Ek het n 308 projek in my kop, op die oomblik lyk my huidige 308 soos volg:
Howa 308 Bull Barrel 24 dui,
Gunwarrior Gen 5 chassis
Vortex Pst Gen 2
Recoil Reaper Silencer
Soos die roer daarbo is kom ek nou uit by 1020m met 150 Sierra Gamekings, het nou oorgeslaan na Lapua 167gn Scenars om te probeer uitkom by 1300m, ek gebruik dit nou slegs vir lang afstand skiet, neem nie deel aan Langafstand / PRS kompetisies nie, maar wel veldskiet kompetisies.
Probleem is dit was n baie lekker jag geweer, maar nou voel dit vir my net te lomp en groot in die veld om mee te jag, asook nie geskik vir veldskiet kompetisies nie weens gewig, balans ens.
So lees ek en kom op n n paar interessante videos af waar die manne met 16.5 duim en 20 duim lope heel goed oor die wegkom, daar word gepraat van 1000 yards, al verloor jy spoed.
So hier is die idee waarmee ek sit:
Opsie 1:
Sny die loop na 16.5 of 20 "
Sit n reflex silencer op
Opsie 2:
Koop n nuwe Howa 308 Varminter 20 duim en hou dit standaard vir jag en veldskiet.
Opsie 3
Gebruik my 375 Ruger vir beide jag en veldskiet.
Onder is n foto van wat ek in gedagte het om te doen:

Dankie manne.




