Meer inligting rakende die "Owner's Choice" collars.
Die collars het ek oorspronklik begin maak slegs vir eie gebruik en met die tyd het ons navrae gekry en toe besluit om hulle op groot skaal te maak en beskikbaar te stel aan kleinvee boere.
Die collars is vervaardig van pvc in drie verskillende grotes nl. 125, 140 en 160mm.
'n Stel boudjie en moertjie laat toe vir 4 tot 5 verskillende grote verstellings aan die collar.
Geen verwerende dele aan die collar met 'n geraamde gebruikstyd van 10 tot 15 jaar afhangende van blootstelling aan direkte sonlig.
Collar se materiaal laat toe om daarop te skryf met "permanent marker" vir rekord doeleindes bv tweelinge ens.
Kleur is blou en opsigtelik in die veld indien lam sou vrek.(geen manier dat collar kan wegraak)
Die collar word op 'n ouderdom van +- 7 dae aan die lam gesit waarna dit vir 3 tot 4 keer verstel word alvorens die lam mark gereed is.
Die doel van die collar is om beskerming te bied aan die doodbyt area van ongediertes.
Lae beskermings koste per lam oor tydperk van gebruik.
Persoonlik gebruik ek die collars vanaf Augustus 2008 en my skaap boerdery laat toe dat aan ander fasette van die boerdery meer aandag gegee kan word. Die beheer en beperking van verliese het 'n dag en nag operasie geword en daarmee saam geweldig duur, die periode tussen skiet en weer skiet het oor die afgelope paar jaar al korter geword agv die toename in ongedierte getalle. Tradisionele kleinvee plase is omskep in wild en natuur reservate wat uiters geskik is vir die onbeheerde aanteel van ongediertes.
Op hierdie staduim het ons +- 7000 collars aan lammers waarvan 'n enkele lam vermoedelik deur 'n Rooikat gevang is. Ons moet ingedagte hou dat die Rooijakkals familie is van die hond en dat hy wel aan lammers kan byt. Die persentasie lammers wat verloor is (aan gebyt 13 lewendig gekry ,dood gekry met collar aan minder as 0.5% van +-7000 lammers) van die lammers kon van natuurlike oorsake gevrek het.
Soos in vorige "post" genoem is skiet ek jakkalse al vir die afgelope 23 jaar. Met die skietery het ons ongetwyfeld verliese afgebring maar nog nie tot 'n aanvaarbare vlak nie. Jakkalse word slimmer en normaalweg is hulle die wat die meeste skade aanrig en so het die gedagte agter die collar ontstaan.
Normaalweg skiet ek by myself in die omgewing van 30 tot 40 jakkalse per jaar. Oor die afgelope 11 maande is op die grond 6 geskiet, en jakkalse wat op hierdie staduim op die plaas kom en gaan +- 5 broeipare.
As 'n proeflopie het ons in 'n kamp 10 lammers se collars afgehaal en binne die eerste 2 nagte is 'n lam gevang.(foto is op forum)
Indien lammers op getalle boek sou kort en die lammers of collars word nie gekry moet na ander "jakkalse "
gekyk word (slegs met nodige gereedskap kan collars afgehaal word), en gewoonlik het daardie "jakkalse " nie baie tyd.
Ek wil geensins aanvoer dat die collar die alfa en omega is teen jakkalse , maar dat die collar sy doel dien in die stryd teen verliese is nie te betwyfel.
Indien enige kleinvee boer 'n jakkals skiet of laat skiet deur 'n professionele jakkalsjagter wat 'n beskermde lam sou vang is geen persoon of instansie by magte om vinger te wys.
Na my mening poog ons almal om elke boerdery vertakking tot die beste van ons vermoee te bestuur en dit mag nie nodig wees om agv ongediertes daar onder te ly nie.
Knou goggas af en beskerm diere
MEERKAT
DE WAAL NIGRINI
TEL 023 4161 683
[img]http://[/img]

[img]http://[/img]

[img]http://[/img]

[img]http://[/img]

[img]http://[/img]

[img]http://[/img]


