Betaal vir Lading Ontwikkeling

pietskiet
Full Member
Full Member
Posts: 143
Joined: Fri Jun 26, 2009 10:28 am

Re: Betaal vir Lading Ontwikkeling

Post by pietskiet »

Net vir interessantheid, laat teken S&O vir jou n vrywaringsvorm of iets soortgelyks voordat hulle die patrone vir jou laai?

Sou hulle nie aanspreeklik wees as n ongeluk in die veld gebeur waarvan die oorsaak nalatige laaiproses was nie?
User avatar
Tiny Hunter
Full Member
Full Member
Posts: 216
Joined: Sat Nov 15, 2014 5:12 pm

Re: Betaal vir Lading Ontwikkeling

Post by Tiny Hunter »

tau wrote:
Tiny Hunter wrote: Sun Jul 26, 2020 10:24 am Ek vra maar uit intressantheid uit. Ek sien daar is by Safari en Outdoor Stellenbosch n diens waar jy kan betaal dat hulle vir jou lading ontwikkeling doen. Jy gee al jou komponente en hulle ontwikkel vir jou n jag lading teen R1800 of n kompetisie lading vir R4500. Is daar nog mense wat hierdie diens lewer en is die prys billik?
Indien jy nie haastig is nie spandeer eerder die R1800 of R4500 en gaan doen 'n herlaai kursus by Oom Hendrik wat naby jou is of iemand wat jou sal help.
Van almal se skrywes voel ek hierdie is dalk die beste opsie. My vraag is gevra nie omdat ek n maklike uit weg soek of wil hê mense moet my werk vir my doen nie maar omdat ek nog baie het om te leer en dus verkies ek liewer om veilig te wees asook die logistiek probleem wat ek het. Ek verstaan almal se opinies en as dit net so eenvoudig was vir my om dit self te doen sou ek. Ek geniet herlaai bitter baie en skiet nog meer. Daar is niks so lekker om goed te skiet en te weet jy het die patrone met jou eie hande gelaai nie. Ongelukkig het ek nog nie my 2 gewere se lisensies op my naam nie so dit beteken my pa wat nie iemand is wat mal is oor skiet moet elke keer saam met my gaan. Ek studeer in Potchefstroom so as ek by die huis kom wil ek my lading laai en gaan skiet. Daar is nie rerig veel tyd om skietbaan toe en terug te ry altyd nie. Dus maak dit die hele situasie nog moeiliker. Ek dink dit blyk dan maar die beste opsie wees om te gaan vir n kursus by iemand om my te help met die proses. Die herlaai self het ek al onder die knie maar mens kan nooit ophou leer nie.

Groete
Hanro Geldenhuys
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Betaal vir Lading Ontwikkeling

Post by Eugene »

Hanro, ek sien jy studeer in Potch, maar waar bly jy?
Aim small, miss small
User avatar
Tiny Hunter
Full Member
Full Member
Posts: 216
Joined: Sat Nov 15, 2014 5:12 pm

Re: Betaal vir Lading Ontwikkeling

Post by Tiny Hunter »

Ek bly in Bellville in die Kaap oom.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Betaal vir Lading Ontwikkeling

Post by Eugene »

Tiny Hunter wrote: Mon Jul 27, 2020 9:07 am Ek bly in Bellville in die Kaap oom.
Ok, dis bietjie ver vir wat ek ingedagte gehad het. Ek wou jou nooi Klerksdorp toe, dan help ek jou een Saterdag met lading ontwikkelling vir jou 2 gewere, maar Bellville is effens ver en ek verstaan die gewere is nog nie op jou naam nie, so jy kan dit ook nie saambring Potch toe nie....
Aim small, miss small
User avatar
Tiny Hunter
Full Member
Full Member
Posts: 216
Joined: Sat Nov 15, 2014 5:12 pm

Re: Betaal vir Lading Ontwikkeling

Post by Tiny Hunter »

Eugene wrote:
Tiny Hunter wrote: Mon Jul 27, 2020 9:07 am Ek bly in Bellville in die Kaap oom.
Ok, dis bietjie ver vir wat ek ingedagte gehad het. Ek wou jou nooi Klerksdorp toe, dan help ek jou een Saterdag met lading ontwikkelling vir jou 2 gewere, maar Bellville is effens ver en ek verstaan die gewere is nog nie op jou naam nie, so jy kan dit ook nie saambring Potch toe nie....
Baie dankie vir die aanbod oom. Ek waardeer dit rerig baie.
User avatar
Bonesjara
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 75
Joined: Tue Jun 07, 2016 8:10 pm

Re: Betaal vir Lading Ontwikkeling

Post by Bonesjara »

Hanro dan maak jou situasie baie meer s'n. Dan kan die safari plan verseker werk om jou op die regte pad te sit.
Vat miskien die jaglading en dan kan jy self net 'fine tune'.

Sent from my SM-N960F using Tapatalk


THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: Betaal vir Lading Ontwikkeling

Post by THOMAST »

Onthou net dat hier nou op een aspek gekonsentreer word, nl. herlaai. Dit is maar een faktor van 'n multi faktor situasie.
Ek gebruik die mantra van "Consentricity & Consistency" as dit by skiet kuns uitkom.
1 Die skut moet die vermoë hê /ontwikkel om die skoot af te trek op dieslfde manier, elke keer
2 Die geweer platvorm moet in staat wees om te doen wat die skut verlang
3 Teleskoop en monterings moet stabiel wees
4 Herlaai tegniek en toerusting moet reg wees (Consentricity & Consistency NB NB) Meet apparaat neem die raaiwerk uit die verhouding - om te meet is om te weet
Moenie net op een aspek hamer en die ander afskeep nie.
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Betaal vir Lading Ontwikkeling

Post by Pappabeer »

Ek dink dis n moerse mors van geld. Ek het van my beste groepe ooit geskiet in 1998-2000 op Durbanville skietbaan met S365, goedkoop doppe en uitskot Sierra MKs wat oom Chris daai tyd ingebring het. Herlaai toerusting en tegniek was baie basies en die Speer en Somchem boekies was die enigste verwysing. Oom Chris, Thomas Theron wat ook hier op die forum is, en andere het op die baan raad gegee.

Ek dink die digitale media - forums, YouTube, Facebook ens. maak ons glo dat ons allerlei toerusting en quickload uitgewerkte ladings nodig het om veilig en akkuraat te skiet. Daar kan nie n groter leun wees nie. QL en goeie toerusting is great, maar is beslis nie n voorvereiste om Sub-moa te skiet nie. Dit is nog minder n plaasvervanger vir tyd agter die geweer.

Ek is n groot voorstaander van die idee om te verstaan wat jy doen. Soos herlaai, is fotografie nog n goeie voorbeeld. Enige mongool met n digitale SLR kamara en Photoshop dink deesdae hy is n baas fotograaf. Met 35mm film en n OK kamara plus tyd in n donker kamer om te ontwikkel, het n mens die fisika agter die kamara leer verstaan. Presies dieselfde geld vir skiet en herlaai. Seker die belangrikste ding itv akkuraat skiet, wat nooit genoem word nie is trigger time, of tyd agter die geweer. My beste skote op n teiken was die tyd toe ek as student 3-4x n week tarentale, gaanse en kraaie met die haelgeweer en .22 geskiet het. Jy is outomaties net soveel gemakliker agter jou geweer hoe meer jy skiet. n Goedkoop PCP windbuks is n uitstekende stuk gereedskap om dit reg te kry.

As jy in Belville bly is daar baie mense in die omgewing wat jou met graagte sal help met raad en lading ontwikkeling.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Betaal vir Lading Ontwikkeling

Post by Pappabeer »

Presies dit Thomas. Ek het getik toe jy post, anders kon ek maar los...
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Betaal vir Lading Ontwikkeling

Post by ruaanb »

Hanro jy is meer as welkom om my te kontak. Jy weet mos waar ek bly. Die bietjie wat ek weet Sal ek verduidelik so goed ek kan.
Post Reply