Aansoeke inlees op stelsel

Post Reply
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1179
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Aansoeke inlees op stelsel

Post by Lourens »

More manne,

Ek moet 'n nuwe lisensie aansoek sowel as 'n tydelike lisensie aansoek indien by die Garsfontein DFO in Pretoria.
Dit is redelik dringend dat albei aansoeke op die stelsel ingelees moet word sodat die tydelike lisensie geproseseer kan word. Het enige een van julle raad oor hoe ek te werk kan gaan om die mense daar by Garsfontein te kry om sommer dadelik of baie spoedig my aansoeke in hulle rekenaars in te lees? Ek het gehoor baie ander manne kry dit reg met hulle DFO's al kos dit soms bietjie (lees heelwat) gatlek. Het egter nog nie gehoor hoe dinge daar by Garsfontein loop nie en dit sal nou die eerste keer wees wat ek daar indien sedert die DFO's so opgesplit het. Sal dit waardeer as iemand dalk vir my raad het en as iemand my dalk terugvoer kan gee oor hoe dinge loop daar by Garsfontein DFO?

Groete,
Lourens
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
Post Reply