Nog n klomp stupeds in die States

Post Reply
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13641
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Nog n klomp stupeds in die States

Post by Capt. Yoda »

Met al Oom Cyrel se planne het meeste van ons jagte in die vroe covid lockdown hul alie gesien maar ons kon darem die naweek met al die permitte n draai in die Vrystaat gaan maak.

Image

Vrydag net na 2 is ek en my laaitie uit JHB uit na Frans toe om n naweek op Verkykerskop te spandeur, Stompe het so net na 3 rigting geky en ons sou mekaar net na 6 op die plaas sien. Pad was lekker stil met die laat die manne seker maar bang is vir ver ry so ons kon vinnig die 300km after die rug kry, die aand was maar koud daar in die Vrystaat maar ons het n mooi vuur gemaak en kon darem iets geniet om te help met die koue.

Image

Saterdag ogend vroeg vroeg het Jacques bq gaan fiets ry in die berge en kennis gemaak met Frans se nuwe Emu,die man is nogals bitter hardegat en jaag al wat lewe, van Zebra tot springbok en hier teen 3uur Saterdag middag was ek al bitter lus om die voel met n 108gr ELD die ewigheid in te stuur as hy so kop om laag tussen die bokke in hardloop.

Almal was lekker vroeg op so ons het tyd gehad om bq te speel, Frans het sy bitter mooi .22 Mausertjie uit gehaal en ons het somer so met die oop versier op die stoep gesit en blikkies op 100m geskiet, regtig n bitter akurate klein roer daai.

Image

Na Jacques sy atleet klere geruil het vir n jag pakkie en gou vir ons n eier en bacon gebou het het ons af gesit na die gong baan toe om seker te maak alles is reg vir die jag, van die eerste skoot uit sy Dasher was alles op kol gewees en na ons gou n paar groepe op 450m met die SLR en 243AI ook geskiet het was ons reg vir die koppies agter op die Cruiser.

Die bokke onder in die plaas was woelig met die voel wat agter hulle aan hardloop heeltyd so ons het besluit om bo in die berg in te ry en te kyk of ons nie n bq verder skoot vir my kan kry as die bokke onder in een van die panne staan nie. Met n bq van n gestamp en n gestoot het ons n bitter lekker plat stukkie aarde gekry met n span van 5 blessie wat onder in die pan gestaan en tan het. Ons het besluit op n mooi ram wat presies op 650m gestaan het, die wind het lekker gewoel bo in die berg met gust van tot 16mph maar met Stompe op die windmeter was alles onder beheer. Ons het vroeg op die gong baan al gesien die wind stoot na sy max gust van 16mph toe en val dan terug na 6 tot 8mph en dan as jy voel die gust kom bly die wind vir n paar sekondes mooi konstant op 10mph so het daar al gesien 10mph is n goeie wind call as jy die gust mooi reg lees.

Image

Image

Met die nodige data in die scope in gedraai het ek net gewag laat die bok mooi dwars draai en dan laat jacques die groen lig gee vir die wind, die bok het mooi gedraai en toe hy stil staan se Jacques "gooi". Skoot het mooi gebreek en deur die scope kon ek sien hoe die ELDm hom mooi in die middel van die blad slaan en anderkant uit is. Bok het gespring gedraai en geval met so laaste 2 of 3 skoppe.

Met die af ry het n trop RHBe teen die kant van die berg af gehardloop en ons het besluit om gou te kyk of daar nie een van Frans se mooi bulle in die trop is nie, so 5min se deur kyk en ons het n mooi bul raak gesien en Jacques het gevra ons moet gou by die Leica hoor hoe ver die ou staan.
Afstand was presies 450m en toe die bul mooi agter die koeie uit stap het Jacques gese ons moet wind vat, ek het hom gese om vir daai 10mph te stel en te wag vir my call. Stompe het net die slot toe gedruk toe se ek hom hier kom die gust maak reg, nie 2 sekondes later nie te tref die 105gr RDF die RHB bul mooi stuif en laag agter die blad, die bul het daar met n spoed weg getrek maar nie 10m vernder kop eerste in die stof in geduik.

Die 2 bokke het toe somer lekker naby aan mekaar gele

Image

Na ons die 2 af gelaai het was dit tyd vir die kleinman om ook n hou te gooi, dit was nie te lank nie toe kom die blessies weer so al langs die rand af gehardloop in daai gekende blesbok draf. Toe hulle vas steek was die knaap klaar reg met die 243AI en toe Frans daar voor uit die cab 330 skree het ons so vinnig aan die turret gedraai en vir hom gese om te gooi. Die Vmax het die blessie so 2 duim onder die kop getref en die bok het net daar geval sonder om te weet wat gebeur het.

Image

Na ons die bok gelaai het het ons weer n end agter hulle aan gery om te kyk of ons nie nog n blessie kan laai nie, die bokke het nou al verstaan wat die Cruiser met die lang goed agter op beteken en het begin hastig raak maar na n end kon ons toe nog n blessie kry wat wil saam speel. Ewaldt het hom met Jacques se 6 Dasher op 300m geskiet maar die wind het daai RDF dalk net n raps te veel gedruk en die bok net net te laag op die kop getref, natuurlik het hy n goeie stuk in die lug in gespring en toe sy hardloop skoene aan getrek. Die lat was baie bekaf laat hy die beok gekwes het maar toe Jacques vir hom se jy kwes n bok as hy in die veld bly het hy beter gevoel en toe die blessie begin rustig raak het sy gesig weer bq beter begin lyk. Die bok wou verstaanbaar nie staan vir n skoot nie en die jongman vat n tydjie om rustig en gemaklik te raak en toe hy die 2de keer nie staan nie toe se ek vir Stompe om hom n Vmax voor die kop te gee as hy weer staan, met die volgende draai toe ons die Cruiser se kop oor die rand stoot toe staan die bok op so 270m en nog voor die engine af gesit was toe klap die 87gr Vmax vas voor op die bok se kop.

Gou die bok gelaai en oppad terug teen n rand af toe staan daar n trop RHBe, na die gesukkel met die blessie het Jacques gese hy gaan somer gou sy RHB koei ook vat dan laat die manne hulle kan slag dan kan ons nog n draai kom ry en kyk of ons nie n Blessie kan kry vir Ewaldt nie.

Op 370m het daar n mooi koei uit gestap en alleen so end weg gaan staan, ons was almal gelukkig dat sy nie n kalf gehad het nie en Jacuques het die 105gr RDF stuif agter die blad in gesit, die hoek was baie skerp maar toe die skoot klap het die koei so vinnige 30m dash af teen die berg gehad en net daar onder om geval en vir ons gewag.

Kla gelaai en by die slagkamer af gelaai was dit al laat middag en ons besluit toe om gou n cooler te pak en bo op die berg te gaan braai.
Ons het rustig gery en gekyk vir iets wat rustig staan vir die jongman maar die bokke wou nie saam speel nie. Ek wou kyk om nog n bok bq verder te skiet en toe ons bo op die berg was waar ons wou braai was daar n troppie bokke so op 600m, die wind was bitter mooi en die bokke baie rustig. Ek het net gele en gestel toe vra my laaitie of hy nie kan skiet nie. Hy skiet baie Springbok gonge op 600 en 700m en van sy maag af weet ek hy skiet bitter goed en besluit toe om hom die kans te gee, met die wind wat stil is was ek seker hy sal reg wees. Die bokke het na n ruk mooi op 630m gestaan en was heel onbewus van ons gewees. Frans het mooi gesit en Coach en ek en Jacques het die afstand en wind mooi dop gehou, toe die skoot klap toe val die bok net daar maar spring toe op en struikel so half teen die kop af, ek en Frans en die lat het gou in die Cruiser gespring om by die bok uit te kom voor dinge deurmekaar raak. Al sukkelend teen die berg af kom ons toe waar die bok gestaan het maar sien niks en begin toe al teen die berg af werk opsoen na die bok. Dit het ons n hele rukkie gevat om die bok te kry maar ons het half aan die verkeerde kant van die berg gesoek want ons het die res van die bokke gevolg na die skoot.

Skoot was dalk n raps te hoog agv die skerp hoek maar mooi in die middel van die blad, met die stop het sy nog so skop gegee toe skiet Ewaldt ha agter die kop met n Vmax net om seker te maak daar is nie nog verassings nie en die bok was agter op die Cruiser oppad slag plek toe.

Image


En dit is hoe ons die Saterdag toe af gesluit het

Image
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1286
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm

Re: Nog n klomp stupeds in die States

Post by Riaan Kriel »

Lekker man, dankie vir die mooi beskryf en vertel.. Geluk ook aan die jong manne met hulle mooi skote
User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 1018
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm

Re: Nog n klomp stupeds in die States

Post by Plaashaas »

"Powerade" en pink tonic..... lekker man. Geluk aan die skuts.
User avatar
Gian_dP
Hero Member
Hero Member
Posts: 1618
Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm

Re: Nog n klomp stupeds in die States

Post by Gian_dP »

Dankie vir die lekker storie, net wat ek nodig het om van Maandag "blues" ontslae te raak. Mooi geskiet manne!

Sent from my SM-G973F using Tapatalk

_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7571
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Nog n klomp stupeds in die States

Post by Wouter Roets »

Lekker Cappie en Kie! Geluk manne. Dankie vir die lekker vertel en storie so op die Maandag.
User avatar
Methos
Hero Member
Hero Member
Posts: 582
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Re: Nog n klomp stupeds in die States

Post by Methos »

Toe ek die opskrif sien dog ek dit gaan oor nog betogers in Amerika ;)

Lekker man!
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Nog n klomp stupeds in die States

Post by Marc »

Welgedaan manne
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Mellies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1996
Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm

Re: Nog n klomp stupeds in die States

Post by Mellies »

Mooi gegooi en lekker gelees, dankie.

Met `n vleisie...
User avatar
wynis
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 422
Joined: Mon Oct 01, 2018 7:31 am

Re: Nog n klomp stupeds in die States

Post by wynis »

Julle manne het mooi gemaak op die vlaktes. Dankie vir die storie deel!


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Nog n klomp stupeds in die States

Post by ruaanb »

Lekker julle jy vertel darem so mooi ou stuped
User avatar
Raditipa
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 87
Joined: Wed Aug 03, 2016 4:44 pm

Re: Nog n klomp stupeds in die States

Post by Raditipa »

Dankie vir die deel. Manne het mooi gemaak!
.22 Ruger 10-22
223 NEF Handi
223 MSR15 Recon
22-250 Rem Winchester
260 Rem Savage LRP
7x64 Musgrave
300WSM Tikka T3
375 H&H Ruger no1
357 Marlin 1894
44 Marlin 1894
44 Ruger Red Hawk
45-70 Govt Ruger no1
9mm M&P Shield
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Nog n klomp stupeds in die States

Post by wlm »

My mense, julle is my mense. Daar is net op een plek van die wereld van ons soort.
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2473
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Nog n klomp stupeds in die States

Post by jdpretorius »

Lekker Cappie.....dit lyk net of daardie Coke bietjie pap is want ek sien nie die skuim koppie nie

Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk


338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Nog n klomp stupeds in die States

Post by joe rocket »

Lekke Siebbie en Jakkals, mooi skote. Sien Flapsie kort n paar sokkies.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
Diesel Dog
Hero Member
Hero Member
Posts: 2335
Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm

Re: Nog n klomp stupeds in die States

Post by Diesel Dog »

Lekker vertel en mooi geskiet.

DD
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13641
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Nog n klomp stupeds in die States

Post by Capt. Yoda »

jdpretorius wrote: Mon Jul 27, 2020 6:26 pm Lekker Cappie.....dit lyk net of daardie Coke bietjie pap is want ek sien nie die skuim koppie nie Image

Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
Daai was Brannas jong, LD mos
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Konrad308
Full Member
Full Member
Posts: 210
Joined: Mon Feb 15, 2016 12:07 pm

Re: Nog n klomp stupeds in die States

Post by Konrad308 »

Baie geluk met julle bokke.

Sent from my SM-G960F using Tapatalk

22 Beretta Mod 70
22 Brno Mod 2E
223 Rem Sako A1
6mm Dasher Winchester Mod 70
6.5 x 47 Lapua Howa
308 Win Musgrave RSA
300WSM Tikka T3 Varmint
30-06 Spring Howa
375 Ruger Howa
Pointer 12 Guage Semi-Auto
9mm CZ 75 P-07 Duty
Ruger Super Blackhawk 44Mag
antoniem
Newbie
Newbie
Posts: 23
Joined: Mon Feb 17, 2020 8:54 am

Re: Nog n klomp stupeds in die States

Post by antoniem »

Geluk op die lekker jag.

Ons wil die komende Vrydag ( 31/07/2020) so biedjie op Villiers gaan jag. Is daar n badblokade by daai tolhek?

Hoe gemaak as n mens daar wil deurgaan?

Groete.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13641
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Nog n klomp stupeds in die States

Post by Capt. Yoda »

Ja daar is, ek is deur sonder om gestop te word maar hulle het vir Stompe oppad terug net voor Heidelberg af getek en net sy jag permit gekyk
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2473
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Nog n klomp stupeds in die States

Post by jdpretorius »

Capt. Oblivious wrote:
jdpretorius wrote: Mon Jul 27, 2020 6:26 pm Lekker Cappie.....dit lyk net of daardie Coke bietjie pap is want ek sien nie die skuim koppie nie Image

Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
Daai was Brannas jong, LD mos
Jo, ek sou maar hard gesluk het....maar as n man nie anners kan nie dan wurg hy makliker in Image
Ek het gelukkig nog een of twee wat ek maar styf bewaar...maar lyk my ek sal jou op n stadium net weer moet laar proe saam een van daai lekker wilds fillets wat dalk plankie loop.

Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk

338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1898
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm

Re: Nog n klomp stupeds in die States

Post by jankraay »

jdpretorius wrote:
Capt. Oblivious wrote:
jdpretorius wrote: Mon Jul 27, 2020 6:26 pm Lekker Cappie.....dit lyk net of daardie Coke bietjie pap is want ek sien nie die skuim koppie nie Image

Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
Daai was Brannas jong, LD mos
Jo, ek sou maar hard gesluk het....maar as n man nie anners kan nie dan wurg hy makliker in Image
Ek het gelukkig nog een of twee wat ek maar styf bewaar...maar lyk my ek sal jou op n stadium net weer moet laar proe saam een van daai lekker wilds fillets wat dalk plankie loop.

Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
Ek het 12...


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Nog n klomp stupeds in die States

Post by joe rocket »

jankraay wrote: Tue Jul 28, 2020 7:02 pm
jdpretorius wrote:
Capt. Oblivious wrote:
Daai was Brannas jong, LD mos
Jo, ek sou maar hard gesluk het....maar as n man nie anners kan nie dan wurg hy makliker in Image
Ek het gelukkig nog een of twee wat ek maar styf bewaar...maar lyk my ek sal jou op n stadium net weer moet laar proe saam een van daai lekker wilds fillets wat dalk plankie loop.

Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
Ek het 12...


Sent from my iPhone using Tapatalk


O
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
SakoTrippel2
Hero Member
Hero Member
Posts: 716
Joined: Sun Jan 11, 2015 5:15 pm

Re: Nog n klomp stupeds in die States

Post by SakoTrippel2 »

@Joe Rocket well spotted! Ekt inderhaas gepak en my Mohair kouse vergeet, paar Falke shorties moes maar job.

Ek was die squad se mule gewees! Ekt Vrydag al so by 12uur by Stompe se werk gestop om 'n paar Energades en 'n Loaf Bruin brood op te tel. Eks lank voor almal deur die Roadblocks sonder om gestop te word.

Captain O se Rum wat in die kas staan is so 6maande oud gewees en daar was net genoeg vir 'n enkele knertsie. Hyt nogal gesê hy kan nie onthou wanneer laas hy brannas gevat het nie.

Maar so tussen die wind, koue en jag deur was dit 'n diep lekker naweek waar die 6mille weer die vlaktes aan gevat het en die bokke laat val het.

Groete
Frans


Sent from my SM-A505F using Tapatalk

Sako 30-06, Sako 308, 2 X Sako 222, Savage LRP 243 Ackley, P.Beretta A300 12ga, Howa 6.5 Creed, Glock 19 G4 9mm, Mini Mauser 22LR, Savage Stevens 410, Rossi 38Sp, LLAMA 22LR Pistool, LM4 223(5.56x45)
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Nog n klomp stupeds in die States

Post by joe rocket »

Flapsie ek dink volgende jaar vat ek die boeing.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2473
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Nog n klomp stupeds in die States

Post by jdpretorius »

jankraay wrote: Tue Jul 28, 2020 7:02 pm
jdpretorius wrote:
Capt. Oblivious wrote:
Daai was Brannas jong, LD mos
Jo, ek sou maar hard gesluk het....maar as n man nie anners kan nie dan wurg hy makliker in Image
Ek het gelukkig nog een of twee wat ek maar styf bewaar...maar lyk my ek sal jou op n stadium net weer moet laar proe saam een van daai lekker wilds fillets wat dalk plankie loop.

Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
Ek het 12...


Sent from my iPhone using Tapatalk
Jis Jan, ons sal moet ernstig praat ....dalk moet jy solank you huis adress stuur en net se' watter ure jy nie tuis is nie ++>:
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Post Reply