Goeie more
Ek wil graag raad vra by die manne wat al langer aandag gee aan die meet van kamer lengtes, vervang van lope, ens.
Hoe vinnig brand die groewe in die keel weg? Dalk iets soos mm per x aantal skote.
Ek het n Sako .243 vir alle praktiese doeleindes splinter nuut gekry. So 5 jaar gelede die TPL met n Hornady AOL gauge gemeet op 71.4mm (90gr Nosler BT). Gisteraand meet ek toe weer die TPL en tot my skok sien ek dit is 74mm! Dus het 2.6mm van die groewe al weg gebrand.
Meer as 90% van die skote was 90gr BT met S365 teen ±3000fps.
In totaal het die geweer nou so 1500 skote deur die loop. Ek sal net moet bevestig hoeveel skote tussen die twee mates.
Wat was julle ervaring met die wegbrand van groewe in die keel?
Wegbrand van groewe
- Smitstertjies
- Hero Member

- Posts: 1988
- Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Re: Wegbrand van groewe
Ek het nou die dag my Dasher gemeet na 800 skote. 30 thou (0.8 mm) het weggebrand. Dit is met n matige lading van 32gr Varget agter n 105gr Berger.
Elke geweer gaan verskil.
Elke geweer gaan verskil.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13583
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Wegbrand van groewe
My laaste SLR se lands brand so 0.11mm weg per 100 skote op avg. Ek het die lading nou na 800 skote so 100fps gedrop en sal hom weer oor die naweek meet want ekt bou weer by n 100 geskiet vandat ek laas gemeet het
Eerste 700 skote was met 41.9gr N160 agter n 105gr VLD en n 108gr ELD word noy met 41.2gr N160 gestuur
My 243 Sako het hier van 1800skote af begin sukkel en net na 2000 gegaan maar ek het n vol dop 365 agter 95gr BTs en Bergers gebruik. Na n 1500 skote klink dit of daai 243 nog goed doen

A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1875
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Wegbrand van groewe
My 243 se vryboor het na 1500 skote met 4mm gerek. Na 2200 skote was dit 7mm en akkuraatheid het verdwyn.
Kamer is nou oorgesny en hy groepeer weer goed.
'n 223 of 308 toon gewoonlik geen meetbare keelerosie na 4000 skote.
Kamer is nou oorgesny en hy groepeer weer goed.
'n 223 of 308 toon gewoonlik geen meetbare keelerosie na 4000 skote.
-
Basie2
- Sr. Member

- Posts: 355
- Joined: Tue Dec 23, 2014 2:09 pm
Re: Wegbrand van groewe
Die hoë druk (60k) het verseker ‘n groot invloed op die wegbrand van die groewe, of sit ek die pot mis?
Ek het 250 skote deur 22/250 met 40gn @ 4224’. Het nou afgekom na 3950’ toe met 2de pak 250 punte. Bostaande werk vir my. (26’ loop)
Sent from my iPad using Tapatalk
Ek het 250 skote deur 22/250 met 40gn @ 4224’. Het nou afgekom na 3950’ toe met 2de pak 250 punte. Bostaande werk vir my. (26’ loop)
Sent from my iPad using Tapatalk
- jdpretorius
- Hero Member

- Posts: 2469
- Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Re: Wegbrand van groewe
Basie ek dink ook soos jy dat hoër druk vinniger weg brand. Kruit keuse is natuurlik die ander faktor want sommige kruit ontbrand warmer. Bv. met N560 het 400 skote 0.8 mm (as ek nou reg ontdou) beteken op n 338wm. S365 het gelyk of wel nie so warm brand nie.
Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Groete, Johan
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Wegbrand van groewe
Motorbande slyt ook af en daar is nie 'n resep om dit te bepaal nie. Aanvaar dat jou loop ook eendag gaan groet. Laer spoed (druk) en temperatuur speel egter hier 'n rol. Gaan kyk na formules wat manne al ontwikkel het.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1875
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Wegbrand van groewe
Dit klink logies, maar ek weet nie of dit al empiries bepaal kon word nie.Basie2 wrote: Fri Oct 16, 2020 9:21 pm Die hoë druk (60k) het verseker ‘n groot invloed op die wegbrand van die groewe, of sit ek die pot mis?
Ek het 250 skote deur 22/250 met 40gn @ 4224’. Het nou afgekom na 3950’ toe met 2de pak 250 punte. Bostaande werk vir my. (26’ loop)
Ek dink dit is die kruit wat die loop se staal opvreet, daarom hoe meer warm, brandende kruit korreltjies (deur dieselfde gat grootte) hoe meer die erosie. Die druk op sy eie maak waarskynlik min verskil, want die druk beweeg en erodeer nie.
- Jaco vdW
- Hero Member

- Posts: 698
- Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm
Re: Wegbrand van groewe
Dankie vir al die insette so ver.
Ek het die .243 in 2010 gekoop, en na sowat 650 skote die maks TPL gemeet op 71.4mm. Na nog 850 skote is die maks TPL 74mm. Dws n groei van so 2.6mm, of dan 0.3mm per 100 skote.
Ek gaan kyk om my lading aan te pas, en sê maar elke 100 skote weer TPL te meet.
Die oor sny van die kamer is defnitief ook n opsie voor ek die nagmerrie van n nuwe loop aanpak...
Lyk my die loop se einde kom dalk n bietjie vinnigger nader as wat ek gehoop het!!
Sent from my iPhone using Tapatalk
Ek het die .243 in 2010 gekoop, en na sowat 650 skote die maks TPL gemeet op 71.4mm. Na nog 850 skote is die maks TPL 74mm. Dws n groei van so 2.6mm, of dan 0.3mm per 100 skote.
Ek gaan kyk om my lading aan te pas, en sê maar elke 100 skote weer TPL te meet.
Die oor sny van die kamer is defnitief ook n opsie voor ek die nagmerrie van n nuwe loop aanpak...
Lyk my die loop se einde kom dalk n bietjie vinnigger nader as wat ek gehoop het!!
Sent from my iPhone using Tapatalk
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1875
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Wegbrand van groewe
Onthou net dat die verlenging van die maks TPL nie noodwendig teen 'n konstante tempo gebeur nie. 'n Meting van die erosietempo kan verander, of die lading nou dieselfde is of nie.Jaco vdW wrote: Sun Oct 18, 2020 1:47 pm Dankie vir al die insette so ver.
Ek het die .243 in 2010 gekoop, en na sowat 650 skote die maks TPL gemeet op 71.4mm. Na nog 850 skote is die maks TPL 74mm. Dws n groei van so 2.6mm, of dan 0.3mm per 100 skote.
Ek gaan kyk om my lading aan te pas, en sê maar elke 100 skote weer TPL te meet.
Die oor sny van die kamer is defnitief ook n opsie voor ek die nagmerrie van n nuwe loop aanpak...
Lyk my die loop se einde kom dalk n bietjie vinnigger nader as wat ek gehoop het!