Nuwe Langafstand projek

User avatar
Alwyn
Hero Member
Hero Member
Posts: 730
Joined: Sun Jan 13, 2013 10:27 pm

Re: Nuwe Langafstand projek

Post by Alwyn »

Geluk Andre!!

Ek self het ook vir my n 338 kaliber aan mekaar laat sit 340 Weatherby....

Hoop om hom binne die volgende 2 maand op die pad tekry, eerste ronte dope is ge QL, nou net om tyd temaak om op die baan uit tekom

Geniet jou niewe geweer!!

Groete
Alwyn
Andre308
Hero Member
Hero Member
Posts: 904
Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am

Re: Nuwe Langafstand projek

Post by Andre308 »

Dankie aan julle.

Ja, soos julle nou sien het die projek tot op n punt gekom waar ek laas naweek by Tau gaan loop inbreek het.

Nou kom ek se dit maar reguit. Ek is een van die manne wat kan doen met n 10kg + verlies om die middel en le vas agter n gun.

My probleem egter is dat groot gun recoil nie vir my lekker is nie. As ek wil rond gestamp word, dan is daar goedkoper maniere om dit sommer by die local pub te gaan kry.

So ja. Ek het so n vrees gehad dat die kaliber teveel gun so wees vir my en dit ook die rede hoekom die brake lyk soos iets wat ek van n tank af gesteel het.

Die recoil is tans minder as die van n 308 wat sonder n silencer/brake skiet. Ek was aangenaam verras!.

Ek sal kom fotos plaas van alles sodra die ladings ook uitgesort is.

Groete
Andre
Andre308
Hero Member
Hero Member
Posts: 904
Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am

Re: Nuwe Langafstand projek

Post by Andre308 »

Soos belowe, hier is die detail nou.

Daar het so bietjie werk ingegaan tussen die dag wat ek die barreled action opgetel het by Geoffrey (toe ek my lisensies ontvang het) tot die dag wat geweer kon skiet.

My kolf het ek bestel as n semi-blank by Smoking guns, so daar was n bietjie inletting en modifikasies nodig om die groter profile loop daar te laat pas.
20200218_115647.jpg
20191107_154237_HDR.jpg
Die kolf het ook nie plek gehad vir die sneller en sneller beul nie, so nog n bietjie material is weg geneem om dit ook te maak pas. Die sneller beul het gesny uit die standard Howa bottom metal wat saam met die geweer gekom het.
20200218_091501.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Andre308 on Tue Mar 10, 2020 1:20 pm, edited 1 time in total.
Andre308
Hero Member
Hero Member
Posts: 904
Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am

Re: Nuwe Langafstand projek

Post by Andre308 »

20200218_111050.jpg
Oor die geweer nou sonder n bottom metal is, wou ek so bietjie van die voorste aksie skroef ook versterk, en het toe daar die volgende modifikasie gedoen:
20200220_134022.jpg
20200220_134050.jpg
Ek het net gevoel dat die "washer" die area van die torque so bietjie sal versprei...en dit lyk ook mooi.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Andre308
Hero Member
Hero Member
Posts: 904
Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am

Re: Nuwe Langafstand projek

Post by Andre308 »

Na al hierdie werke, het die aksie in die kolf gepas, maar toe tel ek n nuwe probleem op. Die kolf het so baie materiaal verloor en dit het nou genoeg flex in die kolf gesit dat die kolf voor aan die loop kan raak met minimale druk. Ek moes toe so bietjie planne maak. Die een opsie was om die gaping om die loop groter te maak en die ander opsie was om die kolf sterker te maak. Ek het vir die kolf sterker maak gegaan.

Kolf eers so bietjie oopgemaak:
20200220_152559.jpg
Daarna n stuk 5mm stainless flat bar gesny en geboor wat ek in die kolf wou vas skroef en plak met epoxy gom.
20200220_153808.jpg
Die stainless bar het ek so liggies gebuig, dat hy in die middle so 1mm in die lug was as mens hom op n plat oppervlak gesit het. Hy is toe vasgetrek en gegom om dan altyd n bietjie krag uit te oefen in die rigting weg van die loop af. Die 1 duim bedding wat ook onder die kamer deel van die loop ingaan het ook bo op hierdie stainless bar gegaan. Die resultate na die bedding werk was toe 100%. Daar is nou genoeg spasie en krag in die kolf om nie meer aan die loop te kan raak nie.
20200221_125243.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Andre308 on Tue Mar 10, 2020 1:22 pm, edited 1 time in total.
Andre308
Hero Member
Hero Member
Posts: 904
Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am

Re: Nuwe Langafstand projek

Post by Andre308 »

Die selfde tyd het het die muzzle brake ook gekom na sy porting deur n engineering winkel vir my gedoen is:
20200211_143207.jpg
20200211_143223.jpg
Die kleiner brake is een van die modelle wat ek en GerhardV so jaar of wat trug laat maak het. Ek skiet een op my 6.5mm Creedmoor. Hulle het so bietjie klein gelyk vir my, met die lang en swaar loop profile van hierdie geweer. Soos ook voorheen genoem, die vrees van recoil het ook n rol gespeel met die maak van die groter brake.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Andre308
Hero Member
Hero Member
Posts: 904
Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am

Re: Nuwe Langafstand projek

Post by Andre308 »

So is die geweer toe klaar.
20200218_180725.jpg
Ek is baie tevrede met die eind resultate van hierdie projek. My idee van die begin af was om n "arm man se 338 Lapua" te bou, en so goedkoop as moontlik te gaan met een voorwaarde...dat ek nerens skimp op enige iets wat akuraatheid kan inboet nie.

Die projek was maar soos huis bou. Die budget is so bietjie meer gerek as wat ek aanvanklik wou, maar ek is nogsteeds gelukkig.

Loop het ek ingebreek met 75gr S385 agter n 275gr Glider Rangemaster van Peregrine. Die spoed uit my 797mm loop het so rondom 2630 fps gelewer. Daarna het ek met VV N570 begin werk.

Daar is ek toe met die geweer en n lading van 92gr N570 no die XSSSA komp toe van die naweek wat nou verby is. Geweer se zero was op n bank gedoen, maar die hop en recoil van die vinniger N570 lading het my n idee gegee dat dit nie 100% gaan werk vir le en skiet nie. Dit saam met n koel waarvan ek glad nie weet wat die G7 BC is nie. Ek het maar net n BC van 0.42 in my strelok ingevoer as n begin punt

Dit was toe ook so gewees Saterdag. Ek het gaan skiet, maar darm so by baan 4 rond op n resep gekom van wat nodig is om die teiken raak te skiet.

Ek het al die data neer geskryf soos ons gegaan het, so behoort darm die "DOPE" te kan uitwerk waneer ek eers my 100meter zero uitgesort het in die le posisie.

Maar gelukkig is ek...BAIE gelukkig (as ek nie dink aan die R10 se VV N570 wat ek in die dop moet gooi nie).
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13619
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Nuwe Langafstand projek

Post by Capt. Yoda »

Baie netjies Andre, dit help as man handig is en bq toerusting het
As ek een voorstel kan maak, haal daai Harris af en koop vir jou n Sinclair Tactical bipod vir daai kaliber
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Andre308
Hero Member
Hero Member
Posts: 904
Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am

Re: Nuwe Langafstand projek

Post by Andre308 »

Dankie Cappie,

Ek wil darm ook net noem dat die 338RUM se dop volume op 112,5gr H2O gemeet is. Die kaliber is tussen die 338 Norma en die 338 Lapua se dop volume, maar nader aan die Lapua wat rondom 114/115gr is.

Dus is die werk verrigting van die 2 kalibers so naby aan mekaar dat daar maar min te kies is tussen die 2.

Die Howa aksie is wel n bietjie kort. ek moet die bolt release gebruik as ek n vol lengte gelaaide patroon wil extract met n TPL van 98.9mm, maar vir die skiet wat ek doen is dit glad nie n probleem vir my nie.

Groete
Andre
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Nuwe Langafstand projek

Post by ruaanb »

Welgedaan Andre, jy mag maar trots wees oor die roer!
Pinkes
Hero Member
Hero Member
Posts: 1229
Joined: Wed Jan 30, 2013 11:04 am

Re: Nuwe Langafstand projek

Post by Pinkes »

Baie geluk Andre. Ons manne hier geniet sulke threads baie!!
Pinkes
Hero Member
Hero Member
Posts: 1229
Joined: Wed Jan 30, 2013 11:04 am

Re: Nuwe Langafstand projek

Post by Pinkes »

Andre kan jy vir ons weer n update gee van die spoed ens wat die combo nou hardloop asb?
Andre308
Hero Member
Hero Member
Posts: 904
Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am

Re: Nuwe Langafstand projek

Post by Andre308 »

Middag Pinkes,

Ek het 350 van die Pregrines se 275gr Rangemaster koele deur sy loop gejaag met N570. Spoed daar was so 2980fps met hulle. Ek het nou maar die Peregrine koele eers gelos. Die grootste probleem met hulle is dat hy maak net so klein brass kleur kol op n gong, so dit is onmoontlik om jou impacts te spot op skoon geverfde gonge...veral op oranje kleur gonge.

Koele is maar skaars tans, en die wat daar is, is maar duur. Ek sou graag wou oorgaan na 300gr Berger OTM koele, maar hulle kos tans oor die R20 per koel. Scenars se BC is nie die sout werd nie.

Vir nou het ek n paar 250gr Berger OTM koele gekry. Al probleem met hulle is dat met max TPL is daar maar so 3mm greep op die koele. Ek het hulle nou met n 4.5mm jump gelaai.

Ek het 2 dae trug n paar toets ladings gaan skiet met die geweer om sy nuwe resep te kry. Ek het n ladder geskiet met H1000 kruit en die 250gr Bergers. Ladder was van 95gr tot 98gr. Spoed het begin by 3128fps vir die 95gr lading en geeindig by 3236fps met die 98gr lading.

Nodes lyk by 95gr -95.5gr en dan weer een net so by 98gr rond.

Ek het ook 5 skote van die selfde Bergers met die selfde TPL geskiet met 96gr IMR 7977. Wou maar kyk wat daardie kruit maak om my opsies oop te hou.(met die dat kruit nou so skaars is). Daar het ek n spoed van 3082fps gekry. Daardie 5 op 100meter geskiet, en 3 van die 5 skote se spoed was presies die selfde.

Ek skiet eerste naweek in Nov die Send It kompitisie hier in die Weskus, so glo ek gaan maar eers daardie IMR lading gooi oor hy nie baie tuning nodig het nie.

Ek sal seker oor Desember die H1000 ladings uitsort (nog n bietjie tpl speel) en sal dan maar die 95gr H1000 gooi.

My hoop is dat ons die nuwe 300gr Nosler RDF binnekort hier kan kry dat ek hulle ook n toets loop kan gee.

Groete
Andre
Pinkes
Hero Member
Hero Member
Posts: 1229
Joined: Wed Jan 30, 2013 11:04 am

Re: Nuwe Langafstand projek

Post by Pinkes »

Baie dankie.Dis baie interessant. Ja die punte is nou bitter duur!!! En n man wil nie n 338 met 250gr skiet nie,want dan begin jy die ballistiese voordeel verloor...+285gr punte is maar wat hy geskiet moet word!!

Hoe het die Peregrine punte se BC toe vergelyk met die waardes wat op hul website is? Wat is jou looplengte?
Andre308
Hero Member
Hero Member
Posts: 904
Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am

Re: Nuwe Langafstand projek

Post by Andre308 »

Pinkes,

So Peregrine het n G7 BC van 0.484 op hulle webtuiste gehad. Nie seker of hulle hom al verander het nie.

Ek het eers op n G7 BC van 0.412 geskiet vir n tyd. Dit het ok gewerk by ons xsssa waar 90% van die aftande tussen 600 en 900meter is en dit op n plek waar ons gereeld n DA bo 1200meter kry. Dit was eers toe ek begin dope uitsort vir anderkant 1200meter dat die ware syfers begin wys het. Ek het laaste geskiet met n G7 BC van so rondom 0.385 rond.

Ek moes ook met Strelok se multiple BC skiet aangesien die koel se BC erger verswak soos die spoed afneem as wat Strelok voorspel het waneer ek slegs met n enkel BC geskiet het.

Die Pregrine koele se BC van 0.385 is steeds nie sleg nie, maar ek glo nou baie sterk dat n 300gr Berger OTM/300gr Atips of die 285gr ELD-Mmaar die 338 se kos is. Prys is net baie rof op hierdie stadium.

Groete
Andre
Pinkes
Hero Member
Hero Member
Posts: 1229
Joined: Wed Jan 30, 2013 11:04 am

Re: Nuwe Langafstand projek

Post by Pinkes »

Baie dankie Andre.

Sjoe van 0.484 na 0.385. :): :): :):

Baie groot verskil
Post Reply