Swartkruit geweer?

Post Reply
RevA
Full Member
Full Member
Posts: 149
Joined: Sun Feb 04, 2018 9:10 pm

Swartkruit geweer?

Post by RevA »

Hi,

Ek wil graag uitvind of 'n swartkruit geweer sinvol is? Is dit 'n geweer wat mens vir iets sal gebruik, of is dit 'n baie oulike safe queen?
Groete Andreas
  • 6.5x55 Howa M1500
    Rossi 357 mag
    Bsa Sportsman ten .22
    22lr Burgo revolver
    6.5 Creedmoor Howa
    12 Boor Mossberg 500
Silwer
Full Member
Full Member
Posts: 136
Joined: Thu May 14, 2015 11:30 am

Re: Swartkruit geweer?

Post by Silwer »

Ek het 'n traditions woodsman .50 cal. Dit was my eerste roer wat ek gekoop het toe ek in matriek was aangesien voorlaaiers nie lisensies nodig het nie. Ek het heelwat met myne geskiet en kan dink dat 'n man wat van 'n uitdaging hou so nou en dan 'n loop en bekruip jag kan aanpak. Vandat sannadex nie meer so volop is nie skiet ek selde met myne. Daar is nuwe kruite beskikbaar, maar dit is nie altyd so maklik bekombaar nie.

Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk

Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2157
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Swartkruit geweer?

Post by Ds J »

Ek ken enkele swartkruit-eienaars, en ook n paar manne wat hulle voorlaaier bo hulle gewone roere verkies. Dit is amper n leefstyl, en n baie toegewyde stokperdjie.

Die meeste voorlaaierskuts skiet nie so ver soos die nitro-jagtes nie. Dit sê egter nie dat die swartkruitgewere nie werk nie. Reken self: n 430gr koeël teen 1200 of 1600 vps stamp regtig hard.
User avatar
JJV
Hero Member
Hero Member
Posts: 770
Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am

Re: Swartkruit geweer?

Post by JJV »

Ek het my Pedersoli 12ga haelgeweer verkoop want kruit het skaars geraak, het nog met duur Wano geskiet. Ek het ook redelik moeite gehad om plofstofpermit te kry. Dit moet iets wees wat jy regtig wil doen, want dit is baie admin en moeite. Ek het gehoor daar was nuwe swartkruit maker in Rustenburg,maar nooit probeer nie. So vind eers uit of jy swartkruit kan kry en die prys. JJ


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3126
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Swartkruit geweer?

Post by LUAN »

Ek het nog altyd my 50cal inline voorlaaier. Skiet n 300gr xtp teen so 1900fps. Kan n scope ook vat. Kan verder jag met hom as n boog en dis wat my getrek het om een te kry. Om n duim groepering op 100m te skiet met hom is glad nie onmoontlik. Hom jare laas geskiet agv die kruit storie. Eers het jy net n swartkruit permit nodig gehad wat jy binne 2 weke kon kry. Nou moet jy ook competency kry vir die goed.

User avatar
Askari
Hero Member
Hero Member
Posts: 714
Joined: Wed Sep 04, 2013 9:56 am

Re: Swartkruit geweer?

Post by Askari »

Ek het nog 'n hele paar voorlaaiers en jag nog gereeld met hulle. Dit is egter 'n "heel ander ball game" en baie toewyding is nodig. Gelukkig hou ek van sukkel.... 🤪
Gooi lood!!!!
Post Reply