooit nader as 200m geskiet nie en ook net met 243 en 25-06.
Dit was vir my teleurstellend dat dit gebeur met VRN500 (man wat gong aan my verskaf het, het bevestig dit is VRN500).
Op die tweede foto kan julle idee kry met die stokkie hoe diep daai krater is. Die plaat is natuurlik erg gebuig na die sessie
IMG_20201206_155336.jpg
IMG_20201206_110708.jpg
Gat in een van myne geskiet en myne is die regte nommer...
Sent from my iPhone using Tapatalk
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13628
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Gong (VRN500) Ervaring
Askies Jan, ekt daai slr bq warm gemaak daai dag
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Hercules Louw
- Hero Member

- Posts: 891
- Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm
Re: Gong (VRN500) Ervaring
In my ervaring speel beide die impak spoed en die materiaal van die koeël n rol in die skade wat aan n ghong gemaak word. Impak spoed speel die grootste rol. Massa van die koeël speel slegs n geringe rol.
Koper en brass monolitiese koeëls - dis byna onmoontlik om n ghong te beskadig.
Varmint tipe koeëls met plastiek punte - benodig baie hoë spoed maar sal deurgaan soos Geno se voorbeeld met die 55gr Nosler BT.
Holpunt match tipe koeëls gaan deur teen n laer spoed as koeëls met plastiek punte.
FMJ militere tipe koeëls gaan weer makliker deur as HP koeëls.
Die heel slegste tipe koeël vir n ghong is jou gewone sagtepunt loodkoeëls waar die lood direk en eerste die ghong tref.
Jou 25-06 met gewone 87gr SP koeëls teen tussen 3300 en 3400ft/s is n baie slegte kombinasie vir ghongs. Jy moet hulle verder as 200m skiet.
Koper en brass monolitiese koeëls - dis byna onmoontlik om n ghong te beskadig.
Varmint tipe koeëls met plastiek punte - benodig baie hoë spoed maar sal deurgaan soos Geno se voorbeeld met die 55gr Nosler BT.
Holpunt match tipe koeëls gaan deur teen n laer spoed as koeëls met plastiek punte.
FMJ militere tipe koeëls gaan weer makliker deur as HP koeëls.
Die heel slegste tipe koeël vir n ghong is jou gewone sagtepunt loodkoeëls waar die lood direk en eerste die ghong tref.
Jou 25-06 met gewone 87gr SP koeëls teen tussen 3300 en 3400ft/s is n baie slegte kombinasie vir ghongs. Jy moet hulle verder as 200m skiet.
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Gong (VRN500) Ervaring
Hercules, dis 'n baie interessante observasie. Ek daar dink ek toe dat my gonge "onvernietigbaar" is. Gelukkig skiet my gunne nie so vinnig nie.

Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6973
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Gong (VRN500) Ervaring
Soliede Brass koeels selfs in 400 en 500gr op 100m maak niks aan 'n gong nie... Selfs gewone Bennox
Maar soos oom Hercules sê, die met lood in slaan vir hom hard...
Maar soos oom Hercules sê, die met lood in slaan vir hom hard...
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
- Wildjagter
- Sr. Member

- Posts: 264
- Joined: Mon Jan 14, 2013 9:28 am
Re: Gong (VRN500) Ervaring
Dankie vir die insette en ervaring deel. Sal alles in gedagte hou in die toekoms
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8011
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Gong (VRN500) Ervaring
Hierdie dink ek is 'n goeie geleentheid vir kompetisie ... wie kan op die vêrste afstand nog deur n 10mm VRN500 gong skiet 
Sent from my SM-G955F using Tapatalk

Sent from my SM-G955F using Tapatalk
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3079
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: Gong (VRN500) Ervaring
Wanneer gonge met plasma/laser gesny word word hulle seker warm genoeg om hulle hardheid te beinvloed?
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
-
Drenalinjunkie
- Hero Member

- Posts: 835
- Joined: Fri Mar 04, 2011 8:19 am
Re: Gong (VRN500) Ervaring
Negatief. Dit sal net die snypunt n klein bietjie beinvloed maar dis bitter min.Apie wrote: Thu Dec 10, 2020 10:49 am Wanneer gonge met plasma/laser gesny word word hulle seker warm genoeg om hulle hardheid te beinvloed?
Sent from my iPhone using Tapatalk
- Francoisv
- Hero Member

- Posts: 1616
- Joined: Wed Jan 01, 2014 10:39 pm
Re: Gong (VRN500) Ervaring
Skiet eerder 'gat in my gong as wat jy die ketting of band afskiet
2 daughters. Plenty guns.

2 daughters. Plenty guns.
Francois Vogel
- jankraay
- Hero Member

- Posts: 1898
- Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm
Re: Gong (VRN500) Ervaring
Hahaha nee wat hy loop heeltemal te stadig vir ditCapt. Oblivious wrote:Askies Jan, ekt daai slr bq warm gemaak daai dag
Sent from my iPhone using Tapatalk
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Gong (VRN500) Ervaring
KorrekHercules Louw wrote:In my ervaring speel beide die impak spoed en die materiaal van die koeël n rol in die skade wat aan n ghong gemaak word. Impak spoed speel die grootste rol. Massa van die koeël speel slegs n geringe rol.
Koper en brass monolitiese koeëls - dis byna onmoontlik om n ghong te beskadig.
Varmint tipe koeëls met plastiek punte - benodig baie hoë spoed maar sal deurgaan soos Geno se voorbeeld met die 55gr Nosler BT.
Holpunt match tipe koeëls gaan deur teen n laer spoed as koeëls met plastiek punte.
FMJ militere tipe koeëls gaan weer makliker deur as HP koeëls.
Die heel slegste tipe koeël vir n ghong is jou gewone sagtepunt loodkoeëls waar die lood direk en eerste die ghong tref.
Jou 25-06 met gewone 87gr SP koeëls teen tussen 3300 en 3400ft/s is n baie slegte kombinasie vir ghongs. Jy moet hulle verder as 200m skiet.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Gong (VRN500) Ervaring
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1394
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Gong (VRN500) Ervaring
Wag wag ek is nou bitter deurmekaar. Ek het altyd gedink monometaalkoeëls is die slegste vir die gonge want hulle is baie harder as sagte loodpuntkoeëls (en skiet boonop gewoonlik vinniger met dieselfde grootte omdat hulle ligter is)? Verder, party skietbane sê dan juis jy mag nie op hulle gonge skiet met monometaalkoeëls nie maar die jagters met hulle softnose jagpitte is welkom.
Waar het die verstaan dan verkeerd geloop?
Waar het die verstaan dan verkeerd geloop?
-
Andre308
- Hero Member

- Posts: 904
- Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am
Re: Gong (VRN500) Ervaring
Uit onkunde.Toxxyc wrote: Fri Dec 11, 2020 3:35 pm Wag wag ek is nou bitter deurmekaar. Ek het altyd gedink monometaalkoeëls is die slegste vir die gonge want hulle is baie harder as sagte loodpuntkoeëls (en skiet boonop gewoonlik vinniger met dieselfde grootte omdat hulle ligter is)? Verder, party skietbane sê dan juis jy mag nie op hulle gonge skiet met monometaalkoeëls nie maar die jagters met hulle softnose jagpitte is welkom.
Waar het die verstaan dan verkeerd geloop?
-
Hercules Louw
- Hero Member

- Posts: 891
- Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm
Re: Gong (VRN500) Ervaring
Indien foutiewe inligting genoegsaam herhaal word sonder om getoets te word, dan word dit later die waarheid.Toxxyc wrote: Fri Dec 11, 2020 3:35 pm Wag wag ek is nou bitter deurmekaar. Ek het altyd gedink monometaalkoeëls is die slegste vir die gonge want hulle is baie harder as sagte loodpuntkoeëls (en skiet boonop gewoonlik vinniger met dieselfde grootte omdat hulle ligter is)? Verder, party skietbane sê dan juis jy mag nie op hulle gonge skiet met monometaalkoeëls nie maar die jagters met hulle softnose jagpitte is welkom.
Waar het die verstaan dan verkeerd geloop?
Die vermoeë om staal te penetreer gaan eerstens oor die impakspoed, en tweedens oor die digtheid van die projektiel. Daarom word "depleted uranium" koeëls gebruik om pantservoertuie soos tenks mee te skiet - hulle digtheid is baie hoër as die van lood.
- Albertdwk
- Full Member

- Posts: 213
- Joined: Thu Nov 23, 2017 8:50 pm
Re: Gong (VRN500) Ervaring
Het ondervinding met die, dit maak wel 'n verskil. Het 'n batch gonge bestel. Die 50mm een op 200m amper deur geskiet. 6.5 teen 2850vps met monos. Net omdat my gat gekrap het, en ek 'n punt wou bewys die hardheid laat toets. Gong se hardheid het verskil tot by die senter waar hy die hardste was. Gevolg die hitte van die sny het die temper beïnvloed. Hul het toe vir my nuwes gesny, dink die eerstes was met plasma, en toe die nuwes met laser. Nou lui die klokke net as jy hul tref sonder om 'n krater te maak.Drenalinjunkie wrote:Negatief. Dit sal net die snypunt n klein bietjie beinvloed maar dis bitter min.Apie wrote: Thu Dec 10, 2020 10:49 am Wanneer gonge met plasma/laser gesny word word hulle seker warm genoeg om hulle hardheid te beinvloed?
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my SM-A307FN using Tapatalk
-
Drenalinjunkie
- Hero Member

- Posts: 835
- Joined: Fri Mar 04, 2011 8:19 am
Re: Gong (VRN500) Ervaring
Daar antwoord jy jouself. 50mm is darem maar bitter min materiaal om plasma cutting se hitte te hanteer. My verwysing is na grooter gonge van 200mm en op.Albertdwk wrote: Fri Dec 11, 2020 8:23 pmHet ondervinding met die, dit maak wel 'n verskil. Het 'n batch gonge bestel. Die 50mm een op 200m amper deur geskiet. 6.5 teen 2850vps met monos. Net omdat my gat gekrap het, en ek 'n punt wou bewys die hardheid laat toets. Gong se hardheid het verskil tot by die senter waar hy die hardste was. Gevolg die hitte van die sny het die temper beïnvloed. Hul het toe vir my nuwes gesny, dink die eerstes was met plasma, en toe die nuwes met laser. Nou lui die klokke net as jy hul tref sonder om 'n krater te maak.Drenalinjunkie wrote:Negatief. Dit sal net die snypunt n klein bietjie beinvloed maar dis bitter min.Apie wrote: Thu Dec 10, 2020 10:49 am Wanneer gonge met plasma/laser gesny word word hulle seker warm genoeg om hulle hardheid te beinvloed?
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my SM-A307FN using Tapatalk
Fibre laser is wel die beter opsie om te sny.
Wie het die hardheids toetse vir jou gedoen want ordentlike toetse kos aansienlik meer as wat n 50mm gongetjie kos.