Wie laai dalk 155gr ELD-M in .308?

Post Reply
Jacques.308
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 499
Joined: Sun Mar 15, 2015 10:25 am

Wie laai dalk 155gr ELD-M in .308?

Post by Jacques.308 »

Hi manne ek hoop dit gaan goed? Ek wil sommer net hoor wie laai dalk die bogenoemde punte in hulle .308 en wat is julle ervaring?

Groetnis

Sent from my SM-G960F using Tapatalk

User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Wie laai dalk 155gr ELD-M in .308?

Post by Gawie(13mm) »

Dagsê Jacques.
Jammer dat ek jou met 'n teen-vraag gaan antwoord, maar wat verwag jy van die spesifieke koeël en wat dal jou aanwending wees?
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Jacques.308
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 499
Joined: Sun Mar 15, 2015 10:25 am

Re: Wie laai dalk 155gr ELD-M in .308?

Post by Jacques.308 »

Gawie(13mm) wrote:Dagsê Jacques.
Jammer dat ek jou met 'n teen-vraag gaan antwoord, maar wat verwag jy van die spesifieke koeël en wat dal jou aanwending wees?
Gawie nie 'n probleem nie, ek was lekker haastig toe ek die vraag tik gestraand. Kry die manne redelik maklik n sweetspot vir hulle ladings? Na watse spoed kyk mens gemiddeld. En hoe vaar hulle met jag?

Sent from my SM-G960F using Tapatalk

User avatar
Gideon S
Full Member
Full Member
Posts: 208
Joined: Tue Jun 23, 2015 2:40 pm

Re: Wie laai dalk 155gr ELD-M in .308?

Post by Gideon S »

More Jacques, ek skiet die 155gr ELDM's in 'n Tikka CTR 308Win met 663mm 10" twist loop, en is heel tevrede vir baanwerk op korter afstande tot 300m. Myne werk mooi met BR2, 44.7gr N140, met TPL van 70.0mm vir spoed van 2830fps. Veilige lading met druk rondom 55KPsi.
Die 308 is ook my stapjag geweer en dan gebruik ek eerder 150gr Nosler BT's vir beter resultate. Het een maal blesbok met ELD-M geskiet wat skouerbeen getref het en skade was beduidend met lood en koper stukkies oral versprei - kon seker my swak skootplasing gewees het maar ek het besluit om eerder nie weer met die ELD-M na wild te skiet nie.
Groete, Gideon
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Wie laai dalk 155gr ELD-M in .308?

Post by Gawie(13mm) »

Jacques, ek sou nie sommer die spesifieke koeël aanbeveel vir bosveld jag nie. Die mantel is dunner as die SST of Interbond s'n. Dws vinnige skote op kort afstande nie. Kop en hoë nekskote, beteken jy moet stil wees op die stokke. Verder as 150m agter die blad gaan hy mooi opmaak, maar indien hy 'n rib skuins tref, gaan jy dalk lood in jou wors kry.
Ek het al 'n paar ladings vir manne uitgewerk met baie dieselfde kombinasie as Gideon s'n. Jy moet asseblief onthou dat 2800 vps slegs uit 'n 24 duim of langer loop moontlik is. Indien jou geweer 'n 22 duim loop het, sou ek eerder na 'n 165 grein SST of Interbond kyk wat bekostigbaarheid aanbetref. Node spoed met 'n 22 duim loop is maar 50 vps vinniger met 'n 155 grein koeël as met die 165 greiners.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Jacques.308
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 499
Joined: Sun Mar 15, 2015 10:25 am

Re: Wie laai dalk 155gr ELD-M in .308?

Post by Jacques.308 »

Gawie(13mm) wrote:Jacques, ek sou nie sommer die spesifieke koeël aanbeveel vir bosveld jag nie. Die mantel is dunner as die SST of Interbond s'n. Dws vinnige skote op kort afstande nie. Kop en hoë nekskote, beteken jy moet stil wees op die stokke. Verder as 150m agter die blad gaan hy mooi opmaak, maar indien hy 'n rib skuins tref, gaan jy dalk lood in jou wors kry.
Ek het al 'n paar ladings vir manne uitgewerk met baie dieselfde kombinasie as Gideon s'n. Jy moet asseblief onthou dat 2800 vps slegs uit 'n 24 duim of langer loop moontlik is. Indien jou geweer 'n 22 duim loop het, sou ek eerder na 'n 165 grein SST of Interbond kyk wat bekostigbaarheid aanbetref. Node spoed met 'n 22 duim loop is maar 50 vps vinniger met 'n 155 grein koeël as met die 165 greiners.
Dankie Gawie dis vir 'n 26 duim loop en skote sal meestel 100 tot 500 meter wees.

Ek het altyd die 130gr ELD-M in my 6.5 gelaai met baie goeie resultate jag gewys.

Maar baie dankie vir jou insette ek gaan nog eers bietjie oor dit dink

Sent from my SM-G960F using Tapatalk

User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2961
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Wie laai dalk 155gr ELD-M in .308?

Post by Lategan1 »

Hiermee kommentaar oor die ELDX op longrangehunting. My ervaring stem ooreen. Op vorige drade het ek daarna verwys en geen soorgelyke ervaring en opinie op Jaracal gekry nie. Dalk nog te min jagters wat dit gebruik. My slagter het 5kg bloedvleis van 21kg karkas uitgegooi. Alle ander skote tot op 220m, kop en lyf, het soos ontploffing gelyk soos die Amerikaner hieronder beskryf.

Ek stem saam Gawie oor die ELDM, wat nog sagter is as die ELDX. My ervaring en opinie is dat ELDX vir bo 400m jag bedoel is. Dit teen MV = 2910vps. Maak dus seker oor die ELDM. Totdat ek verkeerd bewys word.

Beste.

In my 6.5's the ELDX is a very accurate disaster. Recovered bullets in the dirt bank behind my 100yd target. Barnes 'TSX still weigh what they weigh before shooting. . Noslerr partition still intact from the partition back. Nosler AB retained more weight than the partition. ElDX , bits & pieces. Yes dirt is hard on a bullet but so are elk bones. A deer I shot a week or so back with the Hornady bullet had massive amounts of blood shot meat in the right front shoulder & the shoulder it self was not hit but a rib right by it was. Looked like an explosion went off. Blood shot meat from the base of the neck to 8" back on the ribs from the shoulder. Lost 80% of that front shoulder. It did kill the deer. My observation is that this bullet should only be used on rib cage shots. Understand the ELDX is just a C&C bullet with a tricky name. Nothing magic about this bullet. Just the magic of a tricky name selling something..
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13651
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Wie laai dalk 155gr ELD-M in .308?

Post by Capt. Yoda »

As jy met n n match/varmint koel n bok op die blad wil skiet moet jy maar leer, as jy dit hier op 300m gaan doen gaan jy vinnig moet leer
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Jacques.308
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 499
Joined: Sun Mar 15, 2015 10:25 am

Re: Wie laai dalk 155gr ELD-M in .308?

Post by Jacques.308 »

Gideon S wrote:More Jacques, ek skiet die 155gr ELDM's in 'n Tikka CTR 308Win met 663mm 10" twist loop, en is heel tevrede vir baanwerk op korter afstande tot 300m. Myne werk mooi met BR2, 44.7gr N140, met TPL van 70.0mm vir spoed van 2830fps. Veilige lading met druk rondom 55KPsi.
Die 308 is ook my stapjag geweer en dan gebruik ek eerder 150gr Nosler BT's vir beter resultate. Het een maal blesbok met ELD-M geskiet wat skouerbeen getref het en skade was beduidend met lood en koper stukkies oral versprei - kon seker my swak skootplasing gewees het maar ek het besluit om eerder nie weer met die ELD-M na wild te skiet nie.
Groete, Gideon
Hi Gideon waarom sê jy tot en met 300m ? Pla die wind na 300m of maak jou groepe oop?

Sent from my SM-G960F using Tapatalk

Kaalvoetthysie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 253
Joined: Sat Nov 04, 2017 12:13 pm

Re: Wie laai dalk 155gr ELD-M in .308?

Post by Kaalvoetthysie »

More Jacques,

Ek sal verseker nie die ElD-M voorstel vir jag nie. Die naam sê dit alles, die M is vir Match. Dis n punt wat ontwerp is vir hoë akkuraatheid op die baan. Daar is ouens wat met dit jag, en sukses behaal, maar dis nie waarvoor dit ontwerp is nie.

As jy net tot op 300m en veral meer bosveld afstande gaan jag sal ek jou veel eerder aanraai om n jag punt te gebruik. Behalwe vir vleis skade sit jy ook met die risiko om n bok te verloor op n marginale skoot. n Match punt kan ontplof teen n been en nie penetreer tot by die “vitals” nie.

Sent from my iPhone using Tapatalk
Jacques.308
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 499
Joined: Sun Mar 15, 2015 10:25 am

Re: Wie laai dalk 155gr ELD-M in .308?

Post by Jacques.308 »

Kaalvoetthysie wrote:More Jacques,

Dankie ek gaan hom nie laai vir jag nie hy gaan maar baan toe, gaan SST laai vir jag

Sent from my SM-G960F using Tapatalk

User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13651
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Wie laai dalk 155gr ELD-M in .308?

Post by Capt. Yoda »

Ek het n taamlike groot blesbok met n 108gr ELDM op 660 of iets geskiet die jaar en die skoot was seker n duim te ver regs en waar ek hom net agter die blad wou skiet is hy net net op die blad in en uit op die ander blad.
Al 2 die blaaie is daar op die plaas af gesny en weg gegooi, die bok het sonder sy 2 blaaie 43kg geweeg so was nie n klein bok nie en daai eld het daai blaaie uit mekaar geruk selfs op daai afstand. Agter die blad werk daai koel bitter mooi en natuurlik in die kop is hy numba 1, vir ver skiet sal ek hulle bly gebruik op wild hulle sit n bok baie vinnig neer al kan jy dalk n bq vleis mors, op die ander kant van die munt het my suen een net so oor die 600 geskiet en glad nie n groot been getref nie en die vleis skade was baie min gewees. n Ruk voor dit het ek een getoets op n blessie op so 350m en hom mooi agter die blad geskiet waar die boog manne n bok skiet en ek dink nie eers daar was 100gram se vleis wat gemors was nie maar oor die algemeen is dit nie n koel vir manne wat verkies om n bok op die blad te skiet nie, ek sal nie bang wees dat hulle nie die vitals sal raak nie want self tot anderkant 600m kon ek nie n koel of stuk lood herwin nie maar hulle maak baie skade as jy iets hard tref
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Jacques.308
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 499
Joined: Sun Mar 15, 2015 10:25 am

Re: Wie laai dalk 155gr ELD-M in .308?

Post by Jacques.308 »

Capt. Oblivious wrote:Ek het n taamlike groot blesbok met n 108gr ELDM op 660 of iets geskiet die jaar en die skoot was seker n duim te ver regs en waar ek hom net agter die blad wou skiet is hy net net op die blad in en uit op die ander blad.
Al 2 die blaaie is daar op die plaas af gesny en weg gegooi, die bok het sonder sy 2 blaaie 43kg geweeg so was nie n klein bok nie en daai eld het daai blaaie uit mekaar geruk selfs op daai afstand. Agter die blad werk daai koel bitter mooi en natuurlik in die kop is hy numba 1, vir ver skiet sal ek hulle bly gebruik op wild hulle sit n bok baie vinnig neer al kan jy dalk n bq vleis mors, op die ander kant van die munt het my suen een net so oor die 600 geskiet en glad nie n groot been getref nie en die vleis skade was baie min gewees. n Ruk voor dit het ek een getoets op n blessie op so 350m en hom mooi agter die blad geskiet waar die boog manne n bok skiet en ek dink nie eers daar was 100gram se vleis wat gemors was nie maar oor die algemeen is dit nie n koel vir manne wat verkies om n bok op die blad te skiet nie, ek sal nie bang wees dat hulle nie die vitals sal raak nie want self tot anderkant 600m kon ek nie n koel of stuk lood herwin nie maar hulle maak baie skade as jy iets hard tref
Ek skiet al bokke uit vir die afgelope 2 jaar met 73gr ELD-M en vir kopskote voel ek daars nie n beter punt nie, laasjaar 7 manne uitgevat wat almal blesbokke agter die blad geskiet het met bitter min vleisskade. Maar een man het met my 6.5 en die 130 gr ELD-M been raak geskiet en dit was maar n lelike hoeveelheid vleisskade.

Wat ek van die ELD-M sover in my ander kalibers hou is ekt nog nooit gesukkel om hulle aan die skiet te kry nie

Sent from my SM-G960F using Tapatalk

User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13651
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Wie laai dalk 155gr ELD-M in .308?

Post by Capt. Yoda »

Ja dis n baie lekker koel, soos my Bergers klaar raak in my ander kalibers sal hulle ook oor skuif ELD's toe
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Post Reply