Goeie middag,
Ek wil bietjie raad vra.
Ek het 'n geweer in 2019 gekoop, ek het geweet daar is bietjie van 'n wagtyd met die SAP 350 en was okay daarmee.
Dit het so 8 of 9 maande gevat vir die geweer om van import stock na dealer stock te gaan.
Daarna was DFO met verlof, en toe ek die aansoek kan ingee begin die lockdown en het niks gebeur nie. Laas week bel die DFO my en vertel my die geweer is op dealerstock, maar dat hy nie geregistreer is op die stelsel nie, hy dink die 350 is nooit vir hoofkantoor deur die handelaar gestuur nie.
Vandag gaan ek na die DFO om van daar te bel, sodat hy met die handelaar kan gesels as hul nie verstaan wat die probleem is. Die handelaar belowe om die 350 nou vir hoofkantoor te stuur.
Moet ek hulle nou 'n redelike tyd daarvoor gee, of moet ek my geld gaan terugvra?
Raad oor geweer wat se proses sloer
-
RevA
- Full Member

- Posts: 149
- Joined: Sun Feb 04, 2018 9:10 pm
Raad oor geweer wat se proses sloer
Groete Andreas
- 6.5x55 Howa M1500
Rossi 357 mag
Bsa Sportsman ten .22
22lr Burgo revolver
6.5 Creedmoor Howa
12 Boor Mossberg 500
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13583
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Raad oor geweer wat se proses sloer
Vra jou geld terug
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Malan123
- Hero Member

- Posts: 2128
- Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm
Re: Raad oor geweer wat se proses sloer
Ek stem. Vra jou geld terug
-
Landcruiserman
- Newbie

- Posts: 45
- Joined: Wed Sep 07, 2016 3:39 pm
Re: Raad oor geweer wat se proses sloer
Welkom by die klub! Ek het self so 'n stelletjie afgetrap - amper 2 jaar gewag vir my papierwerk om deur te gaan... Soos ek verstaan moet die handelaars volgens wet elke maand hulle "stock" deur stuur met SAPS 350 vir dit wat nog nie op hulle naam is nie (Hulle mag eintlik eers verkoop as dit van die invoerder oorgeplaas is op hulle naam as handelaar) Die handelaars is onlangs bemagtig om self die dokumentasie te verwerk as ek reg is. Dinge behoort dus baie vinniger te gaan nou. Jy moet net hoop die detail is reg gelaai... ek het gesukkel met 'n verkeerde beskrywing van 'n .22 se slotmeganisme - gelukkig het my DFO dit oorgesien!
-
RevA
- Full Member

- Posts: 149
- Joined: Sun Feb 04, 2018 9:10 pm
Re: Raad oor geweer wat se proses sloer
Ek het vanoggend die SMS gekry dat my aansoek by provinsiaal is, so nou voel ek al 'n bietjie beter! Ek hoop net daar is nie nog haakplekke nie, die geweer sou die jaar Junie vir 'n jag gebruik word (seker een van die min kere wat ek iets het waar die lockdown voordelig is).Landcruiserman wrote: Thu Aug 06, 2020 2:12 am Welkom by die klub! Ek het self so 'n stelletjie afgetrap - amper 2 jaar gewag vir my papierwerk om deur te gaan... Soos ek verstaan moet die handelaars volgens wet elke maand hulle "stock" deur stuur met SAPS 350 vir dit wat nog nie op hulle naam is nie (Hulle mag eintlik eers verkoop as dit van die invoerder oorgeplaas is op hulle naam as handelaar) Die handelaars is onlangs bemagtig om self die dokumentasie te verwerk as ek reg is. Dinge behoort dus baie vinniger te gaan nou. Jy moet net hoop die detail is reg gelaai... ek het gesukkel met 'n verkeerde beskrywing van 'n .22 se slotmeganisme - gelukkig het my DFO dit oorgesien!
Groete Andreas
- 6.5x55 Howa M1500
Rossi 357 mag
Bsa Sportsman ten .22
22lr Burgo revolver
6.5 Creedmoor Howa
12 Boor Mossberg 500

