Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
1. maak seker jou aksie skroewe is vas en reg ge-torque
2. Doen die papier toets tussen die loop en kolf
3. Laat die kolf pak
4. Moenie dadleik na ander kolwe kyk nie
Hallo Klein Karoo, dankie. Geen manier dat n R10 noot eers tussen die kolf en loop gaan ingaan nie. Lyk amper of die radius van die “sloot” in die Klof te klein is en of die loop amper in hom in getrek word as jy die aksie skroewe vas draai.
Vat n besem stok met lekker growwe skuur papier omgedraai en skuur daai kanaal tot daar mooi spasie is vir jou loop. Dan kan jy nog altyd die aksie bed met steenvas en kyk hoe groepeer hy dan.
Hercules Louw wrote:Dit lyk of jy n varmint loop in n kolf het wat vir n dun loop bedoel is
Het ook gewonder of dit nie die geval is nie. Ek is noggal teleurgesteld in die plek waar ek die geweer gekoop het. Toe ek hom kry was die aksie skroewe los (eers na 40 rondtes agter gekom) scope was baie swak geboresight (20 skote om op papier te kom) en nou lyk dit regtig of dit die verkeerde kolf is.
Hy het nou al n bietjie gewerk, so my moed is maar min dat hulle hom gaan omruil.
Gee asb meer agtergrond:
1. Het jy die wapen nuut gekoop
2. Watse kaliber is dit
3. Die kolf kanaal lyk bietjie dun vir dukloop, maar kan ek kan verkeerd wees?
Ek het presies dieselfde geweer en my loop het ook die plastiek kolf geraak. Ek moes elke 20 rondtes die aksie skroewe vas draai want hulle het bly los kom. Hy sou 1 dag mooi skiet volgende keer orals waar ek nie wou he nie. Na 2 kwes bokke laas jaar het ek Euro Varmint kolf op gesit en nou sukkel ek nie meer nie. Die jaar 4 bokke gejag sonder probleme.
Thys, bel my Maandag dan sorteer ons jou uit.
Figjam sal getuig dat 'n man lag-lag tot anderkant 'n 1000 m kan kuier met daai einste kolf as hy bietjie getroetel is.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Gawie weet van die modifikasie van die voorlaai om dit stywer te maak. My oplossing was om 'n 1mm wasser voor by die aksie skroef in te sit. Dit lig die loop weg van die voorlaai. Speel bietjie en laat weet of dit help.
tripodmvr wrote: Sat Oct 24, 2020 6:17 pm
Gawie weet van die modifikasie van die voorlaai om dit stywer te maak. My oplossing was om 'n 1mm wasser voor by die aksie skroef in te sit. Dit lig die loop weg van die voorlaai. Speel bietjie en laat weet of dit help.
Dit klink te maklik maar maar dit werk.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
tripodmvr wrote:Gawie weet van die modifikasie van die voorlaai om dit stywer te maak. My oplossing was om 'n 1mm wasser voor by die aksie skroef in te sit. Dit lig die loop weg van die voorlaai. Speel bietjie en laat weet of dit help.
Dankie Oom, sal more toets en kyk of hy hom genoeg optel.
Is jou kolf al ge-pillarbed?
Ek weet van die Hogue kolwe het aluminium pilare in van die fabriek af, weet nie van die Howa s'n nie
Daai loop kanaal is te smal, Gawie sal kan help om oop te maak.
Die kolwe flex/buig maar redelik,veral as jy met bipod skiet en dit kan jou lekker rondneuk as jy nie bewus is daarop nie.
Gawie het daarvoor ook raad